• No results found

Die nege hoofstrome tot die verryking van huwelike

4 Die uitdagings en strategieë ook binne die sosiale, pastorale en maatskaplike

4.4 Verskeie programme het vanuit die verskillende dissiplines ontwikkel met die oog

4.4.1 Die nege hoofstrome tot die verryking van huwelike

In die huweliksverrykingsmetodiek het ‗n verskeidenheid van leiers na vore gekom en elkeen het ‗n eie unieke aksent en inisiatief gebring vir die versterking van huwelike. Volgens American Values (2000:13-19) is die hoofstrome as volg:

Huweliksopvoedingsbewegings: Die hoofdoel van hierdie bewegings is om

168

Voorhuwelikse opleiding en egskeidingsvoorkomingsprogramme word aan kerklui, gesondheidswerkers, beraders, maatskaplike werkers, sielkundiges, lewensvaardigheidsopvoeders (skool) en selfs besigheidslui, aangebied en hulle word vaardig gemaak en toegerus om stabiele en bevredigende gesinne te hê. ‗n Groot rolspeler is die ―Coalition for Marriage, Family and Couples Education” (met Dianne Sollee as voorsitter) wat ook jaarliks ‗n ―Smart Marriages Conference” hou en deur meer as 1000 afgevaardigdes bygewoon word. In die proses word 400 huweliksopvoeders jaarliks deur hulle opgelei. In Utah, Minnesota en Virginia word huweliksopvoedingsprogramme deur die staat gesubsidieer. In Georgia het die skeihof begin om ‗n vier uur lange huweliksopvoedingsprogram aan te bied. Die weermag het begin om huweliksvaardigheidskursusse in elke basis landswyd aan te bied. In Texas word pare wat wil trou, verplig om eers ‗n voorhuwelikse kursus te deurloop.

Geloofsgebaseerde huweliksbewegings: Dit is ook vir die hoofstroomkerke belangrik

dat die kritiese, negatiewe huwelikstendense gestop moet word. Mike & Harriet McManus het met ―Marriage Savers” reeds 5500 kerklikes in 125 stede in die VSA opgelei. Die kursus was ‗n vier maande lange opleiding met voorhuwelikse, huweliksverrykings- en huweliksberadingsprogramme. Die fokus van hierdie programme is om aangetroude familie-ondersteuningsgroepe op die been te bring, om mentors op te lei sodat hulle verloofdes, pasgetroudes, en probleemhuwelike kan begelei. Op 6 April 2000 het die Nasionale Raad vir kerke, die Southern Baptist Convention, U.S Catholic Church en die National Association of Evangelicals begin saamwerk. Daar is ook in 1999 ‗n nie politiese, kerk gebaseerde ―Covenant Marriage Movement‖ deur 35 nasionale Christelike organisasies begin, wat 31 miljoen mense verteenwoordig het. Hulle het getroudes aangespoor om weer ‗n huweliksvernuwingsverbond met God te teken.

Universiteit-georiënteerde programme: Volgens Sollee (2000) is universiteite die

vrugbaarste omgewing vir navorsing en ontwikkeling. Die afgelope tyd het die verwoestende effek van egskeidings en buite-egtelike swangerskappe ‗n klomp geleerdes gemotiveer om daarop te reageer. Gedurende die laaste 30 jaar is programme saamgestel wat op kliniese teorie en -ondervinding en leerteorieë gebaseer is.

Voorlopers op die gebied van huweliksopleiding (Judith Wallerstein, Sara McLanahan, Linda J Waite en Maggie Gallagher) het saamgekom en die ―Council on Families‖ gevorm. In 1995 het hulle die verslag ―Marriage in America: A Report to the Nation‖ die lig laat sien en dit in 1997 opgevolg met ―State of our Unions: The Social Health of Marriage in America‖. In 1998 het ―The Ties that Bind: Perspectives on Marriage and Cohabitation‖ verskyn. Universiteite het ‗n stroom kursusse na vore gebring, van ‗n eendag- tot ‗n 20-uurformaat, met opleidingsmateriaal, handleidings, videomateriaal,

169

boeke, ens. Alles is gebaseer op die beginsel dat as huweliksmaats kan kommunikeer, mekaar kan leer ken, lewens- en verhoudingsdoele kan vasstel, konflik en verskille kan hanteer, sal liefde en bevrediging daarop volg.

