• No results found

GENERASIEGAPING(S) IN DIE LIG VAN DIE GENERASIETEORIE 13

2.3.2.5 ’n Groeiende waardering van individualiteit binne die huwelik en familielewe

2.4 GENERASIEGAPING(S) IN DIE LIG VAN DIE GENERASIETEORIE 13

Die verbrokkeling van die familielewe en die korporatiewe aard van die samelewing in die inligting-era lei daartoe dat die gaping(s) tussen verskillende generasies al duideliker na vore kom. Volgens Prest (1993:16) word ’n generasie eers werklik gebore “when an age group identifies itself as being different from other age groups.” Vanweë die tyd van snelle veranderinge waarin mense aan die begin van die 21ste eeu leef, word hierdie proses van identifisering as anders van ander ouderdomsgroepe net al hoe makliker en ook al makliker sigbaar. Margaret Mead het reeds in 1978 (:63) daarop gewys dat die jeug vir die ouer geslag kan sê: “You never have been young in the world I am young in, and you never can be.” Hierdie stelling is nou nog meer geldig as toe!

Dit is juis as gevolg van hierdie voortdurend veranderende kinder- en jeugwêreld waarin kinders en adolessente opgroei dat generasies midde in dieselfde ontwikkelingsfases ’n radikaal anderse ervaring van hulle leefwêreld of sosiale konteks het. Die uitvloeisel hiervan dat hulle verskillende verwysingsraamwerke (Walrath 1987:35) of “cultural value systems” (Rendle 2002:41) of “a distinct, time-specific

weltanschauung” (Carroll & Roof 2002:6) internaliseer. Walrath wys verder daarop dat mense, soos wat

hulle ouer word, hierdie verwysingsraamwerk gebruik om die wêreld om hulle waar te neem en te probeer verstaan. “Thus, they not only experience the developmental stages of their lives differently, because they form and maintain unique perspectives, even when they are mature they perceive the same experiences differently from those socialized previously, who are now side by side with them in the same period” (Walrath 1987:35). Mense wie se lewens deur so ’n gemeenskaplike verwysingsraamwerk bepaal word, word in die sosiale wetenskappe ’n kohort genoem.

Met verwysing na Karl Mannheim wys Walrath (1987:36-37) daarop dat ’n kohort eers werklik gevorm word wanneer mense binne hulle sosiale konteks die een of ander sosiale trauma beleef het wat tot gevolg het dat hulle daarna die lewe interpreteer aan die hand van die verwysingsraamwerk wat gedurende hierdie destabiliserende ervaring gevorm is (vergelyk Williams & Nussbaum 2001:144). Voorbeelde van sulke traumatiese gebeure is die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, die val van die Berlynse Muur en die gebeure

13 Die bespreking van die konsep “generasie” in hoofstuk 1 onder punt 7 word hier nie weer herhaal nie, maar as vertrekpunt vir hierdie bespreking aanvaar.

van 9/11. Die benaming van verskillende kohorte gee dikwels erkenning vir die vormende invloed van hierdie traumatiese gebeurtenisse op mense se verwysingsraamwerk byvoorbeeld die “depressie generasie” of “oorlog generasie.” Dit beklemtoon dat die verskillende sosiale en historiese kontekste waarin mense opgroei ’n bepalende invloed het op die vorming van die verwysingsraamwerk of lewens- en wêreldbeskouing waarmee mense leef. Die duidelik onderskeibare generasie-biografie (Strauss & Howe 1997:65; vergelyk Rendle 2002:43) wat binne ’n generasie gedeel word, het ’n bepalende invloed op elke generasie se voorkeure, aannames, houdings, denke, besluite en gedrag. Volgens hierdie benadering is ’n generasie dus “a constituency held together by a set of shared sociohistorical experiences and, subjectively, by common ways of thinking about, and by responding to, those experiences; consequently, all generations are characterized by some degree of self-concinsciousness, each distinguished from another” (Carroll & Roof 2002:6).

