• No results found

KORPORATIEWE AARD

2.3.2 Die verbrokkeling van die familielewe

2.3.2.3 Familie-eenhede word al hoe kleiner

As gevolg van die onstabiliteit van die familielewe het veranderde tendense ten opsigte van die bevolkingsaanwas na vore begin kom:

7 Castells (2004:205) toon hierdie selfde tendense ten opsigte van die ontwikkelde lande aan. Hy sê: “Overall, it seems that in most developed countries, with the major exceptions of Japan and Spain, the patriarchal family is in the process of becoming a minority form in the way people live. In the United States, only about one-quarter of all households in the 1990s fitted the ideal type of a married couple with children....If we add the qualification ‘with the couple’s children,’ the proportion drops” (:213). Op grond van die geweldig toename in enkel-huishoudings in die ontwikkelde lande sê hy: “[T]he fact that between one-fifth and over one-third of households are single does call into question the pervasiveness of the patriarchal way of life” (:205).

• Meer kinders word buite die huwelik gebore (Amoateng & Richter 2003:262);8

• meer vroue beperk die aantal kinders waaraan hulle geboorte gee soos wat onder andere blyk uit die feit dat die vrylike gebruik van voorbehoedmiddels tussen 1970 en 1996 daartoe gelei het dat “the median interval between births per woman almost doubled from 30 months to around 50 months” (Amoateng et al 2004:61);

• die geboorte van die eerste kind word uitgestel en al meer egpare besluit om kinderloos te bly soos blyk uit die tendens in die Suid-Afrikaanse samelewing dat “[t]he incidence of childlessness also declines as women get older, suggesting that the younger generation of women is increasingly choosing to delay childbearing or to remain childless” (Amoateng en Richter 2003:259);

• ’n toename in huwelike wat eers op hoër ouderdomme gesluit word; en • ’n toename in die beëindiging van swangerskappe deur aborsie.

Die gevolg van hierdie tendense is dat geboortesyfers drasties begin daal het onder alle bevolkingsgroepe.9

Dit blyk onder andere uit die afname in die “total fertility rate assumptions” in Suid Afrika vanaf 1970 tot 2001 soos in die onderstaande tabel aangetoon word (StatsSA 2004b:8).

Swart Bruin Indiër/Asiër Blank Suid Afrika

1970 6,64 6,00 3,62 2,59 5,75 1975 5,99 5,00 3,47 2,36 5,19 1980 5,34 4,00 3,32 2,13 4,62 1985 4,68 3,00 3,10 1,90 4,03 1990 4,03 2,84 2,80 1,84 3,58 1991 3,90 2,80 2,75 1,84 3,49 1995 3,38 2,67 2,51 1,80 3,10 1996 3,25 2,64 2,45 1,78 3,00 2000 3,05 2,46 2,07 1,74 2,86 2001 3,00 2,41 1,98 1,74 2,80

Volgens StatsSA se “Mid-year population estimate 2006” (2006:2) is die “estimated total fertility rate” tans 2,73. Vir die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika is dit soos volg: Swartes 2,92; Bruines 2,27;

8 Castells (2004:205) wys daarop dat dieselfde tendens in ontwikkelde lande voorkom. In die VSA het die proporsie van geboortes buite die huwelik tot die totale aantal geboortes van 5.4% in 1970 toegeneem tot 29% in 1990. In die Skandinawiese lande was dit in die 1990s reeds 50% van alle geboortes.

Indiërs 1,88 en Blankes 1,73. Volgens hierdie data het die “total fertility rate” dus oor die afgelope ses en dertig jaar, 1970 tot 2006, afgeneem vanaf 5,75 tot 2,73. Amoateng en ander (2004:xii, 60) wys verder daarop dat “South Africa has the lowest fertility rate in the region....”10

Die daling in die geboorte van blanke kinders kom ook duidelik na vore in die statistiek in verband met die ouderdomstruktuur van die kinderbevolking onder 14 jaar soos dit verander het van 1970 tot 2001.