Beweging vir vaders: Vanweë die belangrikheid van vaders binne gesinsverhoudings,

saam met die tendens van ‗n afwesige vader, het die ―Marriage Friendly Fatherhood Movement” ontstaan. Gedurende November 1998 het hulle hul eerste konferensie gehou, wat veral onder die Afrika-Amerikaners byval gevind het.

Skoolgebaseerde vaardigheidsbewegings: In 1998 het Florida die eerste staat

geword wat huweliks- en verhoudingsvaardighede in al die openbare en private skole geïmplementeer het. Soveel as 1000 skole in 35 state het begin om dit deel van die kurrikulum van skole te maak en lesings oor lewensvaardighede, gesinslewe, tienerswangerskappe en seksuele onthouding, te gee. Dit is veral hoërskole wat aandag kry en kinders geleer word wat dit behels en vra om ‗n gelukkige huwelik te hê. Die programme wat ontwikkel is, bevat handleidings, video‘s en DVD‘s en word regoor die VSA geïmplementeer.

Egskeidingswet-hervorming: In Rusland, Swede, later in die VSA en Oostenryk is die

wette aangepas om onbetwiste egskeidings te akkommodeer. Dit het behels dat daar geen onafgehandelde eis of klag teen ‗n skuldige party was nie, en is met die minimum regskostes afgehandel, omdat beide partye vooraf geskik het. In Louisiana en later in Arizona het die nuwe wet vir egpare wat wil skei, twee opsies voorgehou, naamlik ‗n onbetwiste egskeiding of huweliksberading. Daarmee saam het hulle ook die wagtydperk voordat die egskeiding toegestaan word, verleng – veral as daar kinders betrokke is, en natuurlik as die egskeiding betwis word. ‗n Nuwe regsinisiatief is om die volle implikasies van egskeiding aan die onderskeie partye deur te werk en om vaardigheidsontwikkeling te doen om sodoende ‗n tweede mislukte verhouding te probeer voorkom.

Die bydrae van die goewerneurs van die onderskeie state (In VSA): In 1999 het die

goewerneurs van Arkansas en Oklahoma verklaar dat hulle die egskeidingsyfer in hulle staat met 30-50% wil verminder. Hulle het geld beskikbaar gestel om geleenthede te skep waarby die gemeenskap se huwelike versterk kan word. Opleiding is aan maatskaplike werkers, verpleërs, opvoeders en beraders gegee. In Florida is begin om huweliksvaardighede as vak te doseer. In Texas is ‗n voorhuwelikse handleiding ontwikkel en aan al die voornemende troupaartjies beskikbaar gestel. Die staat Virginia het begin werk aan die vermindering van buite-egtelike swangerskappe met meisies in hulle vroeë twintigs as teikengroep.

Gemeenskapsbewegings: Gemeenskapsleiers (siviel, besigheid, kerklik, professioneel)

het bymekaargekom en riglyne begin opstel om voornemende huwelikspare vir die huwelik voor te berei, en hoe die gemeenskap egpare kan ondersteun sodat hulle

170

langdurige verhoudings kan hê. Die ―First Things First, Inc.‖ het begin om huweliksopvoeders op te lei, kerke te mobiliseer en selfs landdroste en regters het opdrag gekry dat hulle huwelikspare eers vir egskeidingsmediasie moet stuur waar versoening dalk nog kan plaasvind, voordat hulle ‗n egskeiding mag toestaan. Eenstop- familiesentrums is by kerke, winkelsentrums, sinagoges en skole op die been gebring om op die manier die sosiale ondersteuningsnetwerk so sterk moontlik te maak.

Staatsgeoriënteerde inisiatiewe: In 2000 het die Visepresident van die VSA saam met

George Bush (jr.) met voorstelle gekom om huwelike te ondersteun. Hulle het finansiële ondersteuning moontlik gemaak om huweliksgeoriënteerde waardes te ondersteun en huwelike aan te moedig, dubbel ouerskap te bevorder en buite-egtelike swangerskappe te ontmoedig. Geld is ook bewillig vir navorsing om meer akkurate data rondom huwelike en egskeidings te bekom.