Strauss en Howe (1991, 1993 en 1997) sluit in hulle generasieteorie juis by die konsep kohort aan om inhoud te gee aan hulle verstaan van die konsep generasie. Hulle konsep moet verstaan word teen die agtergrond van hulle siening van voorspelbare ritmiese veranderinge in die samelewing. Deur die kombinasie van sosiale antropologie en politieke geskiedenis het hulle die Amerikaanse geskiedenis beskryf en interpreteer. Hulle is van mening dat die Amerikaanse geskiedenis deur herhalende historiese siklusse beweeg en toon in hulle latere werk aan dat die antieke kulture ook deur hierdie siklusse beweeg het. Elkeen van hierdie siklusse duur min of meer 80 tot 100 jaar, ’n tydseenheid wat in die antieke wêreld ’n saeculum genoem is. In elke saeculum is daar twee spilpunte wat ’n betekenisvolle moment in die kollektiewe sosiale bestaan van die wêreld is. Die invloed daarvan word al gevoel voordat dit gebeur en die gevolge daarvan duur nog vir ’n tydperk nadat dit verby is. Strauss en Howe noem hierdie twee spilpunte ’n geestelike ontwaking en ’n sekulêre krisis. “As the cycle moves back and forth around the two pivotal points, it moves in regular rhythm between the inner life of the soul and the outer structures of the world” (Regele 1995:31). Elke saeculum beweeg deur vier fases en elkeen van hierdie 4 fases duur ongeveer 20 jaar. Hulle onderskei die volgende vier fases in elke saeculum:

• ’n krisis: winter (Crisis);

• heropbou of uiterlik gedrewe oorgang: lente (Outer-directed era); • ontwaking: somer (Awakening);

• innerlik gerigte oorgang: herfs (Inner-directed era);

Hiervolgens eindig elke saeculum met ’n krisis wat in die meeste gevalle die een of ander oorlog is. Na die krisis word die menslike energie gerig op die heropbou van die strukture en institute van die samelewing soos groot besighede, staatsinstellings en godsdienstige denominasies. “It is a time of secular building” (Regele 1995:32). Hierdie uiterlik gedrewe fase hou egter nie vir altyd aan nie.

As the culture expends its spiritual resources to build the external world, it finds itself increasingly depleted, and an inner hunger begins to form. It is at these moments in the cycle when an awakening era will begin to emerge. In reaction to the lack of attention to the concerns of the spirit

during outer-directed eras, the social mood turns toward the inner person. This inner orientation rejects the high level of social conformity that had marked the preceding outer-directed era. The inevitable outcome gives birth to an awakening of the spirit.

(Regele 1995:32, 33) So ’n era verval egter later in ’n oordrewe belangstelling in die self en gaan oor in die innerlik gerigte fase.

The social self-absorption of inner directed eras causes social policy and beliefs to fragment into smaller and smaller interest groups and personal concerns, at the expense of the national collective life….During such inner-directed periods, institutions lose favor and go into decline. Political life takes on an edge of meanness and moral corruption as the self-indulgent ethos unfolds. In the fragmentation, it becomes nearly impossible to build community consensus on anything of real substance.

(Regele 1995:33) Die saeculum begin nou afstuur op ’n nuwe krisis want teen die einde van hierdie innerlik gedrewe fase begin ’n nuwe moralistiese gees na vore kom soos wat “the generation of self-absorbed idealists emerges out of their period of narcissistic self-indulgence and, with idealistic fervour, begins to push its moral agenda on the already fragmented public – creating further hostility and fragmentation” (Regele 1995:34). Op grond hiervan kan die volgende uiteensetting van die Anglo-Amerikaanse geskiedenis gegee word (vergelyk Strauss en Howe 1997:50):

Saeculum Outer-directed era (Climax year) Awakening (Time) Inner- directed era (Climax year) Crisis (Time) Late Medieval (1485)

Wars of the Roses (1459-1487) Reformation 1488-1516 (1536) Protestant Reformation (1517-1542) 1543-1568 (1588) Armada Crisis (1569-1594) New World 1595-1620 (1640) Puritan Awakening (1621-1649) 1650-1674 (1689) Glorious Revolution (1675-1704) Revolutionary 1705-1726 (1741) Great Awakening (1727-1746) 1747- 1772 (1781) American Revolution (1773-1794) Civil War 1795-1821 (1831) Transcendental Awakening (1822-1844) 1845-1859 (1863) Civil War (1860-1865) Great Power 1866-1885 (1896)

Third Great Awakening (1886-1908)

1909-1928

(1944)

Great Depression and World War II (1929-1946) Millennial 1947-1963 (1974) Consciousness Revolution (1964-1984) 1985-2004? (2025?) Millennial Crisis? (2005?-2026?)

