• No results found

6.1 ’N PERSOONLIKE REIS NA ONDER

6.2 DIE REIS GAAN DEUR ’N GROTER LANDSKAP

Vir baie lank is teologie bedryf op ’n wyse wat getipeer kan word as “teologie-van-bo-af” (Bosch 1991:423).16 Vanuit die modernisme met sy sterk positivistiese oriëntasie is teologie eensydig rasioneel-akademies beïnvloed. In die Christendom-era en -paradigma (Mead 1991:13-22) het dit uiteindelik gelei tot ’n professionalisering van die teologie. Teologie is in vele opsigte losgemaak van die lidmate en het die breinspel van die ingewyde “geloofs-elite” geword wat deur middel van wetenskaplik-kritiese refleksie en geordende idees daaraan uitdrukking gee in boeke en dissertasies wat in biblioteke bewaar word. Die relevansie vir die gewone mense se lewe van elke dag het al minder en minder geword (:56) en die aanbidding van God het soms ook verlore geraak. Walter Dietrich en Ulrich Luz (in Adamo 2006:3) se kritiek is dat veral Westerse teologie die meeste ly onder hierdie beoefening sonder konteks.17 Hulle verwoord hulle kritiek as volg: “It is carried out abstractly and therefore leads to abstract results and truths,

16 Om die begrippe “van-bo-af” en “van-onder-af” te gebruik as tipering van die wetenskaplike se blikrigting in sy wetenskapsbeoefening en vir die wyse waarop teologie beoefen word, is nie nuut nie. Kontekstuele teologie is volgens Bosch (1991:423) altyd “theology ‘from below’, ‘from the underside of history’” en een of ander gemarginaliseerde groep is altyd die gespeksgenoot. Horsley (2005:5) wys daarop dat in geskiedkundige navorsing hierdie selfde verskuiwing van blikrigting besig is om plaas te vind, naamlik van standaard geskiedskrywing met ’n blikrigting van bo-af na, wat hy noem, “people’s history” met sy blikrigting van onder-af. Oor die ontwikkeling van hierdie verskuiwing en die implikasies daarvan vir veral die bestudering van die Kerkgeskiedenis en die Nuwe Testament vergelyk Horsley (2005:1-5) en Janz (2005:xiii-xv).

17 Dit is ’n ope vraag of die sogenaamde Westerse of Eurosentriese teologie as konteksloos beskryf kan word. In baie opsigte was Westerse akademiese teologie juis ’n uitvloeisel van die modernistiese konteks waarin dit beoefen is. Tereg sê West (2006:399): “All interpretations of the Bibel are contextual....readers always bring their concerns and questions to their readings of the Bible, even if they are scholarly questions and concerns. Our contexts, therefore, always shape our reading practice.” Die probleem met die sogenaamde Westerse of Eurosentriese teologie was/is eerder dat dit dikwels opgegaan het in die akademies-wetenskaplike konteks en waarsynlik nie genoeg verbind was aan die lewenskontekste van die gewone mense nie.

which are not related to any context....Because of this, it is contextual Bible reading and contextual bible hermeneutics that we need most.”

Boonop was teoloë in die verlede oor die algemeen manlik en Eurosentries. Hulle het die magshebbers geword wat met hulle finale dogmatiese uitsprake beheer uitgeoefen het binne die teologiese en kerklike domein. Soms so magtig, soos in Suid-Afrika, dat hulle ’n totale samelewingsbestel teologies gemotiveer, gevorm en in stand gehou het.

Daar het egter ’n draai gekom. Teologie van ’n ander kant af, van die weerloses se kant, het na vore begin kom. Dikwels met ander vertrekpunte en ander metodes. Bevrydingsteologie. Swart Teologie. Feministiese Teologie. Ook die samelewing waarvoor teologie relevant behoort te wees, het drasties begin verander. So drasties dat die sendingveld daar ver tot op die drumpel van die kerk geskuif het. Daarom het Mead (1991:57) reeds gepleit:

The future church demands a new locus of theology, a change from the library and university to the place where the baptized person encounter the world, the place I have called the missionary frontier. The future church demands a new actor in the work of theology: the baptized lay person. The future church demands a new kind of training center for theology: the local church.

