• No results found

Die huwelikseremonie as godsdienstige en gemeenskapsritueel

2.3 Die bedoeling van die huwelik as Godgeskepte verhouding (verledeverhaal)

2.3.2 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die huwelik

2.3.2.2 Die huwelikseremonie as godsdienstige en gemeenskapsritueel

In die Ou Testament was die huweliksluiting uitsluitlik ‗n familie-aangeleentheid. Die gebruik het volgens Vir die Erediens (2007:139) wel ontstaan om ‗n skriftelike ooreenkoms vas te stel. De Vaux (1980:33) maak dit duidelik dat ‗n Israeliese huwelik ‗n siviele aangeleentheid was en deur ‗n kontrak bepaal is. Dit was nie deur ‗n godsdienstige rite gewettig nie.

―We hebben gezien dat God Zelf as partner in het huwelijkscontract voorop gesteld word, maar toch vinden we in het ceremoniële gedeelte van de huwelijksvoltrekking geen religieuze handelingen.‖ (Lemmens & De Vriese, 1999:47)

Volgens Lemmens & De Vriese (1999:49) word huweliksaangeleenthede burgerlik en juridies hanteer, deurdat enige geskille eerder deur burgerlike instansies as deur geestelike instansies hanteer word. Bovermelde skrywers verwys na die gebeure rondom Boas en Rut waar Boas sy lossingsreg by die oudstes van die stad gaan kry het, voor hy Rut as vrou geneem het. Die kontrakgedagte word as volg uitgelig:

―Verlaten, aanhangen en tot één vlees worden wordt ons in de Bijbel gepresenteerd als een contract met drie partijen. De bruidegom, de bruid en God Zelf verbinden zich in een contract dat gesloten wordt met de hele gemeenschap als getuige.‖ (Lemmens & De Vriese, 1999:49)

De Vaux (1980:33) ondersteun die juridiese standpunt en gaan verder deur daarop te wys dat skeibriewe reeds opgetrek is voor die Uittog (Deuteronomium 24:1-3 & Jeremia 3:8) en dit vreemd sal wees as daar gedurende daardie tyd dus nie ook huwelikskontrakte was nie.

28

Huweliksverklarings het voorgekom, so het die Here dit ook volgens Esegiël gedoen toe Hy die volgende gesê het:

8Toe Ek by jou verbykom en sien dat jy volwasse begin word, het Ek jou onder

my sorg geneem en vir jou klere aangetrek. Ek het My met ‗n eed aan jou verbind en met jou ‗n verbond aangegaan, sê die Here my God. Jy het Myne geword. (Esegiël 16:8)

Godsdienstige begrippe soos ―bruid van belofte (berít)‖ word dus soms gekoppel aan die huwelik, maar De Vaux (1980:33) stel dit duidelik dat dit die uitsondering is, omdat daar verskeie huwelikskontrakte gevind is wat reeds vyf eeue v.C. dateer.

―The formula pronounced at marriage is given in the Elephantine contracts, which are made out in the name of the husband: ‗She is my wife and I am her husband, from this day for ever‘.‖ (De Vaux, 1980:33)

Die vrou het geen verklaring gemaak nie. In ‗n geskrif (kontrak) wat in die woestyn van Juda gevind is, en twee eeue n.C. opgestel is, vertel De Vaux (1980:33) verder, het daar net gestaan: ―Jy is my vrou‖. Lemmens & De Vriese (1999:48) wys daarop dat die huwelik eerstens as ‗n sosiale en dan as ‗n juridiese aangeleentheid beskou is, deur na die Rut- verhaal (Rut 3 en 4) te verwys. Boas is na die poort van die stad waar hy tien van die oudstes bymekaargeroep het en die lossersreg uitgeklaar is. Die naaste familielid het van sy reg en verantwoordelikheid teenoor Rut afstand gedoen. Hy het sy een skoen uitgetrek (Deuteronomium 25:9) en aan Boas gegee (Rut 4:7-8) en Boas is as losser aangewys. Almal is as getuies geroep dat Boas vir Rut as vrou gekry het.

Die terme ―huwelik‖ (gameō) en ―fees‖ (gamos of mišteh) kom volgens Brown (1992:576) selde in die Septuagint (LXX) voor en ons lees slegs in Genesis 29:22 en Ester 2:18 & 9:22 daarvan. Die Ou-Testamentiese wette het geen voorgeskrewe vorm vir ‗n huwelikseremonie gehad nie. Lemmens & De Vriese (1999:46) het tussen die huwelik as instelling en die huwelikseremonie onderskei. Die huwelik as instelling is onveranderlik en niks kan daarby gevoeg of weggelaat word.

