• No results found

2.3.2.5 ’n Groeiende waardering van individualiteit binne die huwelik en familielewe

2.3.4 Die effek op die kerk

Die verbrokkeling van die koporatiewe aard van die samelewing en die toenemende klem op individualisme het tot gevolg dat ons al meer in ’n “posttraditional or detraditionalizing” samelewing (Carroll & Roof 2002:51) begin leef. Op godsdienstige gebied het dit tot gevolg dat die historiese tradisie van kerke hul outoriteit en samebindende krag begin verloor en dat mense al meer begin leef volgens hulle eie individule keuses ten opsigte van godsdienstige oortuigings en praktyke, en moraliteit (:52). Carroll en Roof (:57-60) beskryf hierdie tendens as ’n beweging “from dwelling to seeking.” Hulle (:57) maak in dié verband die volgende verhelderende opmerking:

In a world of flex time and telecommuting, work is less assigned to a particular space and time; information flow and financial transactions initiated on the World Wide Web all occur within cyberspace, unbounded by the constrains of physical place, the local and the global no longer seem so far apart. Dwelling is simply not easy in a world where fluidity overshadows fixity, where stability has given way to movement.

In so ’n wêreld word die vaste roetine van geloof wat gevestig is in die sekuriteit, familiariteit en gevestigde gewoontes van die geestelik ruimte en tyd wat die tradisie verskaf, al meer uitgedaag deur ’n soekers spiritualiteit wat dikwels betekenis soek en vind op vreemde plekke en maniere (Carroll & Roof 2002:57).

Mobile lives mesh with a concern for personal discovery, for journey and growth; pilgrimage within a tradition gives way in the extreme to the tourist who gazes from the outside and picks and chooses those aspects from one or another traditions as he or she likes. The simbolic boundary between the sacred and the secular loses importance as people look for spirituality in all sorts of life experience, in hope that it can be found. Belonging and meaning become disjointed and pose a challenge of reestablishing a connection.

(Carroll & Roof 2002:57) Kinders groei gevolglik op in ’n wêreld gekenmerk deur groeiende godsdientige pluraliteit en hulle blootstellinge aan en ervaringe van hierdie godsdientige pluraliteit kan ’n groeiende afstand tussen hulle en die ouer geslagte veroorsaak.

2.3.5 Slotsom

Die woorde wat Bronfenbrenner reeds in 1970 (:116) geskryf het, klink vandag soos ’n profesie wat waar geword het.

[I]t is our view that the phenomenon of segregation by age and its consequences for human behavior and development pose problems of the greatest magnitude for the Western world in general and for American society in particular.…if the institutions of our society continue to remove parents, other adults and older youth from active participation in the lives of children, and if the resulting vacuum is filled by the age-segregated peer group, we can anticipate increased

alienation, indifference, antagonism and violence on the part of the younger generation in all segments of our society….”

Hierdie vrese van Bronfenbrenner het al hoe meer waar begin word van die Westerse samelewing. J W White (1988:10-11) sê hieroor: “The institutions of earlier eras which facilitated significant interpersonal sharing and meaningful cross-age learning do not do so today. We are segregated, atomized, insulated, and often ignorant.”

Williams en Nussbaum (2001:44) se slotsom is:

The social forces that promoted healthy development of children organized into age-stage peer groupings implicitly discouraged both intergenerational interaction and intergenerational understanding. These constrains then found their way into a belief system that reinforced them; as the well-worn adage urges: Choose someone your own age. Often enough those who do not are suspected of malevolent intent, or are considered to be social misfits, at the wrong stage of development.

Die verwydering van die generasies van mekaar het verrykende gevolge. Dit lei daartoe dat die koesterende sosialisering in die familie, wat so nodig is vir kinders se gesonde ontwikkeling, dikwels ver te kort skiet en dat kinders in die proses emosioneel seerkry en hul ontwikkeling gestrem word. Hersch (1998:20) beskryf die negatiewe gevolge van hierdie situasie van verwydering tussen die generasies soos volg:

The effects go beyond issues of rules and discipline to the idea exchanges between generations that do not occur, the conversations not held, the guidance and role modeling not taking place, the wisdom and traditions no longer filtering down inevitably. How can kids imitate and learn from adults if they never talk to them? How can they form the connections to trust adult wisdom if there is inadequate contact? How can they decide what to accept and reject from the previous generation when exposure is limited? The generational threads that used to weave their way into the fabric of growing up are missing.