Praktiese Teologie kan nou nie meer vashaak in ’n “clerical” paradigma (Dingemans 1996:84) met sy fokus op die rol en werk van die kerklike leierskap, veral die predikant, nie. Dit moet nou ’n gemeentelike, lidmaatfokus kry (Hendriks 2003:20). Die bestudering van die funksies van die gemeente as geheel mag egter nie opgaan net in ’n bestudering van die interne funksionering van die gemeente nie. Dan kry Praktiese Teologie en die “gemeentebou”-aksies wat in die kerklike bedieningspraktyk gestalte kry, ’n selfgerigte fokus. In ’n tyd waarin die sendingveld baie naby aan die kerk gekom het, is die uitdaging dat die kerk moet verander na wat Guder (1998) noem: “The missional church.” Om missionaal te wees, is egter nie net die wesenlike van kerk-wees nie, maar ook die wesenlike van die beoefening van teologie. Alle teologie behoort “missionary theology” te wees (Bosch 1991:492). Ongelukkig het die Christendom era18 waaruit die kerk kom tot gevolg gehad dat beide die kerklike strukture en die teologie van die gevestigde Westerse kerke nie missionaal van aard is nie. Daarom sê Bosch (:494) tereg: “We are in need of a missiological agenda for theology rather than just a theological agenda for mission; for theology rightly understood, has no reason to exist other than critically to accompany the missio Dei.” Wat nodig is in die post-Christendom era waarin die kerk in Suid-Afrika haar al hoe meer bevind, is ’n teologiese rewolusie (Guder 1998:7) waarin opnuut erns gemaak sal word met Martin Kähler (in Bosch 1991:16) se uitspraak dat “mission is the mother of theology.” Dit vra dat teologie beoefen sal word sal word “not with the eye on the church and its actions, but with the purpose to discerning God’s will. He is a sending, missional God who

reaches out to his creation. As such, everything in which the church is involved in should be part of this movement” (Hendriks 2007:25).

6.3 ’N BLIK DEUR ’N SKUIFLENS OP ’N DEELTJIE VAN DIE GROTER

LANDSKAP

Volgens Markus se Evangelie het Jesus gesê: “Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie” (Markus 10:14 en 15). Matteus vertel dat Jesus by geleentheid ’n kindjie nader geroep, tussen die dissipels laat staan en gesê het: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie....En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My” (Matteus 18:2, 3, 5). Wat het geword van die kinders in ons midde? Wat maak die teologie en gemeentes met hulle? Hoe sien en hanteer die teologie en gemeentes hulle? Hoe dink teoloë en lidmate oor hulle? Word die menswaardigheid en “geloof”-waardigheid van kinders ernstig genoeg opgeneem? Word hulle regtig volledig ingesluit in die amp van die gelowige wat volgens Mead die eintlike beoefenaars van teologie moet wees? Word hulle genoeg in die oog gehou as medereisigers en as ’n bestemming in die missio Dei? Word die lyding en nood van kinders in hierdie wêreld deur teoloë en gemeentes raakgesien en is daar genoeg passie om aan hulle lewenswêreld ’n verskil te maak? Dalk moet gevra word of die draai na ’n teologie van die ander kant af al ver genoeg gedraai het? Is naas die bevryding wat Feministiese Teologie gebring het, nie dalk nog ’n bevryding, ’n bevryding deur ’n teologie radikaal van-onder-af, nodig nie? Dalk iets soos ’n

Kinderteologie?19 Tereg is Herzog (2005:4) se mening:

[T]heology had been concerned with many people at the underside of history: women, racial and ethnic groups, people of different sexual orientations, the poor, and people with disabilities.

