• No results found

DIE SITUASIE VAN KINDERS IN DIE KERK: PERSPEKTIEWE VANUIT DIE KERKLIKE

3. DIE BEDIENING VAN KINDERS IN DIE KERKLIKE PRAKTYK

3.3 TENDENSE TEN OPSIGTE VAN DIE BEDIENING VAN KINDERS

3.3.7 Kinderbediening is nie ’n hoë prioriteit nie

’n Sewende tendens is dat kinderbediening waarskynlik vir baie gemeentes eintlik nie ’n hoë prioriteit is nie. Min gemeentelike leiers sal toegee dat kinders nie vir hulle belangrik is nie. Daar word dikwels baie moeite gedoen om goeie katgesestelsels in gemeentes te vestig en uit te bou. Tog wil dit voorkom asof die teoretiese aanvaarding van die belangrikheid van die bediening van kinders nie altyd deur die gemeentelike praktyk onderskryf word nie. Een van die indikatore wat hierop dui, is die gebrek aan betrokkenheid by en die houding teenoor kinderbediening by die leierskap van baie gemeentes. Barna (2003a:39) wys daarop dat die meeste kerkleiers – predikante, personeel, ouderlinge - met wie hulle onderhoude gevoer het, oningelig was oor die inhoud van en die praktiese inkleding van die gemeente se bediening van kinders. Hy sê verder: “[A]lmost none of those church leaders is able to provide specific insights into how satisfactorily the children are maturing in their faith.” Volgens Barna word hierdie aanvaarding van beperkte verantwoordelikheid ten opsigte van die bediening van kinders bevestig deur navorsing wat op ’n nasionale vlak onder leierpredikante van Protestantse kerke in die VSA gedoen is. Op ’n vraag oor die belangrikste bedieningsprioriteite van die gemeente vir die huidige jaar het net 24% van die leierpredikante kinderbediening as een van hulle prioriteite genoem. Barna (:39) wys verder daarop dat die aandag wat wel aan kinderbediening gegee word “most frequently resolves around making sure there are teachers in place, rooms available and a standardized curriculum ready to be used.”

In baie gemeentes is min leiers betrokke by die bediening van kinders. Dit wil voorkom asof die meerderheid jeugleraars hulle aandag aan en persoonlike betrokkenheid by jeugbediening toespits op adolessente. In die verlede is, veral binne die NG Kerk, aanvaar dat die vrou van die dominee verantwoordelikheid moet aanvaar vir die bediening van kinders en was die predikant se enigste verantwoordelikheid om so af en toe ’n kinderdiens te hou. Binne die NG Kerk is min mans betrokke by die bediening van kinders en word hulle bediening baie maklik gelaat in die hande van vroue. Wat die oorsake hiervan is, is nie duidelik nie en behoort verder ondersoek te word. Moontlik hang dit saam met die feit dat in die opleiding van predikante daar min aandag aan jeugbediening gegee word en dat in die min wat wel gedoen word, dikwels net op kategese en adolessente gefokus word en dus nie regtig kinders in ag neem nie, sodat predikante nie toegerus is om kinders effektief te kan bedien nie. Moontlik hang dit saam met die feit dat die kerk in die algemeen en by name die NG Kerk nog baie sterk vasgevang is in ’n patriargale denkwyse en struktuur waarin die bediening van kinders in ’n sekere sin verhuislik word en daarom as verantwoordelikheid van vroue/moeders gesien word. Die feit dat vroue toenemend in die arbeidsmark

betrokke raak, het die effek dat al minder vroue die energie het en beskikbaar is om in die gemeente by bedieningsaktiwiteite gerig op kinders betrokke te raak.

