• No results found

3.2 Die konsekwensies wat ʼn Skrifkritiese teologie vir die tradisionele leer aangaande Christus inhou

3.2.1 Die maagdelike geboorte van Christus

Die maagdelike geboorte van Jesus Christus is maar net ʼn deel van alles wat God deur Christus op die aarde kom doen het (Cachet, 2008:20).

Bogenoemde stelling bevestig die sentrale posisie van Christus se maagdelike geboorte in die leer van die Christologie. Cachet (2008:20) skryf verder dat by die maagdelike geboorte ook nog Jesus se plaasvervangende kruisdood, sy opstanding, hemelvaart en wederkoms gevoeg moet word om in staat te wees om God se werke op aarde te verstaan. Verder waarsku hy dat nie een van hierdie werke losgemaak kan word van die res, of die een ontken kan word en die res geglo kan word nie. Om hierdie rede kan die opstandingsleer nie in isolasie van die ander aspekte van die leer aangaande Christus hanteer word nie (Cachet, 2008:20).

      

45 Alhoewel Van Wyk (2002:603) primêr verwys na fundamentalisme en kritisisme, is daar nogtans ʼn lyn

62 

Vanuit die Reformatoriese tradisie, en gegrond op Mat. 1:18;20 bely ons die volgende omtrent Jesus se maagdelike geboorte: “Hy is in die liggaam van die geseënde maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees sonder toedoen van ʼn man verwek” (NGB, Artikel 18). König (2009:56) wys in ooreenstemming met die tradisionele leer van die Christologie (NGB, Artikel 18) daarop dat daar geen gemeenskap met Maria plaasgevind het nie. Volgens König (2009:56) het bevrugting plaasgevind deur die ore van Maria, as ʼn direkte resultaat van haar gehoorsaamheid aan God46. Sy het haar swangerskap volkome

deur die geloof ontvang en daar was geen sprake van seksuele bevrugting nie (NGB, Artikel 18).

Die belydenis van Jesus se maagdelike geboorte hou opsommenderwys die volgende betekenisse vir die Christelike geloof in:

 Geen mens het ʼn aandeel gehad in die verwekking van Jesus Christus nie; Maria se maagdelikheid dien as ʼn bewys hiervan. Heyns (1978:256) bevestig: “Met die uitsluiting van seksuele gemeenskap tussen Josef en Maria, en dus van ʼn normale huwelikslewe tussen hulle, word die geboorte van Jesus ʼn wondergeboorte uit die maagd Maria”. Cachet (2008:21) meld dat God seker wou maak met die verwekking van Jesus, deur die Heilige Gees, dat Sy Goddelike eienskappe self in Jesus sigbaar sou wees.

 Die Seunskap van Christus dui op sy verhouding met die Vader. Die Seun van God (van ewigheid af die Seun van die Vader, saam met die Vader en die Gees ware en ewige God), het by sy Goddelike natuur ook ʼn menslike natuur aangeneem uit die vlees en bloed van die maagd Maria, deur die werking van die Heilige Gees. Heyns (1978:256) bevestig soos volg: “Hy het reeds van ewigheid af bestaan en het Hom in die inkarnasie met die mensheid van Jesus tot een persoon verenig”.

 As volmaakte offer vir die mens se sonde moes Jesus ook vry van enige erfsonde wees. Volgens Van Genderen en Velema (1992:435) is die heilige ontvangenis van Jesus nie die oorsaak van sy sondeloosheid nie.

      

46 Opmerklik dat Heyns (1978:256) verskil van König (2009:56) met die volgende verklaring: “Wel het

Maria geluister en geglo wat aan haar meegedeel is, maar haar geloof was nie die werkende oorsaak van die ontvangenis nie. Dit was dus nie, soos dit al genoem is, bevrugting deur haar ore nie”.

63 

As Goddelike persoon staan Hy buite die sonde van die menslike geslag. Hy het nie opgekom uit die mensheid nie, maar tot die mensheid ingegaan47.

König (2009:56) skryf dat, volgens die Apostoliese Geloofsbelydenis, ons bely dat: “Jesus ontvang is van die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria”. Uit die eerste deel Ontvang van die Heilige

Gees sou ons kon aflei dat Jesus op ʼn unieke manier uit God se hand gekom het; dit verteenwoordig sy

Goddelike natuur. Uit die tweede deel gebore uit die maagd Maria sou ons kon aflei hoe Jesus ook op ʼn unieke manier aan die mens verbind is, en dit verteenwoordig sy menslike natuur (König, 2009:56)

48.

In teenstelling met die tradisionele leer van Christus se maagdelike geboorte word enkele Skrifkritiese standpunte in hierdie verband soos volg belig:

Spangenberg (2009:363) skryf: “Jesus van Nasaret was ʼn Joodse profeet wat soos alle ander mense op

aarde deur ʼn man en ʼn vrou verwek is”. Spangenberg (2004a:1) is oortuig daarvan dat die belydenis dat Christus uit ʼn maagd gebore is, rus op ʼn hele klomp aannames. Hy ontken verder die profesie van Jes. 7:14 en is van mening dat die teks in sy oorspronklike Hebreeuse formaat nooit voorspel het dat ʼn maagd Goddelik bevrug gaan word nie. Spangenberg (2004b:1) is van mening dat die skrywers van die Evangelies die teks gemanipuleer het om die doel te bereik wat hulle goedgedink het. Hy verwys na Mat. 2:13-15 en Mat. 4:5 as voorbeelde hiervan (Spangenberg, 2004b:1). Volgens Spangenberg (2004b:1) is die verhaal van Jesus se maagdelike geboorte gemodelleer op die model van Moses, en wou Matteus bloot die idee tuisbring dat besondere mense besondere geboorteverhale het. Hy waarsku in hierdie verband dat verhaalwaarheid (soos in die geval van Jesus se maagdelike geboorte) nie gelees moet word asof dit historiese waarheid kommunikeer nie (Spangenberg, 2004b:1). Die verhaal van Jesus se maagdelike geboorte beteken vir Spangenberg (2004b:3) slegs dat Jesus ʼn besondere persoon was, en hy waarsku dat daar niks meer daarin gelees moet word nie.

