• No results found

Die tradisionele Westerse Christelike kerk se instelling teenoor die huwelik

2.6 Verskeie Nuwe-Testamentiese gesprekke vind plaas ter verduideliking van die

2.6.5 Huweliksluitingseremonies kom ‗n lang pad

2.6.6.4 Die tradisionele Westerse Christelike kerk se instelling teenoor die huwelik

Die Westerse Christelike kerke het klassieke formuliere (voorskrifte) van die huwelik van die Grieks-Romeinse tyd oorgeneem en verder gevoer. Volgens Witte (2002:51-75) het ‗n hele klomp Griekse en Romeinse skrywers die huwelik as ‗n natuurlike instelling beskou wat huwelikspare, kinders en die gemeenskap op een slag dien. Hierdie skrywers word as volg aan die woord gestel:

 Plato (347 v.C.) het gesê dat dit vanselfsprekend is dat ‗n regverdige staat vir bevestigde huwelike moet sorg, en die heiligste huwelike is dié wat die meeste voordeel vir almal sal bring.

 Aristoteles (384-322 v.C.) het die huwelik beskou as die fondasie van ‗n volk en die prototipe van vriendskap. Witte (2002:52) het Aristoteles se siening oor die huwelik in sy ―Ethics‖ beskryf, soos aangehaal in Thomson (1965):

―The love between husband and wife is evidently a natural feeling ... Human beings cohabit not only to get children but also to provide whatsoever is necessary to a fully lived life ... There is general agreement that marital affection combines the useful and the pleasant. But it may also embody a moral ideal, when husband and wife are virtuous persons. For man and woman have each their own special excellence, and this may be a source of pleasure to most. Children too, it is agreed, are a bond between parents. They do not belong to one parent, more than to another, and it is the joint ownership of something valuable that keeps people from separating.‖

 Cicero (106-43 v.C.) het die huwelik as ‗n natuurlike deelgenootskap beskou waar die man en vrou se persoon en eiendom afgestem is tot die voortbring van kinders, vir kameraadskap, en veral vir die skep van diensbaarheid, goedheid, vryheid, sagmoedigheid, bedagsaamheid, ens.

 Musonius Rufus (30 n.C.) het die huwelik geskets as man en vrou wat saamgekom het om saam ‗n lewe te maak, kinders te verwek, en alles wat hulle het, selfs hulle liggame, as wedersydse eiendom te beskou. In die huwelik moet daar tussen man en vrou ‗n perfekte kameraadskap, wederkerige liefde bestaan, selfs deur siekte en

50

gesondheid, en enige ander situasie, want dit was beide se begeerte toe hulle getrou het, om dit, sowel as kinders te hê.

 Plutargius (46-120 n.C.) het die huweliksideaal gestel as ‗n eenheid tussen ‗n man en ‗n vrou tot die genot van liefde en om kinders te verwek. Die plesierdaad was kort, maar die respek, teerheid, wederkerige liefde en lojaliteit wat daaruit voortgespruit het, het tot ware eenheid en vriendskap gelei.

 Twee-derdes van die geskrifte uit die 3e eeu n.C. het die huwelik beskryf as die vereniging van man en vrou, as eenheid waarbinne hulle aanhoudend en onverdeeld hulle lewens deel. Dit is ‗n vrywillige, heilige en standhoudende eenheid ter wille van huweliksgevoel en voortplanting.

 Die Protestantse hervormers, Martin Luther, Fillip Melankton, Johannes Calvyn, Martin Bucer, Tomas Cranmer en Heinrich Bullinger het almal oor die huwelik geskryf. Volgens hulle het God die huwelik met drie dinge in die oog, geskep, naamlik: (1) die wedersydse liefde en ondersteuning tussen man en vrou, (2) om saam kinders te verwek en te versorg, en (3) om mekaar teen seksuele sondes te beskerm.

