• No results found

2.5.1 ’n Statistiese beeld van die kinderbevolking

2.5.2 Die belangrikheid van kinders

In die 20ste eeu en die eerste paar jaar van die 21ste eeu het die wêreld al hoe meer die belangrikheid van kinders begin erken. In sekere opsigte sou die 20ste eeu beskryf kan word as die eeu van die bewuswording van kinders en word dit ook deur baie kommentators beskryf as “the century of the child” (Clarke 2004:10; vergelyk Cunningham 1995:163-164).17 Met betrekking tot kinders en hul plek in die samelewing het daar in baie opsigte ’n kennisontploffing plaas gevind. In talle vakdissiplines word baie navorsing met kinders as fokus gedoen. In vele opsigte is die huidige generasie kinders ook die generasie wat die meeste beskerm word. Die toenemend klem op kinderregte en die gepaardgaande aksies wat globaal hieruit voortgevloei het, het baie daartoe bygedra. Trouens, Cohen (2002:49) is van mening dat as gevolg hiervan het daar in die laaste twee dekades van die twintigste eeu ’n dramatiese verskuiwing ten opsigte van die verstaan van kindwees in die wêreld plaasgevind het. “After centuries of being dismissed, ignored, manipulated and looked upon as ‘objects,’ children were finally granted legal recognition as ‘persons’” (:49).

Hierdie verskuiwing het nie oornag plaasgevind nie, maar het ’n baie lang aanloop gehad. Alaimo (2002:3) beskryf hierdie verskuiwing soos volg:

In early modern times (1500-1750) the image of children as wilful and tending toward sinfulness support a climate of strict discipline and punishment that afforded only the barest form of protection against gross abuse. As the image of childhood innocence and dependency deepened in the nineteenth century, adults made extensive efforts to protect and care for children, going so far as to use public and private organizations to intervene in the close world of the family. In the later twentieth century, awareness of the evolving capacity of children (in contrast to a fixed state of dependency and assumed incompetence) has led to a more liberal view of their autonomy and rights-bearing potential.

Die optrede van die Engelse dame Eglantyne Jebb het baie bygedra tot die internasionale erkenning van kinderregte (UNICEF 2004a:2). In 1919 het sy die Save the Children Fund, wat gefokus het op hulpverlening aan kinders in Europa wat ontwortel is deur die gevolge van die Eerste Wêreldoorlog, gestig. In 1920 het sy na Genève verskuif om die Save the Children International Union, wat later oorgegaan het in die International Union for Child Welfare, te begin. In 1923 maak sy die volgende uitspraak:

The moment appears to me to have come when we can no longer expect to conduct large relief actions. If we wish nevertheless to go on working for the children . . . the only way to do it seems to be to evoke a cooperative effort of the nations to safeguard their own children on constructive rather than on charitable lines. I believe we should claim certain rights for the children and labour for their universal recognition, so that everybody . . . may be in a position to help forward the movement.

(in UNICEF 2000:14) In 1924 het The League of Nations die Geneefse Deklarasie van Kinderregte aanvaar. “The Declaration establishes children’s rights to the means for material, moral and spiritual development; special help when hungry, sick, disabled or orphaned; first call on relief when in distress; freedom from economic exploitation; and an upbringing that instils a sense of social responsibility” (UNICEF 2004a:2). In 1948 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) die Universal Declaration of Human Rights aanvaar waar in artikel 25 verwys word na kinders wat geregtig is op spesiale versorging en ondersteuning. Elf jaar later loop dit uit op die aanvaarding van die Declaration of the Rights of the Child deur die Algemene Vergadering van die VN. In hierdie deklarasie word erkenning gegee aan “rights such as freedom from discrimination and the right to a name and a nationality. It also specifically enshrines children’s right to education, health care and special protection” (:2). Dit was egter nie wetlik afdwingbaar nie en daar was geen meganisme om state verantwoordelik te hou vir die manier waarop hulle kinders behandel nie. In 1979 is die Internasionale Jaar van die Kind gehou en ’n spesiale werkgroep is deur die VN saamgestel om ’n wetlik bindende konvensie oor Kinderregte op te stel. Dit loop daarop uit dat die

17 Dit is interressant om daarop te let dat Ellen Keys se twee-volume werk Barnetsarthundrade (Eeu van die kind) doelbewus op Oujaarsaand 1900 gepubliseer is omdat sy oortuig was dat in die nuwe eeu wat aangebreek het daar in die Westerse samelewing dramatiese veranderinge ten opsigte van die status van kinders sou plaasvind (Ambjörnsson 2004:138). Alhoewel haar werk verskillende reaksies uitgelok het, het haar klem op die “right to childhood” ’n groot invloed uitgeoefen, veral op die hervorminge wat die Sweedse welsynstaat in die 20ste eeu deurgevoer het (:138). Ambjörnsson (:138) se konklusie is: “In this and many other respects, the twentieth century did indeed prove to be the century of the child, at least in the Western world.”