18 Hierdie term word gebruik in aansluiting by Guder (1998:6) wat dit soos volg omskryf: “[W]hen we speak of Christendom we are referring to the system of church-state partnership and cultural hegemony in which the Christian religion was the protected and privileged religion of society and the church its legally established institutional form. Even when the legal structure of the Christendom have been removed, the legacy continues as a pattern of powerful traditions, attitudes, and social structures that we describe as ‘functional Christendom.’”

19 Alhoewel Jeyaraj (2006:4) “Child Theology” beskryf as “an emerging theology and a growing world-wide movement in this new millennium” is die begrip Kinderteologie na my wete nog nie ’n bekende begrip in Afrikaans nie. In Engelse literatuur word die begrippe “Child Theology” en “Theology of Childhood” en selfs “Practical Theology of Children” gebruik. In Duits kom die begrip “Religionspaedagogik fuer die Kinderstufe” voor. Dit is nie maklik om ’n soortgelyke begrip(pe) in Afrikaans te kry nie. Verskeie begrippe is oorweeg, onder andere die begrip Pedologiese Teologie na aanleiding van die Griekse begrip vir kind en wat reeds aanleiding gegee het tot woorde in Afrikaans soos pedagogiek en pediater. Pedologie is ’n erkende Afrikaanse woord wat volgens die HAT “wetenskaplike kinderstudie” beteken (Odendal & Gouws 2000:854) en sou in verbinding met die begrip teologie gebruik kon word. Na deeglike oorweging en raadpleging van taalkundiges en teoloë, het ek besluit om dit eerder eenvoudig te hou en liewer die begrip “Kinderteologie” te gebruik. Wat met hierdie begrip bedoel word, sal duidelik blyk uit die verdere bespreking daarvan onder punte 6.3 en 6.4 en by “konseptualisering” onder punt 7 van hierdie hoofstuk. In hoofstuk 3 onder punt 4.3.1 word die Child Theology Movement wat in Brittanje ontstaan het, bespreek. Daar is ooreenkomste tussen my beklemtoning van Kinderteologie en die beklemtoninge binne hierdie beweging en hierdie beweging het my eie beskouinge versterk.

Moreover, many theologians had learned to care deeply about animals and the ecosystem. However, theology had never put a child in its center the way Jesus did, according to Mark 9:36....”

Die lewenskonteks van kinders aan die begin van die 21ste eeu maak hierdie saak baie aktueel.20 Die konsep kindwees omvat immers meer as maar net ’n verwysing na ’n bepaalde lewensfase tussen geboorte en volwassenheid. “It refers to the state and condition of a child's life: to the quality of those years” (UNICEF21 2004a:1). Die wêreld aan die begin van die 21ste eeu is egter ’n wêreld waarin miljoene kinders se lewenskwaliteit bedreig word en dikwels vir hulle ontneem word. Baie is slagoffers van die maghebbers van hierdie wêreld. Talle leef in uiterste armoede. Elke dag word kinders mishandel en selfs gemolesteer. Straatkinders het ’n alledaagse verskynsel geword. Daagliks neem die aantal kinders wat opgroei in gebroke families toe. Die mense wat in die samelewing die kwesbaarste van almal is, het die kommoditeit geword wat die maklikste in die wêreld afgeskryf word (Stafford 2005:3). In dié verband illustreer Stafford (:3-4) die wêreld se dubbele standaarde met betrekking tot kinders aan die hand van die tragiese aanval op die torings van die World Trade Centre en die lewensverlies wat dit veroorsaak het. Wat sou gebeur het as daar daardie dag elke drie ure verspreid oor die wêreld soortgelyke voorvalle met dieselfde mate van lewensverlies plaasgevind het? Die kanse is goed dat alles tot stilstand sou kom en wêreldleiers sou saamspan om hierdie slagting te stop. Daar het egter op daardie tragiese dag wel iets soortgelyks op ’n wêreldwye skaal gebeur: Dertigduisend onskuldige kinders onder die ouderdom van 5 jaar het gesterf, veral as gevolg van die invloed van armoede. Dit het boonop elke dag daarna gebeur. Dit word egter nie deur beeld en klank tot in mense se woonhuise ingedra soos die gebeure van 11 September nie. Niemand neem daarvan kennis nie, want kinders het geen politieke stem of invloed met betrekking tot wêreldgebeure nie en word daarom maklik gemarginaliseer. “They have much to legitimately protest, but they are voiceless and powerless....they suffer silently” (:4). Daarom die oproep in The State of the World’s Children 2005 deur UNICEF (2004a: buitenste agterblad): “The world must recommit to its moral and legal responsibilities to children - one billion of them robbed of their childhood, living in poverty, in countries in conflict, in communities besieged by HIV/AIDS.”