      

47 Van Genderen en Velema (1992:435) bevestig: “Daarmee is niet bedoeld, dat deze heilige ontvangenis

de oorzaak is van de zondeloosheid van Jezus. Als goddelijk Persoon stond Hij immers buiten de zonde van het menslijk geslacht. Hij kwam niet op uit de mensheid, maar ging tot haar in”.

48 Die tradisionele Reformatoriese standpunt omtrent elk van die leer van die Christologie se belangrikste

aspekte gaan nie hier volledig behandel word nie, maar slegs sover dit nodig is om enkele Skrifkritiese standpunte te belig.

64 

Du Toit (2000:148) vra die vraag: “Is dit regtig belangrik binne ʼn postmoderne era of Jesus werklik

gebore is uit ʼn maagd”? Du Toit (2000:148) is van mening dat ons binne ʼn postmoderne era nooit werklik sal verstaan wat bedoel is met die terme “gebore uit die maagd Maria” nie.

Buitendien, voeg hy by, sou dit nie dieselfde kennisbasis hê as waaroor ons vandag beskik vanuit mediese navorsing nie, aangesien die Bybelse geskrifte werk met ʼn voorwetenskaplike wêreld en lewensbeskouing. Volgens Du Toit (2000:148) is dit nie belangrik of Jesus uit ʼn maagd gebore is nie, aangesien Jesus se verlossingswerk binne ʼn postmoderne era geskied en aldus hom nie berus op sy maagdelike geboorte nie, maar op sy kruisdood en opstanding.

Van Aarde (2001:72-81) is van mening dat Jesus vaderloos grootgeword het, en dat Jesus se vroeë

volgelinge die skande van Maria se buite-egtelike kind wou wegsteek deur voor te gee asof sy wel getroud was met ʼn man genaamd Josef. Wessels (2006:160) skryf dat Van Aarde se standpunt daarop neerkom dat dié Josef van wie ons net in die twee Evangelies, Lukas en Matteus lees – niks meer was as ʼn fiktiewe skepping van die vroeë Christene om Jesus se buite-egtelike geboorte te ontken nie. Van Aarde (2001:73) bekragtig sy standpunt uit die oudste van die vier Evangelies, Markus, en verwys spesifiek daarna dat die naam Josef nêrens in dié boek verskyn nie; daar word wel in Markus 6:3 verwys na Jesus as “die seun van Maria”. Hy meld dat dit totaal ongehoord is dat wanneer daar na Jesus se gesin verwys word daar altyd verwys word na sy moeder en broers, maar nooit na sy aardse vader Josef nie. Van Aarde (2001:77) gebruik onder andere die volgende argumente ter stawing van sy argument dat Jesus vaderloos grootgeword het: (1) ʼn Aardse vaderfiguur was afwesig in die lewe van Jesus. (2) Jesus was ongetroud. (3) Jesus is volgens hom waarskynlik geforseer om eerder skrynwerk te doen as boerdery te beoefen. Skrynwerk was op daardie stadium baie laer op die rangorde van beroepe as dié van boerdery (Van Aarde, 2001:77). (4) Jesus was swerwend en het altyd opgekom vir die haweloses. (5) Jesus se unieke verhouding met God die Vader spruit daaruit voort dat hy ʼn leemte ervaar het ten opsigte van sy aardse vader. Hierdie en vele ander argumente word deur Van Aarde (2001) aangevoer ter stawing van sy argument dat Jesus nie gebore is uit die maagd Maria nie, maar eerder die produk is van ʼn buite-egtelike verhouding.

Funk (1998:497-526) skryf dat 29 persent van die Jesus-Seminaar se lede van mening is dat daar ʼn

moontlikheid bestaan dat Maria se swangerskap ʼn direkte gevolg van verkragting of ʼn buite-egtelike verhouding was. Slegs 4 persent van hierdie 29 persent is wel oortuig daarvan dat verkragting of ʼn buite-egtelike verhouding beslis die oorsaak was. Van Aarde (2001:73) wys daarop dat 99 persent van die Jesus-Seminaar se lede oortuig is dat Matteus en Lukas se weergawes van Maria se Goddelike bevrugting nie ʼn historiese feit voorstel nie, maar ʼn teologiese feit.

65 

Hy gaan selfs verder deur te meld dat die meerderheid van die Jesus-Seminaar se lede onseker is of Maria wel ʼn maagd was met Jesus se geboorte. Funk (2002:3) bevestig: “I don’t know of anybody in the Seminar who thinks that Jesus was conceived without male sperm”.

Bogenoemde sienings (en ook ander wat nie hier hanteer word nie, soos byvoorbeeld: Crossan, 2003 en Wolmarans, 2010) illustreer die negatiewe konsekwensies wat Skrifkriek het op die leer van Jesus se maagdelike geboorte.