• No results found

DIE SITUASIE VAN KINDERS IN DIE KERK: PERSPEKTIEWE VANUIT DIE KERKLIKE

3. DIE BEDIENING VAN KINDERS IN DIE KERKLIKE PRAKTYK

3.3 TENDENSE TEN OPSIGTE VAN DIE BEDIENING VAN KINDERS

3.3.5 Kinderbediening is nie genoegsaam na buite gerig nie

’n Vyfde tendens, wat berus op algemene waarneming en op die oomblik nie met nagevorsde statistiek bewys kan word nie, is dat dit wil voorkom asof die meeste gemeentes van die NG Kerk se bediening van kinders in baie opsigte ’n na binne gerigte bediening is. Daar word baie min uitgereik na kinders buite die gemeente. Dit is veral ontstellend as die volgende statistiese prentjie in ag geneem word:

10Ongelukkig is daar nie in Kerkspieël 2000 of Kerkspieël 2004 aandag gegee aan die saak van familiebediening nie en is latere gegewens dus nie beskikbaar nie. Is dit bloot toevallig of is dit ’n simptoom van die tendens wat hier bespreek word?

Bevolkingsgroep Totale bevolking onder 15 jaar NGK Familie onder 15 jaar11 1996 2001 1996 2001 Swartmense 11 217 791 12 055 950 488 556 336 861 Bruinmense 1 189 453 1 230 536 207 081 141 448 Blankes 933 671 816 375 307 437 272 907 Indiërs/Asiërs 286 585 259 426 675 553 Totale 13 627 500 14 365 288 1 003 679 751 594

(Statistiese data is verkry van die Eenheid vir Godsdiens en Ontwikkelingsnavorsing aan die Universiteit van Stellenbosch.)

Uit hierdie statistiese prentjie staan die volgende uit (kyk ook na die bespreking by punt 2.5.1 in hoofstuk 2):

• Uit Suid-Afrika se totale kinderbevolking onder 15 jaar van 14 362 287 in 2001 word net 272 907 deur die NG Kerk bedien, dit is 1,9% van die kinderbevolking onder 15 jaar;

• dit is duidelik dat die Reformed Church in Africa geen impak het op die kinderbevolking van die Indiër en Asiatiese bevolkingsgroepe nie;

• alhoewel die aantal swart- en bruinkinders onder 15 jaar vanaf 1996 tot 2001 toegeneem het, het die aantal swart- en bruinkinders wat aan die NG Kerk Familie behoort, dramaties afgeneem. Wat is die oorsaak hiervan? Hierdie saak behoort verder ondersoek te word.

Die uitreik na kinders buite die tradisionele grense van die gemeentes van die NG Kerk word bemoeilik deur die reste van die apartheidsverlede in die Suid-Afrikaanse samelewing en die NG Kerk. Die meeste kinders in nood bly buite die daaglikse lewenswêreld en gesigsveld van baie lidmate van die NG Kerk en hulle word dus min direk met hierdie nood gekonfronteer. Die gebrek aan kerkeenheid tussen die familie van NG Kerke maak dit net nog moeiliker om hierdie kinders se leefwêreld te betree.

Die waarneming dat die gemeentes van die NG Kerk min uitreik na kinders buite die gemeente is in ooreenstemming met die algemene beeld van die NG Kerk wat in Kerkspieël 2004 na vore kom as ’n kerk waarin die meeste gemeentes min verstaan van hulle missionale roeping in die wêreld en dus meesal na

11 Die staatsensus het ’n kategorie net vir die NGK-familie gehad en nie vir die NG Kerk afsonderlik nie. Dit kan egter aanvaar word dat die meerderheid van blankes onder die NGK Familie lidmate van die NG Kerk is, aangesien die verdelingslyne tussen hierdie familielede van kerke in die praktyk nog baie sterk op ras gegrond is. Volgens Kerkspieël 2000 het die NG Kerk in 2000 ongeveer 313 589 dooplidmate, dit is min of meer kinders tussen 0 en 16 jaar en enkele gedooptes bo 16 jaar wat nog nie belydenis van geloof afgelê het nie, gehad (Bisschoff en Schoeman 2003:2, Tabel 102) en volgens Kerkspieël 2004 was daar 278 890 dooplidmate in 2004 (Bisschoff en Schoeman 2005:6). Dit wil dus voorkom asof dit naby genoeg aan die werklikheid kan wees om met die sensus se syfers van blankes onder 15 jaar wat aan die NG Kerk familie behoort, te werk as die lidmate van die NG Kerk onder 15 jaar.