Op grond van al die werk en inisiatiewe, netwerke en pogings, is die volgende vyf sake hoog op elke groep se agenda:

 Ondersteunende huwelike (nie net neutrale) word die doel wat nagejaag word.  Die spesiale status van die huwelik moet gerespekteer word.

 Huwelike en ouerskap moet weer onlosmaaklik aan mekaar gebind word.

 Huweliksmaats moet nie deur belastingwette of werksetiket gedwing word om indiwidualisties te leef nie, hulle moet ook toegelaat word om verantwoordelike ouers te wees.

 Bevorder huwelikspermanensie en moedig egpare aan om bevredigende huweliksverhoudings te hê.

‗n Bemoedigende gedagte is dat American Values (2000:5) tog berig dat agt uit tien hoërskoolmeisies meen dat om ‗n goeie huwelik en gesinslewe te hê, baie belangrik is. Meer as twee uit drie jong Amerikaners stem saam dat wanneer ouers skei, die kinders permanente emosionele probleme ontwikkel.

4.4.2 „n Samevatting van die hooftemas wat tydens bogenoemde verrykingsprogramme hanteer word

Wat tydens huweliksverrykingseminare behandel moet word, wissel van program tot program en van aanbieder tot aanbieder. Daar is na verskillende perspektiewe uit hierdie verrykingsprogramme gekyk wat waardevolle bydraes kan lewer tot die saamstel van noodsaaklike kursusinhoud. Dit word as volg saamgevat:

171

Volgens Noval et al. (1996:47) is huweliksverryking ‗n bewuswording van elke huweliksmaat se eie behoeftes en verwagtinge asook dié van sy/haar maat, die verbetering van kommunikasie, die opbou van probleemoplossende en onderhandelingsvaardighede en die verhoging van algehele huweliksaanpassing. Huweliksverrykingsprogramme fokus op die aanleer en verbetering van kommunikasievaardighede, besluitnemingsvaardighede, konflikhantering, kameraadskapsverhouding, wedersydse ondersteuning en die opstel van doelstellings en doelwitte.

Hunt et al. (1998:171) haal Luquet aan wat in sy 12-puntplan vir egpare tog dink dat dit belangrik is om oor dialoog en kommunikasievaardighede, indiwiduele ontwikkeling, slegte kinderjare, verbeelding en empatie, herromantisering van die huwelik, herstrukturering van frustrasies en die oplossing van woede te gesels.

Prinsloo (2001:81) beweer die meeste huweliksverrykingsprogramme behels eksperimentele werkswinkels wat kommunikasievaardighede, probleemoplossing, konflikhantering, persoonlike ontwikkeling, seksualiteit, verhoging van intimiteit en klassifisering van waardes beklemtoon.

Van Staden (1991:14) lig twaalf funksioneringsareas uit, naamlik: die gesin van herkoms, selfkonsep/selfbeeld, seksualiteit, rolvervulling en rolverwagtinge, persoonlikheidsaspekte, kommunikasie, konflikhantering, persoonlike en gesamentlike groei, ouerskap, finansies, skoonouers en geloofsverskille. Om ‗n kameraadskapshuwelik ‗n kwaliteit huwelik te maak, moet wedersydse aantrekking, eerlikheid, ware intimiteit, liefde, empatie en begrip ‗n prominente rol speel.

Hunt et al. (1998:17) maak dit duidelik dat daar gedurig veranderende behoeftes en begeertes is en dat aanpassende reaksies gedurigdeur daarop plaasvind. Elke huweliksmaat moet egter gelyke verantwoordelikheid neem vir die balans tussen outonomie en interafhanklikheid ter wille van die sukses van die verhouding.

Bonds-Raacke et al. (2001:180) het in ‗n studie gevind dat die gewilde onderwerpe by huweliksgesprekke oor kommunikasie, waardes, vriende, skoonfamilie, rolle konflik, geloof, opvoedingspeil, beroepe en beroepsbevrediging, tydperk van huwelike, ouderdomme, hoeveelheid kinders, seks rolle, spanning, vryetyd spandering, finansiële bestuur en persoonlikhede gaan.

172

Volgens Pines (1996:40-42) is die volgende nodig om te voorkom dat ‗n huweliksverhouding ―uitbrand‖: Variasie, waardering en respek, geleenthede vir selfaktualisering, toewyding aan mekaar, ‗n effektiewe kommunikasiesisteem en kreatiewe gebruik van konflik.