• No results found

Die opstanding is ʼn kombinasie van bedrieglike teorieë

5.2 Evaluering van bepaalde Skrifkritiese opstandingsperspektiewe vanuit die gereformeerde dogmatiek

5.2.3 Die opstanding is ʼn kombinasie van bedrieglike teorieë

Hier word hoofsaaklik verwys na die teorie dat Jesus se liggaam gesteel was: (1) Óf deur die dissipels,

(2) óf deur iemand anders as die dissipels (Blanchard, 2009:12). Hierdie teorie impliseer dat die

dissipels (of andere) doelbewus probeer het om mense te mislei deur voor te gee dat Jesus opgestaan het. Dit behels dat die dissipels of andere Jesus se liggaam gesteel het sodat dit die indruk skep dat Hy werklik opgestaan het. Die vraag kan gevra word: Of die dissipels enige motief kon hê om voor te gee dat Jesus opgestaan het uit die dode? Habermas en Licona (2004:93) meld dat Skrifkritici en wetsgeleerdes van die vroeë era (vgl. ook Mat. 28:11-15)151 tot sowat 150 nC steeds geglo het dat Jesus

se liggaam gesteel was. Die motief wat dikwels deur Skrifkritici aangevoer word, is dat die dissipels hulle die verleentheid wou spaar dat hulle moontlik verkeerd was oor Jesus. Hiervolgens het hulle die hele opstandingsverhaal opgemaak met die doel om daardeur te bewys dat hulle al die tyd reg was oor Jesus.

5.2.3.1 Jesus se liggaam is gesteel deur sy dissipels

Hierdie standpunt impliseer dat die dissipels ʼn leuen vertel het oor Jesus se na-opstandingsverskynings. Verder ook dat hulle Jesus se liggaam gesteel het en dit begrawe het in ʼn ander graf.

Teenargumente vir hierdie standpunt word soos volg gestel:

 Habermas en Licona (2004:92) merk op dat daar kort na die kruisdood van Jesus ʼn drastiese verandering by die dissipels ingetree het. In teenstelling met hulle gedrag voor Jesus se kruisdood, was hulle bereid om tronk toe te gaan, gemartel te word, of swaarkry te verduur,

      

150 Volgens Crossan (in Craig, 1998); Funk (2002:1); Lüdemann (1995b:134); Veldsman (1993:995) en

Wedderburn (1999:64).

151 Matthew Henry’s Commentary on the whole Bible verklaar soos volg: “It was altogether improbable that

a company of poor, weak, cowardly, dispirited men should expose themselves for so inconsiderable an achievement as the rescue of the dead body. Why were not the houses where they lodged diligently searched, and other means used to discover the dead body; but this was so thin a lie as one might easily see through” (Henry, 1706).

180 

alles ter wille van die evangelie van Christus (Blanchard, 2009:14). Hierdie drastiese verandering by die dissipels dui daarop dat hulle nie Jesus se liggaam gesteel het, of die opstanding van Jesus opgemaak het nie. Habermas en Licona (2004:95) stel die volgende: “Their willingness to suffer continuously and die for the gospel points to their sincerity, and points out a fatal flaw in the fraud theory”.

 Indien die dissipels die hele verhaal van Christus se opstanding opgemaak het, sou dit nie vir Paulus wat op daardie stadium ʼn vyand van die kerk was, oortuig het nie. Habermas en Licona (2004:95) skryf dat Paulus met sy hoogs skeptiese agtergrond die eerste een sou wees om te betoog of die opstandingsverhaal nie dalk ʼn leuen aan die kant van die dissipels was nie. Blanchard (2009:19) stel die volgende: “Those first Christians were utterly sceptical until they faced a fact that could not be denied”.

 Jakobus (Jesus se broer) was bewus van die wonderwerke wat Christus voor sy dood gedoen het, nogtans het hy dit nie geglo nie (Habermas & Licona, 2004:94). Jakobus moes die opstanding van Christus as so ʼn werklikheid ervaar het dat dit alle moontlikhede van bedrieëry uit die weg geruim het. Jakobus het hom tot die Christelike geloof bekeer omdat hy ʼn ware ontmoeting met die opgestane Jesus gehad het (1 Kor. 15:7)152. Habermas en Licona (2004:95)

is van mening dat dit onmoontlik sou wees vir die dissipels om beide Paulus en Jakobus te bedrieg. Hierdie is die hoofrede waarom slegs ʼn handjievol kritici van vandag steeds hierdie teorie voorstaan (Habermas & Licona, 2004:95).