―Marriage was a means to love, to children, and to protection. Where such goods failed, the marriage failed, and such goods should be sought in a second marriage.‖ (Witte, 2002:74)

 Witte (1998:291) skryf dat die Rooms Katolieke Kerk die huwelik as natuurlik, sakramenteel en kontraktueel hanteer het. Volgens hulle is die huwelik tydens die skepping ingestel om sodoende man en vrou in staat te stel om vrugbaar te wees en te vermenigvuldig. Die huwelik het ook ‗n geneesmiddel vir wellus geword en ‗n kanaal waarbinne die mens se natuurlike hartstog herlei kon word tot diens aan die gemeenskap en die Kerk. Volgens die Middeleeuse teoloë weerspieël die heteroseksuele paartjie die beeld van God. In ‗n kritiese kyk na die huwelik soos deur die Bybel (1 Korintiërs 7:8-9) geskets, word dikwels gevra of dit nie maar net ‗n wettige klimaat skep vir die uitleef van seksuele luste nie.

 Binne die Amerikaanse reg, volgens Witte (2002:84) het Raadslid James Kent, die huweliksverhouding tussen man en vrou beskryf as die eerste en belangrikste sosiale verhouding, waaruit goeie maniere, opgevoede kinders, ‗n sin vir reg en geregtigheid en die kunste vloei.

 Ferdinand Deist het volgens Die Groot Aanhalingsboek (2004:202) gesê die liefde waarvan 1 Korintiërs 13 praat, is nie ‗n emosie nie. Dié liefde is ‗n lewenstyl volgens die bladmusiek van die lewe, wat in die hemel gekomponeer is. Dit is nie iets wat ‗n mens ―het‖ of wat jy sommer ―oorkom‖ nie. Dit is ‗n leefstyl waarvoor jy bewustelik moet kies, soos jy ‗n musiekstuk uitkies wat jy dan jou hele lewe lank moet inoefen soos jy ‗n concerto instudeer.

51

Thatcher (1999:68) het onderskei tussen die volgende vyf modelle van die Christelike huwelik:

 Die huwelik as ‗n verbond. Wanneer man en vrou hulle ouerhuise verlaat, word hulle aan mekaar geheg en so kom ‗n Goddelike ooreenkoms in plek. Dit is ‗n verbond omdat dit ‗n ooreenkoms is tussen twee mense. Die begrip verbond word gebruik omdat dit ‗n ernstiger karakter vertoon en omdat Jesus die onsigbare getuie is. Dit is ook ‗n ooreenkoms tussen mense wat in God se oë gelykes is. So word die huwelik ‗n deelname aan die God-mens-verhouding soos uitgedruk tussen Christus en sy kerk.  Die ―een-vlees-wording‖ as die totale en volkome eenwording van ‗n man en ‗n vrou.

Wat God saamgevoeg het, mag niemand skei nie. (vergelyk Markus 10:8 e.v.)

 ‗n Twyfelagtige noodsaaklikheid. Op grond van verskeie Bybeltekste, word afgelei dat ‗n man ‗n vrou nodig het om ryk, suksesvol, gelukkig en versorg te wees en om lank te kan leef.

 ‗n Wêreldse toegewing om veral immorele gedrag te vermy. Die huwelik is vir hulle wat nie sterk genoeg is om versoekings te weerstaan nie.

 ‗n Hartstogtelike en wedersydse liefde soos deur Hooglied uitgebeeld.

