• No results found

6.1 ’N PERSOONLIKE REIS NA ONDER

6.4 RIGTINGWYSERS LANGS DIE PAD

In my persoonlike reis deur die groter kontekstuele landskap, veral soos gesien deur my skuiflens, het daar vir my algaande ’n paar rigtingwysers langs die pad al duideliker sigbaar begin word. As ’n tipe bevrydingsteologie25 kan Kinderteologie nie anders nie as om induktief (Mouton & Marais 1992:105) te werk te gaan nie. Hiermee word aangesluit by Jensen (2005:xii) wat sy boek oor “theology of childhood” beskryf as “an inductive theology of childhood.” Hy omskryf hierdie benadering soos volg: “The project is inductive, in the sense that it pays attention to concrete realities that imperil children’s lives in the present age….Theology worthy of its name pays attention to particularity and context….An inductive theology begins with particularity and gradually steps towards more generalized statements about the nature of childhood.” Die vertrekpunt van Kinderteologie is dus die weerlose kinders binne hulle sosiale en historiese kontekste. Dit is dus kontekstuele teologie wat erns maak met die globale en lokale realiteite (Hendriks 2004:27) waarin kinders hulle bevind en juis vanuit hulle perspektief daarna probeer kyk. Dit is Praktiese Teologie want dit begin by die huidige lewensituasie van kinders as die plek waar die betekenis van ons geloof in God aangetoon moet word (vergelyk Nelson 1989:15).

Hierdie soeke na ’n beter verstaan van die konkrete realiteite waarin kinders leef, impliseer dat daar baie fyn geluister sal word na die ander vakwetenskappe soos byvoorbeeld die sielkunde, sosiologie,

24 Oor hierdie en ander relevante sake met betrekking tot navorsing saam met kinders kan Christensen en James (2000a) en Fraser et al (2004) geraadpleeg word. Vergelyk ook Bunge (2006b:575-576) se opmerkings met betrekking tot hierdie saak vanuit ’n teologiese hoek.

25 Die konsep “’n tipe bevrydingsteologie” word hier gebruik nie in teenstelling met Gereformeerde teologie nie, maar wel om ’n bepaalde aksent binne die Gereformeerde teologie sterk te beklemtoon. Die Gereformeerde tradisie het ’n duidelike gerigtheid op die praktyk van die lewe van elke dag. In die uitwys hiervan, verwys Burger (2001:91) na Abraham Kuyper wat gesê het dat daar geen duimbreedte van hierdie aarde is waarvan Christus nie sê dat dit Syne is nie en na Richard Niebuhr wat gesê het dat Gereformeerdes nie soos die Rooms Katolieke droom om God te kan sien nie, maar droom oor die redding, die vernuwing, die transformasie van die wêreld. Gereformeerdes beywer hulle dus altyd vir die voortgaande reformasie van die totale samelewing. Omdat Gereformeerdes ’n teokratiese ideaal koester is daar eintlik ’n “revolusionêre” element in hierdie tradisie ingebou. Jonker (1982:80) praat selfs in die verband van “die ‘revolusionêre’ potensiaal van die werking van die Gees om die gelaat van die samelewing nuut te maak” wat in hierdie tradisie opgesluit is. “Egte Gereformeerdes sal daarom altyd op die voorpunt staan van die stryd teen onreg en hulle kragte wy aan die diens van die geregtigheid” (Jonker 1989:299). Kinderteologie wil juis voortgaande reformasie bepleit ten opsigte van ons teologiese nadenke in verband met kinders en hulle bediening in hierdie wêreld. Dit wil vir die kinders bevryding en geregtigheid bring en in ’n sekere sin so ook bevryding vir die kerk en die wêreld bevorder. In wese is Kinderteologie dus missionale teologie. Vergelyk ook punt 4.3.1 in hoofstuk 3 waar daar verwys word na die analogie tussen bevrydingsteologie en die Child Theology

opvoedkunde en ekonomie se aanduidings oor wat werklike besig is om te gebeur in die lewenswêreld van kinders (vergelyk Dean 2001:38). Daarom doen Kinderteologie moeite om die empiriese werklikheid met betrekking tot kinders te ondersoek, en kan dus as ’n tipe “empiriese” teologie beskou word (Van der Ven 1998a:19-20). Nooit mag dit egter in navorsing oor die empiriese werklikheid vassteek nie. Ten einde teologie te bly moet dit op die een of ander wyse aansluit by die praxis van God (Louw s a:30). In hierdie geval pertinent God se praxis gerig op, met en deur kinders.