Ouderdom 1970 1996 2001 0-4 417 770 269 219 230 124 5-9 391 630 309 173 269 506 10-14 381 250 355 279 316 745 Totaal 1 190 650 933 671 816 375 (1970 - StatsSA 2004b:7) (1996 - StatsSA 1998a:26) (2001 - StatsSA 2003a:31)

Hierdie afname in geboortes is toe te skryf aan ’n groeiende beskouing dat kinders nie welkom is in die wêreld van die begin van die 21ste eeu nie. Die tradisionele beskouing dat ’n man en vrou met baie kinders ryk is, bestaan nie meer nie. Al hoe meer jong-werkendes se standpunt is dat hulle dit nie kan “bekostig” om kinders te hê nie en dat die kry van ’n kind eintlik die heel ergste ding is wat met hulle kan gebeur. Die rasionele-keuse teorie, wat die dominante nie-Marxistiese ekonomiese teorie in die VSA is en wat daarop wys dat mense daartoe neig om alle besluite, ook ten opsigte van huwelike en die familielewe, te neem op grond van wat vir hulle die maksimum individuele satisfaksie sal gee, verklaar die afname in geboortesyfers juis op hierdie wyse: “Children cost money, take time, and contribute less to their parent’s well-being than they once did when they contributed to the family farm or trade. Children are no longer profitable” (Browning et al 2000:63). Smit (1990:83) het reeds daarop gewys dat daar al hoe meer gepraat word eerder

9 Castells (2004:205-213) toon hierdie selfde tendens aan ten opsigte van die ontwikkelde lande. Hy sê van hierdie afname in die geboortekoers in die ontwikkelde lande: “This is, in fact, the most obvious consequence of the crisis of the patriarchal family: the precipitous decline of fertility rates in developed countries, below the rate of replacement of their population….” (:206). Hy wys daarop dat hierdie selfde tendens ook in die ontwikkelende lande besig is om na vore te kom. “In developing countries similar trends are at work in the urban areas, but national statistics, overwhelmed by traditional rural societies (particularly in Africa and Asia), downplay the phenomenon, in spite of which we still have been able to detect some traces” (:214).

10 Die afname in geboortekoers in Suid-Afrika en die ontwikkelde wêreld kom baie ooreen met wat gebeur het in die Romeinse Ryk en bygedra het tot die ondergang van die Romeinse Ryk. In sy bespreking van die geboortekoers in die Romeinse Ryk wys Stark (1996:115-122) daarop dat die lae geboortekoers ’n groter invloed op die afname in die Romeinse bevolking gehad het as die groot pessiektes wat die Ryk getref het. Met verwysing na Boak sê hy: “[T]he population of the Roman Empire began to decline noticeably during the last ten years of the Republic, and serious population shortages had developed by the second century, before the onset of the first great plague” (:116). Teen die begin van die Christendom-era het die geboortekoers reeds benede die vervangingsvlak gedaal en het die bevolking op natuurlike wyse begin daal. Van die faktore wat hiervoor verantwoordelik was, was die praktyk van kindermoord, aborsie, geboortekontrole en ’n akute tekort aan vrouens. “That the empire could continue as long it did depended on a constant influx of ‘barbarian’ settlers” (:116).

van “kindervrye” as “kinderlose” ouers. Egpare sien kinders as ’n las wat die ontwikkeling van hulle eie loopbane en menswees belemmer en daarom verkies hulle ’n kindervrye leefstyl. “[L]ower levels of fertility have led to a reduction in extended family ties amongst subsequent generations of children, since they have fewer relatives than their parents’ generation” (Amoateng et al 2004:1).

Hiermee saam is daar ook ’n toename in afgetrede egpare en egpare met ’n leë nes. Steyn (1996:146) wys daarop dat as gevolg van die sterk klem op privaatheid as waarde onder veral blanke kerngesinne in Suid-Afrika, dit as onwenslik beskou word dat die grootouers by die kerngesin inwoon en daarom woon al hoe minder grootouers by hulle kinders in.

Die gevolg van die verkleining van familie-eenhede is dat al minder mense beskikbaar is om in verhoudinge mee te tree en interaksie mee te beleef in uitgebreide en multi-generasie families. “In these situations generational bonding becomes significantly more difficult and in the process, the corporateness of human nature is weakened” (Prest 1993:9).