Volgens hierdie patroon het die huidige saeculum (Millennial) begin met die fase van heropbou na die krisis van die Tweede Wêreldoorlog en is die saeculum nou aan die einde van die innerlik gerigte fase en aan die begin van die nuwe krisis fase. Wat hierdie krisis uiteindelik gaan wees, kan nie voorspel word nie. In die lig van die feit dat die vorige krisisse almal gepaard gegaan het met oorlog, kan dit wees dat dit weer ’n oorlog kan wees. Dalk het die krisis en die oorlog reeds begin met die gebeure van 9/11, die inval in Irak en die bomaanvalle op Madrid en Londen. Trouens, Scholtz (2005:14) praat in die verband van die Derde Wêreldoorlog wat alreeds aangebreek het. Dit verskil egter in verskeie opsigte van die vorige twee wêreldoorloë. Dit is nie ’n konvensionele oorlog nie, maar ’n oorlog van terreurdade. Dit verskil ook van terreurdade van die verlede want dié was dikwels net sporadies en/of lokaal gemotiveerd. Scholtz (:14) wys daarop dat die huidige terreur-oorlog reeds wêreldwyd gevoer word: daar was al botsings in Amerika, Spanje, Marokko, Rusland, die Filippyne, Irak en Brittanje.

Waar die hooffokus tydens die eerste twee wêreldoorloë die vyandelike strydkragte was, is die hooffokus nou burgerlikes. Volgens Scholtz (2005:14) word in die huidige oorlog aan alle kante alle reëls insake die behandeling van burgerlikes eenkant toe gevee. “Selfs Amerika maak hom aan oortredings skuldig. Die feit dat hy Islamitiese gevangenes buite sy grense by die basis Guantánamo in Kuba sonder verhoor aanhou, is inderdaad ’n verkragting van sy eie grondwet én die Geneefse Konvensie.” Hierdie oordrewe reaksie van die Bush-administrasie het ook tot uitdrukking gekom in hulle optredes by Aboe Ghraib in Irak en Bagram in Afghanistan (Dawie 2005:12).

Hierdie oorlog verskil ook van ander in die opsig dat die boustene van oorlog nou nie meer noodwendig nasie-state is nie. Al-Kaïda is geen staat nie. Scholtz (2005:14) beskryf dit as “’n newelige beweging wat nie eens ’n organisatoriese eenheid vorm nie en slegs deur ’n gemeenskaplike ideologie en doelwit verenig word.” In terme van Castells se siening van die inligting-era is Al-Kaïda ’n sosiale beweging wat uit godsdiens fundamentalisme na vore kom en as ’n globale netwerk die uitdrukking van ’n “resistance identity” is wat die Weste haat. Osama bin Laden is dus eerder ’n “symbolic personality” as ’n charismatiese leier van ’n versetbeweging. Hoewel hy vermoedelik in die berge tussen Pakistan en Afghanistan skuil, is hy volgens Zachary Abuza van die Amerikaanse Instituut vir Vrede steeds geweldig invloedryk (Ferreira 2005:16) en het hy steeds die vermoë om mense te inspireer en tot aanvalle te mobiliseer.

Met die Bush-administrasie se “macht” reaksie op die 9/11 gebeure deur onder andere ’n enkele nasie-staat, Irak, in te val het hulle getoon dat hulle nie genoeg begrip gehad dat die “vyand” eintlik ’n globale netwerk is en dat dit nou eerder gaan om “the battle of the mind” as magsbeheer oor ’n enkele nasie-staat nie. Met hulle magsingryping in Irak het hulle boonop die djihad self-volhoubaar gemaak en hoef Al Kaïda eintlik niks meer te doen om “heilige krygers” te motiveer nie (Ferreira 2005:16). Die VSA se bondgenote, Brittanje en Spanje, het ook nie genoeg besef dat met hulle “macht” ondersteuning dit nie moontlik gaan wees om die sosiale sekuriteit van hulle burgers te waarborg nie en dat hulle juis hulle burgers die teiken maak van die “vyand” nie. Die optrede van die Bush-administrasie kan moontlik in terme van Castells gesien word as die reaksie van Amerikaanse Christelike fundamentalisme wat juis hul eie identiteit wil beskerm en uitbou.

In terme van Strauss en Howe se sikliese verstaan van die geskiedenis, soos hierbo beskryf, sou dit ook verstaan kon word as die uitvloeisel van die tipiese moralistiese gees wat gewoonlik aan die einde van ’n

saeculum se innerlik gerigte fase en aan die begin van ’n nuwe krisis fase na vore kom en wat op

idealistiese wyse ’n morele agenda najaag. Dit kan nog beter verstaan word as Strauss en Howe se koppeling van die begrip kohort aan die vier fases van die saeculum, wat hieronder bespreek word, in ag geneem word. Hiervolgens is beide George Bush en Tony Blair Boomers wat gewoonlik idealiste is en neig tot moralistiese en kragdadige visionêre optrede. Daarteenoor wil dit voorkom asof die “vyand” veral na vore kom uit die “angry young men” wat nie as gelykes aanvaar word en nie geïntegreer word in die Westerse wêreld nie (Dawie 2005:12) en trouens al hoe minder welkom is in Europa. Hulle kom dus veral

uit die Xers, wat reaktief en krities is en maklik vervreemd voel en die Millennials wat leef met die houding dat hulle van die wêreld ’n beter plek wil maak.

