• No results found

Seën as ‗n bepalende element in die mense se lewens

2.7 Die Wese en funksionering van die Christelike gesin as Godgeskepte ruimte vir die

2.7.3 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die gesin

2.7.4.6 Seën as ‗n bepalende element in die mense se lewens

Alle mense het ‗n behoefte aan seën. Volgens Coetzer (2008) soek mense persoonlike aanvaarding, eers by die ouerhuis, en as dit nie daar gekry word nie, elders in die wêreld. Volgens Coetzer (2008) word daar in die Ou Testament 640 keer verwys na geleenthede waar seën oorgedra is. Hierdie seën is veral tydens vier soorte geleenthede gebruik, naamlik:

 Na die skepping van die mens is hulle onmiddellik geseën. Sommige het egter nooit God se seën ontvang nie, maar wel sy vloek.

 Waar mense as groep bymekaar was (tydens erediens) of tydens die Shabbat op Vrydagaande.

 Tydens gebedsgeleenthede ter beskerming wanneer ‗n reis verder as die horison gelê het.

 Gedurende belangrike lewensoorgange soos geboorte, huwelik en die oorgang na nuwe leierskap.

Hierdie behoefte het reeds ontstaan tydens die Esau-verhaal in Genesis 27, waar Isak vir Esau wou seën, en Jakob die seën kom steel het, selfs bedrog gepleeg het om dit te kry. Hill (1998:1) noem dit dat die pa se seën so kragtig was, dat Jakob en Rebekka bereid was om bedrog daarvoor te pleeg, en so erg was dit vir Esau toe hy dit verloor het, dat hy volgens Genesis 27:38 begin huil het, en gesmeek het om nog iets by Isak te kon kry. In Genesis 47 – 48 kry ons weer die aangrypende verhaal van Jakob wat weer Josef se seuns wou seën. In Genesis 49 word Jakob se seuns een vir een geseën. Hierdie gebruik het veral voorgekom wanneer iemand op sy sterfbed is. Volgens hierdie gedeelte het die seën ‗n noodsaaklike toekomskomponent gehad en ‗n kind se identiteit is daardeur gevorm. In Matteus 19:13-15 is weer opgeteken dat Jesus die kindertjies geseën het. Met hierdie

72

geleentheid, net soos by Isak en Josef is die kinders die hande opgelê en geseën. Die merkwaardige is dat Jesus nie op sy sterfbed was nie, maar die kinders reeds op grond daarvan spesiaal gevoel het. In Lukas 24:50 het Jesus weer sy dissipels geseën voor sy hemelvaart (die aardse sterfbed).

Die Bybel maak nie net vir seën (Numeri 6:22-27) voorsiening nie, maar soms ook vir vloek. (Deuteronomium 27:14-26) Dit was nie net mense wat geseën het nie, maar God self. In Jesaja 44 is die mooi seën opgeteken wat God oor sy kinders, sy volk uitspreek. Ook het die koning sy volk geseën soos ons dit in 1 Konings 8:45 opgeteken kry. In Levitikus 9:22-23 is opgeteken dat Moses en Aäron die volk geseën het na hulle die maaltyd en brandoffer gebring het. In die Nuwe Testament is die gebruik voortgesit en het die apostels hulle briewe ook met ‗n seën afgesluit, waarvan die bekendste in 2 Korintiërs 13:13 opgeteken staan.

Die Bybelse seën het bedoeling om iemand te bemagtig om voorspoedig te wees. Hill (1998:2) gaan voort om die seën van ‗n pa te beskryf, as sy wens en gebed tot voorspoed en sukses op al die terreine van sy kind se lewe (huwelik, ouerskap, finansies, gesondheid, beroep en bediening). Volgens Coetzer (2008) is die seën ‗n belangrike hulpmiddel tot enige intieme verhouding. Israel wat in die Ou Testament geseën is, het floreer en ‗n groot nasie geword, maar die Edomiete het nooit die prominensie van Israel bereik nie. Wanneer Hill (1998:3) oor toekoms of bestemming praat (dit wat in ‗n seën ingebed is), gaan dit oor die beantwoording van die vrae, ―Wie is ek?‖, ―Hoekom is ek hier?‖, ―Wat is my lewensdoel?‖.

