• No results found

DIE SITUASIE VAN KINDERS IN DIE KERK: PERSPEKTIEWE VANUIT DIE KERKLIKE

3. DIE BEDIENING VAN KINDERS IN DIE KERKLIKE PRAKTYK

3.2.2 Bedieningsmodel 1 – ignorering en miskenning

Dit was ’n Sondagoggend. Soos dit hulle gewoonte was, het Linda en Karen vroeg opgestaan en begin regmaak om die erediens te gaan bywoon. Hulle het immers gereeld Sondagoggende saam die erediens bygewoon. Vanoggend was Karen egter nie baie lus om saam te gaan nie. Sy het opgesien teen die lang, vervelige diens. Linda wou haar egter nie alleen by die huis laat bly nie. Sy het half teësinnig aangetrek. Die kerkgebou was baie naby en hulle het sommer daarheen gestap. By die kerkgebou aangekom, word

3 Hiermee word aangesluit by Armour en Browning (2000) se belangrike publikasie oor denksisteme en die invloed daarvan op die funksionering van gemeentes.

Linda baie warm, vriendelik en by die naam deur die verwelkomingspan gegroet. Die een groet haar met die hand en ’n ander gee haar selfs ’n drukkie. Van Karen word daar nie eers notisie geneem nie. Net Linda ontvang ’n afskrif van die aankondigingsbulletin. Hulle stap in en gaan sit. Na ’n rukkie beweeg Linda vorentoe. Soos gebruiklik vorm sy deel van die groep wat die voorsang lei. Alhoewel sy baie musikaal is en baie goed ghitaar kan speel en in ’n koor sing, is Karen nog nooit gevra om deel van die musiekbedieningsgroep te wees nie. Ja, twee lede van dieselfde gemeente, en tog word hulle so verskillend hanteer. Hoekom aanvaar hulle dit so geredelik? Heel moontlik omdat nie Linda of Karen of enige iemand anders in die kerk dink dat daar enige iets verkeerd is met die situasie nie. Die feit is eenvoudig dat Linda vyf en derig jaar oud en Karen, haar dogter, tien jaar oud is.5

Hierdie verhaal kan die verhaal van ignorering en miskenning genoem word. Karen se gemeente ignoreer haar op grond van haar ouderdom. In so ’n gemeente bepaal ouderdom dus lidmaatskap. Hierdie tipe gemeente hanteer kinders dus steeds volgens die ou kultuurbeskouing dat kinders net gesien en nie gehoor moet word nie. Frambach (2005: Integrated, Equipped, and Empowered…) sê van hierdie kultuurbeskouing: “[I]t has become embedded, over time, like a rock in a streambed, in the consciousness of many adults, and even in many of our churches—although we certainly wouldn’t want to admit it publicly or in polite company.” In ’n sekere sin word kinders hier net passiewe toeskouers by die ontmoeting tussen God en die volwasse lidmate van die gemeente. Eredienste word voorberei asof net volwassenes teenwoordig gaan wees. Die verwagting is dat kinders moet stilsit, asof hulle reeds volwasse is, selfs al verstaan hulle niks. Kinders is in die erediens, maar hulle behoeftes word nie in ag geneem nie. Soms hoor jy selfs dat predikante die ignorering van kinders goed praat met die verskonings dat hulle nie die gawe het om met kinders te werk nie of dat hulle nie geleer is hoe om dit te doen nie.

In die film Simon Birch is daar ’n konstruktiewe replikasie van ’n gemeente waarin bogenoemde houding teenoor kinders die aanvaarbare norm is. Die film speel af in die klein dorpie New Hampshire. Simon Birch (SB) is oortuig dat hy ’n instrument van God is wat met ’n baie spesifieke doel op aarde geplaas is. Simon is dikwels, tot die ontsteltenis van dominee Russell (RR) en sy hoogsgespanne Sondagskoolonderwyseres (SS teacher), baie uitgesproke oor die gemeente waar hy inskakel. Die volgende toneeltjie speel hom tydens ’n erediens af:6

Reverend Russell: Let's take a few minutes to discuss some of the upcoming activities on the church calendar.

Simon Birch: Here we go…

Ben Goodrich (man sitting beside Simon): What’s wrong, Simon?

4 Hierdie vier modelle is deur myself en dr Johannes Malherbe, toe prinsipaal van Petra Kollege, geïdentifiseer toe ek ’n personeellid van die Kollege te Witrivier was. Sedertdien word hierdie modelle in verskillende vorme en met verskillende name in aanbiedinge en, tot dusver, ongepubliseerde materiaal van die Kollege gebruik. Vergelyk Malherbe (s a c) en Van Eyssen (2004b:75-105).

5 Hierdie narratiewe beskrywing is ’n eie verwerking van ’n illustrasie van Cray (1995:52).

SB: Who knows what God thinks about current events. RR: Does someone have a question?

BG: Uh…no sir…uh…your honor…no…father…uh…no sir.

RR: It's always nice to see new faces in the congregation. I'd like to invite them to join my wife and children (sitting like statues in the pew, expressionless) and myself for coffee and doughnuts downstairs after the service.

SB: What does coffee and doughnuts have to do with God?

RR: Simon, is there something you would like to share with the rest of us? (Simon slowly stands up in the pew.)

SB: I said, what does coffee and doughnuts have to do with God?

RR: They are merely refreshments so people can socialize and discuss the upcoming activities. SB Whoever said that church needs a continental breakfast (chuckles from people in the pews)? RR: Simon (impatiently)…

SB: I doubt that God is interested in our church activities… RR: Simon (louder, more pointed)…

SB: If God has made the church bake sale a priority then I'd say we're all in a lot of trouble. RR: Simon, that is enough (emphatically)…children may be excused to go to Sunday school. As Reverend Russell is on his way to talk to Simon in the Sunday school room, Simon's best friend Joe catches up to him as he walks.

