• No results found

Gesinsrituele in die Ou en Nuwe Testament

2.7 Die Wese en funksionering van die Christelike gesin as Godgeskepte ruimte vir die

2.7.3 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die gesin

2.7.4.5 Gesinsrituele in die Ou en Nuwe Testament

Tradisies het ‗n fundamentele basis gevorm van elke kultuur en gemeenskap en het ‗n invloed op alle vorme van die mens se geestelike lewe gehad. Onder tradisie verstaan ons volgens Brown (1992:70) spesifieke woorde, gebruike, rituele, wette en houdings wat binne ‗n sekere groep betekenis dra. Binne tradisies en verhoudings was daar maar altyd nuwe dinge wat gebeur het en gevier moes word, herhaal moes word en so was rituele in families en in die algemeen totaal onvermydelik. Volgens Browning & Reed (1998:259) word die vraag gevra of familiegebruike of rituele, lewensbevestigend en God-gesentreerd is, en of dit lewensontkennend is, van hout, en dus dood is?

Die volk van God (Israeliet en/of Christen) het verskeie maniere gehad waarop hulle sekere momente van hulle lewens hanteer, verwerk het.

―The human family communicates its various visions of reality, its beliefs, values, and worldviews via the rituals they employ. Such rituals (related to eating,

69

washing, dressing, naming, working, and so on) reveal the way we ‗look at‘ or see life.‖ (Browning & Reed, 1998:259)

Elke gebruik of ritueel het ‗n bepaalde appèl op die mens gemaak, maar ook soveel lewenskrag gegee vir hulle wat daaraan deelgeneem het. Die belangrikste gebeure in die rituele jaar waaraan die volk deelgeneem het, was Paasfees, fees van die weke (Pinkster) en die fees van die tabernakel (Huttefees). Volgens Packer et al. (1982:75-78; 184-188) was daar verskeie betekenisvolle, lewensveranderende gebeure vir elke gesin (lid van die gesin) binne elke rituele jaar, naamlik:

Die besnydenis en die doop. Elke Joodse seuntjie is in ‗n diep geestelike

gemeenskap ingebore. Die besnydenis was om higiëniese redes, maar ook as teken dat hy in die verbondsvolk van God ingeneem is. (Genesis 17:12-13) Dit het op die agtste dag gebeur (Genesis 17:12; Levitikus 12:3) en is steeds in die Nuwe- Testamentiese tyd nagekom. Voorheen het elke kind sy/haar naam direk met geboorte ontvang, maar dit is later uitgestel tot na die besnydenis. (Lukas 1:59; 2:21) Besnydenis is wel op die Sabbat uitgevoer ten spyte van die streng reëls. Met die Grieke wat Palestina twee eeue voor Christus onder Aleksander die Grootte ingeneem het, het baie Jode egter hierdie gebruike laat vaar. In die Nuwe-Testamentiese tye is die besnydenis deur die doop vervang as gevolg van Jesus se opdrag (Matteus 28:19- 20; Kolossense 2:11-12) en volgens die vroeë kerk se gebruike.

Die reiniging van die vrou wat geboorte gegee het. Na die geboorte van ‗n kind,

was die ma vir 40 dae onrein as ‗n seun gebore is en 80 dae as ‗n dogter gebore is. Wanneer haar tyd om is, moes sy (en vir die een keer nie haar man nie) die reinigingsoffer gaan bring. (Levitikus 12; Lukas 2:22-24)

Die loskoop van die eersgeborene. Omdat alle eersgeborenes aan God behoort het,

moes ouers hulle eersgeborenes gaan loskoop het op die 31e dag na geboorte. (Numeri 18:15-16) Indien dit op die Sabbat geval het, is dit die volgende dag gedoen. Hierdie gebeure was ‗n vreugde-geleentheid en is tuis gevier met die priester as gas. Tydens hierdie geleentheid (in die later tye) het die kind ook sy/haar naam ontvang. Na die loskoop (met 5 silwer muntstukke), en die seën van die priester, het almal saam geëet.

Die Sabbat. Dit word die eerste keer genoem in Eksodus 16:23 en God as Skepper

en sy handewerk word elke 7e dag geëer. Die Sabbat het die Jode van hulle werk en ander gewone aktiwiteite geskei (Eksodus 35:2-3) en het hulle daaraan herinner dat hulle anders is as al die volke om hulle, maar ook herinner aan hulle verhouding met God.

