• No results found

MEDE-AFHANKLIKHEID OF PASSIEF-AFHANKLIKHEIDSVERSTEURING

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE INTERGENERATIEWE EFFEK VAN TRAUMA

D. Basisvlak: Hierdie vlak verteenwoordig die versorging van die persoon as baba en

3.9 MEDE-AFHANKLIKHEID OF PASSIEF-AFHANKLIKHEIDSVERSTEURING

Mede-afhanklikheid het vir generasies le en broei onder die oppervlak maar is besig om te ontaard in die probleem. Hedendaagse gesinne word oorval deur statistieke van egskeiding, bloedskande, vrese om te trou en al die verwante traumasimptome (Hemfelt ef a/., 1998:14; Carder, 1991:18b). Amerika presenteer tans met ongeveer 15 miljoen alkoholverslaafdes. Indien elke alkoholis net 4 persone van belang in sy lewe negatief beinvloed, is die somtotaal van mede-afhanklikes digby die 60 miljoen persone. Verder is ongeveer 28 miljoen Amerikaners die volwasse kinders van alkoholiste en dus mede-afhanklikes. Hierdie syfers fokus slegs op die omvang van alkoholisme en raak net twee geslagte - ander verslawings en disfunksies is nie in berekening gebring nie en die syfers is daarom eintlik baie konserwatief. Volgens Amerikaanse statistieke het een uit vier persone 'n kans om die slagoffer te wees van mede-afhanklikheidsprobleme wat onder andere verband hou met egskeiding, verhoudingsprobleme, verslawing, depressie, aggressie en verdere soortgelyke probleme wat mense se lewens kompliseer en vertroebel (Hemfelt ef al., 1998:8).

"Disfunksionele families" verwys na ongesonde kompulsiewe gedragspatrone in 'n gesin en hou heel dikwels ook op een of ander wyse verband met die terme mede-afhanklikheid of passief-

afhanklikheid. Die probleem word aangevuur deur oorgeerfde familiepatrone wat van geslag na

(Allander, 1995:115). Die afhanklikheid waarvan hier sprake is, word verder gedefinieer as die afhanklikheid van mense of gedragspatrone in 'n poging om innerlike chaos mee te beheer (Hemfelt ef a/., 1998:5). Hierdie persone het 'n diepgesetelde behoefte aan versorging en wil afhanklik wees van iemand wat dan verkeerdelik deur hulle as liefde geinterpreteer word (Peck, 1987:117). Mede-afhanklikes of passief-afhanklikes bevredig die behoeftes van ander ten einde hulself as waardevol te beleef en verslaaf die ander persoon sodoende aan hul probleem van afhanklikheid (Brawand, 1991:121; Peck, 1987:119). Hierdie verwondes se keuse van 'n huweliksmaat is gewoonlik nie toevallig nie. Beide hierdie persone word deur hul onderbewussyn gemotiveer tot die soek en die vind van mekaar. Hulle het mekaar nodig sodat elkeen se afhanklikheid gevoed kan word (Hemfelt ef a/., 1998:66). Hulle worstel met 'n vakuum van emosionele leegheid en probeer dit vul deur hul verslawing aan mense of middels wat uiteindelik 'n indirekte poging is om ander te beheer (Peck, 1987:123). Die probleem van die passief- afhanklikheidsversteurde is gei'dentifiseer tydens terapeutiese ingrepe random alkoholiste en hul gesinne. Daar is gevind dat die gemiddelde alkoholis verbitterd is teenoor God, rebels en terselfdertyd kinderlik afhanklik is van die mense random horn. Daar is verder gevind dat die gerehabiliteerde alkoholis sy gesin binne 'n jaar na sy herstel verloor. Die rede blyk verband te hou met die gesin se behoefte om in beheer van die alkoholis te wees en sonder sy verslawing is daar niemand meer om te beheer nie (Hemfelt ef a/., 1998:6). Die gesin is nie verslaaf aan alkohol nie, maar aan die situasie wat hulle die gevoel van "in beheer wees" gee. Terwyl die alkoholis verslaaf is aan die drank, is die mede-afhanklike verslaaf aan die situasie en verhoed die mede-afhanklike sodoende dat die verslaafde kan genees. Sedertdien is gevind dat die kenmerke van mede- afhanklikheid nie net van toepassing is op alkoholisme nie - dit verwys na alle situasies waar afhanklikheid en dus disfunksies ter sprake is (Hemfelt ef a/., 1998:7). Die probleem by mede- afhanklikheid is dat die persoon 'n meester op die gebied van ontkenning is en nie sy toestand erken nie. Die persoon het sy emosionele pyn en gebrek planmatig begrawe. Ontkenning word daarom die grootste struikelblok op die pad na genesing (Hemfelt ef a/., 1998:37). Alle ouers maak foute, maar emosionele mishandeling het 'n spesifieke voorspelbaarheid en graad van intensiteit wat drasties verskil van die ouer wat af en toe fouteer (Hemfelt ef a/., 1998:45). Die kind se lewens- en wereldbeskouing ontwikkel uit die verbale sowel as die nie-verbale boodskappe afkomstig van die ouers en net soos trekvoels elke jaar instinktief terugtrek na warmer dele, trek die mens emosioneel terug na die struktuur van sy gesin van oorsprong (Hemfelt ef a/., 1998:58). In hierdie opsig is dit belangrik om te let op die resultate van navorsing wat aantoon dat twintig persent (20%) van besluite in samewerking met die bewuste geneem word en tagtig persent (80%) van keuses word as gevolg van dit wat in die onderbewussyn weggesteek is, geneem (Hemfelt ef