Wheat & Perkins (1993:25-29) skets die huwelikswaarheid as volg: Die idee van man en vrou was God se idee. Die huwelik was God se manier om die mens se probleem van eensaamheid te hanteer. Hierdie huwelik is bedoel om vreugde te bring en nie droefheid nie. ‗n Huwelik begin deur alle vorige verhoudings agter te laat en ‗n nuwe, permanente verhouding tussen man en vrou tot stand te bring. Hierdie Goddelike verbinding tussen man en vrou is onbreekbaar en duur lewenslank. Die huwelik beteken om volledig fisies, geestelik en sonder skaamte, een te word. Wheat & Perkins (1993:29) skets die situasie verder soos die Christelike benadering van huwelike in reaksie teen die postmodernisme, weer by tye teruggryp na moraliteit, Christelike identiteit en histories ontwikkelde tradisies wat eie aan die premodernisme is. Huwelike was in die premoderne wêreld gebaseer op die aangaan van seksuele, ekonomiese, en by tye politiese en godsdienstige ooreenkomste/kontrakte tussen twee families. Hierdie huwelik, waar die vrou uit haar ouerhuis uitgehaal is en binne haar man se familie geplaas is, het gesimboliseer dat die eer van twee families versmelt het.

2.6.6.5 „n Sosiale perspektief

Wilson vat die beskouing van die huwelik, soos beïnvloed deur die Verligting, in vandag se tyd as volg saam:

―Marriage was once thought to be about a social union, it is now about personal preferences. Formerly, law and opinion enforced the desirability of marriage

52

without asking what went on in that union; today, law and opinion enforce the desirability of personal happiness without worrying much about maintaining a formal relationship. Marriage was once a sacrament, then it became a contract, and now it is an arrangement. Once religion provided the sacrament, then the law enforced the contract, and now personal preferences define the arrangement.‖ (Wilson, 2002:4)

Elke huwelik is uniek as gevolg van die maniere hoe huweliksmaats hulle waardes, doelstellings en vaardighede kombineer ten einde skakerings van geluk en ongeluk te voorskyn te bring. Deur selfinsig en goeie raad van buite word hulle huwelikspad gedurigdeur aangepas. In ‗n ondersoek deur Everett (1990) soos aangehaal deur Hunt et al. (1998:167) is drie hoofdoele van die huwelik geïdentifiseer naamlik:

 To socialize sexual desires and to avoid intruding on the rights of others.  To assign responsibility for children and socializing the next generation.  To provide continuing affection, support and personal growth.

Die huwelik word gesien as ‗n dinamies groeiende en konstante veranderende verhouding gebaseer op die unieke en veranderende behoeftes en verwagtinge van twee huweliksmaats. Huweliksverhoudings kan ―oop‖ of ―geslote‖ wees. ―Oop‖ verhoudings is aanpasbaar en oop om op verskillende maniere met die omgewing in interaksie te wees. ―Geslote‖ verhoudings bied weerstand teen verandering en is rigied. Enige verskille of verandering kan as bedreiging beleef word. Volgens Clinebell (1977:35-36) is die kenmerke van ‗n sosiaal aanvaarbare huwelik, die volgende:

 Elkeen dra die verantwoordelikheid vir die bevrediging van mekaar se behoeftes.  Oop en geïnteresseerde kommunikasie.

 Nabyheid en tog ook respek vir die indiwiduele behoefte aan privaatheid.  Outonomie en ook onderlinge afhanklikheid van mekaar in goeie balans.  Egte eerlikheid en gelykheid.

Insette vir mekaar se groei. Belê in mekaar en ondersteun mekaar se ideale. Geen starre of ondergeskikte rolverdeling nie. Aanpasbaarheid is die wagwoord.

 Voortdurende groei en verandering. Stagnasie is die begin van enige verhouding se ondergang.

 Bekwaamheid om konflikte positief te benut vir dieper intimiteit.

 Verdieping van seksuele bevrediging en die instelling op mekaar se behoeftes.  Groeiende intimiteit tot op die punt van singewing en geloof.