Maak egter nie saak hoe die gebeure van 9/11 en daarna verklaar word nie, die Derde Wêreldoorlog het al die potensiaal om te ontwikkel in ’n ernstige krisis met vernietigende gevolge vir die wêreld. Alhoewel die saak meer ingewikkeld is, lyk dit asof die wêreld toenemend besig is om te polariseer tussen fundamentalistiese Moslems en die res van die (Westerse) wêreld. “Toenemend kom selfs gematigde Moslems onder druk om te kies tussen hulle ekstremistiese geloofsgenote en die ‘ongelowiges’, en dit raak al hoe moeiliker om teen eersgenoemde te kies” (Scholtz 2005:14). Dit wil dus voorkom asof die krisis van die huidige saeculum (vergelyk Strauss en Howe) kan voortspruit uit die botsing van verskillende fundamentalistiese “resistance identities” (vergelyk Castells) en deels toegeskryf sou kon word aan besluitnemers wat uit verskillende generasies kom en dus verskillend na die wêreld en die aard van die stryd kyk (daar is dus ’n generasiegaping).

Dit is juis in aansluiting by die vier fases van elke saeculum dat Strauss en Howe die begrip kohort gebruik om so hulle begrip van die konsep generasie te ontwikkel en dit daarmee moontlik maak om die generasiegaping(s) in die samelewing beter te verstaan. Hulle is van mening dat in elkeen van bogenoemde historiese fases mense as gevolg van hulle blootstelling aan dieselfde sosiale konteks en historiese gebeure ’n bepaalde gemeenskaplike patroon van houdings teenoor en benaderings tot die lewe ontwikkel. Hulle praat in dié verband ook van ’n mens se waardesisteem. ’n Mens se waardesisteem word min of meer gevorm in jou eerste tien jaar deur jou ouers, wie se opvoedingstyl gevorm is in die tydvak waarin hulle groot geword het, jou familie, vriende, die gemeenskap en tydsfase waarin jy opgroei, en belangrike gebeurtenisse in jou persoonlike lewe en in die algemene geskiedenis. As gevolg van die algemene gemoedstemming en etos eie aan elke fase verskil die generasies wat opgroei in die verskillende fases van mekaar. Volgens Strauss en Howe kan hierdie verskillende waardesisteme bestudeer en geklassifiseer word. In aansluiting by bogenoemde vier fases van elke siklus van die geskiedenis onderskei hulle die volgende vier algemene waardesisteme:

• ’n krisis: aanpasbaar en kan as die konserwatiewe en pragmatiese oorlewendes beskryf word; • heropbou of uiterlik gedrewe oorgang: idealisties en kan as visionêr en kragdadig beskryf

word;

• ontwaking: reaktief – die groot visies begin krake vertoon en hulle kan beskryf word as die pessimistiese individualiste wat vasgevang is in ’n voortdurende stryd en sukkel om tot rus te kom;

• innerlik gerigte oorgang: burgerlik - op die rand van ’n krisis sukkel hulle om hulself te handhaaf en hulle kan beskryf word as vrymoedig en direktief.

As gevolg van hulle verskillende waardesisteme sal elke generasie in elke fase van die saeculum dié spesifieke fase verskillend beleef en daarom ook verskillend tydens dit optree. “The following table shows how each of the four types functions in society as it moves through the four eras” (Regele 1995:113).

