• No results found

Die rol van rituele in huweliks– en gesinspastoraat

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die rol van rituele in huweliks– en gesinspastoraat"

Copied!
453
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die rol van rituele in huweliks- en gesinspastoraat

deur

Tertius Erasmus

Proefskrif voorgelê vir die graad

PHILOSOPHIAE DOCTOR

in Praktiese Teologie aan die

Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Promotor:

Prof. FW de Wet

POTCHEFSTROOM

November 2010

(2)
(3)

iii

Voorwoord.

Hierdie proefskrif dra ek graag op aan my gesin, Christa, Marilize en Johan wat soveel van my tyd saam met hulle moes opoffer.

Elke jaar kry ek te doen met huwelikspare wat na jare se getroude jare en ‗n paar kinders later, nie meer vir hulle huweliksverhouding kans sien nie. Na talle verrykingskursusse wat ek deur die loop van jare aangebied het, het ek toenemend tot die besef gekom dat huwelikspare gereelde opknappingsgeleenthede nodig het. Ek het bly soek na maniere om egpare en gesinne, binne hierdie postmoderne tyd, met Skrifgeoriënteerde ankerpunte dinamies en langdurig op te bou in die huweliks- en gesinslewe. Met hierdie studie poog ek om meer hoop te gee vir huweliks- en gesinsverhoudings wat gestagneer het, vir verhoudings wat sukkel om verby die erosieslote van foute en mislukkings te kom, vir egpare en gesinne wat nie meer droom nie, vir verhoudings wat die openheid van ―wandel met God‖ verloor het. Mag hierdie paar jaar se navorsing in diens van die Koninkryk gebruik word tot seën van verhoudings wat in uitsigloosheid vasgedraai het. Mag rituele weer egpare en gesinne help om die mooi uit die verlede te neem, dit in die hede te verwerk en ‗n toekomsdroom te begin leef, sodat die lied ―Perhaps Love‖ se woorde waar word:

―The memory of love will bring you home. The memory of love will see you through.‖

Jou begeerte dryf jou, rituele begelei jou, jou geloof beheer jou.

Ek wil graag dankie sê:

Vir die Hemelse Vader wat vir my die geleentheid tot hierdie studie gegee het. Vir my gesin wat my getrou aangemoedig en ondersteun het.

Vir professor Fritz de Wet wat my so wonderlik ondersteun en gelei het. Vir NWU wat my die geleentheid gegee het om hierdie studie te kon aanpak.

Vir al my medewerkers sonder wie ek hierdie studie nie sou kon doen nie. Vir my gemeente, Middelburg-Suid, wat my verdra het wanneer ek hulle soms moes

afskeep.

(4)

iv

Opsomming

Die rol van rituele in huweliks- en gesinspastoraat

Huwelike en gesinne se geluk en voortbestaan verkeer tans onder druk. Soveel huwelike en gesinne sukkel om by die veranderende lewensomstandighede aan te pas, het onkundig geraak oor die Godbedoelde wese van verhoudings, oorleef skaars, beland dikwels in ongelukkigheid en eindig soveel keer in die opbreek daarvan. Gedurende die afgelope 40 jaar is daar baie pogings deur die staat en kerk aangewend om die agteruitgang van huwelike en gesinsverhoudings te stuit en lewensnoodsaaklike lewenskwaliteite weer terug te sit. Die een verrykingsprogram na die ander het die lig gesien en baie egpare en gesinne is gehelp om weer aangespoor te word tot vernuwing.

Gedurende hierdie programme is sosiale probleme aangespreek, huweliks- en gesinsinisiatiewe geloods en hoop het by gemeenskappe opgevlam. Mense het weer in die deurmekaar wêreld van relatiwisme en aanpassing ankerpunte vir hulle verhoudings gevind en weer sin in hulle bestaan ontdek. Maar die vraag is of hierdie kursusse nie net ‗n tydelike opwelling van entoesiasme meebring nie? Om van een program na ‗n ander te beweeg en een kursus na die ander by te woon, bring nie ‗n standhoudende oplossing mee nie.

Kursusse en programme kan nie soos ‗n kruk funksioneer waarop daar in wankelende huweliks- en gesinslewe geleun kan word nie, maar egpare en gesinslede moet toegerus word om op ‗n integrale wyse vernuwingsmomente in hulle huweliks- en gesinslewe in te bou. Hulle moet leer om bewus te raak van die rykheid van gebeure en herinneringe wat verhoudings spesiaal maak en dit integraal in hulle verhoudingslewe in te bou.

Rituele (bv. Doop en Nagmaal) het deur die verloop van eeue die kerk, mensdom en verhoudings gehelp om verby vasgeloopte verhale en omstandighede te beweeg, ankerpunte in die lewe te ontdek en te ervaar en so deur traumatiese gebeure te kom. Hierdie rituele het soveel ―unique outcomes‖ in vasgeloopte verhoudings veroorsaak en het vir indiwidue en groepe ‗n toekoms oopgemaak waar niemand een kon sien nie.

Gedurende hierdie studie is veral na rituele gekyk as langtermyn hulp vir huwelike en gesinne tot die instandhouding, uitbou en dinamika daarvan. Rituele is met behulp van die ontwikkelingslyn van narratiewe navorsingsmetodologie ingespan om egpare en gesinne tot ‗n beter verstaan van mekaar te begelei, nuwe lewe in verhoudings los te maak, haalbare toekomsdrome te vestig en selfs die geleentheid te skep waartydens verhoudingsgenote oor selfs die moeilikste onderwerpe met mekaar kon praat.

(5)

v

Rituele is gebruik om verhoudingsmaats vanuit vasgevalde verhoudings tot hoopvolle verhoudings te begelei. Die waarde van die plaaslike inrigting van ‗n verrykingsprogram as veilige omgewing tot groei, aanpassing en integrale verwerking van betekenisryke rituele in die eie huweliks- en gesinslewe, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Binne hierdie verrykingsprogram met gepaardgaande rituele is verhoudings weer dinamies toekomsgerig gedraai, het hulle weer sin in hulle bestaan gevind, is daar weer energie losgemaak vir egpare en gesinne om doelwitgerig voluit te leef en is hulle weer kreatief ingestel tot nuwe toewyding aan mekaar en die beter verstaan van mekaar om die toekoms as ‗n hegter eenheid in te gaan.

“Abstract”

The role of rituals in marriage and family counselling

Marriages and families are currently under tremendous pressure. Many marriages and families battle to adapt to changing life circumstances. They have become ignorant about the Divinely intended substance of relationships and are barely surviving. These marriages break up and end up in unhappiness and many times in the breaking up thereof.

During the past 40 years there have been many attempts by state and church to stop the deterioration of marriages and family relationships and to put back the essential qualities of life. Many marriage enrichment programmes have been initiated and many couples and families have been encouraged to participate. Social programmes have been discussed and marriage and family initiatives have been launched during these programmes. This has brought hope in many communities.

In this confused world of relativism and adaptation people have found some anchor points for their relationships and have found new meaning in their existence. However the question still remains: Do these programs just give a temporary surge of enthusiasm? To move from one program to another and to attend the one course after the other, does not bring a lasting solution. Courses and programs cannot function as crutches from which to get support for wavering marriages and family life. Couples and family members must be equipped in an integral way to revive their marriage and family life. They must be taught to become aware of the richness of happenings and memories that make relationships special and integrate these into their relationships.

Rituals (for example: Baptism and Holy Communion) have helped church and humanity through the ages, to look past stale relationships and circumstances, to discover anchors in

(6)

vi

life and get through traumatic events. These rituals have been the reason for so many unique outcomes in stale relationships and have opened a new future for individuals and groups where none was evident.

During this study these rituals have been seen as long-term assistance for marriages and families for the maintenance, extension and dynamics thereof. Rituals with the help of the development line of narrative research methodology, have been put in place to help couples and families to a better understanding and support of each other. They put new life into relationships, to build attainable future dreams and have given the opportunity for partners to move away from stale relationships to more hopeful relationships. The value of the local enrichment program as a safe environment for growth, adaptation and the integral implementation of meaningful rituals in marriage and family life, cannot be stressed enough.

Within this enrichment program, with its relevant rituals, relationships are dynamically turned to the future. Believe in the existence of relationship has been found. Energy has been given to couples and families to live more purposefully. They are more creative and have a better understanding of each other. They can face the future together.