a/., 1998:58). Mede-afhanklikes se dryfveer is die behoefte om dit wat verkeerd is in hul gesin van oorsprong, te herstel deur in verhoudings betrokke te raak wat dieselfde effek gaan skep as die in die gesin van oorsprong. In die nuwe verhouding poog die mede-afhanklike om die probleem van die gesin van oorsprong op te los. Indien dit nie slaag nie, glo hulle dat hulle verantwoordelik was vir dit wat verkeerd was in die gesin van oorsprong en dat hulle nou daarvoor gestraf word. Hulle is soms verslaaf aan emosionele pyn en die herskep van pynvolle situasies gee aan hulle die gevoel van bekendheid wat gemaklik is en terselfdertyd 'n gevoel van veiligheid skep (Hemfelt ef a/., 1998:63).

Mede-afhanklikheid word ook gevind in die help-professies in die kerk. Disfunksionele individue (mede-afhanklikes) kies soms beroepe waarin hulle hul afhanklikheid van mense kan uitleef (Brawand, 1991:120). Hulle het nodig om nodig te voel as gevolg van hul "verslawing" aan die mens-in-nood. Hulle disfunksies is identifiseerbaar deur hul oor-verantwoordelikheidsbesef teenoor diegene in nood, hulle is people pleasers en weier daarom geen versoek nie. Hulle wil graag as

redders bekend staan en ontneem die slagoffer so die voorreg tot verantwoordelikheid deur alles

vir hulle te doen. Hulle is gewoonlik perfeksioniste, vrees verwerping en is hipersensitief vir kritiek (Brawand, 1991:121; Hemfelt etal., 1998:75). Die mede-afhanklike professionele persoon drink egter van 'n droe fontein wat nooit sy dors kan les nie en terselfdertyd versprei hy sodoende sy eie disfunksionaliteit (Brawand, 1991:121). Meier en Wise (2003:44) verwys na emosioneel verwonde gemeentelede wat as "gek-makers" bekend staan en as gevolg van onkunde deur die predikers chaos in die gemeente veroorsaak. Hulle word veral in finansiele posisies in kerke aangetref.

