• No results found

4.4 Christologie en Eskatologie

4.4.1 Christus die Eschatos

Soos vroeër in die hoofstuk genoem, het die eindtyd (eskatologie) aangebreek met Jesus se menswording (König, 1980:8). Jesus Christus is dus die Eschatos (die Laaste); in Hom het alle dinge begin en in Hom sal ook alle dinge volbring word. Die Woord leer ons in Openb. 1:17 dat Christus “die eerste en die laaste” is. Tereg skryf Hoek (2003:110): “The eschatological Christ is the living Christ, the reigning Christ, the coming Christ. The ultimate hope for all Christians concentrates on the word of Christ: ‘Surely, I will come soon’” (Openb. 22:20).

König (1980:11) is verder van mening dat die leer omtrent die eskatologie die hele geskiedenis van Christus omvat. Dit behels dat nie net Jesus se inkarnasie deel van die eskatologie uitmaak nie, maar ook sy kruisdood, opstanding, hemelvaart, die uitstorting van die Heilige Gees en sy bediening as Middelaar vir die mens. König (1980:11) stel dit soos volg: “Daar is mense wat ʼn onderskeid probeer maak tussen die eindtydperk, wat dan met die geboorte van Christus sou begin het, en die eintlike laaste dae of einde wat ʼn aparte tyd net voor die wederkoms van Christus is. Daar is egter geen grond vir so ʼn kunsmatige onderskeiding nie”.

König (1980:11) benadruk die feit dat die eindtyd reeds met Christus se geboorte net so ʼn werklikheid en realiteit was soos wat dit vandag is en ook in die toekoms met Christus se tweede koms gaan wees.

162 

König (1980:10) skryf verder “dat die skrywers van die N.T. van die hele geskiedenis van Jesus Christus in ewe radikale en absolute eskatologiese terme praat”.

Die eskatologiese gebeure na Jesus se hemelvaart is voorts nie beperk tot die hemel (verwysende na die hiernamaals of daar waar Christus homself nou bevind ) nie, maar is net so deel van die gelowiges se alledaagse lewe en besluite. Patterson (1995:48) verklaar: “The end of eschatology is the Empire of God. It is reached day in and day out, in the very everyday decisions one makes to live faithfully to God”.

König (1980:10) kom tot die volgende gevolgtrekkings aangaande die gebruik van eskatologiese terme in die Nuwe Testament:

 Die begrip “laaste dae” word nêrens in die Nuwe Testament gebruik vir ʼn tydperk in die toekoms nie. König (1980:10) meld dat elke keer wanneer ʼn skrywer daarna verwys het, hy verwys het na die tyd waarin hy self leef (Hand. 2:17) of die tyd waarin Christus mens geword het (Heb. 1:1).

 Alles in die Nuwe Testament dui daarop dat die “laaste dae” dié dae is waarin Jesus en die apostels geleef het, en dat daar nie ander “laaste dae” as dit is nie. Ons wag hiervolgens nie meer op die laaste dae nie, dit het reeds sy oorsprong met Christus se geboorte gehad.

 Die hele geskiedenis van Christus word in eskatologiese terme beskryf. Dit sluit in sy geboorte, aardse optrede, kruisiging, opstanding, sy werk deur die Heilige Gees en ook sy wederkoms (König, 1980:11). Hiervolgens beteken dit ook dat die eskatologie die hele geskiedenis van Christus omvat.

 Dit is volgens König (1980:11) niks vreemd dat Jesus self in die Nuwe Testament “die laaste”, “die einde” en “die omega” genoem word nie. Die apostels het hiervolgens Jesus se hele geskiedenis in eskatologiese terme beskryf juis omdat Jesus self die “einde” en die “laaste” is.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat Christus se menswording, kruisdood en ook die opstanding deel uitmaak van die eskatologie. Ons kyk kortliks hoe elkeen van hierdie gebeurtenisse bygedra het tot die eskatologiese Christus:

4.4.1.1 Die menswording van Christus – König (1980:95) beklemtoon die feit dat Jesus se

menswording alreeds deel van die eskatologie gevorm het (kyk ook Coetzee, 2013:6). Hierdie standpunt word geïllustreer deur die feit dat Jesus self sy koms aangekondig het in Mark. 1:15 met die woorde: “Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom”. Gal. 4:4

163 

bevestig ook die koms van Jesus as deel van die laaste dae: “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ʼn vrou, gebore onder die wet”.