Die relatiewe onbelangrikheid van kinderbediening kom seker die duidelikste na vore in die plek wat dit inneem in gemeentes se begrotings. Ten opsigte van die VSA toon Barna (2003a:40) die volgende aan: “In the average Protestant church, approximately 42 percent of the people who attend the church on a typical weekend are under the age of 18 – and that figure jump to nearly 50 percent if we include all of the young people involved in some type of church-based, faith related activity on the church campus throughout the entire week. Yet, less than 15 percent of the average church’s ministry budget is allocated to the needs of children’s ministry.” Dit is baie moeilik om die presiese situasie ten opsigte van kerke in Suid-Afrika en by name die NG Kerk te bepaal. Tog dui my deelnemende waarneming oor meer as 20 jaar van betrokkenheid by gemeentes en by die bediening van kinders daarop dat die bediening van kinders in verskeie gemeentes ’n relatief klein deel uit die bedieningsbegroting ontvang.

3.3.8 Samevatting

Die situasie met betrekking die kerk se bediening van kinders aan die begin van die 21ste kan seker die beste saamgevat word in die volgende uitspraak van Beckwith (2004:13-14):

From the outside children’s ministry look healthier than ever. But it is broken. It’s broken when the church leaders and senior pastors see children’s ministry primarily as a marketing tool…It’s broken when we exclude children from perhaps the most important activities: worship. It’s broken because we’ve become dependent on an 18th-century schooling model, forgetting that much of a child’s spiritual formation is affective, active, and intuitive. It’s broken when we depend on our programs and our curriculum to introduce our children to God – not our families and communities. It’s broken when we’ve come to believe that church has to be something other than church to be attractive to children….And perhaps most importantly, it’s broken when the church tells parents that its programs can spiritually nurture their children better than they can.…Our care for our children is broken and badly in need of repair. Let’s imagine together a new way, a new future.

4 ’N ANDER BENADERING

4.1 DIE NOODSAAKLIKHEID VAN VERANDERING

“How we do church is directly related to how we think church” (Beckham 1995:18). Hierdie uitspraak van Beckham is net so van toepassing op die bediening van kinders. Hoe kinderbediening in en deur die kerk gedoen word, word bepaal deur hoe daar oor die kerk, kinders en kinderbediening gedink word. Die groot uitdaging waarvoor die kerk en veral ouers en die mentors van kinders hier aan die begin van die 21ste eeu staan, is om verandering te kan hanteer. Hulle moet begrip hê vir hierdie veranderende wêreld, soos beskrywe in hoofstuk 2, waarin kinders opgroei en ook in staat wees om self te kan verander. Daarom het Anderson (1992:18) reeds gesê: “The only way to cope and be effective during this period of structural

opsigte van die bediening van kinders. Om kinders effektief te bedien sal volwassenes anders na kinders en kinderbediening moet kyk en daaroor moet dink. Op grond van hulle analise van die NG Kerk se bediening van kinders in Kerkspieël 2004 is Bisschoff en Schoeman (2005:36) van mening dat hulle bevindinge beslis die vraag stel of dit nie nodig geword het om weer ernstig te besin oor die kerk se bediening van kinders nie. Dit kom ooreen met DeVries (1994:32) se standpunt ten opsigte van jeugwerk in die algemeen: “The answer to the crisis in youth ministry does not lie in infusing our tired structures with life. We need an entirely new way of looking at youth ministry.”

Bogenoemde uitspraak van DeVries oor die kerk se jeugbediening in die algemeen, is ook van toepassing op die kerk se bediening van kinders. Olson (2001:5-6) gebruik die metafoor van die kelderverdieping, waarin kinderbediening in haar eie kinderjare in haar tuisgemeente plaasgevind het, om die verandering wat in die bediening van kinders moet plaasvind, tot uitdrukking te bring. Haar standpunt is: “We need to bring ministry with, by, for and to our children out of the basement and onto the first floor of our priorities, into the light, and into the place where it’s equal to and accessible from our other ministries” (:6). Beckwith (2004:16, 17) sluit hierby aan met die volgende uitspraak:

If we hope to have any effect on the spiritual formation of the children and the families that come to our churches in the next 50 years, children’s ministry cannot continue as we know it. We need to be thinking about new paradigms, new ways of doing what we’re doing, and we need to be thinking about it right now. If we don’t, we’ll soon find that we’ve become irrelevant to the families who live in the changing culture.