3.9.1 Mede-afhanklikheid as patroon

Daar is 'n teelaarde geskep wat die patroon van mede-afhanklikheid bevorder (Hemfelt ef a/., 1998:72). Die oplossing le in die identifisering van die oorspronklike sneller sodat die patroon verbreek word en heling kan plaasvind. Die ontwikkeling van mede-afhanklikheid as probleem presenteer as volg (Hemfelt ef a/., 1998:14):

♦ Een of meer kompulsiewe handelinge identifiseer die probleem byvoorbeeld werkoholisme. Die antwoord op die vraag "Waarsonder sal jy nie kan oorleef nie?" openbaarwaarskynlikjou kompulsiewe patroon.

♦ Die persoon is steeds ontsteld oor die huis waarin hy grootgeword het. Die spook van sy kinderjare en die van sy ouers en van hul ouers jaag die nageslag steeds. Hierdie spoke

of familiegeheime moet eers verjaag word alvorens enige heling kan geskied. Familiegeheime (Carder, 1991:19b) is nie noodwendig sensasioneel nie, maar hulle verkry hul mag deur die feit dat "iets" geheim gehou moet word. Die geheime kan eenvoudige inligting bevat maar is altyd belangrik in die oplossing van disfunksies (Carder, 1991:19b). Geheime vorm gedragspatrone terwyl vryheid opgesluit le in die waarheid. Die patroon random geheime is reeds eeue oud - koning Dawid het vir ongeveer 'n jaar lank die Batseba geheim bewaar (MacDonald, 1989:91). Geheime veroorsaak misleiding wat net deur die openbaarmaking daarvan genees kan word (MacDonald, 1989:91). Hoe meer 'n individu sy verlede begryp, hoe grater is die moontlikheid om dit wat na die volgende geslag oorgedra word, te beheer (Carder, 1991:68a).

♦ Die selfwaarde en emosionele intelligensie is baie laag. Antwoorde op die volgende vrae impliseer die waarde van jou selfbeeld. Hoe tevrede is jy met jouself? Het jy vriende? Is jy heeltyd op die verdediging?

♦ Hang jou geluk af van iemand anders se keuses en voel jy permanent verantwoordelik vir andere se keuses en geluk? Die mede-afhanklike se belangrike verhoudings word vertroebel deur 'n onvermoe' om 'n balans tussen afhanklikheid en onafhanklikheid te bereik.

♦ Hierdie persoon is 'n meester op die gebied van ontkenning en onderdrukking van emosies. Mede-afhanklikheid ontstaan uit 'n disfunksionele gesin van oorsprong. Hulle interpretasie van gebeure is foutief en hulle het 'n onvermoe om objektief of realisties na probleme te kyk. Hulle is gedurig bekommerd oor onbenullighede en dinge wat buite hul beheer is en dit lei tot voortdurende frustrasie. Hul angsvlakke is hoog en hulle beleef voortdurend 'n gevoel van hooploosheid.

♦ Hulle lewe wissel van een ongesonde ekstreem na 'n volgende. Hulle is permanent buite beheer of in 'n wanbalans. Daar is weinig vrede of balans in hul lewe aanwesig. Hulle is permanent op soek na die geluksgodin en mis dit altyd. Hulle is rustelose, ontevrede mense.

Hierdie genoemde eienskappe van mede-afhanklikes veroorsaak drie identifiseerbare gedragspatrone in hul lewe (Hemfelt ef a/., 1998:14) naamlik:

♦ Die konsep van 'n gesin word in die kinderjare gevorm en dit is hoe hulle gesin gaan lyk. Alle mense herhaal die patroon waarmee hulle opgevoed is.

♦ Ondervinding in die gesin van oorsprong be'i'nvloed hul denkpatroon en keuses as volwassenes.

♦ Logiese en rasionele denke kan bogenoemde nie verander nie. Tyd heel ook nie hierdie wonde nie - inteendeel dit word erger met tyd.

3.9.2 Ontkenning van die patroon

Dit is belangrik om te verstaan dat mede-afhanklikheid chronies en progressief is. Indien dit byvoorbeeld manifesteer as eetversteurings of mishandeling, kan dit tot die dood lei (Hemfelt ef a/., 1998:174). Ontkenning en 'n swak selfbeeld is uitstaande kenmerke hiervan.

