• No results found

Die oorsprong van huweliksverrykingsprogramme

4 Die uitdagings en strategieë ook binne die sosiale, pastorale en maatskaplike

4.3 Perspektiewe uit die aangrensende wetenskappe vir die hantering van die

4.3.3 Die oorsprong van huweliksverrykingsprogramme

Huweliksverryking het vanuit die menslike potensiaalbeweging ontstaan waar die klem verskuif het van die mediese model se fokus op ―siek‖ verhoudings na ‗n fokus op die sterk punte en kwaliteite van verhoudings. Volgens Prinsloo (2001:74) is dit ‗n voorkomende benadering, waar probeer word om egpare te bereik voordat hulle betrokke raak in disfunksionele patrone, en terwyl hulle nog gemotiveerd is om aan hulle verhouding aandag te gee.

―The exact origin of the term marriage enrichment is unclear, but other terms, such as marital enrichment, marital growth, communication training and preventive marital health frequently have been used as synonyms.‖ (Hunt et al., 1998:14)

Volgens Hunt et al. (1998:26-32) het huweliksverryking in Spanje begin met die Katolieke program ―Marriage Encounter‖, gestig deur Vader Gabriel Calvo, in 1962. Hierdie program is

157

deur Vader Chuck Gallagher in 1965 na Amerika gebring. David en Vera Mace word in Amerika beskou as die baanbrekers deurdat hulle in Oktober 1962 reeds met retreats vir die ―Quakers‖ begin het. Leon en Antoinette Smith het deur die United Methodist Church die eerste leierskapprogram, Marriage Communication Labs, vir egpare in 1966 aangebied. Gedurende 1973 is ACME (Association of Couples for Marriage Enrichment) deur die Mace egpaar begin. In 1979 was daar lede in al 50 state van Amerika, sowel as in ses Kanadese state en 13 ander lande. Miller het hierdie veld in die laat 1960‘s betree en die Minnesota Couples Communication Programme (CCP) ontwikkel. Verskeie bewegings het hierna op die been gekom: Markman se Prevention and Relationship Enhancement Program (PREP); Guerney se Relationship Enhancement (RE); die Wife Batters van Waldo; Dual-Career Couples van Avis; Remarried Couples van Heitland; Couples at different stages of the family life cycle (L‘Abate); Hof begin in die 1970‘s sy Creative Marriage Enrichment program; Norman Wright in 1990 die Christian Marriage Enrichment; Miller ontwikkel sy Prepare/Enrich Growing Together program en Hendrix ontwikkel later sy Getting the Love You Want weekend workshops for couples en Keeping the Love You Find weekend workshops for singles. In Suid-Afrika is die IMAGO-program (ontwikkel deur Harville Hendrix) beskikbaar saam met lewensverrykingseminare wat op gereelde basis bygewoon kan word.

Daar is ook gewerk aan programme vir egpare wat egskeiding in die oë staar, naamlik: die Recovery of Hope en Retrouvaille (Rediscovery) programme. As huweliksberaders het hulle vir hulle maniere ontwerp om huwelikspaartjies te help om vaardighede te ontwikkel sodat hulle hulle eie probleme kan hanteer en voorkomend te kan optree. McManus het in 1995 moeite gedoen en alle huweliksvoorbereidings-, huweliksverrykings- en ondersteuningsprogramme opgesom en met al die nodige inligting en kontaknommers gepubliseer. Die huweliksverrykingsbeweging het dus ‗n programverskuiwing teweeggebring en die fokus verskuif van herstel tot voorkoming. Die meeste programme vandag fokus op huwelikspare en huwelike, maar daar word ook gewerk aan familiegeoriënteerde programme, soos Walk Through the Bible en Growing Families International.

In die laaste drie dekades het baie verrykingsprogramme die lig gesien. Hierdie programme se doel is om egpare die kennis en vaardighede te gee wat hulle nodig het om suksesvolle en bevredigende huwelike te hê. Hierdie programme is ontwikkel deur verskeie godsdienstige denominasies, beraders, terapeute, navorsers en selfs gewone egpare. Hunt et al. (1998:76) het gevind dat die meeste programme sielkundig/opvoedkundig van aard is en die klem meestal val op kommunikasie, konflikhantering, en selfontdekking. Die formate wissel ook en programme word aangebied in die vorm van lesings, kleingroepaktiwiteite, egpaardialoë en eksperimentele aktiwiteite. Verrykingsgeleenthede het plaasgevind in kerke, kleingroepe, een-tot-een mentorverhoudings met leier-egpare, retraite-naweke,

158

terapiesessies, weeklikse of maandelikse byeenkomste, jaarlikse versterkingsessies, ens. In die meeste gevalle is die groepe gelei deur opgeleide leiers of egpare wat reeds die betrokke programme deurloop het en verder opgelei is om groepe te fasiliteer. Sommige programme is hoogs gesofistikeerd en het kundiges nodig, terwyl ander programme maar slegs ‗n handleiding het, en die leier (‗n gewone mens) wat ander gewone mense deur die kursus lei. So het baie boeke ook die lig gesien wat in die handel beskikbaar is.

Sedert die Maces in Amerika met huweliksverryking begin het, het die verrykingsbeweging geweldig gegroei. Volgens (Hunt et al., 1998:32) het Giblin, Sprenkle en Sheenan in die tagtigerjare ‗n meta-analise op meer as 85 studies gedoen, wat die gevolge van huweliksverrykingsprogramme wat op meer as 3800 egpare toegepas is, gemeet het. Hulle het gevind dat huweliks- en gesinsverrykingsprogramme ‗n duidelike en besliste verskil gemaak het. In die negentigerjare, met die toenemende belangstelling in verrykingsprogramme, het huweliksverryking geweldig baie grond gewen.

Volgens Hunt et al. (1998:32) is die Coalition for Marriage, Family and Couple Education (CMFCE) in 1996 gestig met ‗n advieskomitee van 17 leiers uit die huweliksverrykingsbeweging. In 1997 is ‗n suksesvolle familiekonferensie gehou waar die leiers van meer as 50 huweliksverrykingsprogramme teenwoordig was. CMFCE het ‗n wêreldwye webwerf, http://www.smartmarriages.com tot stand gebring en jaarlikse internasionale konferensies word gehou. Op 8 – 11 Julie 2009 is die 13e konferensie te Orlando, Florida gehou. Volgens Deacon & Sprencle (2001:252) het die veld in Amerika so vinnig beweeg, dat die wetgewer tans begin fokus op die voorkoming van egskeidings en wetgewing word oorweeg om huwelike te reguleer deur voorhuwelikse opleiding. Aan die Universiteit van Purdue se Departement van Kinderontwikkeling en Gesinstudies word daar ook tans ‗n graadkursus in huweliksverryking vir terapeute aangebied.