Die aandrang op ’n nuwe benadering tot die bediening van kinders kan moontlik histories verklaar word. In sy navorsing oor die geskiedenis van jeugbediening in die VSA het Senter (1997a) aangetoon dat jeugbediening ontwikkel het in fases van ongeveer 50 jaar met ’n duidelik patroon in elke fase. “Each of these movements was carried along for the first twenty or thirty years by a wave of excitement and constant innovation. By the thirty-year point, each began to become institutionalized, its strategies codified in planning manuals and many of its methods adopted by the church. By the end of the fifty years, the once cutting-edge ministries had become tame institutions, and the stage was set for a new movement to begin” (DeVries 1994:31). Senter (1997a:108-109) onderskei die volgende fases:

• 1824 - 1875 Sunday School, Young Men’s Christian Association (YWCA) • 1881 - 1935 Society for Christian Endeavor

• 1937 - Young Life, Youth for Christ

Senter (in DeVries 1994:31) se gevolgtrekking is: “A study of history suggests we are about to see a fundamental departure from what we have understood to be youth ministry during the closing decades of the twentieth century. Though most parachurch agencies and denominational programs will continue to exist and make contributions…their strategies have become flawed….A new movement is about to appear and may already exist.”

Dit is egter nie net die geskiedenis van jeugbediening in die VSA wat toon dat die tyd ryp is vir ’n nuwe benadering nie. Die veranderde sosiale konteks waarin kinders aan die begin van die 21ste eeu opgroei (vergelyk hoofstuk 2), vereis dat daar weer nuut gedink moet word oor jeugbediening in die algemeen. Die inligting-era oefen ’n globale invloed uit en daarom moet die bediening van kinders en adolessente nie net in die VSA nuut bedink word nie, maar ook in die Suid-Afrikaanse konteks. Lawson (2004a:10) waarsku juis dat kerke moet oppas dat hulle sogenaamde sukses met al meer gespesialiseerde bedieninge aan kinders en adolessente nie sal lei tot selfvoldaanheid “with less inclination to assess critically our ministry efforts.” Hy wys tereg daarop dat sulke selfvoldaanheid “can also make us less sensitive to the changing society around us, with changing needs and ministry opportunities” (:10) Volgens Lawson (:10) is dit een van die gevare wat die kerk bedreig: die verafgoding van ’n bepaalde tipe bediening, “loyalty to a ministry approach instead of sensitively following the God we serve as we are led into new territory.” Daarom is kritiese en vernuwende denke oor die kerk se bediening van kinders hier aan die begin van die 21ste eeu uiters noodsaaklik.

4.2 DIE NOODSAAKLIKHEID VAN TEOLOGIESE NADENKE

Die oproep tot ’n nuwe benadering tot die bediening van kinders gaan dikwels gepaard met ’n wekroep dat daar meer teologies oor die bediening van kinders en adolessente nagedink moet word. In sy boek “Will our children have faith?” het Westerhoff ([1976] 2000:5) alreeds daarop gewys dat die kerk se probleme met sy bediening van kinders en veral sy geloofsopvoeding nie soseer lê in die programme wat die kerk aanbied nie, maar eerder in die benadering of teorie onderliggend aan hierdie programme, dit wil sê hoe daar in die kerk gedink word oor hierdie bediening. Hy daag die kerk uit om in haar besinning oor die geloofsopvoeding en bediening van kinders meer te konsentreer op die teologiese onderbou as op insigte vanuit die filosofie, die sosiale wetenskappe en die opvoedkunde (:20). Kennis uit die psigologie en pedagogiek kan dikwels as handige hulpmiddels gebruik word, maar in seker gevalle het hierdie gegewens so oorheersend geword dat daar eintlik nie meer sprake is van teologie nie (Beukes 1995:18). Nel (1998:9) sluit hierby aan as hy sê: “Een van die grootste gebreke in jeugbediening as sodanig is meermale die afwesigheid van goeie teologiese grondslae.” Strommen en Hardel (2000:195) beklemtoon dieselfde saak as hulle daarop wys dat die era van “youth ministry” in die VSA “lacked a clear and compelling theology….” Burger (1999:12) wys tereg daarop dat alhoewel daar by die sosiale wetenskappe baie geleer kan word, dit onverantwoordelik sal wees om informasie en insigte uit ander wetenskappe te gebruik as daar nie in eerste en laaste instansie teologies oor die kerk en haar bedieninge gedink word nie. Teologie en sosiale wetenskappe is immers nie gelyke bronne in die nadenke oor die bedieningspraktyk nie. “Die kerk is in die eerste plek ’n geestelike realiteit wat teologies verstaan en beskryf moet word. Nadat dit gedoen is, kan (en moet) die teologiese teorie aangevul, genuanseer, verfyn, selfs verdiep word deur ander insigte en waarhede” (:22). Wood (1996:21) sluit hierby aan as hy daarop wys dat die agteruitgang van die kerk nie ’n

