• No results found

Hoe hanteer Skrifkritiek sleuteltekste oor die opstanding?

In hierdie afdeling van die studie gaan enkele Skrifkritiese teoloë se hantering en interpretasie van sleuteltekste oor die opstanding kortliks hanteer word.

3.5.1 Bultmann (1984:40) se interpretasie van 1 Kor. 15:3-8: Paulus verwys na verskeie

voorbeelde in 1 Kor. 15:3-8 waar Jesus aan mense verskyn het na sy opstanding. Tradisioneel word daar geglo dat Paulus juis hierdeur wou aantoon dat Jesus wel liggaamlik uit die dode opgestaan het64. In teenstelling hiermee sien Bultmann (1984:40) dit juis andersom. Bosch

(2009:81) meld in hierdie verband dat Bultmann (1984:40) geglo het dat Paulus juis nie hierdeur probeer aantoon het dat Jesus wel liggaamlik uit die dood opgestaan het nie. Bultmann (1984:40) glo Paulus wou hierdeur alleen aantoon dat Jesus daarmee as opgestane verkondig word. Bosch (2009:81) skryf die volgende oor Bultmann se interpretasie: “Die getuies is dus slegs in diens van Paulus se evangelie en nie vir die feit van die opstanding nie”. Die gevolg hiervan is dat Jesus se liggaamlike opstanding volgens Bultmann (1984:40) nie ʼn stawende wonderwerk kan wees ten einde geloof in Jesus Christus te wek nie.

Die rede hiervoor is dat een geloofsopvatting (betekenis van die kruis) nie deur ʼn ander

geloofsopvatting (opstanding van Jesus) verseker kan word nie. Bultmann (1969:206) skryf: “A Christology is basically false if it is an attempt to reconstruct the ‘messianic consciousness’ of Jesus as an observable phenomenon with objective existence”. Bultmann (1969:206) se interpretasie behels dat ons die Messias net in die geloof moet omhels, sonder dat Hy noodwendig histories van die begin af as die Messias opgetree het.

      

64 Matthew Henry’s Commentary on the whole Bible bevestig dit soos volg: “It is the apostle's business in

this chapter to assert and establish the doctrine of the resurrection of the dead, which some of the Corinthians flatly denied” (Henry, 1706).

110 

3.5.2 Crossan (1994:209) se interpretasie van Joh. 20:1-2 en 11-18:

Die teksgedeelte handel oor Maria wat uitgevind het dat Jesus se liggaam weg is, en haar reaksie daarop. Crossan (1994:211) is van mening dat ons hieruit kan aflei dat Maria by drie verskillende geleenthede Jesus se opstanding en die verklaring van die leë graf verkeerd geïnterpreteer het. (1) Vers 2 - Maria het uitgehardloop en vir die dissipels gesê: “Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie”. (2) Vers 13 - Maria het terwyl sy buite die graf getreur het aan die engel gesê: “Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie”.

(3) Vers 15 – “as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem”.

Crossan (1994:212) gaan verder deur daarop te wys dat Maria Jesus nie eers herken het nie. Crossan verwys na hierdie en ander insidente in die Evangelies om aan te toon dat die stories nooit ten doel gehad het om ʼn juiste weergawe van die opstandingsgebeure deur te gee nie. Crossan (1994:212) stel dit soos volg: “Those stories were not concerned with control over nature before Jesus’ death or with entranced apparitions after it; rather, they were quite dramatic and symbolic narratives about power and authority in the earliest Christian communities”. As gevolg van Maria se verkeerde interpretasie van die leë graf, kom Crossan (1994:209) tot die gevolgtrekking dat die verhaal nie eintlik oor die graf gaan nie, maar oor mag en gesag in die vroeë Christelike gemeenskappe. In teenstelling met Crossan (1994:212) se standpunt behoort Maria se verbasing om ʼn leë graf aan te tref juis te wys op die wonderwerk van die opstanding. Indien mites en hallusinasies so algemeen vir daardie era was, hoekom was Maria so verbaas om ʼn leë graf aan te tref?

3.5.3 Funk (1996:259) se interpretasie van 1 Kor. 15:13-14; 42-50

Funk (1996:259) meld dat diegene wat glo in ʼn fisieke opstanding gereeld verwys na 1 Kor. 15:13-1465

as bewys daarvan. Funk (1996:259) erken dat Paulus werklik geglo het dat Jesus uit die dode opgestaan het. Hy gaan verder deur te waarsku dat dit nie die volle verhaal is nie. Paulus vra in 1 Kor. 15:35 ʼn belangrike vraag wat meeste mense miskyk, naamlik: “ Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?”. Paulus gaan voort deur sy eie vraag te antwoord in 1 Kor. 15:44 “ʼn Natuurlike liggaam word gesaai, ʼn geestelike liggaam word opgewek.

      

65 1 Kor. 15:13 “As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. En as

111 

Daar is ʼn natuurlike liggaam, en daar is ʼn geestelike liggaam”66. Funk (1996:259) skryf die volgende:

“Those who like to quote Paul usually fail to take the whole of his argument into account”. Paulus getuig in Hand. 9:3 daarvan dat hy die opgestane Jesus in ʼn visioen gesien het. Paulus gaan verder en plaas sy visioen op gelyke vlak met dié van Petrus, Jakobus en ook die ander apostels (Funk, 1996:259). Funk (1996:259) meld verder dat Jesus eers sowat 3 of 4 jaar na sy dood aan Paulus op die pad van Damaskus verskyn het.

Funk (1996:259) skryf: “ If Jesus had been raised physically, where was Jesus’ body during that long interval?”.

Funk (1996:260) verwys na verskeie gevalle waar Jesus na sy dood verskyn het aan mense wat Hom soos Paulus ook nie herken het nie. Die volgende dien as voorbeelde hiervan: (1) Paulus het Jesus nie op die pad na Damaskus herken nie (Hand. 9:3). (2) Maria het Jesus ook nie herken toe Hy aan haar by die graf verskyn het nie (Joh. 20:14-18). (3) Die twee op die pad na Emmaus het Jesus ook nie herken nie, alhoewel hulle Hom persoonlik geken het (Luk. 24:13-33). (4) Die dissipels het Jesus nie op die strand herken nie (Joh. 21:4). Funk (1996:260) is van mening dat hierdie persone Jesus nie herken het nie, juis omdat Hy nie ʼn fisieke liggaam gehad het nie. Funk (1996:260) skryf:

Jesus is elusive because he was not flesh and blood, he was not restricted by space, and his appearances took place over an extended period. However, as time passed and the tradition grew, the reported appearances become more parable, more corporeal. They gradually lose their luminous quality and take on aspects of a resuscitated corpse.

Funk (1996:260) se interpretasie suggereer dat Jesus nooit liggaamlik uit die dood opgestaan het nie. Hy bereik die gevolgtrekking na aanleiding van die bogenoemde Skrifgedeeltes wat getuig daarvan dat meeste van die persone aan wie die opgestane Jesus verskyn het, Hom nie herken het nie. Met verloop van tyd het die stories volgens Funk (1996:260) in so ʼn mate gegroei dat die skrywers van die Evangelies en die vroeë Christene geglo het dat Jesus werklik liggaamlik uit die dood opgestaan het.

      

66 Teenoor die standpunt van Funk (1996:259) en vir gereformeerde eksegese stel Ridderbos (1966:127)

die volgende: “Het duidelijkst blijkt dit wel in de bekende uitspraken in 1 Kor. 15:44 e.v., waar Paulus de eerste mens Adam als ‘levende ziel’ stelt tegenover Christus als ‘levendmakende Geest’ en in dit verband ook spreekt van het in zwakheid en vergankelijkheid gezaaide ‘psychische lichaam’ in onderscheiding van het geestelijke lichaam, dat zal worden opgewekt”.

112 

3.5.4 Spangenberg (2004a:1) se interpretasie van Matt 28:9-20 & Luk 24:13-45:

Soos vroeër in die studie bespreek, glo Spangenberg (2004a:1) nie in opstandingsverhale nie, maar in herverskyningsverhale. Spangenberg belig die feit dat Markus, wat die oudste Evangelie is, geen herverskyningverhale bevat nie, maar dat in teenstelling hiermee die ander drie Evangelies nie so stomp eindig nie. Spangenberg (2004a:1) verwys daarna dat daar in Matteus slegs twee vroue na die graf gegaan het. In Mat. 28:1 staan geskrywe: “En laat ná die Sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdalena en die ander Maria om na die graf te gaan kyk”. In Matteus 28:16 staan dat Jesus aan sy 11 dissipels op die berg van Galilea verskyn het. Spangenberg (2004a:1) is van mening dat die skrywer van Matteus die beeld van Jesus teken as ʼn tweede Moses. Moses het voor sy dood op die Neboberg geklim waar hy die beloofde land aanskou het en toe gesterf het.