Sleutelbegrippe Gesin Huwelik Pastoraat Verryking Ritueel Simboliek Toerus Narratief Doelwitgerig

(7)

vii

Inhoudsopgawe

1 Die rol van rituele in huweliks- en gesinspastoraat. Oriëntering tot die studieveld en

die stel van sleutelbegrippe ... 1

1.1 Huweliks- en gesinspastoraat ... 1

1.2 Pastoraat deur vernuwingsmomente ... 1

1.3 Rituele en seremonies ... 2

1.4 Probleemstelling ... 4

1.4.1 Gebrekkige Skrifgebaseerde huweliksidentiteit, vernuwingsbasisse en ankerpunte is moontlike bydraende faktore tot die disintegrasie van die huweliks- en gesinslewe ... 4

1.4.2 ‗n Gebrek aan kennis en vaardigheid in die versorging van langtermynverhoudings kan huwelike en gesinsverhoudings vandag onder die spervuur plaas ... 4

1.4.3 Hoe kan kennis van rituele en die manier waarop dit tot vernuwing in huweliks- en gesinstrukture funksioneer, die pastor help in prosespastoraat? ... 5

1.4.4 Veranderende denkstrome en tydsgees het huweliks- en gesinsidentiteit deur die eeue dramaties beïnvloed ... 6

1.5 Die mate waarin huwelikspare en gesinne toegerus behoort te word om hulle verhoudings kerngesond te hou, moet nagevors word ... 6

1.6 Navorsingsvrae ... 7

1.7 Doelstelling en doelwitte ... 7

1.8 Sentrale teoretiese argument ... 8

1.9 Navorsingsmetodologie ... 8

1.9.1 Die model van Zerfass ... 8

1.9.2 Die narratiewe navorsingsmetodologie ... 9

1.9.3 ‘n Kombinasie van Zerfass se model en die narratiewe metodologie ... 9

1.10 Hoofstukindeling ... 12

1.11 Skematiese voorstelling van korrelasie tussen punt 2,3,4,5,en 6 ... 13

2 ‗n Bybelse fundering van die huwelik en die rol van rituele in die vernuwing van huweliks- en gesinsverhoudings – Die verledeverhaal ... 17

2.1 Inleidende opmerkings ... 17

2.2 Die verledeverhaal dien as herstruktureringsbasis vir die huwelik ... 18

2.3 Die bedoeling van die huwelik as Godgeskepte verhouding (verledeverhaal) ... 18

2.3.1 ‗n Oorsig oor die Ou-Testamentiese wortels ten opsigte van die wese, doel en die durendheid van die huwelik ... 23

2.3.2 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die huwelik ... 26

2.3.2.1 Verlowing as belofte tot die huwelik ... 26

(8)

viii

2.3.2.3 Enkele voorbeelde van hoe Ou-Testamentiese huwelike seremonieel gesluit is ... 29

2.3.2.3.1 Oorsig oor die rituele en seremonies wat tydens die huweliksluiting tussen Isak en Rebekka plaasgevind het (Genesis 24) ... 30

2.3.2.3.2 Oorsig oor die rituele en seremonies wat tydens die huweliksluiting tussen Jakob en Lea asook tussen Jakob en Ragel plaasgevind het (Genesis 29) ... 32

2.3.2.4 Ouderdom van persone by die huweliksluiting volgens die Ou Testament ... 33

2.3.2.5 Bepalings oor egskeiding ... 33

2.3.2.6 Faktore wat huweliksgeluk beïnvloed het ... 34

2.3.3 Huwelik as simbool van God se verhouding met sy volk ... 35

2.4 Die Ou-Testamentiese huweliksverstaan se invloed op die huweliksbeskouing van die Nuwe-Testamentiese Christene ... 36

2.5 Nuwe-Testamentiese wortels van oorgelewerde beskouinge ten opsigte van die huwelik en die rol van seremonies en rituele in die vestiging en instandhouding van die huwelik ... 36

2.6 Verskeie Nuwe-Testamentiese gesprekke vind plaas ter verduideliking van die plek en funksie van die huwelik binne die Nuwe Verbond ... 38

2.6.1 Verwysings na die huwelik in die bergpreek (Matteus 5) ... 39

2.6.2 Die Matteus 19 gesprek oor die huwelik ... 39

2.6.3 Die Pauliniese gesprekke oor die huwelik ... 40

2.6.4 Huweliksfeeste in die Nuwe Testament ... 43

2.6.5 Huweliksluitingseremonies kom ‗n lang pad ... 44

2.6.6 ‗n Nuwe verbond, ‗n nuwe lewenswyse en nuwe rolle vir man en vrou ... 45

2.6.6.1 Die man se verantwoordelikheid teenoor die huwelik en sy vrou ... 45

2.6.6.2 Die vrou se verantwoordelikheid teenoor die huwelik en haar man ... 46

2.6.6.3 Eenheid binne verskeidenheid ... 47

2.6.6.4 Die tradisionele Westerse Christelike kerk se instelling teenoor die huwelik ... 49

2.6.6.5 ‗n Sosiale perspektief ... 51

2.6.6.6 ‗n Tradisionele en ‗n moderne perspektief ... 54

2.6.6.7 ‗n Postmoderne perspektief ... 55

2.7 Die Wese en funksionering van die Christelike gesin as Godgeskepte ruimte vir die uitlewing van eenheid en liefdesgemeenskap ... 57

2.7.1 ‗n Oorsig oor die Ou-Testamentiese wortels ten opsigte van die wese, doel en funksie van die gesin ... 58

2.7.2 Die funksionering van ‗n tipiese Ou-Testamentiese gesin ... 58

2.7.3 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die gesin ... 59

2.7.3.1 ‗n Pa se plig en die nageslag ... 60

2.7.3.2 Verbondsonderrig ... 60

(9)

ix

2.7.3.4 Gesinsdeelname aan die groot jaarlikse feeste ... 61

2.7.3.5 Die voorkoms van seën in die Ou Testament ... 61

2.7.4 ‗n Oorsig oor die Nuwe-Testamentiese wortels ten opsigte van die wese, doel en funksie van die gesin ... 63

2.7.4.1 Die belang van die gesin binne Nuwe-Testamentiese konteks ... 64

2.7.4.2 Invloed van Nuwe-Testamentiese perspektiewe op die tradisionele verwysingsraamwerk waarvolgens beskouinge en gebruike rondom die Christelike gesin gevestig is ... 64

2.7.4.3 Gesinne en die inrigting van hul gesinslewe in die vroeëre en latere Christendom . ... 66

2.7.4.4 Die voorkoms van seën in die Nuwe Testament ... 67

2.7.4.5 Gesinsrituele in die Ou en Nuwe Testament ... 68

2.7.4.6 Seën as ‗n bepalende element in die mense se lewens ... 71

2.8 Samevatting ... 75

3 Huweliksverbrokkeling – Die noodverhaal van huwelike en gesinne ... 77

3.1 Inleidende opmerkings oor die noodverhaal van die huwelike en gesinne ... 77

3.2 Die noodverhaal van huwelike en gesinne ... 79

3.3 Huweliksverval is ‗n herhalende probleem wat deel van die mens se bestaan geword het ... 79

3.4 ‗n Oorsig oor die na-Bybelse geskiedenis van die huwelik ... 82

3.4.1 Die ontwikkeling van die huwelik as staatsinstelling ten koste van ‗n kerklike aangeleentheid ... 82

3.4.2 Statistiese gegewens oor die noodverhaal van huweliks- en gesinsverbrokkeling uit die literatuur ... 85

3.4.3 Huweliksverwagting verkeer al meer onder druk ... 88

3.4.4 Die toenemende pyn van egskeidings ... 89

3.4.5 Die realiteit en effek van huweliksverbrokkeling in die 20e en 21e eeu en die uitdagings wat daarmee gepaardgaan ... 90

3.5 Die verskillende faktore binne hedendaagse samelewingsverbande wat tot huweliksverbrokkeling lei ... 91

3.5.1 Die rol van demografiese verandering op huwelike ... 92

3.5.2 Huwelike wat op ‗n te vroeë of te laat ouderdom gesluit word, se risikos is groter ... 93

3.5.3 Huwelikspare leef onkundig en maak dikwels oorhaastige besluite ... 96

3.5.4 Slaggate, misverstande en mites wat huweliksgroei belemmer ... 97

3.5.5 Verkeerde redes vir huweliksluiting ... 102

3.5.6 Die weerloosheid van die eerste huweliksjare ... 104

3.5.7 Geslagsverskille en rolveranderings se effek op huweliksfunksionering ... 105

3.5.8 Huwelikspare wat nie weet wat ware, Godbedoelde liefde is nie ... 109

(10)

x

3.5.10 Gebrekkige ouervoorbeeld ... 113

3.5.11 Gebrekkige kommunikasiestyle lei tot misverstande en seer ... 114

3.5.12 Huwelike stagneer, verhoudingstrukture verander en huweliksgenot verminder met verloop van jare ... 116

3.5.13 Buite-egtelike verhoudings se vernietigende gevolge ... 120

3.5.14 Saamleefverhoudings word verkeerdelik as die in-ding en ‗n nuwe lewensstyl beskou ... 121

3.5.15 Die invloed van huweliksongeluk op die seksuele gedrag van kinders ... 122

3.5.16 Groeiende voorkoms van enkelouerskap ... 124

3.5.17 Die afbrekende effek van seksuele misverstande, spanning en pornografie ... 125

3.5.18 Finansiële verskille en behoeftes ... 128

3.5.19 Aftrede kan verkwikkend of verwoestend wees ... 128

3.5.20 Die leë-nes-sindroom ... 129

3.5.21 Wanbegrip oor rol en plek van huweliksopleiding of huweliksgroei gedurende ‗n verrykingsproses ... 130

3.5.22 Huwelike breek op, want mense dink verkeerdelik, egskeiding is die enigste uitweg ... 131

3.6 Die verandering in huweliksbegrip en voorwaardes binne Suid-Afrikaanse konteks en veral onder die inheemse etniese volke ... 135

3.7 Gesinne verbrokkel in veral die oorwegend kontemporêre Westerse samelewingsverbande ... 136

3.7.1 Inleiding ... 136

3.7.2 Die rol van verskeie veranderde lewensomstandighede en hoe dit die gesinsfunksionering dramaties beïnvloed ... 137

3.7.2.1 Verhoudings word deur verskeie gebeure en ontwikkelings van buite-af beïnvloed . 137 3.7.2.2 Die invloed van ‗n gebroke ouerhuis en ‗n stukkende samelewing op die gesinslewe ... 138

3.7.2.3 Trots as belemmeringsfaktor vir noodsaaklike lewensstyl-aanpassings in die gesinslewe ... 141

3.7.3 Lang-termyn effek van konflik binne gesinne ... 141

3.7.4 Verhale van hoop ten opsigte van die gesinslewe is min, maar goed om na te kyk .. 142

3.8 Samevatting ... 142

4 Die uitdagings en strategieë ook binne die sosiale, pastorale en maatskaplike gebied tot huweliksvernuwing – Die verduisterde toekomsverhaal ... 145

4.1 Inleiding ... 145

(11)

xi

4.2.1 Die narratiewe metodologie se bydrae tot die beter verstaan van mense se stories . 148 4.2.2 Die narratiewe metodologie help diskoerse ontmasker en help mense om hulleself

en hulle verhoudings te oriënteer en te evalueer. Verduisterde verhale blyk uit

verskeie onderhoude ... 149

4.3 Perspektiewe uit die aangrensende wetenskappe vir die hantering van die verduisterde toekomsverhaal tot die verryking van huweliks- en gesinsverhoudinge ... 151

4.3.1 Huweliksverryking as terapeutiese proses ... 153

4.3.2 Huweliksverrykingsprogramme as terapeutiese ruimte waarbinne huweliksmaats deur hul sosiale en kerklike gemeenskappe gehelp word om mekaar beter te verstaan ... 154

4.3.3 Die oorsprong van huweliksverrykingsprogramme ... 156

4.3.4 Doel van huweliksverrykingsprogramme ... 158

4.3.5 Uiteenlopende sienings van die huwelik kan of bevrydend of afbrekend wees en kan tydens huweliksverrykingsprogramme in perspektief geplaas word ... 164

4.3.6 Stigmas verbonde aan huweliksverrykingsprogramme belemmer die geleentheid tot groei vir baie verhoudings ... 165

4.4 Verskeie programme het vanuit die verskillende dissiplines ontwikkel met die oog op huweliksverryking ... 166

4.4.1 Die nege hoofstrome tot die verryking van huwelike ... 167

4.4.2 ‗n Samevatting van die hooftemas wat tydens bogenoemde verrykingsprogramme hanteer word ... 170

4.4.3 Die effek van verskeie soorte pogings tot huweliksverryking ... 172

4.4.4 Huweliksopleiding en –verryking se noodsaak gedurende die verskillende stadia van ‗n huweliksverhouding ... 173

4.5 Hulpmiddels binne huweliksverrykingsprogramme as poging tot nuwe verstaan ... 180

4.6 Die ontstaan en rol van die plaaslike inrigting van ‗n huweliksverrykingsprogram as fasiliteerder van hoop en vernuwing ... 182

4.6.1 Die inrigting van die plaaslike verrykingsprogram ... 183

4.6.2 Die formaat van die plaaslike verrykingsprogram ... 184

4.6.3 Die rol wat die plaaslike inrigting van ‗n huweliksverrykingsprogram en die rituele daarbinne kan speel in die vernuwing en/of verbetering van huweliksverhale – ‗n narratiewe ondersoek ... 185

4.6.3.1 Navorser as reisgenoot by die ontdekking van vernuwende verhale ... 185

4.6.3.2 Die etiese hantering en gepastheid van navorsingsdata ... 190

4.6.3.3 Struktuur van onderhoude ... 192

(12)

xii

4.6.3.5 Die kriteria wat aangelê is om die effektiwiteit van rituele binne die plaaslike

huweliksverrykingsprogram te evalueer ... 195

4.6.3.5.1 Pas die program se rituele by enige van die nege hoofeienskappe en stadiums van rituele in? ... 196

4.6.3.5.2 Het die rituele geslaag om binne een van die stadiums ‗n rol te speel? ... 198

4.6.3.5.3 Is die ritueel deeglik beplan? ... 198

4.6.3.5.4 Is die vereistes en voorskrifte vir die funksionering van rituele in ‗n Christelike konteks nagekom? ... 199

4.6.4 Huweliksvernuwingsverhale is nie gemanipuleer nie, maar objektief en met integriteit ondersoek en ontdek ... 200

4.7 Die rol wat gebrek aan huweliksrituele kan speel in die afstomp van mense sodat hulle nie meer met hoop en feesvreugde vervul kan word oor die lieflike (selfs profetiese) gerigtheid van huweliksvoleinding nie ... 205

4.8 Samevatting ... 206

5 Die rol van rituele en seremonies om huweliks- en gesinsverhoudings standhoudend te help vernuwe tydens oorgangsfases, identiteitsvorming en krisishantering – Die hervertelde verledeverhaal ... 209

5.1 Inleiding ... 209

5.2 Die teoretiese onderbou vir die plek en funksie van rituele in die herstrukturering van die verledeverhaal - Die hervertelde verledeverhaal ... 209

5.3 Die herkoms, ontwikkeling en funksionering van rituele ... 210

5.3.1 Die bydraes van verskeie denkers ... 210

5.3.2 Die onderskeid tussen rite en ritueel ... 216

5.3.3 Rituele kan ook verskillend funksioneer ... 221

5.3.4 Die ses kategorieë van rituele ... 222

5.3.5 Die nege hoofeienskappe van rituele ... 225

5.3.6 Rituele en die werklikheid ... 232

5.4 Rituele se rol en funksie tot nuwe lewenstyl en –verstaan ... 233

5.4.1 Die werking van ‗n ritueel ... 233

5.4.2 Die verskillende praktykgerigte en vernuwingsfunksies van rituele ... 237

5.4.3 Die vyf fases van rituele leer ... 238

5.4.4 Stappe by die beplanning van ‗n ritueel ... 239

5.5 Christelike rituele binne die pastoraat ... 242

5.5.1 Die rol en voorkoms van rituele in die Bybel ... 242

5.5.2 Vereistes en voorskrifte vir rituele in pastorale hulpverlening ... 243

5.5.3 Enkele probleemareas by die gebruik van rituele en simbole in die pastoraat ... 246

5.5.4 Die waarde en rol van rituele binne die pastoraat ... 247

(13)

xiii

5.5.5.1 Die rituele waarde van sakramente vir die pastorale praktyk ... 252

5.5.5.2 Die rol van sakramente in die vroeë kerk ... 252

5.5.5.3 Die gebruike en rol van die Doop as ritueel in die vroeë kerk ... 254

5.5.5.4 Die ingroei in ons doopidentiteit – ‗n nuwe denkwyse in die kerk ... 258

5.5.5.5 Die Nagmaal as ‗n rituele kernmoment in die vroeë kerk ... 259

5.5.6 Rituele as hulpmiddel vir die pastoraat ... 261

5.6 Simbole as noodsaaklike hulpmiddel vir rituele binne die pastoraat ... 264

5.6.1 Die funksionering van simbole in kontras met tekens ... 266

5.6.2 Die kommunikatiewe funksie van simbole ... 267

5.6.3 Die ordeningsfunksie van simbole ... 268

5.6.4 Simbole help met identiteitsvorming ... 270

5.6.5 Simbole in die indiwidu se geloofslewe ... 270

5.6.6 Simbole en rituele het deur die eeue begin verdwyn ... 271

5.6.7 Nuwe simbole moet weer geskep word ... 272

5.7 Voorbeelde van pastorale funksionering van rituele in die konteks van die huweliks- en gesinslewe ... 273

5.7.1 Die huwelikseremonie as oorgangsritueel ... 273

5.7.2 Die aansteek van die ringe as huweliksritueel ... 274

5.8 Prakties-teologiese teoretiese riglyne rakende die rol en funksie van rituele in huweliks- en gesinsvernuwing ten opsigte van die hervertelde verledeverhaal van huwelike en gesinne ... 275

5.8.1 Doelwitgerigte huweliksrituele in kontras met roetineverhoudings ... 275

5.8.2 Die waarde van huweliksherdenkingsrituele ... 277

5.8.3 Die rol van komiese huweliksrituele ... 278

5.8.4 Die funksie van liefdesrituele vir egpare se verhoudingsversterking ... 278

5.8.5 Die samebindende rol van Kersfeesrituele vir egpare en gesinne ... 284

5.8.6 Mini-vierings as huweliks- en gesinsrituele verleen eiesoortige dinamiek ... 286

5.8.7 Rituele tot intimiteitsvernuwing ... 288

5.8.8 Rituele wat gesinstabiliteit en huweliksbevrediging meebring ... 291

5.8.9 Oorgeërfde familie-lewenstyle, rituele en gebruike se rol in huweliks- en familiefunksionering ... 293

5.8.9.1 Die invloed van die oorsprongfamilie tot huweliksgeluk ... 294

5.8.9.2 Die invloed van oorgeërfde rituele op huweliksbevrediging ... 294

5.8.9.3 Die noodsaaklikheid van gereelde maaltye as huweliksinstandhoudingsritueel ... 295

5.9 Uitdeel van seën as gesinsvernuwingsritueel ... 296

5.9.1 Die Bar Mitzwa en Bat Mitzwa as Joodse oorgangsritueel tot volwassenheid en die implikasies daarvan vir gesinsvernuwing in Christelike konteks ... 297

(14)

xiv

6 Die rol van rituele gedurende ‗n plaaslike huweliks- en gesinsvernuwingsprogram as vertrekpunt vir standhoudende vernuwing in huweliks- en gesinspastoraat – ‗n

verbeelde toekomsverhaal ... 305

6.1 Inleidende opmerkings ... 305

6.2 Die vertel van die verbeelde toekomsverhaal in die narratiewe navorsingsbenadering... 306

6.3 Die rol van rituele in die plaaslike huweliks- en gesinsverrykingsprogram by die skep van verbeelde toekomsverhale ... 307

6.3.1 ‗n Terugblik ... 307

6.3.2 Die rol van gepaste inligting ... 308

6.3.3 Die rol van musiek tydens die rituele gedurende die verrykingsprogram ... 310

6.3.4 Die waarde van die rituele binne die plaaslike verrykingsprogram tot die verbetering van lewenskwaliteit (bepalend vir huweliksvernuwing) ... 311

6.4 Die waarde van die onderskeie onderwerpe en die rituele daarbinne tot die beter verstaan van huweliksverhoudings en die vestiging van toekomshoop ... 311

6.4.1 Ons huwelik as deel van God se Meesterplan ... 312

6.4.2 Die ontmoetingsverhaal as herinneringsritueel ... 313

6.4.3 Die verhelderende waarde van ‗n ―ontdek-mekaar‖ vraelys ... 316

6.4.4 Die noodsaak daarvan om geestelike herinneringsverhale gereeld te vier ... 318

6.4.5 Die saamstel van ‗n verhoudingsimbool (logo) as toekomsdroom ... 319

6.4.6 Die rituele waarde en rol van die knieskyfsessies ... 322

6.4.7 Die daaglikse tienminute-gespreksritueel ... 327

6.4.8 Gebed as ritueel tot eenheid voor God ... 329

6.4.9 Die gespreksbord as fasiliteerder tot effektiewe gesprek ... 330

6.4.10 Herkenning en erkenning van frustrasies en ‗n verwerkingsritueel met die daaropvolgende reaksies ... 332

6.4.11 ‗n Eie unieke huweliksritueel as draer van hoop dwarsdeur die verlede en hede ... 333

6.4.12 ‗n Salwingsritueel tot verhoudingsvernuwing ... 335

6.4.13 ‗n Vergifnisgeleentheid as vernuwings- en reinigingsritueel ... 337

6.4.14 Nuwe, eie huweliksbeloftes as draers van hoop ... 342

6.4.15 Die rituele aansteek van ‗n huwelikskers as simbool van nuwe lewe ... 345

6.4.16 Die huweliksverklaring as verbindingsritueel ... 345

6.4.17 ‗n Persoonlike Nagmaal as verbindingsritueel aan God en aan mekaar ... 346

6.4.18 Die huwelikseën as verbindingsritueel ... 348

6.5 Die funksie van rituele tot gesinsvernuwing ... 349

6.5.1 Die Bar- en Bat Mitzwa-seremonie as ritueel tot die uitdeel van seën ... 350

6.5.2 Die beskrywing van hierdie twee geleenthede van uitdeel van seën en die effek wat dit op die gesinslede gehad het ... 351

(15)

xv

6.5.2.1 Die doel van die byeenkoms ... 351

6.5.2.2 Die pa se boodskap aan sy dogter ... 351

6.5.2.3 Pa se boodskap aan sy seun ... 352

6.5.2.4 Dogter lees haar verbintenis tot volwassenheid ... 353

6.5.2.5 Seun lees sy verbintenis tot volwassenheid voor ... 354

6.5.2.6 Ouers lees hulle verbintenis aan hulle dogter voor ... 354

6.5.2.7 Ouers lees hulle verbintenis aan hulle seun ... 354

6.5.2.8 Ouers se gebed (verklaring) tot loslating van dogter as volwasse vrou ... 355

6.5.2.9 Ouers se gebed (verklaring) tot loslating van seun as volwasse man ... 355

6.5.2.10 ‗n Moeder se seëngebed vir haar dogter ... 355

6.5.2.11 ‗n Pa se seëngebed vir sy seun ... 356

6.5.2.12 ‗n Oupa se seën aan sy kleindogter ... 356

6.5.2.13 ‗n Pa se seën aan sy dogter ... 357

6.5.2.14 Afsluiting van ritueel van uitdeel van seën ... 357

6.5.2.15 ‗n Spesiale Nagmaalsgeleentheid na die uitdeel van seën ... 357

6.5.2.16 ‗n Gemeenskaplike maaltyd ... 357

6.5.3 Die uitkomste van die geleentheid van die uitdeel van seën ... 358

6.5.3.1 Die waarde van die uitdeel van seën vir die ouers ... 358

6.5.3.2 Die waarde van die uitdeel van seën vir die twee kinders ... 360

6.5.3.3 Die uitkomstes in die jare daarna ... 362

6.6 ‗n Kritiese blik op die navorsing en die uitkomstes daarvan ... 363

6.6.1 Evaluering van die stappe by die beplanning van die rituele binne die plaaslike huweliksverrykingsprogram ... 363

6.6.2 Evaluering van die effek van rituele binne die plaaslike huweliksvernuwingsprogram ... 364

7 Slotopmerkings oor die rol en waarde van rituele binne huwelike en gesinne, en die funksie van huweliksverrykingsprogramme as die ruimte waarbinne mense daarvan bewusgemaak en toegerus kan word, tot by die implementering daarvan .. 367

7.1 Inleidende opmerkings oor die funksionering van die narratiewe navorsingsperspektief binne hierdie studie ... 367

7.2 Finale refleksie oor die uitkomstes van hierdie studie en die mate waarin die aanvanklike navorsingsvrae in die loop van die studie beantwoord is ... 369

7.2.1 Bybelse rituele werp lig op die struktuur en funksionering van ‗n gesonde en gebalanseerde huweliks- en gesinslewe ... 370

7.2.2 Die noodverhaal van huweliks-en gesinsverbrokkeling word duidelik deur die verhale van egpare en gesinne se gebrekkige verwysingsraamwerke ... 372

(16)

xvi

7.2.3 Nuwe perspektiewe ontstaan oor die funksie van rituele in huweliks- en gesinsvernuwing vanuit ‗n dialoog tussen die teologiese perspektiewe en die

ondersoekveld van aangrensende wetenskappe ... 375

7.2.4 Rituele en seremonies kan suksesvol betrek word in die ontwerp van ‗n prakties-teologiese teorie vir die vernuwing van gebroke huweliks- en gesinsverhoudings .... 379

7.2.5 Rituele en seremonies kan betrek word om die proses en praksis van ‗n bestaande plaaslike huweliks- en gesinsverrykingsprogram tot langdurende verhoudings beter te evalueer en te verfyn ... 381

7.3 Finale navorsingsbevinding ... 388

7.4 Gedagtes vir verdere studie ... 388

8 Bronnelys ... 391

9 Bylae ... 407

9.1 Bylaag A (4.6.1) Vraelys na afloop van die plaaslike huweliksverrykingsprogram . ... 407

9.2 Bylaag B (4.6.1) Verwerkte terugvoer van ‗n huwelikspaar ... 410

9.3 Bylaag C (4.6.3.2) Toestemmingsvorm van die Etiekkomitee ... 416

9.4 Bylaag D (4.6.3.3) Ondersoek na effek van die verrykingsprogram na 6 maande .... 422

9.5 Bylaag E (6.3.4) Lewensevaluering (Vir voor die program en daarna) ... 423

9.6 Bylaag F (6.4.3) Ontdek jou huweliksmaat-vraelys ... 424

9.7 Bylaag G (6.4.10) Frustrasie-aktiwiteitslys ... 433

(17)

1

1 Die rol van rituele in huweliks- en gesinspastoraat. Oriëntering tot die studieveld en die stel van sleutelbegrippe

1.1 Huweliks- en gesinspastoraat

Die huwelik as Godgeskepte en tradisionele verskynsel van lewenslange verbintenis is tans (klaarblyklik) in die spervuur en sukkel om binne die uitdagings wat deur die moderne tyd gestel word, sinvol te oorleef. Post (1998:21) beskryf die gesin as die verhouding van ‗n man en vrou wat uitgeloop het op die geboorte van ‗n kind. Die wêreld waarin hierdie kind grootword, moet gevul wees met liefde en die geleentheid om moreel gesond te ontwikkel deur pa en ma se teenwoordigheid in sy of haar lewe. Volgens Van Staden (1991:4) is huweliks- en gesinsverbrokkeling die aftakeling van die huwelik, die gesin en ook die betrokkenes self. Odendal en Gouws (2005:1266) stel dat verbrokkeling die proses is waar iets (soos vriendskap) in klein stukkies uitmekaarval of verkrummel. Huwelike begin met mooi drome en eindig dikwels in chaos en ellende.

Die huwelik en gesin is en bly die intiemste uitdrukkingsvorm van menseverhoudings en die verbrokkeling van hierdie verhoudings kan groot spanning veroorsaak. Wanneer die leefruimte binne die gesin en huweliksverhouding beperkend ervaar word en die uitwerking daarvan afbrekend op die gesin en egmaats inwerk, word dit volgens Van Staden (1991:3) nodig om vir hulp en ondersteuning aan te klop. Vanuit die Christelike geloof word die perspektief gestel dat ons na die sondeval selfgesentreerde mense geword het en dat dit volgens Knouwds (1995:20) nie meer so eenvoudig is om intieme verhoudings met ander te bou nie. Verwagtings binne verhoudings het volgens Hanekom (1995:8) verwyte geword. Volgens Van Staden (1991:13) verander die verwagtings van egpare deurlopend as gevolg van die veranderde behoeftes wat deur die lewensfase van sowel die huwelik- as die gesinsiklus veroorsaak word en dit bemoeilik die vermoë van egpare en gesinslede om huweliks- en gesinsverhoudings op die lang termyn gesond te hou, te vernuwe en te laat groei. Die noodsaak van hulpverlening deur middel van huweliks- en gesinspastoraat word hierdeur beklemtoon.

1.2 Pastoraat deur vernuwingsmomente

Die begrip vernuwing het volgens Odendal en Gouws (2005:1288) wesenlik te doen met restourasie en herstel en loop daarop uit dat ‗n verhouding heeltemal nuutgemaak word. Vernuwing het dus nie daarmee te doen dat ‗n pleister oor ‗n ou verhouding geplak word om dit kunsmatig aan die lewe te probeer hou nie. In die proses van vernuwing wat met hulp van pastorale optrede van stapel gestuur word, is verryking ‗n sleutelwoord. Verryking kan

(18)

2

volgens Van Staden (1991:4) net sowel vervang word met die woorde ―groei‖ of ―potensiaalontwikkeling‖. Die Woordeboek vir Maatskaplike Werk (1984:21) sien dit as maatreëls om egpare te help om die kwaliteit van hul verhouding te verhoog. Odendal & Gouws (2005:1291) beskryf dit verder as vermeerder, toevoeg aan, tot voordeel en tot heil wees. Volgens Cole & Cole (1999:274) moet egpare leer om hulle huwelikspotensiaal te ontgin. Egpare en gesinne moet nuwe vaardighede aanleer om hulle funksioneringsvlak ‗n hupstoot te gee. Ook moet egpare en gesinne bewus raak van wat hulle nodig het om gelukkig te kan wees en hoe om dit te kry. Verryking het dus ten doel om probleme te voorkom deur egpare te help om hulle sterkpunte te ontdek en te verbeter voordat probleme wat in die huweliksverhouding mag voorkom, ernstige afmetings begin aanneem. Egpare en gesinne moet dus ook gehelp word om verby die stukkend en die seer van die verledeverhaal te kom en so werklik tot ‗n nuwe begin te kom asook, om vaardighede te leer in die standhoudende vernuwing van huweliks- en gesinsverhoudinge.

Volgens Prinsloo (2001:73) is probleme en aanpassings by lewensveranderinge deel van elke huwelik, maar met die nodige vaardighede en positiewe ingesteldheid behoort die egpaar wat groeigeoriënteerd funksioneer die veranderinge in geleenthede en uitdagings te kan omskep. Floyd et al. (1995:212) beskou huweliksverryking as ‗n voorkomende benadering waar gepoog word om egpare te bereik voordat hulle betrokke raak in disfunksionele patrone en terwyl hulle nog gemotiveerd is om aan hulle verhouding aandag te gee. Schaefer & Olson (1981:47) meen dat huweliksverryking verandering, groei, verbetering en ontwikkeling van reeds teenwoordige bestanddele in die verhouding impliseer. Volgens Prinsloo (2001:76) word huweliksverryking nie alleen gesien as ‗n voorkomende en terapeutiese diens nie, maar ook ‗n diens aan huwelike waar die lewens en huwelike van egpare gewoon verryk word sonder dat hulle ‗n voorkomende of terapeutiese diens benodig. Daar word in hierdie studie bepaald gefokus op die pastorale rol van rituele en seremonies in die verryking en vernuwing van huweliks- en gesinsverhoudinge.

1.3 Rituele en seremonies

Volgens Biziou (2001:1) kom die woord ―ritueel‖ van die Indo-Europese woordstam af wat ―om bymekaar te pas‖ beteken. Rituele en seremonies is tradisioneel een van die sterkste kulturele middels tot beïnvloeding en goedkeuring van lewensprosesse. Bell (1997:9) skets rituele as volg:

―Today we think of ‗ritual‘ as a complex sociocultural medium variously constructed of tradition, exigency and self-expression; it is understood to play a wide variety of roles and to communicate a rich density of over determined messages and attitudes.‖

(19)

3

Hierdie rituele sluit in: familieseremonies, openbare feeste, kerklike liturgieë en sakramente, huwelike en begrafnisse. ‗n Ritueel kan ook beperk wees tot ‗n bepaalde deel van ‗n gemeenskap en dien dikwels as brug tussen verskeie godsdienstige en sosiale omstandighede. Rituele het verskeie rolle en doele. Beck & Metric (1990:ii) stel dit as volg:

―A ritual, a rite, a ceremony, a series of symbolic acts are focused towards fulfilling a particular intention. A Ritual provides the bridge between inner and outer worlds, and creates a context for reconnecting to the seat of our souls. The end result of all rituals is increased balance, strength, energy and comfort.‖

Om ‗n definisie van wat ‗n ritueel werklik is, vas te pen, is nie so eenvoudig nie. Menken-Bekius (1998:26) het na ‗n lang gesprek die volgende werksdefinisie saamgestel:

―Rituele zijn vanselfsprekende, eenmalige of herhaalde, veelal symbolische handelingen, veelal vergezeld van bijbehorende formules en teksten, waarin de mens lichamelijk en interactief betrokken is op een werkelijkheid, die in het ritueel present wordt gesteld.‖

Volgens Feinstein & Mayo (1990:41) beïnvloed rituele die mens se behoefte om sy bestaan betekenisvol te verantwoord. Dit rig ons soektog na gebaande weë soos ons van een stadium van ons lewe na ‗n ander beweeg. Rituele help ons bou aan veilige en vervullende verhoudings binne die samelewing en help ons om ons eie lewensrolle in die wêreld te ontdek. Volgens Odendal & Gouws (2005:940) is ‗n ritueel ook die voorskrifte vir die verrigtinge tydens ‗n erediens.

Seremonies is ‗n formele handeling of stel handelinge wat deur ‗n ritueel voorgeskryf word. Odendal & Gouws (2005:991) skets seremonies as plegtighede wat volgens voorskrif verloop. Seremonies kry ook betekenis in die mate wat dit binne die verstaansvlak van mense uitgevoer word.

Hierdie studie wil fokus op die pastorale proses van rituele en seremonies soos dit aanvanklik gedurende ‗n huweliksvernuwingsprogram ter sprake gebring word dan integraal in die proses van huweliks- en gesinsvernuwing ontplooi kan word. Die navorser wil nie alleen fokus op openbare rituele/ seremonies nie, maar ook ten opsigte van die mikrovlak op die rituele wat deur egpare en gesinne geskep word in die ontplooiing van ‗n singewingsraamwerk vir die vind van daaglikse ritme, krisisverwerking en lewensvervulling.

(20)

4

1.4 Probleemstelling

1.4.1 Gebrekkige Skrifgebaseerde huweliksidentiteit, vernuwingsbasisse en ankerpunte is moontlike bydraende faktore tot die disintegrasie van die huweliks- en gesinslewe

Dikwels verskraal die idee van ‗n gelukkige huwelik as gevolg van verskillende verwagtingspatrone ten opsigte van die huwelik. Die mooi huweliksbeloftes kan weens ‗n gebrek aan duidelik gedefinieerde singewingsraamwerke, vernuwingsbasisse en ankerpunte uitloop op verhoudings sonder enige lewensvatbaarheid. Markman et al. (1994:2) omskryf hierdie degeneratiewe proses soos volg:

―What starts out as a relationship of great joy and promise can become the most frustrating and painful endeavour in a person‘s lifetime. The damaging effects of destructive marital conflict and divorce on spouses and children are incalculable.‖

Volgens Gibson (2001) is Australiese vrouens aan die begin van hulle huwelike 100% tevrede met hulle huweliksmaats, maar teen aftree-ouderdom stuur ‗n vyfde van die huwelike op ‗n ramp af. Mans is na hulle huwelik geneig om al gelukkiger te word met hulle ―lot‖, terwyl vroue al meer ontevrede daarmee raak. Volgens Benokraitis (1999:2) is die statistieke van Amerika kommerwekkend. In 1995 was daar 14 miljoen mense tussen die ouderdom 25 en 34 wat nog nie getroud is nie. Meer en meer mense stel die sluit van ‗n huwelik uit tot latere ouderdomme. Volgens Statistics South Africa (2003) kom die hoogste syfer vir egskeidings voor waar huwelike 5 – 9 jaar oud is en die mans tussen 30 en 50 jaar oud en die vrouens 25 – 44 jaar oud is. Van die kinders wat by egskeidings betrokke is, is 92.76% onder die ouderdom van 4 jaar.

1.4.2 „n Gebrek aan kennis en vaardigheid in die versorging van langtermynverhoudings kan huwelike en gesinsverhoudings vandag onder die spervuur plaas

Die aanslag teen die huwelik is vandag al hoe groter en elke jaar neem die huweliksyfer af. In ‗n studie vir die Federale Regering van Amerika gedoen in Mei 2001 deur Karen Peterson (2001) van USA Today, is gevind dat meer as twee vyfdes (43%) van eerste huwelike of in ‗n egskeiding of in vervreemding binne die eerste 15 jaar eindig. Een uit elke drie huwelike ontbind binne tien jaar en een uit vyf binne die eerste vyf jaar.

Volgens Peggy Vaughan, die skrywer van ―The Monogamy Myth‖ en aangehaal in Hampson & Peterson (2004), is die idee dat ‗n huwelik altyd soos ‗n wittebrood moet wees en voel – vol opwinding en nuutheid - een van die grootste oorsake van egskeidings. Volgens Kantrowitz (2004) het Nederland reeds in 2001 selfdegeslag-huwelike gewettig, België het ‗n

(21)

5

jaar later gevolg en Noorweë, Swede, Denemarke en Groenland op hulle hakke. Huwelike tussen ‗n man en ‗n vrou loop sleg deur en in Swede leef ongeveer 70% pare reeds saam. Volgens Statistics South Africa (2003) het blankes die meeste egskeidings, dan swartes gevolg deur gekleurdes. Interessant is dat die getal egskeidings van huwelike wat siviel gesluit is, 75% is, teenoor die 20% egskeidings van huwelike wat gedurende ‗n godsdienstige seremonie plaasgevind het. Volgens Statistics South Africa (2003) word egskeidings baie minder by pare wat 35 jaar en langer getroud is. In die studie sal nagevors moet word in hoe ‗n mate hierdie kommerwekkende statistieke verband kan hou met ‗n gebrek aan kennis en vaardigheid in die versorging van langtermynverhoudinge.

1.4.3 Hoe kan kennis van rituele en die manier waarop dit tot vernuwing in huweliks- en gesinstrukture funksioneer, die pastor help in prosespastoraat?

Uit navorsing blyk dit dat mense deesdae kontak verloor met hulle sosiale tradisies en al minder waarde daaraan heg, juis ook omdat die grootste beïnvloeding buite die gesinstruktuur plaasvind. Arterburn & Burns (1995:49) verwys na ‗n ondersoek waar bevind is dat kinders se mening en standpunte as volg beïnvloed word – die vyf grootste faktore word uitgelig:

 Wie hulle steur aan wat hulle vriende sê - 87%.

 Wie waarde heg aan dit wat vir hulle gesin belangrik is - 51%.  Wie waarde heg aan dit wat hulle by die skool optel - 45%.  Sê die musiek waarna hulle luister beteken vir hulle baie - 41%.  Wil doen dit wat hulle op die televisie sien - 32%.

Dit het verder duidelik uit hierdie navorsing geblyk dat pastors se rol in mense se lewens met die tyd verklein het en dat hulle baie keer onbenullig geraak het as rolspelers by wie mense met hulle pynbelewing om hulp sal aanklop. Mense is geneig om liewer na die mense rondom hulle te gaan en te luister as om die begeleiding van pastors te soek. ‗n Belangrike oogmerk vir hierdie studie sou dus kon wees om pastors te bemagtig om mense te help tot singewing deur middel van betekenisvolle rituele en vernuwingsprosesse. Daar sal ook gedurende hierdie studie gekyk word na die rol wat bestaande Christelike rituele en seremonies (soos uitdeel van seën en nagmaal) in die herkonstruksie van die huweliks- en gesinslewe kan speel.

Die waarde van rituele het uitgekom toe ek ‗n vrou moes help om los te kom van ‗n verkragting wat 15 jaar gelede met haar gebeur het toe sy nog op skool was. Dit het gedurig haar huweliksverhouding beïnvloed. Na vele beradingsessies het ek haar aangemoedig om die gebeure volledig uit te skryf (haar dit te laat herbeleef), ‗n gat in haar tuin te grawe (sy

(22)

6

moes dit self doen), die verhaal hardop by die gat voor te lees en die persoon daar en dan te vergewe, die verhaal op te skeur en in die gat te gooi, en dan haar gunsteling boom daarin te plant. Ek het ook die suggestie by haar gelaat om elke keer wanneer sy die plant water gee, sy haar vryheid van die gebeure sal herdenk. Die boom word die simbool van haar nuwe lewe en die bevestiging dat sy dit afgehandel het. Dit het gedurende die opvolgsessies uitgekom dat sy daarna met haar lewe kon aangaan en in die jare daarna, kon sy aan die gebeure dink, maar sonder die emosionele pyn wat dit voorheen elke keer veroorsaak het. Hierdie gebeure het my op die spoor gesit van huweliksverhoudings wat selfs na verryking of berading, steeds onbevredigend was, en iets anders nodig gehad het om ‗n gesonde lewensritme te vestig. My ervaring met bogenoemde rituele proses het tot hierdie studie gelei.

1.4.4 Veranderende denkstrome en tydsgees het huweliks- en gesinsidentiteit deur die eeue dramaties beïnvloed

Die manier waarop huwelike en gesinne vandag funksioneer begin ‗n groter rol speel as die gevestigde reëls en kultuur wat in die verlede bepalend op verhoudings was. Volgens Müller (2002:18) is tye gedurig besig om te verander en beïnvloed elke faset van ons lewe. Elke tyd waarin die mens leef, het sy manier van dink en doen verander. Skielik kom gelyke regte en rolle na vore, die vryheid van keuse van assosiasie, die wettiging van egskeiding, die regverdiging van homoseksualiteit en die soeke na Christelike regverdiging daarvoor. Thatcher (1999:64) berig dat in die postmoderne tyd tradisionele sienings van huwelike afgeskud word. Selfs lojaliteit teenoor medegelowiges is nie meer ‗n vanselfsprekendheid nie. ‗n Mens kan duidelik sien dat die Postmodernisme ‗n tyd is waarin daar geen konsensus is oor wat waarheid is nie en daar bestaan nie meer ‗n enkele geloofsisteem nie. Die geestestroming wat uit die Postmodernisme voortvloei kan moontlik ook ‗n invloed hê op die persepsie waarmee mense na die durendheid en bindendheid van langtermynverhoudinge kyk.

1.5 Die mate waarin huwelikspare en gesinne toegerus behoort te word om hulle verhoudings kerngesond te hou, moet nagevors word

Vele huwelike en gesinsverhoudings loop vandag op die rotse en verskeie redes en faktore word daarvoor aangevoer. Daar is baie navorsing oor huwelike en hoe dit moet funksioneer gedoen. Die veld van huweliksverryking is nog baie jonk, maar baie word vandag ingesit om die basis van menseverhoudings binne huwelike reg te stel. Volgens Menken-Bekius (1998:14) is dit ‗n feit dat alle mense met rituele besig is en die rol wat rituele in die proses speel, word oral aanvaar, maar is nog nie getoets binne die milieu van huweliksvernuwingsprosesse nie. Dikwels word rituele gebruik, maar as gevolg van die

(23)

7

verkeerde manier of atmosfeer was dit nie effektief nie. In die studie sou dit nodig wees om die effektiwiteit van rituele na te vors en indien nodig aan te pas.

1.6 Navorsingsvrae

Bogenoemde oriëntering en probleemstelling lei tot die volgende oorkoepelende navorsingsvraag:

Op watter manier kan heroriëntasie ten opsigte van die rol van rituele en seremonies in die verankerdheid van huweliks- en gesinslewe „n rol speel in die pastorale begeleiding van egpare en gesinslede binne „n situasie van huweliks- en gesinsverval met standhoudende vernuwing as doelwit?

Uit die oorkoepelende navorsingsvraag, vloei die volgende vrae voort:

 Watter lig kan ‗n Bybelse ondersoek oor die funksie van rituele werp op die struktuur en funksionering van gesonde en gebalanseerde huweliks- en gesinslewe?

 Wat kan geleer word deur die noodverhaal van huweliks- en gesinsverbrokkeling vanuit die invalshoek van gebrekkige verwysingsraamwerke ten opsigte van vernuwing te vertel?

 Watter perspektiewe kan geleer word oor die oorsake van huweliks- en gesinsverbrokkeling en die funksie van rituele in huweliks- en gesinsvernuwing uit ‗n dialoog tussen teologiese perspektiewe en die ondersoekveld van aangrensende wetenskappe?

 Hoe kan rituele en seremonies in die ontwerp van ‗n prakties-teologiese teorie vir vernuwingsprosesse betrek word om die mate van (moontlike) suksesvolle vernuwing in gebroke huweliks- en gesinsverhoudinge te vergroot?

 Hoe kan die vernuwingselemente van rituele en seremonies betrek word in die praksis van ‗n bestaande huweliks- en gesinsverrykingsprogram in ‗n plaaslike gemeente om die proses van pastorale begeleiding tot beter en langdurende verhoudings te evalueer en te verfyn?

1.7 Doelstelling en doelwitte

In hierdie studie gaan rituele en seremonies ondersoek word na die mate waarin dit kan slaag om mense te help om verby hulle oorgeërfde en aangeleerde beperkings te beweeg en watter rol kan dit tydens huweliksopvoeding speel. Hierdie studie se oogmerk is:

 om gegewens uit die Skrif oor die funksionering van die rituele in ‘n gesonde huweliks- en gesinslewe na te gaan;

(24)

8

 om die noodverhaal van huweliks- en gesinsverbrokkeling vanuit gebrekkige verwysingsraamwerke ten opsigte van vernuwing te vertel;

 om dit wat uit interaksie tussen die Skrifperspektiewe en aangrensende wetenskappe geleer kan word, te evalueer en te implementeer rakende oorsakende faktore in die sukkel-verhaal van soveel verbrokkelende huwelike en gesinne. Die rol van rituele en seremonies in die herstel daarvan gaan ook ondersoek word;

 om eerste tree te gee in die ontwerp van ‗n prakties-teologiese teorie vir die integrasie van rituele en seremonies in ‗n pastorale huweliks- en gesinsvernuwingsprogram;

 om die rol van verhoudingsversterkende momente wat kan lei tot beter en langdurige verhoudings te evalueer en te verfyn in ‗n bestaande huweliksvernuwingsprogram wat binne die plaaslike gemeente ontwikkel en gebruik word.

1.8 Sentrale teoretiese argument

Die sentrale teoretiese argument waarmee in hierdie studie gewerk word, is die veronderstelling dat betekenisvolle rituele en seremonies ‗n wesenlike bydrae kan lewer tot standhoudende verhoudingsvernuwing binne huwelike en gesinne.

1.9 Navorsingsmetodologie

Volgens Heitink (1999:93) is daar verskeie navorsingsbenaderings wat elkeen sy eie doel en sterkpunte het. Omdat die samelewing met tyd saam kompleks geraak het, is dit ‗n waagstuk om net een benadering te gebruik en is integrasie van benaderinge gewens. Hierdie studie word aan die hand van Zerfass (1974) se handelingsmodel soos bespreek in De Wet (2006:71 e.v.) in kombinasie met ‗n narratiewe navorsingsmetodologie aangepak.

1.9.1 Die model van Zerfass

De Wet (2006:59) stel dit dat die model van Zerfass gebruik kan word as raamwerk om op metateoretiese vlak die resultate en metodologie van relevante dissiplines soos die Psigologie, Sosiologie, Kommunikasiekunde en Regswetenskappe in eie teorievorming te integreer. De Wet (2006:59) sluit aan by Grosskopf & Lötter (2003) dat die model in ‗n konteks funksioneer waarin die bestaande praksis en die duidelike spanning of diskrepansies wat daarin bestaan, deur sekere handelinge vernuwe word, sodat ‗n nuwe praksis tot stand kan kom. Hierdie navorsingsgang in Zerfass se model wat beweeg van die bestaande, problematiese praksis na ‗n nuwe praksis, word in hierdie navorsingsprojek ontplooi volgens die progressie wat deur die narratiewe navorsingsmetodologie volgens Müller (2000b:99) aangedui word.

