• No results found

3.4 Skrifkritiese opstandingsperspektiewe

3.4.1 Internasionale konteks 1 Friederich Schleiermacher

3.4.1.5 John Selby Spong

John Selby Spong (afgetree in 2000) is bekend as een van die mees liberale teoloë van die moderne era (Spong, 2001a:1). Hy is ʼn invloedryke spreker en skrywer met ʼn wye reeks monografieë op sy kerfstok, waarvan een van die bekendstes natuurlik, Why Christianity must change or die (1998) is. Hy het verskeie televisie-aanbiedings gedoen waarvan 60 Minutes, Good morning America op Fox News Live die bekendste is. Baie van die Suid-Afrikaanse Skrifkritici54 se standpunte vind aansluiting, of het hulle

oorsprong, in Spong se sienings. Daarom is dit nodig om sy standpunte te belig. Spong (2001a:4-5) skryf die volgende:

I do not believe that the experience Christians celebrate at Easter was the physical resuscitation of the three-day dead body of Jesus, nor do I believe that anyone literally talked with Jesus after the resurrection moment, gave him food, touched his resurrected flesh, or walked in any physical manner with his risen body. I do not believe that Jesus’ resurrection was marked in a literal way by an earthquake, an angelic pronouncement, or empty tomb.

Spong (2001b:2) meld dat teoloë se interpretasies van die Bybel in die verlede al vele kere verkeerd was. Spong (2001b:2) skryf: “The Bible was wrong when its words were used to justify slavery, to undergrind segregation and apartheid, and to keep women in second class status”. Spong (2001b:2) bereik die gevolgtrekking dat indien die Bybel soveel keer vantevore verkeerd was (of dan verkeerd geïnterpreteer was), dit ook die geval met die Paasgebeure kan wees. Hy meld verder dat nie een van die Evangelieskrywers ooggetuies was van wat presies gebeur het nie, aangesien die Evangelies eers van 70 tot 100 NC geskryf is.

Spong (2001b:2) skryf die volgende: “When these data are engaged, the literal accuracy of the resurrection narratives become suspect, causing the foundations of Christianity itself to tremble”.

      

85 

Spong (2004a:4-5) meen dat die volgende gegewens aangaande die opstandingsverhaal binne moderne akademiese kringe nie meer as letterlik geglo kan word nie:

 Jesus het nie letterlik lewend uit sy graf opgestaan en uitgestap drie dae nadat Hy aan die kruis gesterf het nie.

 Die opgestane Jesus het nie gestap, geëet, geleer of versoek dat die dissipels Hom fisiek aanraak nie.

 Die opgestane Jesus het nie die grense van gravitasie oorskry en fisiek opgevaar na ʼn derde premoderne beeld van die hemel nie.

Spong (2001b:2) skryf: “We are not going to make sense out of the meaning of Easter if we have to defend the accuracy of these pre-modern details”. Spong suggereer met bogenoemde stellings dat die ware betekenis van Jesus se opstanding niks te make het met sy letterlike opstanding asook die historisiteit van die opstandingsgebeure nie.

Spong (2003:1) is verder van mening dat Paulus nooit na Jesus se opstanding as ʼn letterlike opstanding verwys het nie. Spong (2003:1) skryf in hierdie verband: “There is no hint in the Pauline corpus that one, who had died, later walked out of the grave in clothes, emerged from the tomb and was seen by his disciples”. Spong (2003:1) waarsku in hierdie verband dat die interpreteerders van die Bybel nie Paulus se briewe deur die bril van die vier Evangelies moet lees nie.

Paulus het gesterf in 64 NC. Die eerste Evangelie is geskrywe in 70 NC. Op grond hiervan heg Spong (2003:1) meer geloofwaardigheid aan Paulus se briewe as aan die Evangelie se getuienisse oor Jesus se opstanding. Ter bevestiging van sy standpunt verwys Spong (2003:2) na verskillende weersprekinge in die Evangelies rakende die opstandinggebeure.

Spong (2003:2) heg wel betekenis aan die opstandingsgebeure alhoewel dit nie binne die konteks van die tradisionele Christelike sienings is nie. Hy glo dat God die uitspraak wat die wêreld op Jesus geplaas het, omgekeer het, deur Jesus te laat verskyn aan sekere getuies (Spong, 2003:2). Met ander woorde Spong glo dat Jesus wel na sy kruisiging verskyn het, maar nie in die hoedanigheid as opgestane Christus nie, maar as ʼn visioen van God uit die hemel. Spong (2003:2) bevestig dit met die volgende: “Paul did not envision the Resurrection as Jesus being restored to life in this world but as Jesus being raised into God”.

Spong (2003:3) waarsku dat wanneer daar oor die opstanding van Jesus gepraat word die volgende twee faktore in gedagte gehou moet word:

86 

(1) Na die kruisiging van Jesus het daar ʼn lewensverandering in die dissipels plaasgevind. Spong (2003:3) beskryf hierdie verandering as “something of enormous power”. (2) Dit was eers omtrent 50 jaar na die opstanding van Jesus wat daar vir eerste keer na die gebeurtenis verwys was as ʼn liggaamlike opstanding. Spong (2003:3) skryf: “Our conversation about the meaning of Easter must begin where these two realities meet”.

Bogenoemde en nog vele ander standpunte van Spong illustreer die Skrifkritiese element in sy interpretasie van die opstandingsgebeure. Vanweë die omvang en die hoeveelheid literatuur rakende Spong se standpunte is dit nie moontlik om binne die grense van hierdie studie meer van Spong se standpunte te bestudeer nie. Dit is opmerklik dat baie van Spong se standpunte ook op een of ander wyse deurgespoel het na die Suid-Afrikaanse teologie55.