53

Die huwelik is ‗n soort vriendskap waar man en vrou die beste vir mekaar soek en alles in werking stel om mekaar gelukkig te maak. Volgens Lamanna & Riedmann (1991:246) is die huwelik ‗n sosiaal aanvaarbare eenheid waarin ‗n man ‗n intieme verhouding met ‗n vrou mag hê. Dit is die wettige plek waarin mense mag bemin en kameraadskap mag beleef. Dit verskaf ook die sekuriteit van ‗n stabiele omgewing wat ‗n groeiende verhouding beskerm. Volgens Hunt et al. (1998:59) is ‗n huwelik die primêre verhouding tussen twee volwassenes (man en vrou) waarin hulle vir mekaar respek betoon en vrywillig aan mekaar verbind is. Hierdie huwelik is ‗n reis deur die huweliksmaats se lewe waartydens hulle ‗n invloed op mekaar uitoefen, wat weer op sy beurt (goed of sleg) oorloop op ander – hulle kinders, kollegas, familie, vriende, ens. Omdat die huwelik so ‗n kritieke en belangrike rol in die samelewing speel, word elkeen op een of ander manier daardeur geraak.

Liberman et al. (1980:3) sê elke huweliksmaat soek na liefde, deernis, seks, ontspanning, kameraadskap, goedkeuring en status. Op sy beurt moet elke huweliksmaat weer voorsien in die behoefte van die huwelik en die familie-eenheid, en op finansiële gebied, huishoudelike take en bestuur, sosiale aktiwiteite en kinderopvoeding sy of haar bydrae lewer. Die hoeveelheid geluk wat iemand binne die huwelik ontvang, is in verhouding met die geluk wat uitgedeel word. Huweliksongeluk kom voor wanneer daar te min gelukkige interaksie tussen huweliksmaats voorkom, of waar positiewe interaksie slegs by een deel van die verhouding voorkom, of waar die een huweliksmaat baie insit om geluk te bewerk, maar min terugontvang. Dit is die moeite werd om na Stahmann & Hiebert (1987:28) se uiteensetting te kyk waarin hulle die huwelik onder verskeie afdelings behandel, naamlik:  ‗n Sosiale dimensie waar ‗n egpaar aan sekere sosiale interpersoonlike aktiwiteite

deelneem, hetsy of hulle gesamentlik of indiwidueel vreugde daaruit put.

 ‗n Geografiese dimensie waar egpare dieselfde leefruimte deel en fisies naby aan mekaar leef en funksioneer.

 ‗n Seksuele dimensie wat nie net uit voortplanting bestaan nie, maar ook ‗n unieke manier is waarop man en vrou hulle liefde teenoor mekaar betoon.

 ‗n Emosionele dimensie of sielkundige dimensie waar twee mense saam droom en fantaseer oor hul lewe, maar ook emosioneel van mekaar afhanklik is.

 ‗n Intellektuele dimensie waar deurdagte beplanning, gemeenskaplike ideale en lewensvisie en –keuses ‗n groot rol speel.

 ‗n Ekonomiese dimensie waar die huweliksmaats saam besluit oor hoe geld verwerf en spandeer word.

 ‗n Ontspanningsdimensie wat vreugde en genot in die verhouding inbring.

 ‗n Geloofsdimensie wat egpare daartoe bring om oor lewenswaardes te gesels, saam te filosofeer en so ‗n lewenshouding te vorm.

54

 ‗n Wetlike dimensie wat status in die gemeenskap bepaal, maar ook die tipe deelname van elke party binne die siviele en wetlike ooreenkoms reguleer.

 ‗n Paradoksale dimensie waar getroude mense tog leef asof hulle nie getroud is nie en elkeen met sy eie lewe aangaan en al wat hulle in gemeen het, is hulle huweliksooreenkoms. Net so kry mens al hoe meer pare wat alles in gemeen het, maar nie wettig getroud is nie.

Om te sê ‗n huwelik begin eers by die wettige sluiting daarvan, is ver van die waarheid af verwyder. Soveel (amper die meeste) van bogenoemde dimensies is reeds by ‗n huwelikspaar betrokke voordat die verbintenis wettig word.

2.6.6.6 „n Tradisionele en „n moderne perspektief

Volgens De Wet (2006:61) het daar ‗n fokusverskuiwing in die denkklimaat van die sestigerjare plaasgevind na die mens en sy situasie. Die kritiese ingesteldheid van die mens het op die voorgrond getree, en kerklike praktyke en tradisies wat jare lank as vanselfsprekend beskou en kritiekloos aanvaar is, is aan nuwe ondersoek onderwerp. Die oue en tradisionele het verdag geword, terwyl die nuwe en vreemde aandag getrek het. D.J. Louw (1989:137) soos aangehaal in Smuts (1989:137) sê dat daar die afgelope vier dekades ‗n klemverskuiwing in die basiese huwelikstruktuur plaasgevind het. Hierdie klemverskuiwing word getipeer as ‗n beweging weg van die hiërargies-georiënteerde struktuur na ‗n ―maat‖-georiënteerde struktuur. Die vraag is net of hierdie klemverskuiwing ‗n beweging weg van die Skriftuurlike huwelikstruktuur is en of dit moontlik ‗n positiewe ontwikkeling is wat nader aan die norm van die Skrif beweeg het. Egpare is deesdae nie meer familie-georiënteerd nie, maar neig na selfstandigheid.

Skolnick (1992:89) het die oorgang van tradisionalisme na modernisme as volg beskryf:

Tabel 2.2

Tradisionalisme Modernisme

Inskakeling by die gemeenskap is bepaal deur jou familieverbintenis.

Familiebande speel nie ‗n rol by jou werk en sosiale doen en late nie.

Seuns erf hul pa se status en beroep. Elkeen verwerf sy eie status op grond van meriete.

Op geografiese en sosiale gebied is daar min verandering.

Mense kom en gaan en skakel in soos hulle lus het.

Interaksie word bepaal deur groter familiebande.

Die kerngesin speel ‗n groter rol. Die huis is die werkplek, die skool, die

hospitaal en ouetehuis.

55

Ouers domineer hulle kinders en mans hulle vrouens.

Gelykheid binne die kerngesin bring groter eenstemmigheid.

Familiebande is belangriker as produktiwiteit.

Produktiwiteit speel ‗n groter rol as afkoms.

Instelling op diens, tradisies en onderdanigheid aan gesag.

Instelling op indiwiduele regte, gelykheid, vryheid en selfverwesenliking.

Baie min klem op emosionele betrokkenheid met die kerngesin, huwelike word nie gebaseer op liefde nie, familiebande speel ‗n groter rol as indiwidualiteit, as ‗n huweliksmaat, kinders is belangriker as ekonomiese bate, maar nie as emosionele bate nie, kinders bly lewenslank onder die heerskappy van hulle ouers.

Huweliksmaats, ouers en kinders is nou betrokke by mekaar, huweliksgeluk en gedurige aanpassings speel ‗n belangrike rol, kinders se aanpassing, ontwikkeling en toekomspotensiaal speel ‗n groot rol, daar is ook ‗n skerp breuk met ouerlike gesag veral waar volwassenheid bereik is.

Sielkundig is daar bitter min verskil tussen jou eie huis en die gemeenskap en daar bestaan nie groot instansies nie.

Dit wat binne jou huishouding gebeur en dit wat in die wêreld om jou gebeur kan radikaal verskil. Die wêreld daar buite is onpersoonlik, bedreigend en ingestel op kompetisie.

Hoë vrugbaarheid en sterftes wat die bevolkingsgetal gedurig beïnvloed. Sterftes is ‗n alledaagse verskynsel.

Geboortes en sterftes baie beperk en sterftes vind plaas by die ouer geslag.

In teenstelling met die premoderne tyd is huwelike in die moderne tyd geassosieer met romanse, indiwiduele groei en die kies van jou eie huweliksmaat.

