• No results found

en Deut 5:9 ■ " Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die

BASISTEORETIESE AFDELING

Eks 20:5-6 en Deut 5:9 ■ " Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die

derde en vierde geslag van die wat My haat, maar ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam" (Bybel, 1991).

• Die Dekaloog kan in 'n sekere sin beskryf word as die basis van alle gelowe asook beskawingsvorme en word sodoende waarskynlik een van die belangriker riglyne in die bestaan van die mens, ongeag of jy as 'n verklaarde Christen leef of nie.

• Sonde ontstaan in die hart en gedagtes van die mens en is dus meer as 'n handeling - dit gaan ten diepste om 'n houding of 'n ingesteldheid.

♦ Sonde vervreem die mens van homself, van God en van sy naaste.

♦ Gehoorsaamheid aan God en Sy gebod herstel verhoudings en vernuwe die mens sodat hy 'n vervulde lewe kan lei.

♦ Die Here sal die ouers se sonde slegs in die nageslag straf indien die kinders die sondige wee van hul ouers (voorgeslag) navolg.

♦ Aangesien God aan die mens lewe gegee het, het Hy die reg om van die mens gehoorsaamheid te verwag.

2.9.2 Elkeen is individueel aanspreeklik vir sy sonde

Jer 31:29-30: "In daardie tyd sal hulle nie meer se: "Die vaders het groen druiwe geeet, en die

kinders se tande het stomp geword" nie. EIke mens sal oor sy eie sonde sterf: wie groen druiwe eet, se tande sal stomp word" (Bybel, 1991).

Eseg 18:20: "Die mens wat sondig, sal sterwe. 'n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie,

en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie. Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvan pluk" (Bybel, 1991).

♦ Elkeen is persoonlik verantwoordelik vir sy eie lewenskeuse.

♦ Wederstrewigheid veroorsaak lyding en dood sowel as 'n boemerang-effek van straf daarop.

♦ Straf is vooraf ingebou in sonde en word geaktiveer deur die gekose sonde.

♦ Persone oorweldig deur trauma vra gewoonlik "waarom?" wat die volgende tipe vrae impliseer:

- Waar is God nou?

- Wat is die sin van hierdie sinlose gebeure? - Wat gee sin aan die lewe?

♦ Die beantwoording van die volgende vrae kan 'n aanduiding van trauma asook die bestaan van 'n moontlike wig tussen die mens en sy God aandui:

o Maak God 'n verskil in jou lewe? o Word Hy aanbid deur jou leefstyl?

♦ Ongehoorsaamheid aan die Here word 'n gewoonte waardeur 'n mens uiteindelik verwoes word.

♦ God wil die emosioneei verwondes (verbryseldes van hart) versorg, asook diegene wat hulself nie kan help nie.

2.9.3 Die oue is verby - die nuwe het gekom

2 Kor 5:17-18a: "lemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe

het gekom. Dit alles is die werk van God" (Bybel, 1991).

♦ Christus se kruisiging impliseer die begin van 'n nuwe vorm van lewe op aarde. In Horn sterf die gelowige se verlede en word 'n nuwe hede vol toekomsverwagting gebore.

♦ Alles wat verantwoordelik was vir die verwydering tussen die mens en sy God kan deur die bloedoffer van Jesus uitgekanselleer word sodat die verhouding tussen hierdie mens en God herstel kan word - daarna kan alle aardse verhoudings herstel word.

♦ Emosionele verwonding veroorsaak dikwels dat die mens God se bedoeling met horn as mens bevraagteken.

♦ Verwondes benodig 'n persoon om hulle uit hul tronk van verwonding te help bevry. Die boodskap van - bely jou sonde, gehoorsaam die wet, lewe volgens God se wil - is onvoldoende. Die enigste "resep" wat voldoende is, is die persoon Jesus Christus.

2.9.4 Maak jou los van alles wat agter jou is

Fil 3:13: "Ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los

van wat agter is en strek my uit na wat voor is" (Bybel, 1991).

♦ Om Christus te vind, impliseer 'n breuk met die lewe soos jy dit geken het sodat Hy vir jou 'n nuwe lewe kan gee.

♦ Die Here red en bring heling deur middel van die (kruis)dood van Sy Seun.

♦ Die beradene se begrip van wat die kruisdood beteken, bepaal in 'n groot mate die rol van die opstandingskrag in so 'n persoon se lewe.

♦ Geloof word bepaal deur die diepte van die verhouding met Christus.

♦ Jesus Christus is al wat die mens nodig het, maar die gelowige moet nooit ophou groei in sy verhouding met Horn nie. Bekering is die beginpunt - nie die eindpunt nie.

♦ Christus verwag van elke mens om geestelik volwasse te word.

♦ In Horn het elkeen die geleentheid om 'n nuwe verlede te skep vir horn asook vir sy nageslag.

♦ Verwonding moet op 'n stadium agtergelaat word anders kan die trauma vererger. ♦ Leef in die hede met jou visie gerig op God en Sy Heerlikheid.

♦ God het 'n roeping vir elkeen se lewe - ook die getraumatiseerde. ♦ Geloof stel die "wil" van die mens gelyk aan die wil van Christus.

2.9.5 Die sleutel tot oorwinning is Jesus Christus

1 Pet 1:3: "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot

ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop..." (Bybel, 1991).

♦ Die getraumatiseerde wat gekniehalter word deur oorgeerfde trauma kan in Christus nuut gebore word - dit kan dan ook die begin van 'n emosionele genesingsproses impliseer. ♦ Die nuutgebore mens is nie meer in dieselfde traumatiese familie-problematiek vasgevang

nie - in Christus verkry hy 'n nuwe gesin met nuwe potensiaal tot groei en genesing. ♦ Persone wat blootgestel is aan sinlose dade van geweld en onregverdige oorerwing raak

moedeloos en is gestroop van 'n toekomsvisie.

♦ Die mens se huidige toestand word deur die verlede bepaal, maar in Christus word die verlede verander na 'n vreugdevolle toekoms, gevul met 'n lewende hoop en 'n erfporsie van die ewige lewe.

♦ Die mens erf sekere kwaliteite vanaf voorgeslagte, soos byvoorbeeld ras, sosio- ekonomiese Was en burgerskap. In Christus erf die mens 'n nuwe identiteit wat verhoudings en karakter herdefinieer.

♦ In die Ou Testament is Israel geroep as uitverkore volk van God - in die Nuwe Testament roep die Here alle gelowiges (insluitend getraumatiseerdes) as uitverkore volk in Christus.

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE