• No results found

Enkele voorbeelde van hoe Ou-Testamentiese huwelike seremonieel gesluit is

2.3 Die bedoeling van die huwelik as Godgeskepte verhouding (verledeverhaal)

2.3.2 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die huwelik

2.3.2.3 Enkele voorbeelde van hoe Ou-Testamentiese huwelike seremonieel gesluit is

2.3.2.3.1 Oorsig oor die rituele en seremonies wat tydens die huweliksluiting tussen Isak en Rebekka plaasgevind het (Genesis 24)

Die soek van „n huweliksmaat by eie familie / stam

―As u nou u verantwoordelikheid as familie teenoor my eienaar wil nakom, sê my dan. As u weier, sê my dit sodat ek kan omdraai, waarheen ook al.‖ 50Toe

antwoord Laban en Betuel: ―Wat gebeur het, is van die Here. Ons het vir jou daaroor niks te sê nie‖. (Genesis 24:49)

31

Onderhandeling en oorhandiging van die bruidskat

Rebekka is hier by jou. Vat haar saam en gaan terug. Sy moet die vrou word van

die seun van jou eienaar. Dit is wat die Here gesê het.‖52

Toe Abraham se slaaf hoor wat hulle sê, het hy diep voor die Here gebuig. 53Daarna het die slaaf silwer- en goue goed en klere vir Rebekka gegee, en ook duur geskenke vir haar broer en haar ma. 54Toe het die slaaf en die mense wat by hom was, geëet en daar oornag. Die volgende môre het hulle opgestaan en toe sê hy: ―Laat my vertrek na my eienaar toe.‖ 55Rebekka se broer en haar ma het egter gesê: ―Laat die dogter

nog ‗n dag of tien by ons bly en dan kan sy gaan.‖ 56Maar die slaaf het hulle geantwoord: ―Moet my nie ophou nie. Die Here het my in my doel laat slaag. Laat my gaan sodat ek na my eienaar toe kan gaan.‖ (Genesis 24:51)

Instemming van bruid word ook gevra

Hulle het geantwoord: ―Kom ons roep die dogter en vra haar wat sy verkies.‖

58Hulle het vir Rebekka geroep en vir haar gevra: ―Wil jy saam met hierdie man

gaan?‖ Sy het geantwoord: ―Ja!‖ 59Hulle het hulle suster Rebekka en die vrou wat

haar grootgemaak het, saam met die slaaf van Abraham en sy mense laat gaan. (Genesis 24:57)

Die bruid se familie het haar geseën

Hulle het vir Rebekka met seënwense gegroet en vir haar gesê: ―Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word, mag hulle die stede van hulle vyande verower!‖ (Genesis 24:60)

Die bruid verlaat haar ouerhuis

Toe het Rebekka en haar slavinne op die kamele geklim en agter die man aan gegaan. Hy het haar saamgevat en hy is terug huis toe. 62Isak het van Lagai-Roï- fontein af gekom. Hy het destyds in die Suidland gewoon. 63Hy het teen die aand se kant in die veld gaan stap en toe sien hy meteens kamele aankom. 64Rebekka het vir Isak gesien en van die kameel afgespring 65en vir Abraham se slaaf gevra: ―Wie is die man wat daar oorkant in die veld na ons toe aankom?‖ Die slaaf het geantwoord: ―Dis my eienaar.‖ Toe vat sy haar sluier en trek dit oor haar gesig. (Genesis 24:61)

Die huwelik is gesluit

Die slaaf het vir Isak alles vertel wat gebeur het, en 67Isak het vir Rebekka in die tent van Sara, sy ma, laat woon en met Rebekka getrou. Sy was sy vrou en hy het haar liefgehad. So is Isak vertroos ná sy ma se dood. (Genesis 24:66)

32

2.3.2.3.2 Oorsig oor die rituele en seremonies wat tydens die huweliksluiting tussen Jakob en Lea asook tussen Jakob en Ragel plaasgevind het (Genesis 29)

Familie soek familie op

Toe hy hoor dat Jakob sy susterskind is, het hy na hom toe gehardloop, hom omhels en gesoen. Laban het hom na sy huis toe gevat, en toe vertel Jakob hom alles. 14Laban het geantwoord: ―Dis reg. Jy is bloedfamilie!‖ (Genesis 29:13)

Onderhandeling vir die bruidsprys

Nadat Jakob ‗n maand lank by hom gebly het, 15het Laban vir Jakob gesê: ―Jy is familie,

maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. Sê vir my wat moet ek jou betaal.‖ 16Laban het twee dogters gehad. Die oudste was Lea en die jongste Ragel. 17Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was mooi gebou. Sy was beeldskoon. 18Jakob

het haar liefgehad en hy het vir Laban gesê: ―Ek sal sewe jaar vir u werk vir u jongste dogter Ragel.‖ 19Toe sê Laban: ―Goed! Ek sal haar liewer met jou laat trou as met enige

ander man. Bly hier by my.‖ 20Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel, en dit was vir

hom soos ‗n paar dae, want hy het haar liefgehad. 21Daarna het hy vir Laban gesê: ―Gee my nou my vrou. Die tyd is verby. Ek wil nou met haar trou.‖ (Genesis 29:14)  Die bruilofsfees

Laban het al die mense van die omgewing bruilof toe genooi, 23maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring, en hy het met haar gemeenskap gehad. 24Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea as persoonlike slavin saamgegee. 25Die môre sien Jakob toe dis al die tyd Lea. Toe vra hy vir Laban: ―Wat het u my aangedoen? Het ek nie by u gewerk vir Ragel nie? Waarom het u my bedrieg?‖ (Genesis 29:22)

Jongste trou nooit voor die oudste nie

Laban het geantwoord: ―By ons is dit nie die gebruik dat ‗n mens jou jongste dogter voor die oudste laat trou nie.‖ (Genesis 29:26)

Huweliksfees duur sewe dae (Sien ook Rigters 14:17)

―Wag net hierdie week, dan gee ek die jongste ook vir jou as jy nog sewe jaar by my sal werk.‖ 28Jakob het ingestem en daardie week gewag. Toe gee Laban sy dogter Ragel

vir hom as vrou. 29Laban het sy slavin Bilha vir sy dogter Ragel as persoonlike slavin saamgegee.‖ (Genesis 29:27)

33