Bogenoemde situasie is veral die gevolg van die feit dat baie families hulle in ’n struktureel onondersteunde posisie bevind omdat daar soveel klem gelê word op die waardes van selfstandigheid en privaatheid. Tereg het J W White (1988:11) alreeds gesê: “Something is needed to turn our social/cultural situation in a new interrelated direction.”

Hierdie toedrag van sake het aan die einde van die 20ste eeu gelei tot die ontstaan van nuwe sieninge of beskouinge van kinders. Vroeër is kinders metafories gesien as plante wat versorg moet word deur die ouers om gesond te kan ontwikkel. Volgens Elkind (1989:xi-xvi; vergelyk Osmer 2000:517-518) word kinders nou gesien as “superkids” wat soos Superman spektakulêre krag en bekwaamhede het wat so gou as moontlik ten volle ontwikkel moet word. Daarom word die ontwikkeling van kinders verhaas. Hierdie nuwe siening is die gevolg van die veranderinge wat in die volwassenes se werksomgewing (baie mense werk nou in die diensleweringsektor en hoë tegnologie omgewing wat die plaas en fabrieke begin oorneem het) ingetree het en die talle nuwe familievorme (vergelyk die voorafgaande bespreking) wat na vore begin kom het. Dit maak dit vir die meeste ouers feitlik onmoontlik om die versorging te verskaf wat saamhang met die beeld van die kind as ’n plant. Ouers het hulle kinders lief, maar het net nie die tyd en energie vir kinders se kindwees nie. Dit veroorsaak skuldgevoelens by ouers. Die konsep van kinders as ’n “superkid”, bekwaam om alles in die lewe te kan hanteer, is ’n sosiale uitvinding om ouerlike angs en skuld te verlig. Die konsep van kinders se bekwaamheid het egter nie kinders se situasie verbeter nie. Dit sanksioneer eerder ouers se gebrekkige persoonlike interaksie met hulle kinders en lei daartoe dat kinders verhoudingsarm is. Dit het ook tot gevolg dat kinders al meer stressvolle situasies belewe omdat hulle gedwing word om al jonger situasies en probleme wat vroeër tot die volwasse wêreld behoort het omdat die mening was dat kinders nog nie daarvoor gereed is nie, te hanteer.

Nog ’n beeld wat deur verskeie skrywers met betrekking tot kinders aan die einde van die 20ste eeu gebruik is en verwant is aan bogenoemde beskouing van Elkind, is die van Latch-key children (Osmer 2000:520-521). Met hierdie beeld word verwys na die groep kinders wat feitlike elke dag na skool hulleself in ’n leë huis moet inlaat omdat niemand tuis is om hulle te ontvang nie. Dit is ’n komplekse verskynsel met vele onderliggende oorsake. Een daarvan is egter die toename aan egskeidings en die gevolglike vermeerdering in enkelouer-huishoudings met verskeie negatiewe effekte op kinders se kindwees (vergelyk punt 2.3.2.1 hierbo). Kinders word as gevolg hierval al meer aan gevaarsituasies blootgestel en ly as gevolg van die gebrek aan sosiale en soms ook ekonomiese kapitaal om hulle emosioneel en finansieel te ondersteun. Naas hierdie twee beelde van kindwees het Osmer (2000:521) nog twee moontlike beelde van kindwees wat aan die einde van die 20ste na vore begin kom het, geïdentifiseer, naamlik neglected child en patchwork

children. Met laasgenoemde verwys hy na kinders “who must piece together coherent self-identifications

out of constantly shifting relationships with parents, daycare workers, and electronic friends” (:521). Bogenoemde beelde wat bestaan toon dat kindwees aan die begin van die 21ste eeu uiters divers en kompleks is en dat kindwees nie noodwendig as ’n bevoorregte fase beskou kan word nie. Hierdie beelde kan almal herlei word na een, basiese punt: Talle kinders aan die begin van die 21ste eeu is eintlik kinders-in-gevaar (Osmer 2000:516, 521).