binne gerig en met opbou besig is (Bisschoff en Schoeman 2005:21). Bisschoff en Schoeman (:21) wys daarop dat op die vraag “Wat is die vier belangrikste doelwitte/stellings waarop die kerkraad ooreengekom het?” die eerste drie groepe van antwoorde die klem plaas op na binne gerigte aksies soos opbou, geestelike groei, erediensgroei, versorging en onderlinge omgee en dat die na buite gerigte aksies soos uitreik en getuienis in die vierde plek geplaas is. Boonop wil dit voorkom asof evangelisasie ’n bedieningsterrein is wat al minder aandag in gemeentes kry (:22). Net 47,7% van die gemeentes het ’n georganiseerde evangelisasiebediening gehad teenoor 56% van gemeentes in 1996. Ongeveer twee-derdes van die gemeentes is wel by gemeenskapsontwikkelingsprojekte, waarvan die meeste by voedingskemas, betrokke (:37). Slegs 12% van die gemeentes het ’n MIV-strategie (:38). Verder het net 23,8% van die gemeentes ʼn armoede- en werkskeppingstrategie (:39). Bisschoff en Schoeman (:42) se slotsom is: “Gemeentes het ’n behoefte aan ’n behoorlike strategie en roeping, veral as missionêre gemeenskap. Te veel gemeentes funksioneer sonder ’n strategie en is net op oorlewing en instandhouding ingestel. ’n Behoorlike ingesteldheid op diens aan die gemeenskap ontbreek by baie gemeentes.” Alhoewel ’n groot aantal gemeentes deur middel van voedingskemas wel kinders uit die armer dele van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bedien, is dit jammer dat so min gemeentes ’n strategie het om faktore soos armoede en die MIV-pandemie wat die lewens van kinders ernstig raak, aan te spreek.

Dit sal natuurlik verkeerd wees om die afleiding te maak dat die NG Kerk glad nie betrokke is by die bediening van die gemarginaliseerde en noodlydende kinders in die breër gemeenskap nie. Deur die omvattende dienste wat die NG Kerk op die terrein van die Diens van Barmhartigheid deur middel van onder andere haar Kerklike Maatskaplike dienste en Inrigtingsorg bied, word wel van die kinders in die breër gemeenskap ook bedien. Die samesmelting van die Kerklike Maatskaplike dienste van die NG Kerk en die VGK se Diakonale dienste in die Wes- en Suid-Kaap in BADISA dra daartoe by dat die NG Kerk in hierdie gebied al meer betrokke raak by die bediening van kinders in armer gemeenskappe. Ongelukkig is dit waar dat daar nie baie lidmate by hierdie barmhartigheidsaksies betrokke is nie. Alhoewel nie onbelangrik nie, is vele lidmate se betrokkenheid beperk tot die gee van finansiële bydraes en persoonlike betrokkenheid is beperk.

Die hartseer is dat daar agter hierdie tendens ten diepste ’n verkeerde kerkbegrip en verstaan van kinderbediening teenwoordig is. “Children’s ministry, more often called ‘children’s work’, is considered as a nurture programme that happens on Sunday morning in the church building or a hall nearby” (Withers 2006:13) of in kategeseklaskamers. Kinderbediening is dus gerig net op die kinders wat na die kerk toe kom in plaas van dat Kinderbediening uitbeweeg na waar die kinders is en hulle in hulle lewenswêreld ontmoet. Kinderbediening is dus primêr opgebou rondom ’n “kom”-struktuur in plaas van ’n “gaan”-struktuur. Hierdie eksklusief na-binnegerigte sisteem is in stryd met die oorspronklike doel van die Sondagskool as ’n sosiale uitreikasie wat die kinders buite die kerk wou evangeliseer (vergelyk die bespreking by 3.3.1 hierbo).

Die relatief min aandag wat die uitreik na kinders buite die gemeente kry is nie net ’n tendens binne die NG Kerk nie, maar eintlik ’n verskynsel ten opsigte van sendingwerk wat oor die algemeen voorkom. Hieroor merk Johnstone (1998:251) op: “Looking back over the twentieth century it is astonishing to see how little ministry to children has featured as a major concern for mission agencies in recruitment, in discussion at international conferences and in deployment of resources.” Hy wys verder daarop dat die Lausanne Sendingkonferensie van 1974 geen verwysing na kinders het nie behalwe om te sê dat alle mense ongeag ouderdom na die beeld van God geskep is. By die Lausanne Consultation on World Evangelization in Thailand in 1980 is 23 werkswinkels oor verskillende onderwerpe soos die bediening van vlugtelinge, die bediening in die stad en die bediening aan die verskillende godsdiensgroepe van die wêreld aangebied, maar niks met betrekking tot die bediening van kinders nie. Stafford (2005:5-6) verwys na hierdie gebeure as die kerk se verwaarlosing van kinders en noem dit die “sins of omission.”

