• No results found

1.9 Skematiese voorstelling van korrelasie tussen probleemstelling, doelstellings, doelwitte en metodologie

2.2.2 Die ontstaan van Skrifkritiek

Waar het Skrifkritiek sy oorsprong gehad? Om dit te bepaal is beslis geen maklike taak nie. Breedweg kan daar gesê word dat Skrifkritiek sy oorsprong in die ongeloof het, aangesien dit in wese die gesag van die Bybel verwerp (vlg. Jordaan, 2003:2). Tereg meld Jordaan (2003:2) dat die antwoord op hierdie vraag nie so eenvoudig is as wat dit voorkom nie.

Jordaan (2003:2) is van mening dat die vroegste voorlopers van Skrifkritiek alreeds in die vroeë kerk voorgekom het. Alhoewel Skrifkritici probeer het om vas te hou aan die gesag van die Skrif, was dit ʼn verkapte vorm daarvan. Jordaan (2003:2) verwys na die kerkvaders van die 4 de en 5 de eeue n.C. toe daar twee groot skole van Skrifverklaring na vore getree het.

Die grammaties-historiese skool (kyk ook Schulze, 1988:46): Dit staan ook bekend as die

Antiocheense skool. Hierdie skool het groot erns gemaak met wat in die teks geskrywe staan (Jordaan, 1991:10). Terselfdertyd het hulle rekening gehou met die historiese verbande waarin God die Bybel laat opteken het. Die grammaties-historiese skool is tot vandag nog die grondslag van die Gereformeerde Skrifverklaring (Jordaan, 2003:2).

Die allegoriese skool (kyk ook Schulze, 1988:43): Andersinds bekend as die Aleksandrynse

skool van Skrifverklaring. Jordaan (2003:2) skryf dat hierdie Skrifverklaring nie daarmee tevrede was om die geskrewe teks as uitgangspunt te neem nie. Hy verwys byvoorbeeld na Origenes wat die letterlike verstaan van die Bybel nie net as onvoldoende beskou het nie, maar ook as totaal onaanvaarbaar. Alhoewel hierdie vooroordele teen die Skrif nie so drasties was soos dié van Skrifkritiek nie, meld Jordaan (2003:2) dat die saadjie van die mens besluit self nogtans gesaai is.

Jordaan (2003:2) noem verder in hierdie verband dat die allegoriese Skrifbenadering regdeur die Middeleeue behoue gebly het totdat Luther en Calvyn onomwonde teruggegryp het na die grammaties- historiese manier van eksegese. Luther en Calvyn het die allegoriese metode van uitleg slegs laat geld in gevalle waar die Skrif self aandui dat dit allegories is. Hy noem wel dat die allegoriese metode homself laat geld het by een van die uitwasse van die Reformasie, naamlik die Anabaptiste (Jordaan, 2003:2). Hulle het die spreke van God gesoek met behulp van die inwendige lig buite konteks van die Skrif. Greijdanus (1946:192) skryf dat die Anabaptistiese beweging daartoe aanleiding gegee het dat die Skrif uiteindelik gedevalueer is tot op die punt waar die Bybel nie meer as die Woord van God beskou is nie, maar hoogstens as ʼn getuie.

26 

Jordaan (2003:2) meld dat die Anabaptiste (met hulle siening van die inwendige lig van die menslike gees) die eerste tree was om die Bybel en Christelike teologie van mekaar te vervreem.

Hy som dit op met die volgende stelling (Jordaan, 2003:2): “van die menslike gees was dit net ʼn kort treetjie na die menslike rede”. Die Anabaptisme het die tafel gedek vir Rasionalisme23 om die teologie

van die 17 de eeu te betree.

Jordaan (2003:2) beskryf die verloop van Rasionalisme soos volg:

 Copernicus (1473-1543) het daarop aangedring dat wetenskap apart gesien moet word van die geloof. Hierdie was volgens Jordaan (2003:2) in reaksie op die wetenskapsantagonisme van die Middeleeue.