oproep is om harder te werk nie, maar eerder vra dat die kern van wat dit beteken om kerk te wees, geherdefinieer moet word.

Dit geld ook vir nadenke oor die kerk se bediening van kinders. Die uitdaging is dat daar heel eerste meer nagedink sal word oor die teologiese onderbou van die bediening van kinders. Daar moet daarteen gewaak word om nie so te fokus op nadenke oor die ontwikkelingsielkunde en die opvoedkunde se implikasie vir die bediening van kinders dat die teologiese nadenke nie tot sy reg kom nie. Hoe belangrik die vrae vanuit die ontwikkelingsielkunde, opvoedkunde, sosiologie en kommunikasiewetenskappe ook al is vir die bediening van kinders, dit bly sekondêre vrae (Senter 2001:31) en behoort so hanteer te word. Boonop waarsku Dunn (1997a:27) tereg dat te veel jeugwerkers, waarby kinderwerkers ingesluit kan word, in hulle bediening baie pragmaties en te veel programgeoriënteerd is en hy doen ’n oproep op hulle om meer effektiewe nadenkers oor jeugbediening te word. Marais (2003:10) sluit hierby aan wanneer hy benadruk dat die kerk moet oppas om nie so vasgevang te word in die praktyk van die bediening van kinders en adolessente en die ontwikkeling van programme dat daar glad nie ernstig nagedink word oor die jeugbediening nie.

Yeatts (in Harkness 1996:14) waarsku verder dat Christian Education dikwels te veel gefokus is “on the pragmatic and practical with little attention to its theological base. CE practitioners rarely ask whether or not what they are doing is consistent with their theology.” Die pragmatiese georiënteerdheid op wat gedoen moet word en wat werk, veroorsaak dikwels dat die programme en modelle van sogenaamde suksesvolle bedieninge, selfs vanuit ander teologiese tradisies, net so oorgeneem word deur gemeentes sonder enige teologiese nadenke. Dan verval jeugbediening in wat Kim (2004) noem “ecclesiastical pornography”. Tereg waarsku hy dat hierdie styl van jeugbediening “may become a cookie-cutter, drive-thru, entrepreneurial, McFaith franchise ministry.” Wat moet gebeur is dat “we’ll have to wrestle with God how to develop a theological approach in and about youth ministry” (Ruso 2005). Daarom daag Ruso jeugwerkers daartoe uit om te worstel met dit wat God besig is om in hulle lokale gemeenskappe te doen. Hy voeg hieraan toe: “Fight the temptation to be tossed around by every fad that catches your attention. Theology is a lived discipline that’s developed and surface out of our specific ministerial contexts.” Kim beklemtoon dieselfde saak as hy oor jeugbediening sê: “The principle of customization is essential in ministry” (2004: Customization).

