• No results found

Die betekenis van die opstanding vir die Christelike geloof

4.2 Die leer van die Christologie (met spesifieke verwysing na die opstanding) 1 Oorsig van die leer van die Christologie

4.2.3 Die betekenis van die opstanding vir die Christelike geloof

Wanneer daar aan die opstanding van Christus gedink word, is die eerste gedagte om die betekenis daarvan te koppel aan die hiernamaals of oorwinning oor die dood. Van de Beek (2002?:182) is van mening dat die betekenis van Christus se opstanding veel verder strek as ʼn blote oorwinning oor die dood. Van de Beek (2002?:182) skryf in hierdie verband: “Yet this is only an observation from a distant perspective that does not go to the heart of the matter”. Hy gaan verder deur te verduidelik dat die eintlike betekenis van die opstanding opgesluit is in die feit dat dit Jesus Christus is wat opgestaan het.

Van de Beek (2002?:182) sê: “We can only understand the meaning of the resurrection if we take notice of the fact that it is the resurrection of Jesus”.

      

84 Kyk ook Bosch (2009:415) se standpunt rakende die gebruik van die term die “eerste dag van die week”

126 

Die liggaamlike opstanding van Jesus komplementeer die werk en die persoon van Jesus Christus, en kan nooit buite hierdie konteks verstaan word nie. Die volgende aanhaling van Boice (1986:348) sluit hierby aan:

Then came the resurrection, and by that act God declared that death would never be the end of Christ. It could never be the end for him, for he is himself life. Evil is in the world, but nothing opposed to God will finally conquer. Sin triumphed at the cross, but God triumphed at the resurrection.

Boice (1986:341) belig die betekenis van Christus se opstanding deur die volgende85:

4.2.3.1 Die opstanding is die seël op God se bestaan

Boice (1986:341) merk ʼn duidelike verband tussen die opstanding van Christus en die werklikheid van God se bestaan.

Die realiteit van God se bestaan is volgens Boice (1986:342) die enigste logiese verklaring vir Jesus Christus se liggaamlike opstanding. Boice (1986:342) stel dit soos volg: “Every effect must have an adequate cause ... and the only adequate cause to account for the resurrection of Christ is God, the God of the Bible”. Deur die opstanding het Jesus bewys dat hy beide mag het oor die lewe en die dood. Van de Beek (2002?:182) skryf in hierdie verband: “Thus it does not matter whether we say that Jesus was raised or whether he arose. The Father raised the Son, but the Son also rose by his own power”. Om hierdie rede is dit volgens Van de Beek (2002?:183) nie belangrik of die Vader Jesus opgewek het en of Jesus as gevolg van sy eie krag opgestaan het nie. Die Vader en die Seun sal altyd dieselfde gemeenskaplike doel hê, en ook dieselfde optree. Van de Beek (2002?:183) belig die feit dat alles wat die Seun doen, gedoen word in die naam van die Vader, en alles wat die Vader doen, gedoen word deur die Seun. Die feit dat Jesus Christus deur middel van ʼn goddelike wonderwerk uit die dood opgestaan het, bewys ook dat die God van die wonderwerk werklik bestaan. Boice (1986:342) stel die volgende: “The fact that Jesus was thus miraculously raised makes it certain that the God who did it really exists and that the God He preached is the true God”.

      

127 

4.2.3.2 Die opstanding is die seël op die Godheid van Christus

Jesus het gereeld gedurende sy aardse bediening daarna verwys dat Hy een is met die Vader (bv. Joh. 10:30)86.

Hy het ook gereeld daarna verwys dat sy Vader Hom uit die dood sal opwek drie dae nadat die Joodse en Romeinse regering Hom gekruisig het (Mark. 8:31; 9:31; Mat. 16:21; 27:63; Luk. 9:22; 17:25; Joh. 2:19)87. Met die opstanding het God deur Christus bewys dat alles wat Jesus voorspel

het wel gebeur het. Indien Jesus nie liggaamlik opgestaan het nie, sou hierdie aansprake van Jesus niks beteken het nie.

Boice (1986:342) skryf tereg: “If he was wrong in that, his claim was either the raving of a deranged man or blasphemy. If he was right, the resurrection would be God’s way of sustaining that claim”.

Paulus skryf in Rom. 1:4 dat Christus “na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here88”. Boice (1986:342) in

ooreenstemming met Henry (1706) is van mening dat Paulus juis die Godheid van Christus deur hierdie teks wou belig. Coetsee (2014:14) is van mening dat Jesus se opstanding uit die dood verklaar het dat hy werklik die Seun van God is.

