van die seksuele mishandeling van kinders in Suid-Afrika
2.5.3.8 Die benarde situasie van straatkinders
Straatkinders is nie ’n nuwe verskynsel nie, maar die omvang daarvan het geweldig toegeneem. “
Street
children are among the most physically visible of all children, living and working on the roads and
public squares of cities all over the world. Yet, paradoxically, they are also among the most
invisible and, therefore, hardest children to reach with vital services, such as education and health
care, and the most difficult to protect” (UNICEF 2005b:40). Dit is moeilik om die presiese getal
straatkinders te bereken.
Viva Network is van mening dat daar meer as ’n 100 miljoen straatkinders in die wêreld is, 18% van alle kinders onder die ouderdom van 15 jaar. “If you counted one street child per second, it would take you a total of 1157 days or three and a half years” ([Online]. Available from: <http://www.viva.org/?page_id=50&risk_id=RSL> [Accessed 28 July 2005]). Ten opsigte van Suid-Afrika wys Barrette (1995:v) daarop dat “[s]treet children have become part and parcel of the ‘scenery’ of most of the towns and cities of our country.” Die meerderheid van hierdie kinders is tussen 7 en 16 jaar oud (:10-12).Barrie (2004:773; vergelyk UNICEF 2005b:40-41) wys daarop dat die term straatkinders misleidend is. Die omstandighede en sosiale verhoudinge van hierdie kinders is uiter gevarieerd. Baie van hulle het nog families en het nog bande met hulle familielede. Dikwels leef en werk hulle op straat juis as gevolg van die haglike omstandighede van hulle families. Couture (2000:31), in aansluiting by Phyllis Kilbourn, wys daarop dat op grond van hulle verbintenis met hulle families daar eintlik drie groepe straatkinders onderskei kan word, naamlik “children on the street, of the street, and in the street.” “Children on the street” is nie regtig diep ingetrek in die straatlewe nie omdat hulle gereelde kontak met hulle families het en net op straat werk omdat hulle families die geld nodig het om te kan oorleef. “Children of the street” werk op straat, gaan nie skool nie en gaan selde huis toe en het dus ongereelde kontak met hulle families. “Children in the
street” het geen kontak met hulle familie en die straat het in alle opsigte hulle woon- en leefwêreld geword. In baie opsigte is die verskynsel van straatkinders ’n uitvloeisel van die risiko-faktore wat kinders se lewens bedreig wat hierbo bespreek is. Dit stel hulle dikwels ook nog verder daaraan bloot. Baie van hulle raak aan dwelms verslaaf in ’n poging om hulle haglike situasie te hanteer of te ontsnap. “The drugs in use by street children are generally cheap and readily available, such as paint thinner, nail polish remover or industrial glue” ([Online]. Available from: <http://www.viva.org/?page_id=50&risk_id=RSL> [Accessed 28 July 2005]). Daar is eintlik maar min hoop vir ’n groot groep van hierdie kinders. McDonald (2001:27) wys daarop dat in Brittanje bevind is dat ’n kwart van hulle bedelaars op die strate geslaap het voordat hulle sestien jaar oud was en in Bogotá, Colombia sterf 85% van alle straatkinders voordat hulle 15 jaar oud word. Die stryd om as straatkind te leef en te oorleef, kom duidelik na vore in die volgende gedig van Thembile Pepeteka (Barrette 1995:163, 164):
i browse with my itchy eyes i strip naked the street with my dirty mind i’m dirty
they say i’m dirty
then why be bothered by my dirty ways i’m nothing
just a dirty streetchild who in the midst of violence looks for peace
i’m an unknown citizen
who appears without appearance when people kick me
like an empty tin i smile
because they do not see love in me
i’m an angel incarnate i love the bins
they feed me i love the police
they harden my life though i love the stars
the moon and darkness
who watch me at night i really like these things because i have nothing to lose if i love them
anyway i’m only a dirty streetchild when i die
no one put wreaths on my coffin if I’ll have it
the official records
won’t notice my disappearance in goal
charges are the same disturbing peace
how can peace disturb peace leave me alone
or give me a home I want to live
Herzog (2005:92) wys daarop dat alhoewel baie van hierdie straatkinders krimineel optree, grens
volwassenes se geweldadige optrede teenoor hulle dikwels aan absurditeit. “In various Latin
American cities there are ‘death squads’ that ‘clean up’ the city, targeting children who are a
nuisance, and some of them have the hidden support of the police and the business sector.”
2.5.3.9 Slot
Die wyse waarop baie kinders aan die begin van die 21ste eeu uit die samelewing uitgesluit en behandel word, is uiters ontstellend en glad nie ’n goeie getuigskrif vir die wêreld nie. “A society whose children are malnourished, abused, undereducated or exploited cannot truly claim to be progressing or to be developed, however impressive its economic growth or per-capita income levels might be” (Annan 2001:102). As gevolg van die kwesbaarheid en die uitbuitbaarheid van baie kinders oor die wêreld heen is Osmer (2000:519) met reg van mening dat in aansluiting by Doris Lessing se 5 volume publikasie met die titel
Children of violence baie kinders se ervaring van kindwees aan die einde van die 20ste eeu met die beeld van
Children of violence beskryf kan word. Baie kinders is slagoffers van geweld en verloor in die proses hulle
kindwees. Die beste illustrasie hiervan is die volgende inskrywing wat die elfjarige Zlata in Junie 1992 van haar ervaring van die beleg van Sarajevo in haar dagboek gemaak het (Cunningham 1995:1):
BOREDOM!!! SHOOTING!!! SHELLING!!! PEOPLE BEING KILLED!!! DESPAIR!!! HUNGER!!! MISERY!!! FEAR!!! That is my life! The life of an innocent eleven-year-old schoolgirl!! A schoolgrirl without a school, without the fun and excitement of school. A child without games, without friends, without the sun, without fruit, without chocolate or sweets, with just a little powdered milk. In short a child without a childhood.
Baie kinders se belang vir hierdie wêreld word net bepaal in terme van wat hulle vir volwassenes kan doen en beteken en vir hoe lank hulle in volwassenes se behoeftes kan voorsien. Hulle waarde word dus bepaal in terme van wat hulle kan produseer as kinderarbeiders, sekswerkers, kindersoldate en handelsartikels. Budiardjo (in Collier 2002:22) wys daarop dat die tragiese werklikheid is dat volwassenes so vasgevang is in die magte wat hulle lewens beheer dat hulle selfs bereid is om kinders op te offer ten einde te kry wat hulle soek: Mag (byvoorbeeld kindersoldate), wins (byvoorbeeld kinderarbeid) en genot (byvoorbeeld seksuele uitbuiting). Volgens hom is die situasie in die Asiatiese gemeenskappe die uitvloeisel van ’n misleidende konsep van kindwees. “The deception is that the children are considered as ‘collateral damage’ in power struggle for religious, ethnic or political purposes; that the children are seen as means to multiply profit and that children are there to satisfy adults’ pleasures” (Budiardjo 2004:5).
Tereg wys Stafford (2005:36) daarop dat die slegste aspek van armoede heel moontlik nie die betreurenswaardige uiterlike gevolge daarvan is nie, maar eerder die erosie en uiteindelke vernietiging van kinders se hoop en drome. Die toekoms word uitsigloos en die lewe sinloos.