In Kinderteologie gaan dit dus ten diepste om ’n gelowige soeke na ’n beter verstaan (Anselm: “faith seeking understanding”) en uitleef van God se Moeder- en Vaderhart vir kinders. Hiermee word aangesluit by Volf (2002:247) se belangrike uitspraak dat “at the heart of every good theology lies not simply a

plausible intellectual vision but more importantly a compelling account of a way of life, and that theology is therefore best done from within the pursuit of this way of life.” Kinderteologie wil dus nie God se

verhouding met en kommunikatiewe handelinge gerig op kinders ondersoek ten einde net nuwe kennis te ontdek en tot ’n nuwe verstaan te kom nie, maar wil ’n nuwe manier van leef saam met kinders voor God se aangesig, dien. In die beskrywing van haar siening van teologie haal Ackermann (2003:27), buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch, ’n rabbynse spreuk aan wat sê: “(T)heology is worrying about what God is worrying about when God gets up in die morning.”26 Daaraan wil ek graag toevoeg: Teologie vind sy vreugde in dit waarin God vreugde vind wanneer God in die aand gaan slaap. Hiermee sluit ek aan by Moltmann (1998a:1, 2; vergelyk Ackermann 2003:27) wat die oortuiging verwoord dat die twee fondamentstene van teologie God se vreugde en God se pyn is:

It is simple, but true, to say that theology has only one, single problem: God. We are theologians for the sake of God; if we are not, then we ought not to call ourselves theologians at all. God is our dignity. God is our agony. God is our hope….For me theology springs from a divine passion - it is the open wound of God in one’s own life and in the tormented men, women, and children of this world….But for me theology also springs from God’s love for life - the love for life that we experience in the presence of the live-giving Spirit, and that enables us to move beyond our resignation and begin to love life here and now. These are also Christ’s two experiences of God, the kingdom of God and the cross, and because of that they are the foundations of Christian theology, as well: God’s delight and God’s pain.

In ’n sekere sin is dit waar teologie gebore word: tussen pyn en vreugde, tussen traan en lag. My beklemtoning van Kinderteologie is nie in die eerste plek in my verstand gebore nie, maar in my hart. Na aanleiding van die verhaal van Maria, die moeder van Jesus, skryf Steuernagel (2003:104) dat teologie diep in ’n mens se “hart en niere” gebore word, midde-in die skok van God se besoek aan jou lewe. Daarom sê hy: “Theology is done in a disposition condition. The answer to God’s revelation is a life surrender. A

26 Letty Russell (1993:196) verwys na ’n geleentheid waar Krister Stendahl hierdie selfde uitspraak aangehaal het. “It would seem according to Stendahl that God is worrying about the mending of creation, trying to straighten up the mess so that all of groaning creation will be set free. In order to do this, God has to be worrying about those who have dropped through the ‘safety net’ of society....This worrying with God about the poor, the outcasts, the outsiders of society is a spiritual discipline that is rooted in the Gospel accounts of Jesus’ own actions and parables about the hospitality of God’s household.”

womb surrender. A virginity surrender.” Juis daarom kan teologie, volgens Steuernagel, nooit onpartydig wees nie. “Impartial theology is an arrogant contradiction of people who haven’t still woken up, people who think they can understand God in a simply cognitive fashion” (:104).