Pasga (Nagmaal) en die fees van die ongesuurde brode. Gedurende die Pasga het

70

doodsengel. Die ongesuurde brode het die volk herinner aan die 1e sewe dae van die uittog. Hierdie twee feeste is deur die Israeliete saamgevoeg sodat suurdeeg voor die Pasga uit die huise verwyder is (Deuteronomium 16:4) en die brood van Pasga sonder suurdeeg was. (Eksodus 12:8) Hierdie fees is elke jaar op die aand van die 14e dag van Abib gevier. Hierdie seremonie was vol simboliek, naamlik: Die bloed van die paaslam – die skoonwas van sonde, die bitterkruie – die bitter lewe van slawerny, die ongesuurde brood – simbool van reinheid. Die lam (sonder gebrek) is net voor sononder geslag (Eksodus 12:6; Deuteronomium 16:6) en die hele gesin het daaraan deelgeneem en as die gesin te klein was, het die bure ook bygekom totdat hulle genoeg was om die hele paaslam te eet. Jesus het aan hierdie Pasga nuwe betekenis gegee toe Hy Homself as paaslam aangekondig het. (Matteus 26:26-30; Markus 14:22-26; 1 Korintiërs 11:23-25) Die vroeë kerk het volgens Handelinge 2:46-47 die Nagmaal voortgesit met die hoop op Jesus se wederkoms.

Die fees van die weke (Pinkster). Hierdie fees waartydens die einde van die oeste

en die eerste vrugte (Eksodus 23:16; Levitikus 23:15-21; Numeri 28:26-23) gevier word, het 50 dae na die Pasga plaasgevind. Hierdie eendagfees is as Sabbat gevier. Tydens hierdie fees is daar ook aan die minderbevoorregtes gedink en na hulle toe uitgereik. (Deuteronomium 16:11-12)

Fees van die tabernakel (Huttefees). Hierdie fees het die volk herinner aan die tyd

wat hulle in die woestyn geswerf het en in tente gewoon het. Die fees se naam het juis ontstaan deurdat die volk gedurende daardie week (op die 15e dag van die sewende maand) weer in tente gewoon het. (Levitikus 23:40-42) Hierdie fees het saamgeval met die oesfees. (Eksodus 23:16; 34:22; Levitikus 23:39; Deuteronomium 16:13-15) Elke sewende jaar wanneer daar nie ‗n oes was nie (as gevolg van die Sabbatsjaar), is die wet van Moses tydens ‗n openbare byeenkoms voorgelees.

Die dag van versoening. Hierdie dag was ‗n vasdag (Eksodus 30:10; Levitikus 16;

23:31-32; 25:9; Numeri 29:7-11) en het plaasgevind net voor die huttefees. Hierdie dag is opsygesit vir die reiniging van die volk se sonde en die hele volk het alle werk laat staan, gevas en ‗n heilige byeenkoms bygewoon. Die hoëpriester het op hierdie dag namens homself, sy huis en die hele volk ‗n offer gebring. Die sonde van die volk is hier simbolies op die sondebok geplaas en dan in die woestyn in gelei om daar te sterf. Gedurende die latere tye is die bok net buite Jerusalem uitgelei en oor ‗n krans gestamp om te sterf. Na die dood van die bok het die volk, vry van sonde, gedans en gejuig. (Psalm 103:20-22)

Rougebruike. Wanneer die gesin gehoor het van iemand se dood het hulle hul klere

geskeur (Genesis 37:34), sakke onder hul gewone klere om die bolyf gehang (2 Konings 6:30), die hoof bedek en hulle skoene uitgetrek. (2 Samuel 15:30; Esegiël 24:17) Soms is die hoofbedekkings afgehaal en die baarde bedek (Esegiël 24:17,23)

71

en hulle gesigte is gesluier. (2 Samuel 19:4) Om selfs jou hande bo-op jou kop te sit, was as rou beskou. Die een wat gerou het, het ook grond op sy kop gegooi (Josua 7:6; 1 Samuel 4:12) en het selfs met kop en liggaam in die stof gerol. (Job 16:15; Miga 1:10) Roubeklaers het soms hulle hare en baard afgeskeer en hulle (as uitsondering) gesny. (Job 1:20; Jesaja 22:12; Jeremia 16:6; Esegiël 7:18) Hulle het hulleself ook vir ‗n tyd lank nie gewas nie en net reukolie gebruik. (2 Samuel 12:20; 14:2)

Oor die algemeen het aanbidding plaasgevind in ‗n atmosfeer van lofprysing. Daar was musiek, uitbundige geskreeu en danse. Hierdie aanbiddingsgeleenthede was ook gekenmerk deur gebede, beloftes/geloftes wat gemaak is, ‗n nagwaak, gewyde maaltye en rituele waterreinigings.