Joe: Reverend Russell… RR: Go on outside, Joe. Joe: He didn't mean anything.

RR: Stop making excuses for him. If Simon is going to be a member of our congregation he has to start behaving like a normal person.

Joe: He is a normal person!

RR: (stopping, emphatically) Simon Birch is NOT a normal person…just go on outside, Joe. Finally, Reverend Russell arrives in the Sunday school room where Simon's Sunday school teacher is waiting with Simon, who is sitting in a corner:

RR: Well…are we ready to apologize? SS teacher: He's thinking about it.

RR: Simon, what do you think you are doing sitting in a corner? SB: Thinking about God.

RR: In a corner?

SB: Faith is not in a floor plan.

RR: (turning to the SS teacher) Keep him here. SS teacher: For how long?

RR: As long as it takes.

Dit is ongelukkig nog steeds die houding in sommige gemeentes. Kinders word geïgnoreer, hulle gawes selfs geringgeskat en hulle word nie gewaardeer as volle deelnemende lidmate van die gemeente nie. Volgens Kerkspieël V (Bisschoff 1998:121)7 het kerkraadslede op die stelling “Die meeste eredienste maak voorsiening vir kleiner kinders se behoeftes” soos volg geantwoord:

Stem beslis saam 13.3%

Stem saam 36.0%

Onseker 13.0%

Stem nie saam nie 30.0%

Stem beslis nie saam nie 7.6%

Wat onrusbarend is, is dat so ’n groot groep (50.6%) nie saam stem nie of onseker is oor die feit of eredienste voorsiening maak vir kleiner kinders se behoeftes. Dit mag wees dat die situasie wesenlik kon verander het sedert hierdie opname gemaak is onder andere as gevolg van die groeiende klem op inter-ouderdom eredienste. Op grond van my deelnemend waarneming, is my vermoede dat die gemeentes wat inter-ouderdom eredienste hou, die gemeentes is wat al in die verlede groter erns gemaak het met kinders se teenwoordigheid in die erediens. Die interessante is egter dat aparte eredienste vir kinders die afgelope paar jaar gegroei het (vergelyk punt 3.2.2 hieronder). Dit toon dat dit vir gemeentes makliker is om vir kinders ruimte te skep in ’n aparte erediens as wat dit is om hulle te integreer in die bestaande eredienste.

In die gemeentes wat kinders ignoreer en misken, preek die dominee dus wel vir die gemeente, maar die boodskap is die meeste van die tyd vir ’n deel van die gemeente, vir die kinders, onverstaanbaar. Vir die meeste van die tyd word net een of twee sintuie, die gehoor en moontlik ook die sig, betrek. Daar word ook min of geen moeite gedoen om kinders in die liturgie betrokke te kry nie. Daarom dat die kinders hierdie eredienste as lank en vervelig en oninteressant ervaar.

Die probleem van Karen se gemeente is nie in die eerste plek ’n erediens-probleem of ’n probleem net van nie weet hoe om kinders te hanteer of met hulle te kommunikeer nie. Die probleem lê veel dieper. Dit lê op die vlak van hoe daar in gemeentes oor kinders gedink word. Tereg sê Ron Buckland: “How we view the child actually governs how we do our work with them” (in Prest 1999a:2). In sekere opsigte behandel Karen se gemeente haar asof sy ’n volwassene net in ’n kleiner lyfie is: sy moet stilsit en luister soos ’n volwassene. Daar is dus nie ruimte vir haar kindwees in die gemeente nie. Eintlik word haar kindwees en die unieke bydra wat sy as kind tot die belewing van die gemeenskap van die gelowiges kan maak dus ontken. Godsdiens word dus ’n saak net van volwassenes. Dikwels hoor jy die verskoning dat daar in so ’n gemeente gekonsentreer word op familiebediening en daarom moet die kinders saam met die ouers in die erediens teenwoordig wees en mag hulle nie apart bedien word nie. So asof net die blote saam-wees van kinders met volwassenes sonder dat hulle eie unieke behoeftes in ag geneem word kwalifiseer as familiebediening.

Die hartseer is dat hierdie siening van kinders nie net die erediens nie, maar ook die hele gemeentelike lewe beïnvloed. Die meeste kleingroepbyeenkomste soos byvoorbeeld bybelstudiegroepe, omgeegroepe en selgemeentes word net op die volwassenes gerig. Kinders word nie saamgeneem na hierdie byeenkomste nie of hulle word aan hulleself oorgelaat om op hulle eie te speel of TV te kyk, terwyl die grootmense hulle godsdiens beoefen. Omdat kinders nie soos volwassenes kan verstaan nie, word die makliker uitweg gekies om hulle eerder te ignoreer of uit te skuif as om te poog om hulle sinvol te laat deel wees van die geloofsgemeenskap se ontmoeting met God.

Boonop word kinders se gawes in hierdie tipe gemeente dikwels nie erken nie en word hulle baie min of glad nie benut om andere te bedien nie. Hulle word nie gebruik om die gemeentelike voorsang of lofprysing te help begelei nie, of indien wel, is dit dikwels net by spesifieke kinderdienste wat hulle gebruik word.

Hulle word ook selde deel gemaak van gemeentelike uitreikspanne. Kinders word dus hanteer as mense wat net bedien moet word en hulle word glad nie gesien en gebruik as bedienaars en dus ’n bedieningsmag nie.