Om hierdie vrae van kinders te beantwoord, het die Vader agente (ouers) in hierdie kinders se lewens geplaas. Hierdie ouers moet God se identiteit aan hulle kinders oordra en dit in die kinders se lewens bevestig. Deur dit te doen, beantwoord dit die kinders se vraag na identiteit, lewensdoel en toekoms. Een wonderlike instrument tot identiteitsbevestiging vir Jode, is die ―Bar Mitzvah”, die seremonie waardeur ‗n seun ‗n man word. Hierdie dag staan uit as een van die hoogtepunte van ‗n seun se lewe, belangriker as selfs die troudag. Volgens Packer et al. (1982:81) word die stadiums van die menslike lewe in Levitikus 27:1-8 uitgelig. Hierdie stadiums was as volg ingedeel: (1) geboorte – 30 dae oud, (2) een maand tot 5 jaar oud, (3) 5 jaar tot 20 jaar oud, (4) volwassene en (5) na aftrede.

Volgens Coetzer (2008) het ‗n plant vyf basiese elemente nodig om te groei en groot te word, naamlik: (1) grond, (2) lig, (3) lug, (4) water, en (5) ‗n veilige plek. So omvat die seën vyf sleutelelemente waarvan elkeen nodig is vir geestelike groei, naamlik:

 Betekenisvolle aanraking. Daar is baie krag in ons vingerpunte en ouers besef nie hoe aanraking die kinders positief maak nie. Meer as een derde van die gevoel-reseptore is in die hand. Baie pa‘s raak nie meer aan hulle skoolgaande kinders nie en ‗n belangrike

73

deel van seën gaan verlore. Kinders soek soms ‗n leeftyd lank daarna en as jy nalaat om jou kinders aan te raak, dryf jy hulle in die arms van diegene wat dit graag wil doen. Die hemoglobienvlakke styg by mense as gevolg van liggaamlike kontak wanneer hulle geseën word. Mans en vrouens het deur die loop van hulle lewe ten minste 8 – 10 sinvolle aanrakings deur betekenisvolle mense nodig. Hulle kan selfs twee jaar langer as gevolg daarvan lewe. Babas wat aanraking beleef het, het twee keer vinniger gegroei as dié wat dit nie gehad het nie. In die Bybel is daar simboliese betekenis gekoppel aan aanraking, naamlik (1) met die handoplegging van die sondebok is die sonde simbolies oorgedra (Levitikus 16), en (2) Elia en Elisa se kontak by die oorgee van gesag en rol. (1 Konings 19:16, 19) Jesus het die melaatse man in Markus 1:41 aangeraak terwyl Hy gesê het: ―Ek wil, word gesond.‖

 Gesproke woord. Woorde kan aftakel en vernietig en word lank onthou. Gesinseën is baie positief en berus baie sterk op ‗n gesproke boodskap. ‗n Seën is eers ‗n seën wanneer dit uitgespreek word. Mense het voortdurend ‗n behoefte aan positiewe woorde. Jakobus 3 lig die krag van die tong uit, aan die hand van drie metafore, naamlik: (1) stang in ‗n perd se bek, (2) die roer van ‗n skip, en (3) ‗n vuur. Ons het die gewoonte om woorde van seën uit te stel tot later. Ouers wil skielik wanneer hulle kinders universiteit toe gaan of trou, vir hulle kinders mooi dinge sê of toewens. Seënwense moet reeds van geboorte af by jou kinders uitkom.

Daar is soveel mense wat dink hulle kinders weet dit, en talle beradingsessies wys op die teendeel. Wanneer woorde van seën teruggehou word, lei dit dikwels tot werkolisme (werk ter wille van erkenning) of onttrekking (gee maklik moed op, apatie, depressie – die ‗so what‘ gevoel). Volgens Spreuke 18:21 & 3:27-28 het die tong mag oor lewe en dood. Die gewoonte tot lofprysing en kritiek kan deur geslagte oorgedra word en waarmee jy grootgeword het, kom natuurlik in jou lewe voor. Dikwels is mense bang om iemand anders te prys, want jy wil nie sy ego opblaas nie, bang dit gaan later misbruik word, weet nie hoe nie en is bang as dit eers begin word, mag dit later nooit ophou nie.  Uitdrukking van hoë waardering. Om iemand anders te kan seën vra dat jy eers moet