Later in Lukas 24:13 leer ons dat Jesus verskyn het aan die twee mans op pad na Emmaus. Jesus het te kenne gegee dat Hy ook ʼn reisiger is, en dat Hy niks van die mans weet nie.

Terwyl die mans besig was om te praat oor Jesus se opstanding, het Jesus skielik begin om die opstandinggebeure aan die hand van die Wet en geskrifte vir hulle te verklaar. Lukas skep die idee dat die mans vir die eerste keer besef het wat regtig gebeur het.

Die mans het later aan tafel eers besef dat dit Jesus is wat teenwoordig is. Spangenberg (2004a:1) skryf dat baie mense hierdie gedeelte gebruik om daardeur te bewys dat Jesus se opstanding alreeds in die Ou Testament voorspel was. Spangenberg (2004a:1) waarsku dat dit nie die historiese Jesus is wat hier aan die woord is nie, maar die vertelde Jesus. Volgens Spangeberg (2004a:1) beskik die skrywer van die Lukas Evangelie oor die karakter van Jesus. Spangenberg (2004a:1) skryf die volgende: “In hierdie geval laat hy Jesus die Wet en die Profete só uitlê dat dit aansluit by die vroeë Christene se oortuigings dat daar reeds in die Wet en Profete oor Jesus geskryf is”. Spangenberg (2004a:2) skryf verder dat die herverskynings in die nabyheid van Jerusalem en nie in Galilea afgespeel het nie.

Spangenberg (2004a:2) skryf: “Hierdie is duidelik ʼn kreatiewe skepping van die skrywer van Lukas, want die verhale stem geensins ooreen met die verhale in Mattheus en Johannes nie”. Spangenberg (2004a:2) gaan selfs nog verder en wys die lesers op vele ander gevalle waar die Evangelieverhale nie ooreenstem met mekaar nie.

Spangenberg se gevolgtrekking is dat weinig of min van dit wat gesê is in die Evangelies werklik weerspieël wat regtig gebeur het. Die Evangelieskrywers het die teks in so ʼn mate gemanipuleer dat dit voorkeur gee aan hulle eie persoonlik idees.

113 

Spangenberg (2004a:1) ontken verder dat die Ou-Testamentiese geskrifte Jesus se Heilsgebeure voorspel het, en verklaar Luk 24:13 se gebeure as verhaalwaarheid en nie historiese waarheid nie. Spangenberg (2004a:1) glo nie dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het nie, en ontken ook die eskatologiese betekenis van die opstandingsgebeure.

3.5.5 Müller se interpretasie van 1 Kor. 15:17:

In die monografie getiteld Opstanding maak Müller (2006:120) ʼn sterk saak uit teen diegene wat probeer om die opstanding te formuleer aan die hand van belydenisse en formules. Müller (2006:119) skryf: “Mensgemaakte formules word verhef tot Goddelike status. Die volgende stap is dan om met hierdie formules (namens God!) mense se geloof te beoordeel”. Müller (2006:119) suggereer dat diegene wat wel glo aan die tradisionele belydenisse ander mense probeer uitvang wat nie soos hulle voel nie. Müller (2006:119) skryf: “Die opgestane Jesus wat ons in die bladsye van die Bybel leer ken, is totaal anders. Hy probeer nie Sy volgelinge toets en uitvang nie”.

Dit is algemeen bekend dat teoloë en kerklui hulle belydenis dat die hele Christelike geloof staan en val by die opstanding baseer op 1 Kor. 15:1767. Müller (2006:120) skryf dat teoloë juis op grond van hierdie

verklarings die indruk skep dat ons ons geloof verdedig of verklaar deur die opstanding as ononderhandelbaar te beskou. Volgens Müller (2006:120) doen sulke stellings juis afbreuk aan die werklike betekenis van 1 Kor. 15:17. Müller (2006:120) skryf: “Ek vra myself die vraag af of so ʼn hantering van die opstandingsgeloof nie juis die eintlike betekenis van die opstanding, ook soos deur Paulus beskryf in 1 Kor. 15 ondermyn nie”?

Anders as die tradisionele standpunt staan of val Müller (2006) se geloof nie by die historiese feit dat Jesus wel liggaamlik uit die graf opgestaan het nie. Vir Müller (2006:48) is die eintlike betekenis van die opstanding juis daarin geleë dat ons die dans van die opstanding moet dans. Met ander woorde wat belangrik is, is nie die belydenis van die opstanding nie, maar die vraag of Jesus in jou en my lewe opgestaan het?

      

67 1 Kor. 15:17 “ en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle

114