• No results found

DIE SITUASIE VAN KINDERS IN HIERDIE WÊRELD: PERSPEKTIEWE VANUIT DIE SOSIALE KONTEKS

2. DIE SOSIALE KONTEKS WAARIN KINDERS OPGROEI

2.1 DIE VERANDERENDE WÊRELD VAN DIE 21 STE EEU

2.1.2 Die inligting-era

2.1.2.2 Die krag van identiteit

In hierdie snel-veranderende en wisselvallige wêreld van die 21ste eeu, soek mense betekenis en sin vir hulle lewens. Volgens Castells (2001b:114) is sin en betekenis juis dié faktor wat dit vir mense moontlik maak om waarlik te lewe, terwyl alle ander faktore jou net help om te oorlewe. In die netwerk samelewing word lewensin of betekenis gevind in identiteit. Onder identiteit verstaan Castells (2004:6) die volgende: “By identity, as it refers to social actors, I understand the process of constructing of meaning on the basis of a cultural attribute, or related set of cultural attributes, that is/are given priority over other sources of meaning.” In sy denke oor identiteit fokus Castells primêr op kollektiewe identiteit. Sy uitgangspunt is dat in die netwerk samelewing “meaning is organized around a primary identity (that is an identity that frames the others), that is self-sustaining across time and space” (:7). Hierdie soeke na identiteit word die organiserende beginsel in die netwerk samelewing. “In a world of global flows of wealth, power and images, the search for identity, collective or individual, ascribed or constructed, becomes the fundamental

only, source of meaning.…People increasingly organize their meaning not around what they do but on the basis of what they are, or belief they are” (Castells 2000a:3).

Die hipotese waarmee Castells (2004:7) werk is: “[W]ho constructs identity, and for what, largely determines the symbolic content of this identity, and its meaning for those identifying with it or placing themselves outside of it.” Omdat identiteit altyd gekonstrueer word in ’n konteks gekenmerk deur magsverhoudinge, onderskei Castells (:8-10) tussen drie bronne van herkoms vir en vorme van identiteitsvorming, naamlik:

• “Legitimizing identity: introduced by the dominant institutions of society to extend and rationalize their domination.…” Dit is die metodes waardeur die nasie-staat en politieke partye hulle ideologie/beleid in stand hou en die uitkoms daarvan is ’n burgerlike samelewing.

• “Resistance identity: generated by those actors that are in positions/conditions devalued and/or stigmatized by the logic of domination.” Die uitkoms hiervan is kommunes of gemeenskappe wat kollektief weerstand bied teen onderdrukking wat gewoonlik gegrond is op identiteite wat reeds gevorm is deur byvoorbeeld geskiedenis, geografie, biologie, ras of etnisiteit. Dit is, in ’n sekere sin, ’n verdedigende identiteit wat ’n uitdrukking is van wat Castells noem “the exclusion of the excluders by the excluded.”

• “Project identity: when social actors, on the basis of whichever cultural materials are available to them, build a new identity that redefines their position in society and, by so doing, seek the transformation of overall social structure.” Die uitkoms hiervan is subjekte. Vir Castells is subjekte nie individue nie. “They are the collective social actors through which individuals reach holistic meaning in their experience.”

Waar die veranderinge en ontwikkelinge wat die tegnologieë van die inligting-era bring aan die een kant die homogeniteit van netwerke bevorder, het dit aan die ander kant tot gevolg dat mense daarop reageer en hierdie proses vorm om betekenis aan hulle lewe te gee. So ontstaan ’n dialektiese verhouding tussen die net en die self wat Castells (2001b:115) die “central dialectic of our world” noem. Die gevolg is dat samelewings al hoe meer gestruktureer word “around a bipolar opposition between the Net and the self” (Castells 2000a3). Castells (:3) beskryf dit as ’n toestand van strukturele skisofrenie.

In this condition of structural schizophrenia between function and meaning, patterns of social communication become increasingly under stress. And when communication breaks down, when it does not exist any longer, even in the form of conflictual communication (as would be the case in social struggles or political opposition), social groups and individuals become alienated from each other, and sees the other as a stranger, eventually as a threat. In this process social fragmentation spreads, as identities become more specific and increasingly difficult to share.

As gevolg van globalisering is die nasie-staat besig om sy invloed te verloor en kan dit nie meer die globale ekonomiese- en magsnetwerke beheer of manipuleer nie. In die netwerk samelewing gaan die globale ekonomiese-, inligting- en magsnetwerke eenvoudig by die nasie-state verby. Ten einde mag te konsolideer en globale sake effektief te hanteer probeer die nasie-state om in makro-netwerke met ander rolspelers nog

steeds ’n globale invloed uit te oefen. So ontstaan globaal gestruktureerde magsblokke soos byvoorbeeld die Europese Unie, die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreld Handelsorganisasie, NATO en G8. Castells (2004:330-331) sê hieroor:

[W]hat we are witnessing is, at the same time, the irreversible sharing of sovereignty in the management of major economic, environmental, and security issues, and, on the other hand, the entrenchment of nation-states as the basic components of this entangled web of political institutions. However, the outcome of such a process is not the reinforcement of nation-states, but the systemic erosion of their power in exchange for their durability.

In die proses verloor die nasie-staat veral sy energie en vermoë om lokaal die gemeenskappe wat hulle verkies het se diverse belange te bevorder en om relevant te wees en sosiale sekuriteit te waarborg vir hulle burgers. “The privatization of public agencies and the attack on the welfare state, while relieving societies of some bureaucratic burden, worsen living conditions for the majority of citizens, break the historical contract between capital, labor, and the state, and remove much of the social safety net, the nuts and bolts of legitimate government for the common people” (Castells 2004:419).

Dit het daartoe gelei dat die vakbond beweging, die hoofstroom kerke, die tradisionele familie, en politieke ideologieë wat na vore gekom het vanuit die industriële era se institute en organisasies en die vennote van die nasie-staat was, ook hulle invloed en hulle vermoë om “legitimizing identity” te vorm, begin verloor het. Dit het verwydering tussen die instellings van die burgerlike samelewing en die burgers van die nasie-staat en hulle lokale realiteite tot gevolg gehad. “At the turn of the millennium, the king and the queen, the state and civil society, are both naked, and their children-citizens are wandering around a variety of foster homes” (Castells 2004:420). In die proses het identiteisverlies ontstaan en ’n soeke na nuwe identiteite het na vore begin tree. Die vorige lewens- en wêreldbeskouing wat gebaseer was op Macht, veral soos dit in die nasie-staat tot uitdrukking gekom het, begin nou verskuif na ’n nuwe vorm van groep-selfgesentreerdheid of individualisme van die groep. Dit beteken dat daar globaal ’n belangrike herrangskikking van mag plaasvind wat baie mense ervaar as ’n verlies van lokale outonomie (Schreiter 2002:18).

Schreiter (2002:18) wys daarop dat die ervaring van “being deliberately excluded, yet at the same time taunted with images of wealth and visions of the human as producer and consumer, feed a smouldering and increasingly consumer anger among the poor and disenfranchised.” Binne hierdie sosiale milieu ontstaan daar gevolglik al meer netwerke van weerstandsbewegings (resistance identity) en as ’n uitvloeisel daarvan “project” identiteite wat bepaalde ideale najaag wat toenemend identiteit skep. “Resistance” en “project” identiteite is in opstand teen die dominante logika van die netwerk samelewing en voer eintlik ’n stryd teen drie van die fondamentstene daarvan: “space of flows”, “timeless time” en tegnologiese verafgoding. Wat egter heel ironies is, is dat hoewel hierdie identiteite in opstand kom teen die effek wat die globale ekonomiese netwerke op mense se daaglikse lewe het, word hulle frustrasie daarmee en hulle woede daarteen tot uitdrukking gebring deur alternatiewe inligting-netwerke. So ontstaan grassroots netwerke gebaseer op vertroue opgebou deur middel van alternatiewe elektroniese netwerke plaaslik en

internasionaal. Hierdie identiteite is gewoonlik die uitvloeisel van die vorming van sosiale bewegings. Castells (2004:3-4) omskryf sosiale bewegings as:

[P]urposive collective actions whose outcome, in victory as in defeat, transforms the values and institutions of society. Since there is no sense of history other than the history we sense, from an

analytical perspective there are no “good” and “bad”, progressive and regressive social

movements. They are all symptoms of who we are, and avenues of our transformation, since transformation may equally lead to a whole range of heavens, hells, or heavenly hells.

Volgens Castells (2004:12) is die volgende tipes kollektiewe identiteite, wat almal opkom uit “communal resistance”, besig om ’n invloed uit te oefen in die netwerk samelewing:

• Godsdiens fundamentalisme. Fundamentalisme is vir Castells (2004:13) “the construction of collective identity under the identification of individual behavior and society’s institutions to the norms derived from God’s law, interpreted by a definite authority that intermediates between God and humanity.” Voorbeelde hiervan is Islamitiese fundamentalisme en Amerikaanse Christelike fundamentalisme. Volgens Carroll en Roof (2002:46) is Christekike fundamentalisme ’n reaksie op die toenemende druk tot privatisering van mense se geloof en die gevoglike verlies van die publieke teenwoordigheid van die kerk in die openbare lewe. Hierdie bewegings streef daarna “to restore one or another ideological version of religion’s moral and ethical presence in the public arena” (:47). Die gevolg is ’n vermenigvuldiging van bewegings wat spesifieke belange probeer bevorder en gewoonlik lei tot ideologiese polarisasie, konflik en spanning in die openbare lewe. Carroll en Roof (:47) wys daarop dat hierdie konflikte veral voorspruit uit geslags en lewenstyl verskille op persoonlike vlak wat uitgroei tot openbare dispute wat dikwels saamhang met verskillende generasies se verskille in lewensbeskouing. • Lokale (streeks) nasionalisme. Globalisering het gelei tot ’n opbloei van nasionalisme op lokale vlak