―Marriage within modernity becomes increasingly associated with romantic love, the growth of individuality, the choosing of partners by each other, and (in Protestant countries) the ending of clerical celibacy.‖ (Thatcher, 1999:29)

Geboortebeperkingsmiddele, die seksuele revolusie, herinterpretering van geslagsrolle, indiwidualiteit, swak voorbeelde van huwelike, makliker uitkoms uit verhoudings en die broodwinnersdispuut het verhoudings egter begin kompliseer.

2.6.6.7 „n Postmoderne perspektief

Huwelike se vorm en baadjie het met verloop van tyd aangepas en verander. Alles wat voorheen gewerk het, is nie noodwendig meer die norm nie, en elke huwelikspaar mik na beter of heeltemal iets anders. Deur die loop van jare het die funksionering en samestelling van die huwelik aangepas en verander. Indien egpare nie saam met die tyd geleef het nie, het hulle kinders (die voornemende egpare) ‗n buite-kontekstuele idee van die huwelik gevorm. Aanpassing is aan die orde van die dag.

―Instead of settling for whatever life brings them for happiness in their marriage, the relationship becomes intentional if a couple decides to tap into their marriage

56

potential. This means that the couple can learn new skills that enhance their level of functioning and be more aware of what they want and how to get it in their relationship. It also means that the couple can selectively use the skills, when and how they need them, modifying the technique and marital interaction processes to meet individual preferences and situational needs that may change over time.‖ (Cole & Cole, 1999:273)

Elke huwelikspaar leef en beleef hulle huweliksverhouding anders as wat hulle hulle ouers s‘n beleef het of wat hulle ouers self beleef het. So dikwels hoor mens die begrip ―uit die oude doos‖ of ―wat vir julle gewerk het, werk nie vir ons nie‖. Mense het vandag die standpunt dat hulle op hulle manier dinge self sal regmaak, ―los my net uit!‖ Die rol wat God in die verhouding speel, is ook nie meer piëtisties (God sal voorsien) nie, nee, elkeen moet nou sy deel doen.

Thatcher (1999:210) is van mening dat die huwelik in die postmoderne paradigma as ‗n gemeenskaplike vennootskap verstaan moet word. Die term ―vennootskap‖ maak ‗n einde aan die hiërargiese en patriargale huweliksverhoudings. Volgens Thatcher (1999:218) is die huwelik ook ‗n tipe vriendskap wat patriargale verhoudings ondermyn, omdat dit op vriendskap, gelykheid en wederkerigheid gebaseer word, en nie op dominansie en hiërargie nie. Samewerking bly ‗n noodsaaklike element. Dit is nie meer ―jy besluit en ek doen nie‖. Onder elke ―normale‖ huwelik is daar volgens Prinsloo (2001:78) ‗n latente beter huwelik met beter kommunikasie, beter seksuele vervulling en beter vervullende liefde. Vanuit die groeiperspektief word die huwelik beskou as ‗n proses van verandering en ontwikkeling – ‗n gesamentlike produk wat deur beide huweliksmaats voortdurend tot ontplooiing gebring word deur die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer en mekaar versorg.

In ‗n sekulêre gemeenskap waar seks nie meer aan die huwelik gekoppel is nie, en seks sy mistieke karakter verloor het, stel jongmense meer belang in ‗n geesgenoot as huweliksmaat. Ellen Sorokin skryf in die Washington Times van 14 Februarie 2002 as volg:

―Marriage is no longer a restrictive one-size-fits-all. You can now have a marriage where the wife works and the husband stays at home. You can have a marriage where both the wife and the husband work. If we make people think differently about marriage, then we've done our job.‖ (Sorokin, 2002)

Duidelik kan mens sien dat die postmodernisme ‗n tyd is waarin daar geen konsensus is oor wat die norm is nie, en daar bestaan nie meer ‗n enkele waarde- en geloofsisteem nie. ‗n Nuwe wêreldkultuur is gebore en geloofsisteme raak al meer van mekaar bewus. Ouers is onrustig omdat hulle voel hulle kinders gooi alle waardes oorboord en kinders ervaar hulle