Algemene Vergadering van die VN in 1989 die Convention on the Rights of the Child aanvaar en in 1990 in werking gestel het. Dit is reeds deur 192 lande goedgekeur.

“The Convention on the Rights of the Child is the first legally binding international instrument to incorporate the full range of human rights – civil and political rights as well as economic, social and cultural rights” (UNICEF s a a: Introduction). As die menseregte verdrag wat deur die meeste lande nog in die geskiedenis van die wêreld aanvaar is, stippel die konfensie in spesifieke terme die wetlike verpligtinge van regerings ten opsigte van kinders uit. “Children’s survival, development and protection are now no longer matters of charitable concern but of moral and legal obligation. Governments are held to account for their care of children by an international body, the Committee on the Rights of the Child, to which they have agreed to report regularly” (UNICEF 2005b:1). Die deklarasie gee uitdrukking aan die volgende vier begeleidende beginsels: nie-diskriminasie (artikel 2); die beste belange van die kind (artikel 3); oorlewing en ontwikkeling (artikel 6) en deelname (artikel 12) (UNICEF s a a:guiding principles). Terselfdertyd verteenwoordig dit ’n nuwe visie vir die kinders van hierdie wêreld.

Children are neither the property of their parents nor are they helpless objects of charity. They are human beings and are the subject of their own rights. The Convention offers a vision of the child as an individual and as a member of a family and community, with rights and responsibilities appropriate to his or her age and stage of development. By recognizing children's rights in this way, the Convention firmly sets the focus on the whole child.

(UNICEF s a a: vision) Wat veral opvallend is, is die klem wat geplaas word op die rol van die familie in kinders se lewens.

In the preamble and in article 5, article 10 and article 18, the Convention on the Rights of the Child specifically refers to the family as the fundamental group of society and the natural environment for the growth and well-being of its members, particularly children. Under the Convention, States are obliged to respect parents' primary responsibility for providing care and guidance for their children and to support parents in this regard, providing material assistance and support programmes. States are also obliged to prevent children from being separated from their families unless the separation is judged necessary for the child's best interests.

(UNICEF s a a: vision) Die aanvaarding van die Convention on the Rights of the Child is in 1990 opgevolg deur die World Summit

for Children wat deur die grootste groep wêreldleiers wat die VN tot op daardie stadium bymekaar kon kry,

bygewoon is.

Proclaiming that ‘there can be no task nobler than giving every child a better future’, the 71 Heads of State and Government and 88 other senior delegates promised to protect children and to diminish their suffering; to promote the fullest development of their human potential; and to make them aware of their needs, their rights and their opportunities. They also promised to uphold the far-reaching principle that children had ‘first call’ on all resources, that they would always put the best interests of children first – in good times or bad, in peace or in war, in prosperity or economic distress. ‘We do this,’ the leaders declared, ‘not only for the present generation, but for all generations to come’.

By dié geleentheid het die wêreldleiers die World Declaration on the Survival, Protection, and

Development of Children en die Plan of Action for implementing the Declaration, wat doelwitte vir

bereiking teen 2000 uitgespel het, onderteken (UNICEF 2004a:2).

Die VN se erkenning in die Convention on the Rights of the Child van die belangrike rol van families in die ontwikkeling van kinders en die verbintenis dat families gehelp moet word om hulle funksies ten opsigte van kinders te vervul, het prakties gestalte gekry deur die feit dat 1994 en 2004 tot die International Year of

the Family verklaar is. In die dokumente van die VN en UNICEF met betrekking tot kinders word

deurgaans groot klem daarop geplaas dat die familielewe positief bevorder moet word. In The State of the

World’s Children 2005 word opnuut verklaar: “Families form the first line of defence for children: the

further away children are from their families, the more vulnerable they are to violence, exploitation, poverty and abuse” (UNICEF 2004b:3).

In 1999 is The Convention concerning the Prohibition and Immediate Action for the Elimination of the

Worst Forms of Child Labour aanvaar om so die uitbuiting van kinders op arbeidsgebied te probeer

verhinder.

Vir die nuwe millennium het die VN in 2000 (UNICEF 2003:7) die volgende agt Millennium Development

Goals (MDG) aanvaar:

1. Eradicate extreme poverty and hunger 2. Achieve universal primary education

3. Promote gender equality and empower woman 4. Reduce child mortality

5. Improve maternal health

6. Combat HIV/AIDS, malaria and other diseases 7. Ensure environmental sustainability

8. Develop a global partnership for development

Die meeste van hierdie doelwitte kan net bereik word as daar in die proses gefokus word op kinders se regte en hulle gesondheid, opvoeding, beskerming en gelykheid bevorder word. Spesifieke doelwitte met betrekking tot kinders is gevolglik geformuleer.