(25)

9

1.9.2 Die narratiewe navorsingsmetodologie

Larner (1998:550) beskou narratiewe terapie as die proses om die verlede, hede en toekoms met mekaar te verbind en ‗n toekomsverhaal daaruit te skep. Terapie beteken nie om die verlede uit te wis nie, maar juis te kyk hoe dit na die toekoms wys. Die stories van die verlede word die saad of basis vir die toekomsverandering. In die narratiewe benadering moet mens soos ‗n speurder, sonder ophou, soek na die versteekte oplossingsmateriaal ―unique outcomes or magic‖ (Müller 2000a:55). Volgens Müller (2000b:97) is daar net een manier om tot pastorale wysheid te kom en dit is deur voortdurende heen-en-weer-beweging tussen praktyk en betekenis, tussen onthou en droom. Metode en tegniek moet tot ‘n eenheid geïntegreer word. Verhale moet so gebruik word dat die volgens Müller (2000a:67) kan lei tot verandering en vernuwing. Om dit reg te kry, moet daar responsief-aktief geluister word en vanuit ‘n nie-wetende posisie gespreksvrae hanteer word. In die narratiewe gaan dit volgens Müller (2000a:71) nie om nuwe informasie vry te stel nie, maar as ‘n manier om ―tot verhaal te kom‖.

Larner (1998:549) verduidelik die narratiewe as die proses waardeur verlede, hede en toekoms saamgebind word in ‗n toekomsverhaal. Die narratiewe probeer om die dualisme tussen hooploosheid en die vryheid om anders op te tree, te beïnvloed. Mense se verledeverhale het reeds die saad vir verandering van lewensverhale in die toekoms, daarom word vrae nie soseer beantwoord nie, maar mense gehelp om kraetief die gordyne na die toekoms oop te skuif. In Freedman & Comb (1996:15) word die voordeel van die narratiewe uitgelig. Hulle verwys na White in (White & Epston, 1990:2) wat die narratiewe metafoor skets as lewensverhale wat ‗n kaart vorm deur tyd heen. Die narratiewe poog nie om die probleme van die verlede op te los nie, maar met die mens te werk en hul stukkende, vasgeloopte verhale sterker te maak en hulle in staat te stel om deur hulle hergeïnterpreteerde lewensverhale ‗n beter en nuwer toekoms in te gaan. Lester (1995:13) verduidelik narratiewe pastoraat as die proses wat verandering kan laat plaasvind wanneer mens deur verbeelding onbeperkte moontlikhede moet probeer raaksien, hierdie moontlikhede moet probeer najaag en so ‗n toekoms skep wat anders as die verlede is.

1.9.3 ‟n Kombinasie van Zerfass se model en die narratiewe metodologie

Die narratiewe model is volgens Müller (2000a:72) ‘n dans model waar die klem eerder om sirkulariteit val as op lineêre voortgang. Dit begin êrens en eindig êrens, maar verder is dit vry en vra dit om ‘n kreatiewe aanpak. Die gang van die navorsing kan dan op grond van die vyf groot bewings soos volg ontplooi word:

(26)

10

 Agtergrond: Die oorgeërfde teologiese verstaan van huwelike en gesinne en die vertrekpunte rakende die rol en funksie van rituele en seremonies in die ritme van die huweliks- en gesinslewe word uit die Skrif nagegaan. (Die verledeverhaal word vertel.)

 Aksie: Daar word gefokus op die ontoereikendheid van die situasie, die krisis van mislukte huwelike en die problematiese praksis rondom die gebrek aan vernuwingsbasisse en ankerpunte tydens die verskillende oorgangsfases en ontwikkelingsfases in huweliks- en gesinslewe. (Die noodverhaal word vertel.)  Ontwikkeling: Die nodigheid om weer oor die situasie na te dink, is duidelik. Daar

moet ook gesoek word na die beste (of nog ‗n) manier om die situasie ten goede te verander. De Wet (2006:74) neem die gesprek verder wanneer die spanning tussen hoe die konkrete situasie veronderstel is om te lyk, en hoe dit in die werklikheid lyk, tot die besef gelei het dat iets gedoen moet word om die situasie te verbeter. Hieruit het die volgende nuwe teorie ontwikkel. ‗n Gebrek aan integrasie van rituele en seremonies in die huweliks- en gesinslewe word as moontlike oorsaak vir verbrokkeling en disintegrasie ondersoek. Die huweliksverhale van deelnemers, wat binne die veilige omgewing van ‗n plaaslike huweliksverrykingsprogram aan rituele blootgestel is, word ontleed en die bevindinge, in die lig van interaksie tussen teologiese perspektiewe asook perspektiewe uit die aangrensende wetenskappe, op die omvangrykheid van hierdie problematiek geïnterpreteer. (Wanneer huweliksverhale nie deurloop na ‗n hoopverhaal nie, word ‗n verduisterde

toekomsverhaal vertel.)

 Klimaks: Die vraag wat hier gevra word, is: Het die nuutontwerpte prakties-teologiese teorie rakende die plek en funksie van rituele in die vernuwingsprogram nuwe lig gebring vir mense met vasgeloopte huweliksverhale? Die verledeverhaal word geherstruktureer sodat dit op ‗n integrale wyse in die praksis van huweliks- en gesinsvernuwing ingeskakel word. (Die hervertelde verledeverhaal word vertel.)  Afloop: Deur ‗n opvolgondersoek word daar opnuut ‗n situasie-analise gedoen en die

nuwe situasie met die vorige vergelyk. Het daar meer hoopvolle verhale uit hierdie navorsing voortgespruit? Hierdie rekonstruksie (verbeelding) beïnvloed die toekomsverhaal hopelik grootliks en stel die navorser in staat om die vernuwingsmomente in die vernuwingsprogram met die oog op die totstandkoming van ‗n nuwe praksis vir gesonde en standhoudende huweliks- en gesinsverhoudinge te toets en verder te verfyn. (Die verbeelde toekomsverhaal word vertel.)

Wanneer Zerfass se model aangepas word om die elemente van die narratiewe navorsingsmetodologie in te sluit, kan die navorsingsgang visueel, soos in figuur 1.1, voorgestel word:

(27)

11

Figuur 1.1

In hierdie studie word daar beoog om met behulp van hierdie navorsingsmetodologie te poog ‗n integrale plek vir rituele te ontwikkel in ‗n beweging van ‗n ontoereikende huweliks- en gesinspraksis na ‗n praksis waarin huweliksmaats en gesinslede oor ‗n vernuwingsbasis vir gesonde, standhoudende verhoudinge beskik. Ten einde die navorsingsprojek volgens wetenskaplike standaarde te laat verloop, word gebruik gemaak van erkende eksegetiese, bibliografiese en empiriese metodes: Eksegetiese aspekte van die studie word aangepak vanuit die Gereformeerde Skrifbeskouing. Eksegese en eksegetiese resultate word vanuit

(28)

12

die grammaties-historiese Skrifverstaan betrek en met die uitgangspunt dat die Skrif normatief is vir die vorming van nuwe praksis; inligtingversameling, beredenering en gevolgtrekkings wat op bibliografiese verwysings berus, word gedoen met die vertrekpunt om krities-vergelykend te werk te gaan en met die kriterium dat die jongste bronne ten opsigte van die navorsingsterrein in die ondersoek betrek word; Empiriese navorsing word gedoen deur die data wat uit die analise van die plaaslike huweliksverrykingsprogram voortvloei volgens erkende beginsels vir kwalitatiewe navorsing in kombinasie met narratiewe navorsing in te rig. Volgens Smythe en Murray (2000:1) is daar sekere vereistes vir kredietwaardige narratiewe navorsing en hierdie vereistes sal gedurende die studie noukeurig nagekom word. Etiese aspekte rakende die beskerming van die privaatheid en toestemming tot publikasie van navorsingsresultate sal hanteer word volgens die riglyne van die Etiekkomitee van die NWU. De Wet (2006:65) verwys na Nitsch se drieledige metodologie vir Praktiese Teologie wat hierdie studie se verloop as volg uitlig:

 ‗n grondige ondersoek na die gegewe praksis, toestand in die (kerklike) lewe (hoofstuk 2 en 3);

 ‗n nadenke oor die norme vir die (kerklike) handelinge (hoofstuk 4);  ‗n verbetering vir die praksis (hoofstuk 5 en 6).

1.10 Hoofstukindeling

Hoofstuk 1 Die rol van rituele in huweliks- en gesinspastoraat. Oriëntering tot die studieveld en die stel van sleutelbegrippe

Hoofstuk 2 ‗n Bybelse fundering van die huwelik en die rol van rituele in die vernuwing van huweliks- en gesinsverhoudings – Die verledeverhaal

Hoofstuk 3 Huweliksverbrokkeling – Die noodverhaal van huwelike en gesinne

Hoofstuk 4 Die uitdagings op pastorale en maatskaplike terrein ten opsigte van huweliks- en gesinsvernuwing – Die verduisterde toekomsverhaal

Hoofstuk 5 Die rol van rituele en seremonies om huweliks- en gesinsverhoudings standhoudend te help vernuwe tydens oorgangsfases, identiteitsvorming en krisishantering – Die hervertelde verledeverhaal

Hoofstuk 6 Die rol van rituele gedurende ‗n plaaslike huweliks- en gesinsvernuwingsprogram as vertrekpunt vir standhoudende vernuwing in huweliks- en gesinspastoraat – ‗n verbeelde toekomsverhaal.

