• No results found

Die Pauliniese gesprekke oor die huwelik

2.6 Verskeie Nuwe-Testamentiese gesprekke vind plaas ter verduideliking van die

2.6.3 Die Pauliniese gesprekke oor die huwelik

Die vroeë kerk het gesukkel om los te kom van hulle oorgeërfde geskiedenis, hetsy Joods of Hellenisties. Paulus het in sy briewe weer verskeie strydvrae hanteer. In 1 Korintiërs 5:1 het Paulus die onsedelikheid (erger as by heidene) aangespreek en die gemeenskap se onbetrokkenheid by mekaar vermaan. Paulus het juis die gemeente aangemoedig om die Paasfees en die verhoudingsfees opnuut te vier:

Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. 8Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid. (1 Korintiërs 5:7)

Verhoudings is en was maar altyd moeilik, daarom het die gemeentelede in Korinte verhoudingsproblematiek nie vrygespring nie. Wat die saak nog verder gekompliseer het, was die mengsel tussen Jood (gelowig en onbekeerd) en Griek (gelowig en onbekeerd), binne die verhoudings. Volgens Brown (1992:581) het Paulus die huwelik ondergeskik aan geloof gestel. Die mens se verhouding met God was primêr en alle ander verhoudings is daarvandaan beoordeel en daarvolgens aangepas. In hoofstukke 5 en 6 het Paulus streng waarskuwings gegee teenoor seksuele immoraliteit. In hoofstuk 7 was dit ook nie anders nie:

―Paul tries to steer a middle course on sexuality between the opposite poles of sexual libertinism on the one hand, and mandatory celibacy on the other, positions that were likely represented in some forms within the Corinthian church. Many recent studies have argued that in particular the women at Corinth were

41

motivated by ascetic ideals that led them to reject sexual relations and marriage.‖ (Mitchell, 1998:249)

Terwyl onsedelikheid (porneia) nooit toegelaat en verdra kon word nie, moes die verskeie opinies rondom huwelikstatus wel gerespekteer word. Paulus het al die verskeie, nuwe situasies binne die huwelik in 1 Korintiërs 7 in bespreking geneem:

 Ter voorkoming van onsedelikheid, moet huweliksmaats hulle seksuele plig teenoor mekaar nakom (v 1-5). Dit is beter om te trou, as om deur jou begeerte verteer te word (v 9).

 Selibaat is nie ‗n tekortkoming of ‗n straf nie, maar ‗n Godgewilde gawe (6-8).

 Jesus se bepaling oor die huwelik (Markus 10:9; Lukas 16:18 & Matteus 19:6-9) word weereens bekragtig (v 10).

 Die huwelik tussen ‗n gelowige en ‗n ongelowige is nie teen God se wil nie. Die gelowige moet nie die verhouding beëindig nie, maar kan eers, indien die ongelowige dit wil, die huwelik tot niet maak (v 12 – 16). Die voortgang, al dan nie, van die verhouding het dus in die hande van die ongelowige gelê. Volgens Brown (1992:581) het Paulus die verpligting op die gelowige geplaas om die huwelik in stand te hou. Hy het hierin die belofte gesien wat aan heidene geleentheid gegee het om deel van God se volk te word:

―The consecration of such a mixed marriage by the believing partner is to be understood as a very real power, for here grace is stronger than the unbelief of the heathen partner. It is the means of bringing the children within the covenant relationship.‖ (Brown, 1992:581)

 Paulus het met eskatologiese gerigtheid geleef en om daardie rede, gelowiges nie aangemoedig om te trou nie, maar dit ook nie verbied nie (v 25-38). Brown (1992:181) verduidelik dat die gebruik hier van ―gamizō‖, op die vrymoedigheid dui wat ‗n pa of voog nog steeds kan hê om hul dogter vir haar bruidegom af te gee, al het Paulus gedink dit is beter om ongetroud te bly.

 Huwelike is bedoel om ‗n lewenslange verbintenis te wees en indien een huweliksmaat weggeval het, is ‗n volgende huwelik met ‗n gelowige toelaatbaar, maar nie die beste keuse nie (v 39-40).

Paulus het die mens se verhouding met God, vergelyk met ‗n huweliksverhouding. In Romeine 9:25 het hy die Hosea-verhaal aangehaal, waar Hosea sy kinders spesifiek moes vernoem het, om die ontrouheid van die volk te simboliseer. In hierdie gedeelte word die feit dat dit die genadige God is wat liefhet, ten spyte van die volk se dade, uitgelig. Paulus het sy jaloerse waak oor die gemeente geskets en ook die rede daarvoor gegee:

42

Ek waak oor julle met ‗n ywer wat van God kom, want julle is soos ‗n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus. (2 Korintiërs 11:2)

In sy brief aan die Efesiërs het Paulus in hoofstuk 5:21-32 die mooiste en duidelikste vergelyking getref tussen die verhouding van God met sy volk aan die een kant, en die huweliksverhouding tussen man en vrou aan die ander kant. Die misterie van die huwelik en ook God se verhouding met sy volk, het hier na vore gekom. Die verwysings word hier net genoem, maar word later bespreek.

Huweliksbasis

―Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.‖ (Efesiërs 5:21)  Huweliksrol van die vrou

―Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. 24Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.‖ (Efesiërs 5:22)

Huweliksrol van die man

Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. 25‖Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het‖. 28Die mans behoort

hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,

29

want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. (Efesiërs 5:23)

Rede vir die onderskeie verantwoordelikhede

Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, 27sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen 30omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is. (Efesiërs 5:26)

Herhaling van skeppingsdoel

Daar staan in die Skrif: ―Daarom sal ‗n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.‖ 32Hierin lê daar ‗n diep geheimenis

opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. 33Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ‗n vrou moet aan haar man eerbied betoon. (Efesiërs 5:31)

43

Volgens Van Wyk (1983:209) (met verwysing na Efesiërs 5:22-24), moes die verbondsverhouding tussen God en sy volk Israel, en dié tussen Christus en sy gemeente, as model gedien het vir die huweliksverhouding tussen man en vrou. Dit is ‗n verhouding van liefde en trou, van wederliefde en wedertrou.

―As die liefde die vreugdewyn is, dan is die trou die beker wat dit hou. Breek die beker stukkend dan vloei die inhoud weg. Neem die inhoud uit die beker, dan bly ‗n blote vorm oor.‖ (Van Wyk, 1983:210)