Gelukkig het daar by die Global Consultation on World Evangelization in 1997 ’n regstelling gekom en het een van die werkswinkels gefokus op die bediening van kinders. Een van die bemoedigende uitkomste van hierdie konferensie was die erkenning van die strategiese belangrikheid van die 4/14 Window12 in sendingwerk (Brewster 2003:179).

Johnstone (1998:252) wys verder daarop dat alhoewel die bediening van kinders deur sendingorganisasies soos Child Evangelism Fellowship en Scripture Union sedert die middel van die twintigste eeu bekend begin word het, het hulle steeds op die periferie van die meeste kerke en sendingorganisasies se denke bly funksioneer. Vroeër is kinders op die sendingveld veral bedien deur Christelike skole tot stand te bring en dit het ’n groot impak op baie kinders se lewens gehad (Brewster 2003:179-180). Brewster is van mening dat sedert hierdie strategie nie meer gevolg kan word nie, sending- en kerkleiers dit met geen ander strategie vervang het nie (:180). “Even more astonishing has been the low profile given to children in their millions who have been exposed to the most horrific conditions of war, famine, urban squalor, abuse, exploitation in labour and in the infamous sex ‘industry’” (Johnstone 1998:252). Eers in die laaste dekade van die twintigste eeu het daar ’n belangstelling in die bediening van die gemarginaliseerde en kwetsbare kinders begin groei en het ’n nuwe begrip children at risk ontstaan (vergelyk hoofstuk 2 punt 2.5.3.1). Viva

Network, ’n globale sosiale beweging van Christene met ’n passie om children at risk met God se liefde te

bedien, het baie hiertoe bygedra. Tans koördineer Viva Network een en tagtig netwerk inisiatiewe van verskillende organisasies, kerklike instellings en individue in 48 lande wat verbind is aan die bediening van

children at risk om so beter samewerking tussen die verskillende rolspelers te bevorder en kinders so

effektiewer te bedien ([Online]. Available from: <http://www.viva.org/> [Accessed 28 Julie 2005]). Viva

Network is ’n wonderlike voorbeeld van ’n sosiale beweging wat as ’n “project-identity” die krag van

lewens van kinders (vergelyk punt 2.1.2.2 in hoofstuk 2). Ten spyte hiervan het die kinderbedieningsfokusgroep van die Lausanne Committee for World Evangelization tot die gevolgtrekking gekom dat kinders steeds ’n verwaarloosde sendingveld is. Alhoewel die getal kinders in die wêreld aan die toeneem is, word nie genoeg bronne vir die bediening van kinders beskikbaar gestel nie. Volgens hierdie kinderbedieningsfokusgroep word minder as 15% van die wêreld se bronne wat beskikbaar is vir sendingwerk, vir die bereiking van kinders beskikbaar gestel (Claydon 2005b:13). Volgens Patrick McDonald (2007:2), Internasionale Direkteur van Viva Network, is net 1.4% van alle gemeentes in die wêreld betrokke by projekte wat gerig is op die holistiese bediening van kinders vasgevang in gevaarsituasies.

Johnstone (1998:254) wys verder daarop dat “[m]inistry in the twenty-first century will be in a more pressurized, crowded world.…The implications for children are grim; the number that are vulnerable will grow even faster. Christian ministry should and will have a major emphasis on these children.” Brewster (2003:181) sluit hierby aan as hy sê:

Clearly missions, churches and development agencies must deliberately include children in any efforts to relieve human suffering and become more aggressive advocates for alleviating the suffering and exploitation of children. From a kingdom perspective, though, it is just as important for mission agencies to consider carefully the spiritual needs of children and young people, and the potential of such ministries for fulfilling the Great Commission.

Ook gemeentes staan voor die uitdaging om in hulle getuienis- en uitreik-aktiwiteite in die plaaslike omgewing meer en meer aandag aan kinders te gee. Die inligting-era met sy netwerk kapitalisme lei tot die sosiale uitsluiting van miljoene kinders (vergelyk punt 2.5.3 in hoofstuk 2). Ongelukkig sluit die kerk hulle dikwels ook geestelik uit. Dit is wel verblydend dat Patrick McDonald (2001) die inisiatief geneem het om dit wat eie is aan die inligting-era van die wêreld aan die begin van die 21ste eeu, naamlik die beginsel van netwerke, deur middel van Viva Network te benut om effektiewer uit te reik na die miljoene gemarginaliseerde kinders van die wêreld.