omdat mense in opstand gekom het teen die nasie-staat, en die faktore wat hulle lewe en sekuriteit bedreig het begin teëstaan het deur ’n rekonstruksie van hulle identiteit as plaaslike gemeenskap. ’n Voorbeeld hiervan is die disintegrasie van die voormalige USSR.

• Etniese ontbondeling as gevolg van klasseverskille soos wat gebeur het met die Afrika Amerikaners. Hulle het verdeel in die groepe wat ingeskuif het in die middel en hoë klasse van die samelewing, en die wat in die ghetto’s vasgeval het. Hierdie klasverdeling het tot gevolg dat daar nie meer ’n gemeenskaplike rasgebaseerde identiteit is nie, maar dat verskillende identiteite ontwikkel.

• Territoriale identiteit wat veral in die plaaslike gemeenskap tot uitdrukking kom soos onder andere in Stedelike Bewegings. Castells (2004:64) omskryf Stedelike Bewegings as: “[P]rocesses of purposive social mobilization, organized in a given territory, oriented toward urban-related goals.” Hierdie bewegings fokus volgens Castells (:64) op drie groepe doelwitte: “[U]rban demands on living conditions and collective consumption; the affirmation of local cultural identity; and the conquest of local political autonomy and citizen participation.”

• Omgewingsbewustegroepe wat hulle beywer vir die bewaring van die ekologie en ekologiese geregtigheid soos die sogenaamde “groen” beweging.

• Groepe wat voortspruit uit die agteruitgang van partriargalisme in die samelewing. Dit sluit in feministiese groepe, groepe wat hulle beywer vir homoseksuele en lesbiese regte en familiegefokusde sosiale drukgroepe.

Die kernvrae volgens (Castells 2004:424) is: Waar is mag in hierdie sosiale struktuur gevestig? Wat is mag in hierdie historiese omstandighede? Castells (:424, 425) se antwoord hierop is:

Power…is no longer concentrated in institutions (the state), organizations (capitalist firms), or symbolic controllers (corporate media, churches). It is diffused in global networks of wealth, power, information, and images, which circulate and transmute in a system of variable geometry and dematerialized geography. Yet, it does not disappear. Power still rules society; it still shapes,

and dominates, us.…The new power lies in the codes of information and in the images of representation around which societies organize their institutions, and people build their lives, and decide their behavior. The sites of this power are people’s minds. This is why power in the

information age is at the same time identifiable and diffused. We know what it is, yet we cannot seize it because power is a function of an endless battle around the cultural codes of society. Whoever, or whatever, wins the battle of people’s minds will rule, because mighty, rigid apparatuses will not be a match, in any reasonable time span, for the minds mobilized around the power of flexible, alternative networks. But victories may be ephemeral, since the turbulence of information flows will keep codes in a constant swirl. This is why identities are so important, and ultimately, so powerful in this ever-changing power-structure – because they build interests, values, and projects, around experience, and refuse to dissolve by establishing a specific connection between nature, history, geography, and culture. Identities anchor power in some areas of social structure, and build from there their resistance or their offensives in the informational struggle about the cultural codes constructing behavior and, thus, new institutions.

Die vraag is dus: Wie kan die beste daarin slaag om die denke van mense in die inligting-era te verower? Castells (2004:426) se antwoord hierop is, “symbol mobilizers.” Die “legitimizing identity” van die nasie-staat slaag nie meer daarin nie. Dit is eerder die “resistance identity” en die “project identity”, soos dit gestalte kry in die sosiale bewegings, wat die beste daarin slaag. Dikwels kry die sosiale bewegings gestalte in persone wat Castells (2004:426-427) “the prophets” noem. “They are symbolic personalities whose role is not that of charismatic leaders, or of shrewd strategists, but to give a face (or a mask) to a symbolic insurgency, so that they speak on behalf of the insurgents…they declare the path, affirm the values, and act as symbol sender, becoming a symbol in themselves, so that the message is inseparable from the messenger.” Goeie voorbeelde van sulke “symbol mobilizers” binne die Suid-Afrikaanse konteks is oud-president Nelson Mandela en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu.

2.3 VERBROKKELING VAN DIE FAMILIELEWE EN DIE SAMELEWING SE