Buiten vir hierdie tekste is daar ook baie ander tekste in die Nuwe Testament wat verwys na Christus se geboorte as deel van die eindtyd. Die volgende voorbeelde word kortliks gemeld: (1) Heb. 9:26 “Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn129” (2) 1 Pet. 1:20 “wat wel vooruit

geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil130” (3) Luk. 4:21 “Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul131

en (4) Heb. 1:1 “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun132”.

Uit bogenoemde tekste is dit duidelik dat die eskatologiese era aangebreek het met Christus se geboorte. König (1980:100) stel die volgende: “Trouens, gesien vanuit die konklusie wat alreeds bereik is, naamlik dat Jesus self die Eschatos, d.w.s. die verbond as die doel van die skepping is, is dit volkome te verwagte dat die eschaton, die einde-as-die-doel in sy menswording werklikheid sou word”.

4.4.1.2 Die kruisdood van Christus – Berkouwer (1972:207-208) meld dat die kruisiging van Jesus

Christus in die Nuwe Testament ʼn onmiskenbare eskatologiese verband het. Die eskatologiese

      

129 Die ESV Study Bible (2008: 2376) verklaar Heb. 9:26 soos volg: “The author understands the present

time to be an era when the end of the ages has been inaugurated by Christ’s sacrificial death, even though it still awaits its consummation at Christ’s return”.

130 Die Geneva Study Bible belig 1 Pet. 1:20: “The apostle answers, that Christ was ordained and appointed

to redeem and deliver mankind, before mankind was: much less was there any Church without him before his coming in the flesh: yet we are happiest about the rest, to whom Christ was exhibited indeed, in this that he having suffered and overcome death for us, does now most effectually work in us by the power of his Spirit, to create in us faith, hope, and charity” (Geneva Study Bible, 1560).

131 In Matthew Henry Commentary on the whole Bible verklaar Luk. 4:21 soos volg: “It is most probable

that Christ went on, and showed particularly how this scripture was fulfilled in the doctrine he preached concerning the kingdom of heaven at hand; that it was preaching liberty, and sight, and healing, and all the blessings of the acceptable year of the Lord. Many other gracious words proceeded out of his mouth, which these were but the beginning of; for Christ often preached long sermons, which we have but a short account of. This was enough to introduce a great deal: This day is this scripture fulfilled. Note, [1.] All the scriptures of the Old Testament that were to be fulfilled in the Messiah had their full accomplishment in the Lord Jesus, which abundantly proves that this was he that should come” (Henry, 1706).

132 Matthew Henry Commentary on the whole Bible belig Heb. 1:1 met die volgende: “God’s method of

communicating his mind and will under the New-Testament dispensation, these last days as they are called, that is, either towards the end of the world, or the end of the Jewish state. The times of the gospel are the last times, the gospel revelation is the last we are to expect from God” (Henry, 1706).

164 

betekenis van Jesus se kruisdood word geïllustreer in die Evangelies se optekening van Jesus se bekende eskatologiese rede direk voor sy kruisiging (König, 1980:100; 1969:288). Baie van die tekens van die tye (as eskatologiese gebeurtenisse) wat Jesus kort voor sy kruisiging beskryf het, word alreeds tydens Jesus se kruisiging vervul.

In noue samehang hiermee skryf Berkouwer (1972:238): “There is no mention of future that is cut loose from the present. Those things that are already beginning to happen are closely related to the approaching redemption”. Enkele voorbeelde word uitgesonder: (1) ʼn Verkoeling van die liefde en mense wat sal aanstoot neem aan Christus. Hy noem dit as tekens van die tye (Mat. 24:12).

Dit gaan in vervulling met Christus se gevangeneming waar Petrus Hom verloën en al sy dissipels Hom verlaat en vlug (Mat. 26:29). (2) Jesus het ʼn oproep tot waaksaamheid gedoen - spesifiek in die laaste dae (Mat. 24:42). In Getsemane verwag Jesus juis van sy dissipels om by Hom te waak (Mat. 26:38).