Dean (2005) pleit ook dat die fokus in jeugbediening verskuif moet word weg van die pragmatiese soeke na dit wat sal werk na die meer teologiese nadenke oor hoe kerklike jeugaktiwiteite die selfopofferende liefde van God kan weerspieël. Dit beteken nie dat jeugbediening nie fundamenteel strategies beoefen moet word nie. Die vraag na wat presies by hierdie of daardie geleentheid gedoen gaan word, is die laaste vraag en nie die eerste vraag nie. Sy beklemtoon dat daar in die eerste plek meer aandag gegee moet word aan die kontekstuele vrae om ’n duidelike prentjie te kry oor wat gebeur in die lewens van kinders en adolessente en hoekom dit gebeur, en dan goed te luister na wat God oor die situasie sê. Eers daarna behoort die vraag oor wat gedoen moet word aan die orde te kom.

Teologiese nadenke oor kinders en die bediening van kinders is as gevolg van die konteks waarin kinders aan die begin van die 21ste eeu in Afrika opgroei, dringend noodsaaklik (vergelyk hoofstuk 2 oor die invloed van die inligting-era op kinders in Afrika). Tot dusver was daar baie min teologiese nadenke oor kinders vanuit Afrika. Volgens Malherbe (2004:6) kan dit veral aan twee faktore toegeskryf word. In die eerste plek was Afrika in die algemeen stadig in die ontwikkeling van ’n eie inheemse teologie omdat die Afrika kultuur vir lank nie groot waarde geheg het aan formele abstrakte nadenke nie. “It has been said that in Africa theology is danced out. This implies that one will find a more accurate picture of African theology as it is implied in ritual, dance, traditions, music and informal discussion than in formal lectures, debates and publications.” In die tweede plek neem kinders oor die algemeen nie in Afrika ’n prominente plek in die gemeenskapslewe en in mense se houdings en oortuigings in nie en daarom was daar nie in die verlede veel oor hulle teologies nagedink nie. Volgens Malherbe (:6-7) toon die volgende ontwikkelinge egter dat daar besig is om ’n fokus op kinders in teologiese refleksie in Afrika na vore te kom:

ƒ Die oproep om meer teologiese navorsing oor kindwees by Scripture Union se nasionale konferensie in Lausanne in 1967, is ernstig opgeneem deur sommige personeel binne Scripture Union se strukture in Afrika. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die publikasies van Eddie Prest (1992, 1993, 1995, 1996, 1999a, 1999b), ’n vorige nasionale direkteur van Scripture Union in Suid Afrika13 (vergelyk punt 3.3 in hoofstuk 1)

ƒ Child Evangelism Ministry in Nigerië doen al vir meer as twee dekades uitstaande werk onder kinders oor die hele Nigerië en in sommige buurlande. In die proses het hulle ’n eie teologie oor kinders ontwikkel en in hulle kinderwerk en opleidingsprogramme geïntegreer.

ƒ Die Presbiteriaanse Kerk in suidelike Afrika het in 1990 ’n program wat die “Dekade van die kind” genoem is, begin. Dit het intensiewe teologiese besinning oor kindwees en die bediening van kinders ingesluit. In ’n publikasie van Prest (2001) word die belangrikste aspekte van die verhaal van hierdie dekade vertel.

ƒ In Maart 1996 het die The Association of Evangelicals in Africa die “African Child Consultation” in Harare aangebied waar daar heelwat aandag gegee is aan teologiese besinning oor die bediening van kinders. Uit hierdie konsultasie is die Evangelical Forum on Children (EFOC) gebore met die opdrag om samewerking met betrekking tot die bediening van kinders in Afrika te stimuleer en te koördineer. ƒ Die Kinder Evangeliste Opleidingsinstituut wat in 1989 te Witrivier gestig is, het ontwikkel tot Petra

Kollege wat veral fokus op die toerusting van leiers in die veld van kinderbediening in Afrika. Hier word oor ’n wye gebied navorsing gedoen oor die teologiese aspekte van die bediening van kinders in

13 Die Internasionale Raad van Scripture Union het in 2003 ’n omvattende dokument, soos gepubliseer in die Journal

of Christian Education (vergelyk Andersen et al 2003), aanvaar wat handel oor die kontemporêre uitdagings met

betrekking tot die bediening van kinders. Hierdie dokument word beskou as ’n voortgaande besinning oor die