 Descartes (1596-1650) het die menslike rede gestel as die enigste kriterium vir die waarheid. In prinsiep beteken dit dat die menslike rede heers oor die wetenskap.

 Spinoza (1670) het die volgende tree geneem deur te verklaar dat menslike rede die mens ook kan lei tot teologiese waarheid. Met ander woorde, in ekstreme gevalle beteken dit dat die menslike rede heers oor die Bybel en die teologie (vgl. ook Jordaan, 2003:3)

Die Aufklärung van die 18e eeu het gegroei vanuit die Rasionalisme en het nie alleen die menslike rede as maatstaf vir die waarheid gebruik nie, maar ook die menslike geskiedenis. Dit het daartoe aanleiding gegee dat die Bybel kort voor lank bestudeer was as ʼn produk van die mens se geskiedenis. Jordaan (2003:3) skryf soos volg:

Daarmee was die eerste stelreël van die Skrifkritiese vooroordeel van die Bybel gevorm: Die menslike rede, as enigste norm van die waarheid, verklaar die Bybel tot ʼn blote historiese dokument. Daarom mag die Bybel nie gelees en bestudeer word asof dit iets meer as ʼn bloot historiese dokument sou wees nie.

      

23 Schilder (2000:1) meld in hierdie verband dat Skrifkritiek op die teologiese terrein allereers bevorder

was deur Arminianisme van die sestiende en sewentiende eeue. Hy is van mening dat dit ʼn poging was om rasionalisme te hanteer in die verstaan en verklaring van die Bybelse teks. Hy verwys na die belydenisskrif, die Dordtse Leerreëls, as ʼn direkte resultaat om hierdie dwalings te weerlê (Schilder, 2000:1).

27 

Dit is duidelik in Jordaan (2003:3) se aanhaling dat daar teen die 18de eeu reeds ernstige strominge van Skrifkritiek in die teologie teenwoordig was.

Jordaan (2003:3) meld in hierdie verband dat daar reeds in die lig van die Aufklärung van die 18de eeu geen sprake meer van Goddelike inspirasie en gesag oorgebly het nie.

Wat betref die 19de eeu, verwys Jordaan (2003:3) na die Tübingenskool (met sy radikale historiese kritiek) en die latere Godsdienshistoriese skool as die belangrikste teologiese uitlopers van Skrifkritiek.

Hierdie twee rigtings het die Bybel as ʼn bloot historiese boek gesien en dit selfs nog verder gevoer deur te beweer dat die Bybel bloot ʼn historiese bron is waaruit vroeë godsdiensgeskiedenis en die wetenskap gerekonstrueer kon word. Jordaan (2003:3) meld dat F.C. Baur (1792-1860), die vader van die Tübingenskool, die Hegeliaanse dialektiese skema van tese-antitese-sintese oorgeneem het as sleutel tot verklaring van die Nuwe Testament. Hiermee het Baur ʼn verdere tree gegee in die rigting van moderne Skrifkritiek deur te verklaar dat buite-Bybelse denkskemas en gegewens gebruik moet word as sleutels om die Bybel te verklaar (Jordaan, 2003:3).

Alhoewel die Godsdienshistoriese skool eers aan die einde van die 19de eeu momentum gekry het, het hulle getrou vasgehou aan die histories-kritiese agtergrond deur die Bybel bloot te bestempel as ʼn bron van Geskiedenis vir die vroeë Christendom. Jordaan (2003:3) skryf dat die Godsdienshistoriese skool hierdeur nie net die uniekheid van die Bybel verwerp het nie, maar ook die uniekheid van die Christelike godsdiens. Verder is hy van mening dat hierdie ontwikkelings ook ʼn impak gehad het op die hedendaagse populêre godsdiensbeskouings. Berkouwer (1938:8) in ooreenstemming met Jordaan (2003:3) se stelling is dat Skrifkritiese denkwyses alreeds vroeg in die 19de eeu voorgekom het.