Hierdie verwoesting van baie kinderlewens en hul verlies aan lewenskwaliteit het gelei tot ’n groeiende openbare en akademiese belangstelling in en debat oor kinders. Ongelukkig het die teologie en die kerk in die algemeen nie veel aandag daaraan gegee om die saak van kinders in die wêreld te bepleit en as voorspraak vir hulle op te tree nie. “Children have simply not been proper subject matter for theology, not because they were unimportant but, more simply, because they had vanished from the sight of the typical

20 Kinderteologie is nie net nodig vir kinders wat opgroei in kontekste van armoede en sosiale uitsluiting nie. In dié verband maak Thatcher (2007:128) die volgende belangrike uitspraak: “Many of he concepts and features of the theology of liberation, forged in the poverty and oppression of the South, appeared applicable to the plight of many of the children of the North. A ‘preferential option’ not just for the poor, but for children, seems fully justified. Just as liberation theology begins with ‘the marginallized’ and seeks the transformation of their existence, so many children in rich countries appear marginalized and the transformation of their existence becomes an urgent matter.”

male theologian, sequestered in his study and not directly responsible for the daily grind of child care” (Miller-McLemore 2005a:viii). In dié verband het Brock (1990:42) reeds die volgende ontstellende uitspraak gemaak:

Few theologians have examined the underlying structures of child abuse in religious doctrines. I believe this is so partly because child rearing, as the responsibility largely of women, has not been regarded as a serious theological topic. Hence, the subject of children as a religious issue was placed under the less prestigious area of Christian education.

Wat Todd Whitmore (in Bunge 2001a:3-4) van die Rooms Katolieke kerk gesê het, is eintlik van toepassing op teologie in die algemeen:

[T]here is no well developed social teaching on the nature of children and why we should care about and for them. Although the church has highly developed teachings on other issues, such as abortion, economic justice, and moral conduct in war, theologians have not offered sustained reflection on the nature of children or on the obligations that parents, the state, and the church have to nurture children. Furthermore, children do not play a role in the way that systematic theologians think about central theological themes, such as the human condition, the nature of faith, language about God, the task of the church, and the nature of religion.

In teologiese refleksie oor die familie is sake met betrekking tot kinders wel soms aangespreek (Bunge 2001a:4). Miller-McLemore (2003:xxii) spreek egter die volgende geldige kritiek hierop uit: “Theologians who have recently reconsidered families as part of the marriage movement comment on children’s plight, but often as a means to another end – that of revitalizing marriage.” Boonop het hierdie nadenke, soos Whitmore (in Bunge 2001a:4) uitgewys het, ongelukkig dikwels vasgehaak in vermaninge aan die ouers om hulle kinders in die geloof op te voed, en aan die kinders om aan hulle ouers gehoorsaam te wees. Kinders en hulle sosiale konteks breër as die familie kry egter nie baie aandag in teologiese nadenke nie.

