• No results found

Habermas en Licona (2004:26) is van mening dat die opstanding van Christus die sentrale boodskap van die leringe van die Nuwe-Testamentiese skrywers gevorm het. Ter illustrasie hiervan verwys Habermas en Licona (2004:26) na 1 Pet. 1:3-452:

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ʼn lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons ʼn onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

Bogenoemde teks illustreer die belangrikheid van Christus se liggaamlike opstanding in beide die leer van die Christologie en die leer van die eskatologie. Die opstanding van Christus is volgens die reformatoriese teologie die Goeie boodskap van ons geloof wat ware sin aan die lewe gee.

Paulus skryf in 1 Kor. 15:32: “As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons”.

Die tradisioneel reformatoriese siening oor die leer van Christus se opstanding word in hoofstuk vier hanteer. In hierdie hoofstuk is die klem hoofsaaklik op die bestudering van ʼn wye verskeidenheid Skrifkritiese opstandingsperspektiewe. Literatuur van verskeie kenners op die gebied, soos onder andere Van de Beek (2002?); Habermas en Licona (2004); König (2009); Strobel (2009) en Horton (2011)  word deurgaans gebruik as kriteria vir die beoordeling van Skrifkritiese standpunte. Die vernaamste Skrifkritiese teoloë is reeds in ʼn vorige hoofstuk behandel. Hierdie hoofstuk behels die bestudering en analisering van Skrifkritiese opstandingsperspektiewe, met besondere klem op die standpunte en nie op die teoloë wat die standpunte gehuldig het nie. Alle standpunte gaan nie in hierdie hoofstuk beoordeel word nie. Daar word nietemin gebruik gemaak van resente literatuur ter beligting van sommige Skrifkritiese standpunte.

      

52 Die ESV Study Bible bevestig soos volg: “Peter may be connecting ‘born again’ to through the

resurrection of Jesus Christ, meaning that the new birth was made possible because God thought of those who believe in Christ as being united to him in his resurrection (cf. Rom. 6:4; Eph. 1: 19-20; Col. 3:1). Or he may be linking the resurrection to the living hope of believers, since that hope immediately follows the resurrection. In the latter case, the hope of Christians is their future resurrection” (Crossway, 2008: 2405).  

74 

Hierdie studie het nie ten doel om die teoloë wat Skrifkritiese standpunte huldig in ʼn swak lig te stel of te veroordeel nie. König (2009:13) stel dit duidelik dat Geformeerde teologie “vasgevang is in ʼn storm wat hewig aan die boot ruk”. Hy meld verder dat daar ʼn lys van sake is wat spanning veroorsaak binne die Kerke van die Reformatoriese tradisie. Die liggaamlike opstanding van Jesus en die leë graf is van die vernaamste sake wat hier betwis word (König, 2009:13). Hierdie studie poog om ʼn positiewe bydrae te lewer tot die verligting van spanning binne die tradisionele Reformatoriese Kerke en sodoende ook die Suid-Afrikaanse Teologie.

3.3.1 Enkele gemeenskaplike faktore van teoloë wat Skrifkrities met die opstandingsleer omgaan

Navorsing het getoon dat die liggaamlike opstanding van Jesus deur ʼn verskeidenheid teoloë bevraagteken of selfs ontken word. Alhoewel meeste van hierdie Skrifkritiese teoloë hulle eie Skrifbeskouing huldig, is daar nietemin gemeenskaplike faktore wat aanwesig is by baie van hierdie teoloë. Hulle kritiese hantering van die Skrif het tot gevolg dat hulle die opstanding wegredeneer of ontken, meestal gegrond op een van die volgende gemeenskaplike redes:

 Jesus se liggaamlike opstanding was bloot ʼn legende of ʼn mite (Habermas & Licona, 2004:84).  Die opstanding van Jesus is ʼn variasie van mites afkomstig van ander gelowe (Wolmarans in

Muller, 2002:64).

 Die feit dat Jesus liggaamlik opgestaan het, word gebaseer op ʼn kombinasie van bedrieglike teorieë, wat onder andere deur die dissipels of die skrywers van die Evangelies gepropageer is. Tipiese voorbeelde van beweerde bedrieglike teorieë lyk soos volg: (1) die dissipels het nie die waarheid gepraat nie, (2) Jesus se liggaam is gesteel, Hy het nie werklik opgestaan nie, (3) getuies het die verkeerde graf besoek ens… (Driscoll & Breshears, 2010:298).

 Jesus was nooit regtig dood nie (Strobel, 2008:62).

 Die dissipels het gehallusineer en het Jesus nooit fisiek gesien nie (Habermas & Licona, 2004:105).

 Die opstandingsverhale is almal afkomstig van mede-Christene; volgens Skrifkritiek kom dit neer op bevooroordeling (Habermas & Licona, 2004:122).

 Daar is teenstrydighede rakende die opstandingsgebeure (Habermas & Licona, 2004:122).  Naturalisme, net wat wetenskaplik bewys kan word, is waar (Habermas & Licona, 2004:131).  Jesus se opstanding verteenwoordig nie ʼn natuurlike opstanding nie, maar slegs ʼn opstanding

75 

 Dit is nie Jesus wat gekruisig was nie, maar iemand wat soos Jesus gelyk het (Driscoll & Breshears, 2010:298).

 Jesus het nie letterlik gesterf en opgestaan nie, die Nuwe Testament verteenwoordig ʼn mitologiese beeld (Bultmann, 1984).

 Die leer van die Christologie word as oorbodig beskou aangesien dit nie nodig is vir verlossing nie (Bell, 2011).

 Jesus het nooit van sy volgelinge verwag om te glo dat Hy liggaamlik uit die dood opgestaan het nie (Funk, 2002).

 Gelowiges moenie probeer om Jesus in te perk met allerhande dogmas en leerstellings nie. Of Jesus werklik liggaamlik opgestaan het, is nie belangrik nie, maar die betekenis daarvan is wel (Müller, 2006).

 Die evangeliste en apostels het dinge aan Jesus toegedig wat Hy self nooit gesê of gedoen het nie (Nuwe Hervorming vlg. Viljoen, 2005:1).

Verskeie teoloë se standpunte ten opsigte van Christus se liggaamlike opstanding word in die volgende afdeling van die studie ontleed. Dit het ten doel om die navorsingsprobleem te belig en verder ook aandag te gee aan die bepaling van die omvang sowel as toename in Skrifkritiese opstandingsperspektiewe die laaste aantal dekades.