4.2.3.3 Die opstanding is God se seël op die mens se regverdigmaking

      

86 “Ek en die Vader is een” (Joh. 10:30).

87 “Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande

van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan” (Mark. 9:31).

88 Matthew Henry Commentary on the whole Bible verklaar Rom. 1:4 soos volg: “The great proof or

demonstration of this is his resurrection from the dead, which proved it effectually and undeniably. The sign of the prophet Jonas, Christ’s resurrection, was intended for the last conviction ( Mt. 12:39, Mt. 12:40). Those that would not be convinced by that would be convinced by nothing. So that we have here a summary of the gospel doctrine concerning Christ’s two natures in one person (Henry, 1706).

128 

Die opstanding van Jesus Christus vorm die basis van die mens se regverdigmaking voor God (Coetsee, 2014:15). Sonder die opstanding sou die mens geen geregtigheid voor God gehad het nie (Boice, 1986:344). Boice (1986:344) stel dit soos volg:

When Jesus died He died as my representative, and I died in Him; when He arose, He rose as my representative, and I arose in Him; when He ascended up on high and took His place at the right hand of the Father in the glory, He ascended as my representative and I ascended in Him, and today I am seated in Christ with God in the heavenlies.

Paulus skryf in Rom. 4:24-25: “Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie, maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het, wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking89”. Die liggaamlike opwekking van Jesus Christus

uit die dood dien as ʼn finale proklamasie (deur die Vader) dat die offer van die Seun (in plek van die mensdom) vir Hom genoegsaam was.

4.2.3.4 Die opstanding as die seël op ons heiligmaking

Boice (1986:344) belig die feit dat die opstanding van Christus dien as ʼn aansporing dat die mens hier op aarde reeds ʼn lewe kan leef wat vir God aanneemlik is.

Die feit dat Christus die sonde en die dood oorwin het (deur die opstanding) beteken dat dit vir wedergebore Christene ook moontlik is om oorwinning oor hulle alledaagse probleme te verkry.

Soos ons sterf in onsself word ons deur die wedergeboorte opgewek in ʼn nuwe lewe saam met Christus (Coetsee, 2014:15). Tereg skryf Boice (1986:345) dat daar uit die mens se krag geen oorwinning oor sonde kan wees nie, maar as Jesus leef kan ons deur Hom lewe, en is ware heiligmaking binne ons bereik.

      

89 Matthew Henry Commentary on the whole Bible verklaar Rom. 4:24 soos volg: “He died to make

atonement for our sins, to expiate our guilt, to satisfy divine justice. He was raised again for our justification, for the perfecting and completing of our justification. By the merit of his death he paid our debt, in his resurrection he took out our aquittance” (Henry, 1706). Die ESV Study Bible verklaar Rom. 4:24 soos volg: “Both the death and the resurrection of Jesus are necessary for forgiveness of sins and justification. When God the Father raised Christ from the dead, it was a demonstration that he accepted Christ’s suffering as full payment for sin” (Crossway, 2008: 2165).

129 

Paulus identifiseer die verband tussen Christus se opstanding en die wedergeborene se opstanding in ʼn nuwe lewe wanneer hy skryf in Rom. 6:4:

“Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ʼn nuwe lewe kan wandel90”.

Boice (1986:345) skryf: “We may be weak and utterly helpless, unable to resist temptation for a single minute. But he is strong, and he lives to give help and deliverance at every moment. Victory, therefore, is no longer a question of our strength but of his power”. Coetsee (2014:15) belig die feit dat God die mens opgewek het tot ʼn nuwe lewe91. Op ons as mens berus steeds die

verantwoordelikheid om te lewe soos nuwe mense (Coetsee, 2014:15).

4.2.3.5 Die opstanding as die seël op die ewige lewe

Die opstanding van Christus is die gelowige se versekering dat ons net soos Christus uit die dood opgestaan het, ook eendag sal opstaan met ʼn verheerlikte liggaam (Berkouwer, 1972:180-183). Die Heidelbergse Kategismus (Sondag 17, Vraag en antwoord 45) belig die besondere nut van Christus se opstanding deur die volgende:

Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons ook deur sy krag tot ʼn nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons ʼn betroubare waarborg van ons salige opstanding.

