• No results found

3.4 Skrifkritiese opstandingsperspektiewe

3.4.2 Skrifkritiese opstandingsperspektiewe Suid-Afrikaanse konteks 1 Sakkie Spangenberg

3.4.2.2 Julian Müller

König (2009:236) meld dat daar vir die laaste aantal jare onrus en verwarring oor die oortuigings van verskeie teoloë, veral aangaande die opstanding van Jesus, die rondte doen. König (2009:236) is van mening dat Müller as een van hierdie teoloë uitgesonder kan word.

Die stelling dat Müller ʼn skrifkritiese opstandingsperspektief handhaaf staan in noue verband met die redes hieronder saamgevat: (1) Die beweerde aandeel wat Müller (2006) volgens Mulder (2011) het in sy lewenslange skorsing as Tukkies student58. (2) Müller se antwoord op ʼn vraag tydens ʼn radio-

onderhoud met RSG (RSG, 29 Mei 2005). Die radio-omroeper het aan Müller die volgende vraag gevra: “Glo jy in die histories-fisieke opstanding van Jesus”? Müller se antwoord hierop was dat hy dieselfde oggend nog die Twaalf Artikels in die kerk bely het (König, 2009:236).

Die kritiek teen Müller (2006) is juis geleë in die feit dat hy eenvoudig nie “Ja” kon antwoord op die vraag nie. Volgens Müller (2006:9) verteenwoordig hierdie vraag ʼn teologie wat hy doodeenvoudig nie kan onderskryf nie. Müller (2006:9) skryf: “ Sulke opmerkings dwing my natuurlik om vir myself

rekenskap te gee oor wat ek presies glo, en waarom ek nie ja kon sê op die toetsvraag hierbo nie.       

58 As gevolg van die kontroversie rakende Müller se beweerde aandeel in Ferdinand Mulder se skorsing

gaan dit nie as voorbeeld aangewend word om aan te toon dat Müller wel ʼn Skrifkritiese opstandingsperspektief handhaaf nie. Müller se werk gaan op grond van sy eie publikasies (soos byvoorbeeld, Opstanding gepubliseer in 2006) en ook die evaluasies van ander resente teoloë op die gebied beoordeel word.

95 

En hoe meer ek daaroor dink en skryf hoe meer kan ek op daardie vraag net eenvoudig nie “Ja” antwoord nie”. Die feit dat Müller (2006:9) verwys na ʼn basiese fundamentele leerstelling as ʼn “toetsvraag” laat die vraag onstaan: Waar bevind Müller homself in hierdie teologiese debat rakende Jesus Christus se liggaamlike opstanding?

König (2009:237) meld dat Müller (2006) male sonder tal terugverwys na die “onaanvaarbare teologie” wat agter bogemelde vraag skuil. König (2009:237) verwys na die volgende negatiewe uitsprake wat deur Müller (2006) in sy monografie Opstanding gemaak word:

 Dit is fundamentalisties, letterknegtery (Müller, 2006:43).

 Müller (2006:51) verwys na vrae oor die liggaamlike opstanding van Jesus as “slimstreke”.  Om Jesus te probeer inperk tot ʼn sekere kategorie of sienswyse is ten diepste ʼn verwerping van

die opstanding (Müller, 2006:73).

 ʼn Oogklapbenadering wat aan die letterlike verstaan van die Bybel vasklou (Müller, 2006:87).  Hierdie teologie verhef sy interpretasie tot die enigste, en word ʼn wettisisme. “Die eie geloof

slaag die toets; die ander s'n… word as ketters afgemaak” (Müller, 2006:119).

 König (2009:237) skryf dat Müller selfs aantygings van oneerlikheid en kwaadwilligheid maak. Müller (2006:37) skryf: “Dit gaan vir hulle glad nie oor die opstanding nie. Die opstanding word gebruik om ander dinge te sê en te bereik” (Müller, 2006:37).

 Die argumente van die teenstanders dra die skyn van besorgdheid oor die korrekte leer (Müller, 2006:119).

 Dit behels ʼn oneindige inperking en ten diepste ʼn verwerping van die betekenis van die geloof (Müller, 2006:73).

 Hierdie pogings om met meer woorde fyn en slim formulerings toe te voeg tot die sobere taal van ons belydenisse verhef eie interpretasie tot die enigste (Müller, 2006:119).

König (2009:237) waarsku dat dit baie harde woorde is wat Müller (2006) gebruik. König (2009:237) meen dat dit verder duidelik is dat Müller nie van plan is om gesprek te voer nie, hy wil sy “teenstanders” probeer verneder. König (2009:237) skryf: “Omdat Müller se belewing van die ‘teenstanders’ so negatief is, is dit nie vreemd dat hy self die situasie baie pynlik beleef nie”.

König (2009:237) bemerk twee duidelike lyne wat regdeur Müller (2006) se argument loop: (1) ʼn omskrywing van hierdie teologie wat hy as verwerplik beskou (2) sy persoonlike geloofsoortuigings oor die opstanding as ʼn misterie.

96 

Teenoor die sogenaamde “onaanvaarbare teologie” soos Müller (2006) daarna verwys, staan sy eie goeie teologie wat volgens hom reg laat geskied aan die opstanding van Jesus. Müller (2006:97) skryf:

Wanneer Jesus opgestaan het, gebeur daar iets so geweldig dat dit net met misterie omhul is. In die Evangelies is daar net verskyningsverhale en geen opstandingsverhale nie. Die verhale van die ontmoetings met die opgestane Jesus vertel ʼn heeltemal ander storie as die bietjie wat aan ons vertel word na Lasarus se opwekking. Jesus is ontwykend teenwoordig. Hy is beide ver én naby. Hy is beide herkenbaar én onherkenbaar.