―Het is door God ingesteld en vasgesteld, en staat als zodanig buiten en boven de cultuur. Het is niet gebonden aan, of beïnvloed door tijd en plaats. … De ceremonie die het huwelijk omringt is daarenteen zeer cultureeld bepaald.‖ (Lemmens & De Vriese, 1999:46)

29

Lemmens & De Vriese (1999:47) het die hooflyne van instelling en instansie skematies as volg saamgestel:

Tabel 2.1 Die huwelik as instelling

Verlaat Aanhang Word een vlees

Die huwelikseremonie

Verlowing Bruidsprys Huweliksgeskenke

Bruilofsfees

Voltrekking van die huwelik Bruid gesluierd gedurende eerste nag

Bewys van maagdelikheid

Volgens De Vaux (1980:33) was die huwelik wel ‗n geleentheid van feesvieringe. Die huwelikseremonie het volgens Vir die Erediens (2008:139) begin met die feestelike optog van die bruidegom en sy vriende oppad na die huis van die bruid se ouers.

Al is daar nie ‗n vaste voorgeskrewe huwelikseremonie nie, skets Brown (1992:578) aan die hand van Genesis 29 ook ‗n mate van volgorde:

 Die bruid se pa hou die huweliksfees waartydens hy sy dogter aan die bruidegom oorhandig. Op hierdie manier word hulle eenheid volledig.

 Die huweliksfees kan sewe en selfs veertien dae lank duur. (Alles hang ook af van die finansiële vermoë van die bruid se ouers.) (Rigters 14:12)

 Die huwelikspaar bekragtig hul verhouding met ‗n eed.  ‗n Seën is uitgespreek.

 Daar word volgens Numeri 12:1 en 1 Kronieke 2:21 ‗n vaste verklaring gemaak waar die man vir die bruid sê: ―Ek neem jou as my vrou.‖

 Daar is gewoonlik ‗n seremonie waar die bruid van haar ouerhuis af begelei word na die huis van die bruidegom of die bruidegom se vaderhuis (Psalm 45:16) en liefdesliedere is gesing (Jeremia 16:9). So ‗n lied het in Psalm 45 behoue gebly:

9Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere; musiek uit u

ivoorversierde paleis maak u bly. 10Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele, en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir.

11Luister, dogter, luister goed: neem afskeid van u volk en u familie, 12want u skoonheid bekoor die koning. U behoort aan hom, u moet

hom eer. 13Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke. 14In louter prag staan die koningin daar in haar kleed van goudbrokaat; 15in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei; sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u

30

toe gebring. 16Onder uitbundige vreugde word hulle ingelei, betree hulle die paleis van die koning .

 Die bruidegom word ook deur sy vriende bygestaan. Hy gaan sy bruid tegemoet en gedurende hierdie optog is daar sangers of musikante en fakkeldraers wat hom vergesel.

 Die bruid (saam met haar vriendinne) wag die bruidegom in en nadat hulle ontmoet het, neem hy haar terug na sy huis toe.

 Die nuutgetroude bruidegom word vir ‗n jaar lank van enige militêre diens verskoon. Die huwelik was ‗n feesgeleentheid van vreugde en blydskap en die hoofseremonie het begin wanneer die bruid by die bruidegom se huis aangekom het. Volgens De Vaux (1980:33) het die bruidegom versierde klere (selfs ‗n kroon) gedra en hy is vergesel deur sy vriende, wat met hulle tamboeryne in die hand, saam na die bruid se huis geloop het. Die bruid was duursaam geklee en met juwele behang (Psalm 45:14-15 en Jesaja 61:10) en gesluier. Hierdie sluier is eers in die huwelikskamer afgehaal. Dit verklaar hoekom Rebekka haar dadelik gesluier het toe sy vir Isak gesien het (Genesis 24:65) en Jakob nie geweet het hy met Lea getroud is nie (Genesis 29:23-25). Gedurende die prosessie na die bruidegom se huis, berig De Vaux (1980:34), het die bruid soms ‗n swaard voor haar gehou en soms selfs ‗n sabeldans gedoen.

Die groot huweliksfees, volgens De Vaux (1980:34) met die uitsonderings by Genesis 29:22 en Rigters 14:10, het by die bruidegom se ouerhuis plaasgevind. Hierdie fees het gewoonlik sewe dae lank geduur en soms selfs 14 dae. Die huwelik is egter op die eerste nag gesluit. (Genesis 29:23) As simbool van reinheid en die bruid se maagdelikheid, is die bloedbevlekte laken as bewys gebêre om enige beskuldigings in die toekoms te besweer. (Deuteronomium 22:13-21)