Die aanvang van die 20ste eeu is oorheers deur die bekende Duitse teoloog Rudolf Bultmann wat geskool is in die Historiese Kritiek24. Mettertyd het Bultmann gerebelleer teen sy aanvanklike skoling

in Historiese kritiek en het hy homself geskaar by die allegoriese metode van Skrifverklaring (Jordaan, 2003:3). Bultmann (1984) is bekend vir sy proses van ontmitologisering waardeur hy die Bybel uit sy sogenaamde “historiese omhulsel” bevry het, en dan die ware betekenis gesoek het agter dit wat daar geskrywe staan. Hiervolgens kon die eksegeet hom nie op die historiese geskrewe teks verlaat het nie en is die hulp van Vormkritici nodig om by die ware betekenis uit te kom.

      

24 Bultmann word beskou as een van die belangrikste eksponente van die Skrifkritiese teologie en sy

28 

Jordaan (2003:4) bereik die gevolgrekking dat Skrifkritiek in Bultmann se standpunte daarin geleë is dat hy die Godgegewe en Godgewilde deursigtigheid van die Bybel misken het.

Jordaan (2003:4) is van mening dat Karl Barth hom ten sterkste teen die denkwyses van die Historiese kritiek verset het. Hy meld dat Barth aan die historiese aard van die Skrif wou ontkom deur dialogies met die Skrif om te gaan. Hiervolgens moet die mens deur die historiese faset in die gees van die Skrif inkyk (Jordaan, 2003:4). Barth se dialektiese benadering word tot vandag toe volgens Jordaan (2003:4) deur heelwat moderne Skrifkritici gebruik as ʼn verweer om terug te gryp na ʼn allegoriese verstaan van die Skrif.

Jordaan (2003:6) merk dat ʼn Skrifkritiese benadering tot die Bybel in die 21ste eeu al hoe duideliker op die voorgrond getree het. Die resepsieteorie, die dekonstruksie, die sosiologiese benadering, selfs die psigologiese lees van die Bybel is alles aangegryp deur Skrifkritici in ʼn poging om die Bybel vir die moderne mens verstaanbaar te maak. Jordaan (2003:6) is van mening dat Skrifkritici enige rede denkbaar sal gebruik (en as legitiem beskou) net om die leser weg te lei van wat daar werklik geskrywe staan. Jordaan (2003:6) meld dat Skrifkritiek in sy uiterste vorm aanleiding gee tot ʼn postmodernistiese hantering van die Skrif. Volgens postmoderniste kan die Bybel nie as bron van absolute waarheid beskou word nie, aangesien hulle glo dat daar geen absolute waarhede bestaan nie25 (Jordaan, 2003:6).

Opsommenderwys kan die onstaan van Skrifkritiek soos volg gestel word: Nieteenstaande die feit dat daar alreeds in die 4de en 5de eeue tekens van Skrifkritiek in die teologie teenwoordig was, het dit vir die eerste keer skerp na vore gekom in die standpunte van die 19de eeuse en vroeë 20ste eeuse liberale teoloë. Hierdie liberale teoloë sluit onder andere Friederich Schleiermacher (1768 -1834), Albert Ritschl (1822- 1889), Adolf von Harnack (1851-1950) en Rudolf Bultmann (1884-1976) in.

Later in hierdie hoofstuk word die ontwikkelingslyn van enkele eksponente van Skrifkritiese teologie van naderby bestudeer. Dit is voorts duidelik dat die wortels van Skrifkritiek so ver terug strek as die kerkvaders van die 4de en 5de eeu n.C. en dat die uitlopers daarvan deurgetrek kan word tot by die 21ste eeuse Postmodernistiese teologie (Jordaan, 2003:6).

      

29