König (2009:239) meld dat ʼn opsomming van Müller (2006) se opstandingperspektief baie moeilik is, aangesien sy argumente hoofstuk na hoofstuk in sirkels loop. Dit is voorts baie moeilik om ʼn gedagtegang van Müller se opstandingsperspektief te bepaal.

Müller se opstandingsperspektiewe kan nietemin soos volg opgesom word:

 Die opstanding is God se nuwe begin weer en weer. Dit is ʼn misterie dat “daar iets ongekends en onbeskryfliks groots begin het: ʼn nuwe begin weer en weer wat oor die eeue volgehou sou word” (Müller, 2006:117).

 Die Evangelie van die opstanding is juis die verkondiging van die goeie nuus dat God nie ingeperk kan word tot enige instelling, sisteem of struktuur nie. Die Paasboodskap getuig van ʼn God wat nie vasgehou en vasgeskryf kan word nie, Hy is onbeheerbaar en verskyn op snaakse plekke (Müller, 2006:63).

 Die Evangelie dwing die mens weg van alle mensgemaakte sekerhede, die feit dat Jesus opgestaan het, maak dat Hy enige oomblik kan sorg vir ʼn verrassende element (Müller, 2006:103).

 Die opstanding is God se groot dekonstruksie59. Müller (2006:101) skryf: “As ʼn mens die

Evangelie reg verstaan, is dit een van die grootste dekonstruksies wat ooit plaasgevind het. Die opstanding behels ʼn ondermyning van menslike godsdienstige sisteme wat valse sekuriteit gee”.  Juis omdat die opstanding so ʼn misterie is, kan ons God skielik in die “oë van ʼn sondaar” of in

die “laggie van ʼn kind” ontdek.

      

59 Relevant tot die Skrifbeskouing van Müller stel Vanhoozer (1998:88) die volgende: “Deconstruction

97 

Kortom kom dit daarop neer dat God om elke hoek en draai onverwags kan opdaag, wanneer ons Hom die minste verwag (Müller, 2006:56). Müller (2006:103) skryf: “Die evangelie help ons om ook ʼn bietjie speels met die werklikheid om te gaan”.

 Die opstanding help die mens ontdek dat Jesus by ons aangesluit het, en weer en weer by ons op reis deur die lewe sal aansluit. Dit is opmerklik dat Müller (2006:61;118) tog die opstanding as ʼn bron van hoop en blydskap erken.

 Müller (2006:49;50) skryf: “Die primêre vraag van die opstanding is nie hoe verstaan jy dit nie? Maar, dans jy dit, het dit vasgesteek in jou litte? Ons moet nou praat oor wat dit beteken om in hierdie tyd op die wrakke in die Suid-Afrikaanse samelewing te dans. Hoe dans ʼn mens die dans van die opstanding op die wrak van armoede, op die wrak van werkloosheid, op die wrak van MIV/Vigs, op die wrak van onverdraagsaamheid en homofobie”? Müller doen hierdeur ʼn beroep op teoloë om op te hou stry oor die verskille tussen interpretasies van die opstanding, en te begin fokus op die betekenis daarvan hier en nou.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat Müller (2006) weier om die woorde, fisiek, histories, letterlik en liggaamlik enigsins aan die opstanding van Jesus te koppel. In teenstelling hiermee verwys König (2009:242) daarna dat Paulus die woord “liggaamlik” gereeld gebruik het (1 Kor. 15:35 dien as voorbeeld hiervan).

Die Skrifkritiek in Müller se opstandingsperspektief kan opsommenderwys soos volg gestel word: Müller (2006) laat geen ruimte vir enige ander perspektief as sy eie nie. Hy verwys na die tradisionele fundamentele beginsels as “slim formulerings”. Hy verwys na tradisioneel gerespekteerde teoloë as onderduims, hy maak selfs aantygings van “eie agendas”, “kwaadstokery” ens. (Müller, 2006:37). Hy beskou die tradisionele leer van die Christologie en die fundamentele leerstellings wat daarmee gepaard gaan as sy “teenstanders”. Müller (2006:117) protesteer hewiglik teen enige poging om die opstanding van Jesus te formuleer.

König (2009:244) bemerk ʼn sterk verband tussen die standpunte van Müller (2006) en dié van die Postmodernisme. Deur die formulering van die opstanding glo Müller (2006:117) dat die opstanding juis daardeur ingeperk word. Dit is duidelik uit bogenoemde, en ook die evaluasie van König (2009:240) dat Müller die letterlike liggaamlike opstanding van Jesus ontken en moontlik ook as onbelangrik beskou.

Dit is uiters vreemd dat Müller (2006:49) gelowiges aanmoedig om die opstanding te dans (betekenis uit te leef) sonder om die ritme (die historisiteit agter die opstanding) van die dans te verstaan.

98 

ʼn Latere publikasie van Müller (2011) getiteld Om te mag twyfel som sy verstaan van die opstandingsgebeure en voorts ook die Christelike geloof mooi op. Daar is volgens Müller geen sekerhede in die opstanding van Jesus nie, die uiteinde is duidelik, ʼn wankelbare geloof wat alledaagse Christene aanmoedig “Om te mag twyfel”. Tereg dat König (2009:244) verwys na Müller se standpunt as ʼn “onsekerheidstandpunt”.