Kinderteologie is daarom geen neutrale teologie nie. Dit is aangegryp deur die greep van God se trane en kommer oor die totale nood van kinders in hierdie wêreld, en van God se toorn oor hulle wat kinders laat struikel (Matteus 18:6-9) en verhinder om by Hom uit te kom (Markus 10:14). Dit is ingetrek in die greep van God se vreugde oor verlore kinders wat gevind is en tuisgekom het (Matteus 18:12-14), en van God se passie wat Hom tot onder in ’n krip laat reis het nie net om sy liefde vir die wêreld en al sy kinders ten toon te stel nie, maar ook prakties te kom demonstreer dat sy seën wat na die nasies toe uitgedra moet word (Genesis 12: 1-3) regtig ook vir kinders bedoel is (Markus 10:16). Met stotterende geloof en strompelende treë word jy ingetrek in hierdie reis na onder as jy met skok besef dat jy as te ware ook deur die krip moet gaan, want “as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie” (Matteus 18:3). So word teologie getransformeerde teologie, gestuurde teologie wat nie anders kan nie as om in gehoorsaamheid aan God transformasie op alle vlakke van die lewe te bevorder ter wille van lewe, in al sy fasette, veral vir kinders.

Kinderteologie jaag egter nie transformasie na net ter wille van transformasie self nie. Dit wil vanuit ’n eskatologiese visie op God se eindbestemming vir hierdie wêreld hier en nou tekens van God se koninkryk, tekens van hoop, veral vir kinders tot stand bring. Kinderteologie is dus, in aansluiting by Moltmann (1998b:53), teologie van die koninkryk van God. Hieroor verklaar Moltmann:

If we return to Christ’s own proclamation of the kingdom of God, we see clearly that the kingdom of God is focused especially on the poor, the sick, and the weak of any given society....For the sake of Christ, every Christian theology of the kingdom of God will become a theology of liberation for the poor, the sick, the sad and the outcast. So the theology of the kingdom of God does not concern itself just with the present public sphere of its society formed by “the rich and the famous,” but rather tries to bring into light of that public sphere those particular persons who in a given society have been pushed into the underground or into the private sphere. It brings the eschatological light of the coming redemption into the present public sphere and discloses the human need for redemption.

Vanuit hierdie eskatologiese visie op die koninkryk van God wil Kinderteologie, in terme van die uitdrukking wat UNICEF (2004a:2) gebruik, meewerk aan “building a world fit for children” en vir almal wat saam met hulle in hierdie wêreld lewe. Daarom is Kinderteologie eties van aard. Kinderteologie, in die woorde van Jensen (2005:xiii), “recovers an ethic of care for the vulnerable children in our midst....” Kinderteologie kan egter net slaag onder die navigasie van die Heilige Gees wat die enigste Een is wat aan ’n mens die genade kan gee om God se wil te kan onderskei. Dit is waaroor dit ten diepste moet gaan in teologie en ook in Kinderteologie: die ontdekking van God se wil vir die lewe saam met God en mekaar, insluitende kinders, in hierdie wêreld. Hendriks (2004:29) sê in die verband: “(T)heology is hermeneutical

by its very nature” (vergelyk Smit 1991:50). Kinderteologie is dus ’n hermeneutiese aktiwiteit waarin kinders die hermeneutiese sleutel of lens27 word en wat werk met die gesindheid van ’n, soos Smit (:53) dit stel, “theologia viatorum, a theology of people still on the way, who have not yet arrived....” Dit neem die totaliteit van die Bybelse getuienisse, maar dan veral die diverse Bybelse getuienisse met betrekking tot kinders, ernstig op. Dit werk met ’n gewilligheid “to read the Scriptures ever anew, searching, listening, trying to understand, self-critically, honestly, expectingly” (:49), veral ten opsigte van die diverse Bybelse getuienisse met betrekking tot kinders. Dit neem egter ook die sosiale konteks van kinders aan die begin van die 21ste eeu en die verskillende wetenskaplike dissiplines se perspektiewe op kinders ernstig op. Met ’n korrelatiewe hermeneutiese benadering word die verskillende perspektiewe met mekaar vergelyk en in gesprek met mekaar gebring (Ploeger 1999:69-93) ten einde te groei in die verstaan en doen van God se wil met betrekking tot kinders in die konteks waarin hulle aan die begin van die 21ste eeu lewe.28