leer om die knie te kan buig. Om iemand spesiaal te laat voel, is om van jouself af weg te kyk. (Johannes 3:30) Die grondslag van elke gesonde verhouding is mense wat hoë waarde aan mekaar heg. So het almal behoefte aan komplimente, mooi woorde, seën soos Isak vir Jakob in Genesis 27 toegewens het. Waardering moet nie prestasiegekoppel wees nie, dit moet kom vir wie jy is, en nie as gevolg van wat jy bereik het nie. So kan jy van ‗n persoon hou, al keur jy nie sy dade goed nie. Die klem moet op die mens se potensiaal val, so het Jesus na Petrus as rots verwys (Matteus 16:18) en Gideon is as dapper held aangespreek. (Rigters 6:12) Dikwels moet omstandighede mens forseer om die regte woorde te sê, dikwels kan dit te laat wees. Huweliksmaats en gesinne moet gedurig daarop ingestel wees om mekaar te komplimenteer.

74

„n Spesiale toekoms in vooruitsig. Dit is belangrik om iemand se toekomspotensiaal

aan te spreek. Moenie iemand met skokstellings probeer regruk nie, maar maak hulle liewer lus vir die moontlikhede wat op hulle pad voorlê. Dit is baie beter om te sê ―jy kan‖ as ―jy mors jou tyd‖. Leef liewer vir die mens, man, vrou, kind, wat jy wil wees. Isak se seën aan Jakob het vir hom iets gegee om voor te leef, na uit te sien. Netso moet ouers vir hulle kinders rigting en hoop vir die toekoms gee. (Jeremia 29:11) Kinders moet sinvolle doelwitte kry om na te streef, en op so ‗n manier geseën word, dat die beste in hulle na vore kom, en hulle vaardighede gestimuleer word. Om effektief in jou seën te wees, vra ‗n konstantheid in jou lewe. Jesus is die ewige God (Hebreërs 13:8), die God van gister, vandag en altyd dieselfde, wat vir sy volgelinge ‗n versekerde toekoms oopmaak. (Johannes 14:2-3) Die wet van fisika is, dat water nie hoër kan styg as sy bron nie, netso kan kinders nie hoër uitstyg as hulle ouers se profesie en seën nie. Erkenning ten opsigte van klein dingetjies maak gesindhede en wêrelde oop. ‗n Negatiewe kritiese toekomsprentjie kan egter gesonde groei teëwerk. Ouers moet ook daarteen waak dat dade in die verlede nie woorde oor die toekoms ondermyn nie. Tog moet ouers ook besef dat as hulle verlede in die pad staan, hulle altyd met hulle kinders kan regmaak en die nuwe styl dan konsekwent begin leef – begin om ‗n ―nuwe verlede‖ te leef! Ouers wat ―skei‖ praat, uitbeeld of dramatiseer, skakel toekomsdrome in hulle kinders af. Die regte toekomswoorde wat gereeld gehoor word, stimuleer die proses waardeur elkeen die mens kan word soos God graag wil hê.

„n Aktiewe verbintenis. Kinders en huweliksmaats het ‗n werklike behoefte aan opbou,

juis daar waar hulle tekortkominge het. Mens se eie beperkinge bring mee dat God ingetrek moet word. Dit is so belangrik dat sterkpunte beklemtoon en geprys word. Wanneer daar seergekry is, moet daar arms wees om op te tel en te troos. Hierdie selfde arms moet ook die agente van seën word. By seën is daar meer as net woorde nodig. Om iemand aan God te wy, is om te vra dat die Here self die seën sal bevestig en waarmaak. (Genesis 26:24, 27:28 & 28:13-15)

Om iemand te seën is om die persoon bewus te maak van God se spesiale bemoeienis met hom/haar se lewe, en dat Hy by die persoon betrokke sal bly. (Matteus 28:20) Netso kan ‗n pa of ma op ‗n gereelde grondslag met hulle kind (of indiwidueel met elke kind) gaan koffie drink en oor sy/haar lewe gesels. Om werklik vir iemand tot seën te kan wees, moet jy op dieselfde vlak as daardie persoon kan dink, praat en verstaan. Aktiewe luister is onontbeerlik om later volgens die behoefte van iemand te kan seën. Om te seën, is om jouself aan die persoon te verbind wat jy geseën het. Egte seën vra harde werk, tyd en energie. Al het mens self nie die seën ontvang nie, kry mens dit terug wanneer jy dit uitdeel.

75