Hoofstuk 7 Slotopmerkings oor die rol en waarde van rituele binne huwelike en gesinne, en die funksie van huweliksverrykingskursusse as die ruimte waarbinne mense daarvan bewusgemaak en toegerus kan word, tot by die implementering daarvan.

(29)

13

1.11 Skematiese voorstelling van korrelasie tussen punt 2, 3, 4 ,5 en 6 Tabel 1.1

Probleemstelling Doelstelling en Doelwitte Metodologie Op watter manier kan

heroriëntasie ten opsigte van die rol van rituele en seremonies in die verankerdheid van huweliks- en gesinslewe ‗n rol speel in die pastorale begeleiding van egpare en gesinslede binne ‗n situasie van huweliks- en gesinsverval met stand-houdende vernuwing as doelwit?

Gedurende hierdie studie gaan die Bybelse bedoeling van hierdie verhoudings ondersoek word en na Skrifgeoriënteerde rituele en seremonies gekyk word, ook na die mate waarin dit kan slaag om mense te help om verby hulle oorgeërfde en aangeleerde beperkings te beweeg en watter rol huweliksopvoeding in hierdie vernuwingsproses kan speel.

‗n Bybelse fundering van die rol van rituele in die vernuwing van gesins- en huweliks-verhoudings. Die oorgeërfde teologiese verstaan van die huwelik en vertrek-punte rakende die rol en funksie van rituele in die ritme van die huweliks- en gesinslewe word uit die Skrif nagegaan. (Die

verledeverhaal word vertel.)

Watter lig kan ‗n literêre en Bybelse ondersoek oor stukkende huwelike en die funksie van rituele, werp op die struktuur en funksionering van

gesonde en

gebalanseerde huweliks- en gesinslewe?

Om die noodverhaal van huweliks- en gesins-verbrokkeling vanuit gebrekkige verwysings-raamwerke ten opsigte van huwelike en gesinne te vertel.

Daar word gefokus op die krisis van mislukte huwelike en die problematiese praksis rondom die gebrek aan vernuwingsbasisse en ankerpunte tydens oorgangs-fases en ontwikkelingsoorgangs-fases in huweliks- en gesinslewe. (Die

noodverhaal word vertel.)

Wat kan geleer word deur die noodverhaal van huweliks- en gesins-verbrokkeling vanuit

invalshoek van

gebrekkige verwysings-raamwerke ten opsigte van vernuwing te vertel?

Om dit wat uit interaksie tussen die Skrifperspektiewe en aangrensende weten-skappe geleer kan word, te evalueer en tydens ‗n verrykingsprogram te implementeer en so reeds van die veroorsakende faktore in die sukkelverhaal van soveel verbrokkelende huwelike en gesinne reg te

Die uitdagings en strategieë van rituele ten opsigte van huweliks- en gesinsvernuwing en die waarde en rol van huweliksverrykingsgeleenthede as implementeringsruimte daarvoor, belig vanuit die perspektiewe van die Skrif en aangrensende wetenskappe (‗n Verduisterde

(30)

14

stel asook die rol van rituele en seremonies in die herstel daarvan te ontdek.

Watter perspektiewe kan geleer word oor die oorsake van huweliks- en gesinsverbrokkeling en die funksie van rituele in huweliks- en gesins-vernuwing uit ‗n dialoog tussen teologiese perspektiewe en die ondersoekveld van aangrensende

wetenskappe?

Om eerste tree te gee in die ontwerp van ‗n prakties-teologiese teorie vir die integrasie van rituele en seremonies in ‗n pastorale huweliks- en gesins-vernuwingsprogram.

Prakties-teologiese teorie rakende die rol van rituele en seremonies word ondersoek om nuwe lig vir mense en hul verhoudings te bring en hulle te help om standhoudend te vernuwe tydens en na oorgangsfases, om te help met identiteitsvorming en krisis-hantering. Die vraag wat hier gevra word, is: Kan die nuutontwerpte prakties- teologiese teorie rakende die plek en funksie van rituele in die vernuwingsprogramme nuwe lig bring vir mense met vasgeloopte huweliksverhale? Rituele word ingebring as ankerpunte tot die herstruk-turering en hervertel van die verledeverhaal. (Die her-vertelde verledeverhaal word

vertel.) Hoe kan rituele en

seremonies in die ontwerp van ‗n prakties- teologiese teorie vir vernuwings-prosesse betrek word om die mate van (moontlike) suksesvolle vernuwing in gebroke huweliks- en gesinsverhoudinge te vergroot?

Hoe kan die

vernuwings-Om die rol van

verhoudingsversterkende momente wat kan lei tot beter en langdurige verhoudings te evalueer en te verfyn in ‗n bestaande huweliksvernuwings-program en gesins-vernuwingsmoment wat binne die plaaslike gemeente gebruik word.

Het rituele gehelp om meer hoopvolle verhale uit hierdie navorsing te laat voortspruit? Kan rituele help met die rekonstruksie (nuwe verbeelding) van die

toekomsverhaal van

verhoudings? Is die vernuwingsprogram ‗n goeie ruimte om rituele as moontlike vernuwingsmomente te toets

(31)

15

elemente van rituele en

seremonies betrek word in die praksis van ‗n bestaande huweliks-program en gesins-verrykingsgeleentheid in ‗n plaaslike gemeente om die proses van pastorale begeleiding tot beter en langdurende verhoudings te evalueer en te verfyn?

met die oog op die totstandkoming van ‗n nuwe praksis vir gesonde en standhoudende huweliks- en gesinsverhoudinge en dit verder te verfyn. (Die

verbeelde toekomsverhaal

(32)
(33)

17

2 „n Bybelse fundering van die huwelik en die rol van rituele in die vernuwing van huweliks- en gesinsverhoudings – Die verledeverhaal

2.1 Inleidende opmerkings

Die huwelik het as instansie baie eeue oorleef. Die Ou Testament het ‗n beeld van die huwelik geskep en vaste rolle en gesagstrukture is deur die volk en gemeenskap vir geslagte lank in stand gehou. Die Nuwe Testament (en veral Paulus) het hierdie huweliksbegrip verryk en ‗n nuwe huweliksperspektief na vore gebring. Hierdie huweliksbegrip het telkemale gedurende die vroeë Christendom, die Middeleeue, die moderne en ook tans in die postmoderne era, onder die soeklig, die valbyl en onder skoot gekom. Die huwelik is deur die loop van hierdie tye as Goddelike instelling opgehemel en afgekraak, aangemoedig en vermy, gekoester en weggegooi en heel dikwels glad nie verstaan nie. Mense het weens wanpersepsies ten opsigte van die Bybelse perspektiewe, of weens die eensydige toepassing daarvan, of selfs weens verwaarlosing daarvan, uit voeling geraak met die oorspronklike bedoeling en rykdom daarvan.

In hierdie studie word daar, aan die hand van Zerfass se handelingswetenskaplike model, na die praksis van verbrokkelende huwelike en gesinne gekyk, na huwelike en gesinne wat ontoereikend geraak het. Daar word vanuit die vraag: ―Wat gebeur hier? (Die noodverhaal)‖ terugbeweeg na die vraag ―Wat moet hier gebeur? (Die verledeverhaal)‖, om hierdie verhoudings weer terug te bring na die Bybelse bedoeling daarvan, maar binne ‗n nuwe konteks. Wanneer die teenswoordige situasie bestudeer word, word die kerklike oorlewering van rituele as kritiese potensiaal weer raakgesien. Rituele word ingespan as metode tot nuwe praksis binne die kerk se vernuwingsprogramme. In die verledeverhaal word daar weer teruggryp na die Bybelse beskrywing van die huwelik en die rol wat dit in die samelewing vervul het en hoe en waarmee die huweliks- en gesinsverhoudings in stand gehou is.

Met hierdie studie word daar deur ‗n Bybelse oorsig en ‗n literêre studie gepoog om die oorgeërfde teologiese verstaan van die huwelik en die vertrekpunte rakende die rol en funksie van rituele, in die ritme van die huweliks- en gesinslewe uit die Skrif na te gaan, en die begripsontwikkeling van die huwelik en gesinne oor die tyd heen uit te lig. Daar word ook gefokus op die funksionering van huwelike en gesinne, soos dit van generasie tot generasie oorgelewer is, en binne gesinstrukture funksioneer.

Teen die lig van hierdie Godbedoelde feesverhouding kan die noodverhaal van huwelike (hoofstuk 3) baie duideliker raakgesien word, en kan daar hopelik weer teruggegryp word na

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Conclusions –In Africans, urinary albumin excretion associates with blood pressure, measures of arterial stiffness, left ventricular hypertrophy and predicts

In de optiek van het CVZ gaat het dan om kinderen die een medische indicatie hebben voor contactlenzen, maar die om wat voor reden dan ook toch een bril dragen of kinderen

Hierdie innerlike skoonheid moet in ons woorde en dade weerspieel word.. Ons hele lewenswan- del moet die genade wat ons van God ontvang het,

Credit ratings Granger Cause the CDS spreads, CDS spreads Granger Cause the credit ratings, CDS spreads Granger Cause the terms of trade, credit ratings Granger Cause the debt-

Een ander onderzoek waarin werd geconcludeerd dat de grotere verantwoordelijkheid scholen in de verleiding kan brengen om testscores te manipuleren is dat van Heilig en

The goal of this research project is to investigate whether Ethernet Virtual Private Network (EVPN), a promising Internet Engineering Task Force (IETF) draft, is a vi- able solution

Een aanwijzing dat de relatie tussen de generaals en Hitler van invloed is geweest kan zijn dat de generaals tijdens operatie Lüttich anders opereerden dan zij normaal deden?.

These terms are positively related to initial return, this means that overpriced returns in the past conducted by other underwriters motivate low reputation underwriters to