(3) Jesus praat verder van ʼn groot verdrukking wat aan die einde sal kom (Mat. 24:9, 21). Jesus se

kruisdood was inderdaad ʼn geweldige verdrukking vir Hom (Mat. 26:39 en 27:46). (4) Jesus berei sy volgelinge voor op vreemde natuurverskynsels aan die einde van die tyd. Daar vind juis by Jesus se kruisiging sulke buitengewone natuurverskynsels plaas onder andere ʼn sonsverduistering (Mat. 24:29) en ʼn aardbewing (Mat. 24:7, 29 en 27:51). (5) Jesus waarsku ook sy dissipels teen verraad wat aan die einde van die tyd gaan toeneem (Mat. 24:10). Jesus word kort voor die kruisiging deur Judas veraai (Mat. 26:14-16).

König (1980:101; 1969:288) meld dat hierdie profesieë oor die einde van die tyd wat vervul word voor en tydens Jesus se kruisiging, toon hoe sterk eskatologies die Nuwe -Testamentiese skrywers die kruisiging van Jesus gesien het (vgl. ook Welker, 2013:251). Verder is die woorde van Christus in Joh. 19:30 ook ʼn suiwer eskatologiese uitspraak. König (1980:102) verwys na hierdie woorde “dit is volbring” as ʼn duidelik en radikale eskatologiese uitspraak. Bogenoemde en ook ander voorbeelde wat nie hier bespreek word nie, kwalifiseer Jesus se kruisdood as ʼn eskatologiese gebeurtenis133.

4.4.1.3 Die opstanding van Christus - König (2010:114) meld dat die mees omstrede betekenis van

Christus se opstanding die feit is dat die dissipels skynbaar geglo het dat die einde aangebreek het met Jesus se opstanding. In Hand. 4:1-2 lees ons dat die Sadduseërs en priesters op Petrus- hulle in die tempel afgestorm het, omdat hulle onthuts was aangesien die apostels die mense geleer het dat die opstanding uit die dood deur die opstanding van Jesus ʼn werklikheid geword       

165 

het. Hierdie teks in sy letterlike Griekse konteks lui soos volg (König, 2010:115): “Hulle het in Jesus die opstanding van die dooies verkondig”. König (2010:115) is van mening dat hierdie verreweg die mees logiese verklaring van Hand. 4:1-2 is. Die feit dat die apostels die begin van die algemene opstanding aangekondig het in Christus se opstanding word verder gerugsteun deur 1 Kor. 15:20-23 en Rom. 1:14. König (2010:118) skryf soos volg: “Daar is dus voldoende steun vir die 1983-vertaling van Handelinge 4:2: “dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding ʼn werklikheid geword het”. Coetzee (2013:7) belig die besondere betekenis van die opstanding as eskatologiese gebeurtenis deur die volgende: “Without the physical resurrection, the eschatological Christ is an illusion”. Polkinghorne en Welker (2000:215) trek ook ʼn besondere lyn tussen Jesus die gekruisigde en opgestane en die gelowige se eskatologiese toekomsverwagting en hoop.

Dit is verder belangrik om daarop te let dat bogenoemde nie dien as die enigste bewyse dat Christus wel die Eschatos is nie.

Daar is vele ander aspekte van die leer van die Christologie wat heenwys na Christus as die Eschatos, byvoorbeeld: (1) Christus se aardse bediening en wonderwerke; (2) Christus se neerdaling na die hel134; (3) Christus se hemelvaart; (4) die koninkryk van God wat ʼn werklikheid in Christus geword het; (5)

Christus as Middelaar vir die mens; (6) die wederkoms van Christus; (7) Christus as regter om te oordeel; en (8) die ewige lewe. Coetzee (2013:7) neem die volgende stelling in oor Christus as die Eschatos: “The eschatological Christ then, according to Scriptures and as formulated in the reformed doctrine, is a person, very God and very man, the only Mediator and Messiah.”

In die volgende afdeling van die studie word enkele voorbeelde van Skrifkritiese Christologiese standpunte en die konsekwensies daarvan vir die leer van die eskatologie bestudeer.

4.4.2 Skrifkritiese Christologiese standpunte en die bepaalde konsekwensies daarvan vir die