In 2000 is nog twee Optional Protocols aanvaar wat albei aan die begin van 2002 in werking getree het, naamlik:

1. The Optional Protocol on the Involvement of Children in Armed Conflict wat tot op datum deur 117 lande onderteken is en deur 88 lande goedgekeur is; en

2. The Optional Protocol on the Sale of children, child prostitution and child pornography wat tot op hede deur 110 lande onderteken is en deur 87 lande goedgekeur is.

’n Spesiale sessie van die Algemene vergadering van die VN wat spesifiek oor kinders gehandel het, is in 2002 gehou. By hierdie geleentheid het die wêreldleiers hulleself met Resolusie S-27/2 daartoe verbind om

A World Fit for Children tot stand te bring. In die resolusie word verklaar:

A world fit for children is one in which all children get the best possible start in life and have access to a quality basic education, including primary education that is compulsory and available free to all, and in which all children, including adolescents, have ample opportunity to develop their individual capacities in a safe and supportive environment. We will promote the physical, psychological, spiritual, social, emotional, cognitive and cultural development of children as a matter of national and global priority.

(United Nations 2002:4) Die wêreldleiers roep daarom alle mense op om saam met hulle deel te word van ’n sosiale beweging wat haar sal beywer om “a world fit for children” tot stand te bring deur ’n verbintenis aan die volgende beginsels en doelwitte:

1. Put children first;

2. Eradicate poverty; invest in children; 3. Leave no child out;

4. Care for every child; 5. Educate every child;

6. Protect children from harm and exploitation; 7. Protect children from war;

8. Combat HIV/AIDS;

9. Listen to children and ensure their participation; and 10. Protect the earth for children.

(United Nations 2002:2-3) Met ’n herverbintenis aan die Millennium Developmental Goals het hulle besluit om met strategieë en aksieplanne veral op die volgende vier gebiede te konsentreer:

• Promoting Healthy Lives; • Providing quality education;

• Protecting against abuse, exploitation and violence; and • Combating HIV/AIDS

(United Nations 2002:8 tot 19). Ook in Suid-Afrika word baie aandag gegee aan die regte van kinders. Met die aanvaarding van die nuwe grondwet word die regte van kinders konstitusioneel beskerm. Boonop het Nelson Mandela op 16 Junie 1994, toe president van Suid-Afrika, homself en die Suid-Afrikaanse regering daartoe verbind om kinders eerste te stel en ’n National Programme of Action for Children op te stel en te implementeer. Dit het gelei tot die aanvaarding en ondertekening van The Convention on the Rights of the Child van die Verenigde

Nasies op 16 Junie 1995. Hiermee is die Suid-Afrikaanse regering regtens daartoe verbind om die regte van alle kinders te beskerm. Om hieraan aandag te gee is daar ’n Child Rights Office in die Kantoor van die staatspresident gevestig. Daar is ook talle NGO’s in Suid-Afrika wat omsien na die belange van kinders. Deur onder andere die Mandela-kinderfonds word ontsettend baie gedoen vir die opheffing van kinders in Suid-Afrika.

Kinderregte en die gepaargaande aksiestappe wat die VN, UNICEF en baie individuele lande en organisasies soos Childwatch International en World Vision International geneem het, het baie gedoen om die posisie van kinders in hierdie wêreld te verbeter. Tog is baie van die doelwitte ook nie bereik nie want ’n groot hoeveelheid kinders is elke dag nog steeds die slagoffers van die eeue-oue tragedies soos oorloë, hongersnood en ernstige siektes (Rizzini 2005:2). Boonop is kinders nie altyd vir almal in hierdie wêreld ’n hoë prioriteit nie en word hulle dikwels glad nie in ag geneem in politieke en ekonomiese besluite of doodgewoon alledaagse besluite wat deur volwassenes rondom hulle geneem word nie. “For hundreds of millions of children, the promise of childhood laid down in the Convention on the Rights of the Child already appears broken. They do not inherit their right to a childhood of love, care and protection in a family environment encouraged to reach their full potential. When they become parents, their own children are at risk of having their rights denied as the threats to childhood – particularly poverty, armed conflict and HIV/AIDS – replicate themselves from one generation to the next” (UNICEF 2004b:5, 6). Tereg sê Jensen (2005:76) hieroor: “The state of the world’s children is a state of neglect, despite attempts and proclamations in nearly every culture to uphold children.” Daarom het Annan reeds in 2001 (:13) waarskuwend uitgewys: “The idea of child rights may be a beacon guiding the way to the future – but it is also illuminating how children are too often the victims of the ugliest and most shameful human activities.” In Suid-Afrika het die koms van die klem op kinderregte ook nog nie die posisie van alle kinders verbeter nie. Die historiese ongelykhede tussen kinders in die Suid-Afrikaanse samelewing as gevolg van die apartheidsbestel is nog nie uitgewis nie en gaan nog lank neem om uitgewis te word. Kinders in Suid-Afrika word steeds in verskillende wêrelde, elk met sy eie unieke invloede op kindwees, groot. Baie van hulle is blootgestel aan verskillende en talle faktore wat hulle menswees bedreig.