Miller-McLemore (2003:xxix) sluit hierby aan deur op die volgende te wys: “[S]tudying children requires movement from an exploration of dilemmas to an investigation of Christian resources back to a renewed practice.” Om dit te kan doen vereis ’n bewussyn van “contemporary dilemmas as they arise out of a particular Christian history, as related to specific biblical texts and doctrinal themes, and in response to new possibilities for children in today’s world” (:xxix). Daarom is sy van mening dat die beoefening van Kinderteologie inhou dat daar nuut oor die teologiese ensiklopedie gedink moet word, want “[t]o think about children theologically requires movement across the conventionally separated disciplines. This movement includes moments of serious historical, biblical, and constructive theological exploration as part of a larger practical theology effort” (:xxix). Herzog (2005:17) sluit hierby aan as sy in verband met die lees van Bybelse tekste met betrekking tot kinders met reg beklemtoon dat die lees van die teks gekombineer moet word met historiese, sistematiese en praktiese refleksie “because the topic invites a merging of the traditional theological disciplines.” Tereg waarsku Herzog (:72-73) dat in hierdie proses ’n fyn aanvoeling ontwikkel moet word vir onder andere die onderskeid tussen wat moontlik ten alle tye en op alle plekke moreel verkeerde optredes teenoor kinders mag wees, soos om hulle honger te laat ly, hulle te martel of seksueel uit te buit, en wat mag dalk in kontekste totaal verskillend van die eie konteks geregverdig wees, soos sekere vorme van kinderarbeid.

27 Met verwysing na die kind wat langs Jesus in die midde van die dissipels staan in Matteus 18:1-14 sê White en Willmer (2006:6): “This child is like a lens through which some aspects of God and his revelation can be seen more clearly. Or, if you like, the child is like a light that throws existing theology into new relief.” As voorbeeld hiervan kan verwys word na die verhaal van Abraham wat vir Isak moes offer (Genesis 22:1-19). Gewoonlik word hierdie verhaal gelees vanuit die perspektief van Abraham en word die klem geplaas op wat tussen hom en God gebeur het. Indien die kind, in hierdie geval Isak, as lens gebruik word waardeur die verhaal gelees word, konfronteer dit die leser skielik met ander kante van die verhaal en lei dit tot ander vrae wat aan die teks gestel word en moontlik ook tot nuwe verrassende antwoorde vir die konteks waarin kinders aan die begin van die 21ste eeu leef. Vergelyk hieroor vir Fretheim (2008:37-48) en Herzog (2005:28-31).

28 Vergelyk die inleiding tot hoofstuk 4 (onder punt 1) waar ’n Kinderteologiese lees van die Bybel verder verduidelik word.

In die lig van die voorafgaande rigtingwysers wat langs die pad sigbaar geword het, word Hendriks (2004:24) se omskrywing van teologie in die navorsing as vertrekpunt aanvaar:

[T]heology is about:

• The missional praxis of the triune God, Creator, Redeemer, Sanctifier, and • About God’s body, an apostolic faith community (the church)

• At a specific time and place within a globalised world (a wider contextual

situation)

• Where members of this community are involved in a vocationally based, critical and constructive interpretation of the normative sources of Scripture and

tradition

• Struggling to discern God’s will for their present situation (a critical correlational hermeneutic)

• To be a sign of God’s kingdom on earth while moving forward with an eschatological faith-based reality in view (that will lead to a vision and a mission statement)

• While obediently participating in transformative action at different levels: personal, ecclesial, societal, and scientific (a doing, liberating, transformative theology that leads to a strategy, implementation and an evaluation of progress).

Kinderteologie wil juis dit wees net deur kinders te gebruik as die lens waardeur gefokus word of “by ‘foregrounding’ the child” (Bunge 2006b:569) in die proses van teologisering.29 Dit vra voortdurend watter lig kinders op God die Vader, Seun en Heilige Gees en sy koninkryk of manier van dinge doen in hierdie wêreld, werp (White 2007:2). Voor die aangesig van die ewige, selfopofferende, ontfermende, gemeenskapstigtende, lewegewende, omgee-vir-die-ander God (Smit 2006:178) wil Kinderteologie dink en praat oor God se wil en roeping vir die lewe van volwassenes saam met kinders in hierdie stukkende wêreld. Kinderteologie wil dus deur die lens van die kind so fokus op God en sy missionale praxis in hierdie wêreld dat dit die kerk kan help om opnuut haar identiteit binne haar spesifieke konteks te ontdek en dit saam met kinders uit te leef.