> Ontkenning: Hierdeur is dit vir die mede-afhanklike moontlik om verslaaf te bly aan die

toestand van hulpeloosheid. Hulle benodig genesing op twee gebiede naamlik die verslawing aan die huweliksmaat se afhanklikheid asook sy eie afhanklikheid. Ontkenning veroorsaak dat die mede-afhanklike deur 'n donker bril na die omstandighede kyk en sodoende die detail mis en die leuen vir die waarheid glo (Hemfelt ef a/., 1998:89).

> Swak selfbeeld: Mede-afhanklikes net 'n swak selfbeeld. Hulle is onseker oor wie hulle

is en daarom is hul persoonlike grense vaag en vermeng hul identiteite met diegene vir wie hulle lief is (Hemfelt ef a/., 1998:114). Hulle het so 'n behoefte aan aanvaarding dat hulle fisiese aangetrokkenheid of verliefdheid verwar met liefde en hulle hanteer gevolglik verhoudings soos wat hulle enige ander verslawing sou hanteer. Hierdie swak selfbeeld be'i'nvloed gevolglik ook die persoon se verhouding met God negatief (Townsend, 1991:158a).

3.9.3 Stappe in die verbreking van mede-afhanklikheid as patroon

Om die patroon te verbreek benodig ingrepe op soveel moontlik gebiede tegelykertyd (Hemfelt ef a/., 1998:82). Die volgende stappe word deur Hemfelt ef a/. (1989:176) beskryf in die verbreking van mede-afhanklikheid as patroon:

♦ Identifiseer jou eie posisie met betrekking tot verslawende gewoontes en gedragspatrone deur die dinge te identifiseer wat onnodige tyd in beslag neem, byvoorbeeld jou werk.

Identifiseer die dinge wat jy probeer wegsteek van ander soos byvoorbeeld 'n verlore kinderlewe en gee erkenning daaraan.

♦ Beantwoord vrae soos: Was daar emosionele binding in jou verhouding met jou vriende, gesinslede en troeteldiere? Noem jou grootste vrese, jou vooruitsigte en jou gelukkigste oomblikke. Vertel jou storie - verkieslik ook aan God. Diegene wat Horn "vasgryp" en mee neem op hierdie reis herstel vinniger (Hemfelt et a/., 1998:179).

♦ Identifiseer alle verhoudings in jou lewe wat jy as van toepassing op "familie" sou interpreteer. "Familie" bestaan eerstens uit die gesin van oorsprong - vriende kan egter ook in 'n sin 'n kring van "familie" vorm. Die persone in 'n werksopset vorm 'n verdere familiekring, ensovoorts. Mede-afhanklikheid suurdeeg deur na alle verhoudings en elke aspek van die persoon se lewe, en daarom is elke persoon wat 'n belangrike impak in jou lewe gehad het hier van belang (Hemfelt et a/., 1998:181).

3.9.4 Die omvang van mede-afhanklikheid

Die probleem strek verder as net die persone wat vir hulp kom aanklop. Hierdie probleem het sy greep stewig in alle professies wat mens-gerig is, dus ook Christen-professies (Brawand,

1991:115). Statistiek van 1991 toon dat drie-en-twintig persent (23%) predikers seksueel onaanvaarbare gedrag tydens hul diensjare getoon het en dat slegs vier persent (4%) uitgevang is (Brawand, 1991:116). Syfers soos hierdie beklemtoon maar net hoe verwond die mens oor die algemeen is en hoe groot sy nood is - ook onder gelowiges. God het die mens geskape met 'n behoefte aan intimiteit wat eerstens verkry word uit die mens se verhouding met God en tweedens die gesin. Navorsing toon dat manlike Christenleiers wat presenteer met disfunksies veral worstel met emosionele probleme en 'n lae selfwaarde wat voortspruit uit 'n disfunksionele verhouding met hul aardse vader. Die emosioneel afwesige vader wat nooit erkenriing aan sy seun gee nie dra by tot die seun se worsteling random selfbeeld asook sy manlikheid (Brawand, 1991:119).