5.2.3.2 Jesus se liggaam is gesteel deur iemand anders as die dissipels

Volgens hierdie standpunt is Jesus se liggaam gesteel deur iemand anders as die dissipels (McDowell, 2009:161). Belangrik om in gedagte te hou dat die dissipels en die vroue toe hulle die leë graf ontdek het se eerste reaksie nie was om te dink dat Jesus uit die dood opgestaan het nie (Habermas & Licona, 2004:97). Habermas en Licona (2004:95) meld dat baie min Skrifkritici in die moderne era steeds hierdie teorie voorstaan. Ons bestudeer kortliks die volgende teenargumente:

 ʼn Leë graf op sigself sou nie vir Paulus of Jakobus genoeg rede gegee het om hulle tot die Christendom te bekeer nie. Verder het Paulus drie-en-vyftig keer in sy briewe verwys na die liggaamlike opstanding van Christus.

      

152 Matthew Henry’s Commentary on the whole Bible verklaar soos volg: “Note, how uncontrollably evident

was Christ’s resurrection from the dead, when so many eyes saw him at so many different times alive, and when he indulged the weakness of one disciple so far as to let him handle him, to put his resurrection out of doubt” (Henry, 1706).

181 

 In die meeste gevalle het Paulus die opstanding van Christus op dieselfde lyn geplaas as die opstanding van alle gelowiges aan die einde van die tyd (McDowell, 2009:47). Indien Mormone môre beweer dat hulle die stigter van hulle geloof Joseph Smith se leë graf ontdek het, gaan Christene skielik hulle geloof agterlaat en Mormone word of gaan hulle aanvaar dat Joseph Smith se liggaam waarskynlik eerder gesteel was? Dieselfde geld ook ten opsigte van Paulus en Jakobus; hulle moes baie ander faktore in berekening geneem het voordat hulle oorgehaal was om in die opstanding te glo (Habermas & Licona, 2004:95).

 Die dissipels en die vroue se eerste bewuswording toe hulle die leë graf ontdek het, was nie dat Jesus uit die dood opgestaan het nie (vlg. Joh. 20:2).153 Volgens Joh. 20:3-9 en Luk. 24:10-12

was die dissipels sowel as die eerste vroue by die leë graf aanvanklik geensins oortuig daarvan dat Jesus opgestaan het nie.154 Die leë graf het ook nie vir Tomas oortuig dat Christus werklik

uit die dood opgestaan het nie (vlg. Joh. 20:24-25). Volgens Mat. 28:17155; Luk. 24:37 en Joh.

20:15 is dit duidelik dat dit nie die leë graf was wat die dissipels oortuig het van die opstanding nie (Paley, 1854:173).

Tereg neem Habermas en Licona (2004:97) die stelling in dat dit die na- opstandingsverskynings was wat die dissipels oortuig het van die opstanding.

 Selfs al sou Skrifkritici reg wees dat Jesus se liggaam gesteel is, bewys dit nog nie bo alle twyfel dat Jesus nie opgestaan het uit die dood nie. Habermas en Licona (2004:97) is van mening dat die mees oortuigende getuienis van Christus se opstanding nie die leë graf is nie, maar wel Jesus se verskynings na sy dood (Driscoll & Breshears, 2010:97; Paley, 1854:173). Hier kan in besonder verwys word na Paulus en Jakobus se getuienis aangesien hulle as ʼn direkte gevolg van ʼn ontmoeting met die opgestane Jesus tot die Christendom bekeer is.

      

153 Die ESV Study Bible (2008: 2069) verklaar Joh. 20:2 soos volg: “At this point Mary has no thought of

the resurrection”.

154 Habermas en Licona (2004:97) wys daarop dat Johannes die enigste dissipel was wat geglo het in die

opstanding bloot op grond van die leë graf sonder enige verdere bewyse (Joh. 20:8).

155 In hierdie teksgedeeltes staan onderskeidelik geskrywe: Mat. 28:17 “En toe hulle Hom sien, het hulle

Hom aanbid; maar sommige het getwyfel”; Luk. 24:37 “Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ʼn gees sien” en Joh. 20:15 “Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem”.

182 

Habermas en Licona (2004:97) stel die volgende: “The empty tomb convinced no one. Rather, it was the appearances that brought about belief in friend and foe alike”.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die teorie dat Jesus se liggaam gesteel is (selfs al sou dit waar wees) geen gewig dra nie.156 Buiten vir bogenoemde verwys Driscoll en Breshears (2010:298) na die

volgende probleme met die teorie dat Jesus se liggaam gesteel is.

 Die graf was geseël met ʼn steen (Mark. 15:46). Hoe het die diewe daarin geslaag om die rots weg te rol en die liggaam te steel sonder dat die Romeinse soldate onraad gemerk het (vgl. ook McDowell, 2009:188)?

 Indien Jesus se liggaam gesteel was, sou daar ʼn reuse-losprys gewees het vir die een wat die liggaam kon opspoor (McDowell, 2009:298).

Indien die liggaam gesteel is, is daar steeds geen verklaring vir Jesus se verskynings na sy dood nie. Driscoll en Breshears (2010:298) skryf: “In Conclusion, the theft of the body is unlikely and still fails to account for it returning back to life”.