Awakening Inner-directed Crisis Outer-directed

Youth (0-21) Reactive Criticized Civic Protected Adaptive Suffocated Idealist Indulged Rising (22-43) Idealist Narcissistic Reactive Alienated Civic Heroic Adaptive Conformist Midlife (44-65) Adaptive Indecisive Idealist Moralistic Reactive Pragmatic Civic Powerful Elder (65+) Civic Busy Adaptive Sensitive Idealist Visionary Reactive Reclusive

Hierdie beskrywings is wel veralgemenend van aard en daar sal dus altyd uitsonderings hierop wees. Mannheim het reeds daarop gewys dat historiese gebeurtenisse en sosiale omstandighede nie dieselfde invloed op alle lede van dieselfde generasie het nie en dat daar dus subgroepe met kontrasterende waardes binne ’n generasie kan voorkom (in Williams & Nussbaum 2001:144). Regele (1995:28) wys egter daarop dat wanneer die detail van die geskiedenis bestudeer word, dan lyk dit asof daar nie veel van ’n patroon is nie, maar wanneer daar na die groot prentjie gekyk word, dan kom daar breë algemene patrone na vore. Volgens hom is die waarde van die generasieteorie dat dit juis help dat hierdie patrone raakgesien word. Alhoewel hy van mening is dat die generasieteorie maar net een manier is om hierdie patrone te ontdek en dat daar ook ander bruikbare verwysingsraamwerke is om te gebruik, sê hy: “[W]e find generational theory to provide an unusually helpful one.” Ten spyte van die veralgemenende aard daarvan is die generasieteorie dus wel ’n werkbare sisteem om die patrone in die geskiedenis raak te sien en ook die verskille tussen generasies te probeer verstaan. Codrington (s a: understanding the generations) sê in dié verband:

Even though we are all individuals, and experience unique influences on our developing value systems as we grow up, we have nonetheless, as children of the 20th century, all been exposed to global forces that were at work in a fashion unlike that of any other century. The extent of these is such that many people throughout the world have had similar experiences or have had to face similar situations at the same time. It’s possible, because of this, to identify moments in the history of the 20th century in different countries and cultures, where similar defining forces were brought to bear on families, communities and societies.

In verskillende lande kan die datums van die voorkoms van die verskillende generasies wel tot ’n mate verskil as gevolg van ’n eie unieke konteks. Alhoewel hierdie teorie seker die duidelikste van toepassing is op middelklas samelewings, is dit nie daartoe beperk nie. Codrington (1998, 1999b, s a) het in sy navorsing duidelik die toepasbaarheid van hierdie teorie op die Suid-Afrikaanse samelewing aangetoon. Hy het wel aangetoon dat die datering van die geboortedatums van die verskillende generasies in Suid-Afrika ietwat van die Amerikaanse datering kan verskil. Die volgende 5 generasies kan in die huidige Suid-Afrikaanse bevolking onderskei word (vergelyk Codrington & Grant-Marshall 2004:19):

Naam Geboortedatum G.I. (Civics) 1900 – 1929 Silent (Adaptives) 1930 – 1949 Boomers (Idealists) 1950 – 1969 Xers (Reactives) 1970 – 1989 Millennial” (Civics) 1990 – 2005…

Vanweë verskillende generasies se verskillende waardesisteme was daar deur al die eeue heen ’n gaping tussen die verskillende generasies. Die snelle veranderinge en die omvang daarvan in die twintigste en een en twintigste eeue en veral soos dit in die inligting-era tot uitdrukking kom, het veroorsaak dat die sosiale kontekste waarin verskillende ouderdomsgroepe opgroei, nog meer van mekaar verskil as in die verlede. Die gevolg is dat die waardesisteme van die verskillende generasies ook meer van mekaar verskil as in die verlede. Dit het noodwendig tot gevolg dat die generasiegaping(s) aan die begin van die 21ste eeu net veel groter is as wat dit in die verlede was. Ook in die kerk in die algemeen en in elke gemeente is daar as gevolg van die verskillende sosiale kontekste waarin verskillende ouderdomsgroepe opgegroei het, verskillende generasies met verskillende waardesisteme teenwoordig.

Die volgende profiele van bogenoemde generasies, opgestel aan die hand van Codrington en Grant-Marshall (2004),14 toon duidelik die verskille tussen die verskillende generasies en hoekom daar generasiegaping(s) bestaan. Hierdie profiele is nie volledig nie en boonop veralgemenend van aard en is daarom nie net so van toepassing op alle mense nie. Boonop is daar mense wat sosioloë “Cuspers” noem omdat hulle nie duidelik in die een of ander generasie val nie. “A cusp is the point at which two parts of a curve meet” (Codrington & Grant-Marshall 2004:69). ’n “Cusper” is dus gebore in die tydperk waarin twee generasies met mekaar oorvleuel, dit wil sê óf vroeg in die generasie sodat die persoon ook eienskappe van die voorafgaande generasie aanneem óf laat in die generasie sodat die persoon ook eienskappe van die volgende generasie aanneem. Dit mag ook wees dat ’n persoon die jongste kind van ouer ouers is of die