      

90 Die Geneva Study Bible verklaar Rom. 6:4 soos volg: “So that Christ himself, being released of his

infirmity and weakness, might live in glory with God forever. (e) And we who are his members rise for this purpose, that being made partakers of the very same power, we should begin to lead a new life, as though we were already in heaven” (Geneva Study Bible, 1560). Matthew Henry Commentary on the

whole Bible verklaar Rom. 6:4 soos volg: “As Christ was buried, that he might rise again to a new and

more heavenly life, so we are in baptism buried, that is, cut off from the life of sin, that we may rise again to a new life of faith and love.[2.] Our conformity to the resurrection of Christ obliges us to rise again to newness of life” (Henry, 1706).

91 Kyk ook Sondag 17 van die Heidelbergse Kategismus in verband met die drieledige nut van die

130 

Net soos gelowiges in ʼn nuwe lewe saam Christus opstaan (Rom. 6:4) doen die opstanding ook ʼn beroep op Christene om weer en weer op te staan om sodoende voortdurend die werke van die duisternis af te lê (Heyns, 1978:265). Aan die einde van die tyd sal ook diegene wat in Christus ontslaap het, finaal opstaan om ʼn ewigheid by God deur te bring.

Tereg skryf Paulus in 1Tess. 4:14: “Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring”92.

1 Tess. 4:14 leer ons dat die gelowige deur die geloof in Jesus Christus (meer spesifiek sy kruisdood en opstanding) in so ʼn mate verenig is met Hom dat ons net soos Hy ook eendag uit die dood sal opstaan en toegang verkry tot ʼn ewige lewe saam met Hom (Berkouwer, 1972:183). Bogenoemde word bevestig deur die volgende tekste: 1 Kor. 15:13-18; 2 Kor. 4:14; Hand. 2:24; Rom.4:25; 1 Tim. 2:18 en Openb. 1:18.

4.2.3.6 Die opstanding as die seël van God se oordeel

Paulus waarsku in Hand. 17:3093 dat die mense hulle moet bekeer omdat God ʼn dag bepaal het waarop

hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel. Paulus gaan verder deur die opstanding van Jesus en die oordeel van God op een lyn te plaas. Hand. 17:31 leer: “omdat Hy ʼn dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ʼn Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek94”. Tereg verwys Henry (1706) na beide die

opstanding van Christus, en die oordeel, as deel van Christus se verheerliking. Die opstanding verteenwoordig die begin van Christus se verheerliking en die oordeel die volbringing daarvan.

      

92 Die ESV Study Bible (2008: 2308) verklaar 1 Tess. 4:14 soos volg: “The resurrection of Christ is the

center of God’s plan for history and the basis for hope in the future resurrection of the body (1 Cor. 15:42-57; Rev. 21:4)". Matthew Henry Commentary on the whole Bible verklaar soos volg: “They then are with God, and are better where they are than when they were here; and when God comes he will bring them with him. The doctrine of the resurrection and the second coming of Christ is a great antidote against the fear of death and inordinate sorrow for the death of our Christian friends; and in this doctrine we have a full assurance of, because we believe that Jesus died and rose again” (Henry, 1706).

93 “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet

bekeer” (Hand. 17:30).

94 Matthew Henry Commentary on the whole Bible verklaar Hand. 17:31 soos volg: “God’s raising Christ

from the dead is the great proof of his being appointed and ordained the Judge of quick and dead. His doing him that honour evidenced his designing him this honour. His raising him from the dead was the beginning of his exaltation, his judging the world will be the perfection of it; and he that begins will make an end” (Henry, 1706).

131 

Paulus in Hand. 17:31 verklaar duidelik dat die “Man” wat opgestaan het dieselfde “Man” is wat in geregtigheid gaan oordeel (Berkouwer, 1972:158 ; Welker, 2013:317). Boice (1986:347) huldig dieselfde standpunt as hy sê:

“Finally, the resurrection of Jesus Christ is also the pledge of a final judgement upon all who reject the gospel. The fact that God raised him from the dead is proof of his claims. It is a pledge that the judgement day is coming”.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die betekenis van Christus se liggaamlike opstanding veel verder strek as die hiernamaals. Die navorsing wat hier aangebied word het getoon dat die leer oor die opstanding van Christus konsekwensies inhou vir alle ander leerstukke (Welker, 2013:104). Tereg verwys Van de Beek (2002?:176) na die opstanding as een van die mees sentrale temas van die Christelike geloof.