Ook vanuit Indië wys Jeyaraj (2006:1, 2) daarop dat teologiese nadenke oor kinders sukkel om te vorder. Hy bespreek verskeie redes daarvoor. Een van die redes wat hy aanvoer is die feit dat Kinderteologie nie ’n belangrike plek in die teologiese opleiding inneem nie. Jeyaraj (:1) stel dit soos volg:

In theological education, the study of children is either linked to the Feminist Theology or incorporated within the study of women and society. A separate identity is not given for children as a discipline in the curriculum. Christian Education courses deal with the way Sunday Schools or VBS22 has to be conducted for children and the moral instructions to be taught to them.

Dit is wel waar dat daar in die verlede aandag aan kinders en kindverwante sake in die Praktiese Teologie, veral in kategetiek en familiebediening, in die Kerkgeskiedenis en Sistematiese Teologie, veral met betrekking tot die kinderdoop en kinders se onskuld of erfsonde, en in standaard kommentare, veral met betrekking tot Jesus se interaksie met kinders in die Sinoptiese Evangelies, gegee is. Tog kan die volgende

21 UNICEF is die amptelike afkorting vir The United Nations Children’s Fund en word in die navorsing deurgaans so gebruik.

uitspraak van Herzog (2005:4) onderskryf word: “Until very recently...theology in its core has never been serious about centering its message in the realm of God as represented in a child, the way Jesus is reported to have done it....” Kinders is in vele opsigte teologies gemarginaliseer. Die gevolg is dat kerke steeds sukkel om kinders in hulle midde te verwelkom en gasvry saam met hulle te leef. In baie opsigte word kinders op ’n uiters ambivalente wyse verwelkom: Hulle is welkom om te kom, maar hulle moet net nie optree soos die mense wat hulle is nie (Mercer 2005:2-3).

Thatcher (2007: preface) maak ’n baie sterk uitspraak oor hierdie situasie as hy, as deel van sy motivering vir sy skrywe van nog ’n boek in verband met die huwelik en die familie, die volgende uitspraak maak: “Previous writing has required me to become familiar with a particular theological literature, and I am still shocked at the lack of attention this literature gives to children. With notable exceptions, theology of all types, schools and branches, past and present, theoretical and practical, stands accused. Given the teaching of Jesus about children, this hiatus is extraordinary. Elsewhere child neglect is a crime.”

Daarom is die volgende oproep van Carol Bellany (in UNICEF 2005a:23), vorige uitvoerende direkteur van UNICEF, ook ’n wekroep aan die Teologie en die Kerk in die algemeen om met groter erns aandag te gee aan nadenke oor kinders en die bediening van kinders: “When the lives and the rights of children are at stake, there must be no silent witnesses.” Tereg het Sturm reeds in 1992 (:1) gesê: “Given their condition throughout the world, children are deserving of their own form of a theology of liberation as a means of giving voice to their suffering and, in turn, articulating the character of their rights.” Juis daarom is dit belangrik dat in ’n teologie-van-onder-af veral voorspraakteologie in belang van kinders met groter toewyding beoefen behoort te word. In hierdie verband behoort daar goed geluister te word na wat Jensen (2005:xiii) sê oor voorspraakteologie in belang van kinders:

In faithfulness to the crucified and risen Christ, an advocacy theology seeks to speak with those whose voices are often not heard. Children’s voices often drown in the cacophony of commercialization and violence that characterize the (post)modern world. Attempting to hear them is fraught with peril: often we think we hear their voices when we really are hearing only ourselves and our intentions for children. A constant check on this work will be to portray as accurately as possible the realities of children’s lives in multiple corners of the globe. Only by doing so can their voices be heard….As a result, advocacy theologies, are self-consciously ethical; they seek not only to describe patterns of graced life in God’s world, but to promote attitudes and practices consistent with the proclamation of God’s reign. An advocacy theology does net rest in describing the reign of peace, but calls for our participation in it.