• No results found

Die voorkoms van seën in die Ou Testament

2.7 Die Wese en funksionering van die Christelike gesin as Godgeskepte ruimte vir die

2.7.3 Ou-Testamentiese gebruike, seremonies en rituele ten opsigte van die gesin

2.7.3.5 Die voorkoms van seën in die Ou Testament

Die oorsprong van die seën, volgens Brown (1992:207), kom uit voor-Israelitiese tye en is met towerkunste verbind. Seën (bārak) het ‗n ingeboude, selfhandhawende, seënryke krag gehad wat van een na ‗n ander oorgedra kon word en het in kontras gestaan met die destruktiewe krag van vloeke. Seëninge het veral voorgekom in die verhale van die aartsvaders. Brown (1992:207) het ‗n paar elemente van seëninge uitgelig, naamlik:

 Die uitvoering van die seën gaan met woord en daad gepaard. Die woorde het inherente krag en ‗n toekomsperspektief. Die aksies daarmee saam het simboliese betekenis. Deur fisiese kontak is die seënryke krag oorgedra met handoplegging (Genesis 48:13), of deur net die hande op te lig (Eksodus 17:11), of deur ‗n kus of omhelsing (Genesis 48:10), of

62

deur ‗n kleed aan te raak (2 Konings 2:13), met ‗n staf (2 Konings 4:29) of om die hand onder die heup te plaas. Die persoon wat die seën gaan uitspreek, het eers ‗n maaltyd genuttig om die seën kragtig te maak.

 Die uitgespreekte seën werk onvoorwaardelik en is onherroeplik. Dit is permanent en kan nie teruggetrek word of oneffektief gemaak word nie. (Genesis 27:33; 2 Samuel 7:29)

 Die seën het nie ‗n oorspronklike plek binne die heilige konteks van die kultus nie, maar het binne familiebande of verwantskappe plaasgevind.

 Daar is verskillende geleenthede vir die uitspreek van seën. Die algemeenste vorm van seën kom voor in die groet- en totsiens- geleenthede. (Genesis 27:7) ‗n Seën is gewoonlik tydens ‗n lewenshoogtepunt uitgespreek, soos by geboorte (Rut 4:13 & Lukas 2:34), by ‗n huwelik (Genesis 24:60) en by die dood. (Genesis 48:1 & 49:28) So kom daar ook geleenthede waar ‗n erfgenaam geseën word, waar die patriarg, hoof van die familie sy mag oordra aan die eersgeborene voordat hy gesterf het. (Genesis 27:1 & 48:1)

 Jahweh was die eintlike Een wat seën kon uitspreek, maar dit was ook die voorreg en verantwoordelikheid van die biskoppe, profete en konings. Konings se tussengangerrol was nooit prominent nie, maar hulle het tog die volk met welstand en vrede geseën. Enigeen mag ‗n seën of ‗n vloek uitgespreek het, maar sommige mense het spesiale mag ontvang om dit te doen. So lees ons van Bileam (Numeri 22), leiers soos Josua (Josua 6) en Melgisedek (Genesis 14) en later die profete en Levitiese biskoppe. (Numeri 6:24-26) Hierdie Aäronitiese seën het die vyf dele van ‗n antieke seën gereflekteer, naamlik: (1) bewaring, (2) redding, (3) die betoning van genade, (4) verhoring van gebede, en (5) die skenk van vrede.

 Die seën gedurende die vroeë tye het ‗n dubbele karakter gehad. Die invloedryke kon ‗n onderdaan seën (Melgisedek vir Abraham in Genesis 14) en die onderdaan kon weer die invloedryke seën (Jakob vir die Farao in Genesis 47). So reageer die mens dikwels op ‗n godheid se seën deur hom terug te seën en so sy krag te erken met ‗n loflied.

 Die aard van seën lê in die oordrag van seënryke krag wat mans vrugbaar maak, (Genesis 24:34-36) en vee laat aanteel en lande vrugbaar maak. (Genesis 30:25) Seëninge werk vertikaal in die opeenvolging van geslagte (soos aangedui deur die verskeie geslagsregisters) en horisontaal beïnvloed dit vrede, veiligheid teen vyande, goeie geluk vir die indiwidu en of stam/volk.

 Die oorspronklike konsep van ‗n seën wat kultus en teologie te bowe gaan, kry ons in die komplot van Jakob wat sy broer se seën wou steel.

 Seën by die gewone mense handel oor die aardse voorspoed en die wel en weë van die mense, (Numeri 24) terwyl dit by die profete oor die belofte tot verlossing gaan.

63

 Seëninge wat tydens aanbidding en gemeenskapsbyeenkomste uitgespreek is, is vir almal bedoel. Ook is die seën van Genesis 1:22, 28 (wees vrugbaar, vermenigvuldig en vul die aarde) bedoel vir alle volke tale en mense.

 Seëninge het ‗n belangrike funksie in Israel se aanbiddingsgeskiedenis gehad. Die tempel was ook die heilige plek vir ware mediasie van seën vir die volk en die land. Die volk het gewoonlik daarop gereageer met ‗n lofprysing.

 Jahweh het soms deur die skerpsinnige raad van ‗n wyse man, iemand anders geseën.  Deur die Job-verhaal leer ons ook dat seën nie net vir die huidige bedoel word nie, maar

ook in die toekoms (eskatologies) eers kan realiseer.

 Die oorspronklike voorbeelde van seën is in die boek Tobit opgeteken. Hierdie verhale fokus veral op die patriarge se verhale en die seën van hulle kinders (Tobit 5:16; 7:7; 9:6 en 10:12) en wegstuurseën. (Tobit 7:6; 10:12)

 Die Jode het ook die gebruik om voor en na ete die seën te vra. Hulle bepaling in die Mishna (Ber 35a) bepaal dat dit vir die mens verbode is om enigiets van die wêreld te gebruik sonder ‗n seëning/gebed.

 Uit die geskrifte van Qumran het die volgende seën gekom, naamlik: ―Mag Hy (Jahweh) jou met al die goeie dinge seën en jou van alle kwaad beskerm en jou hart so verlig dat jy die lewe kan verstaan en jou, in sy genade, ewige kennis skenk. Mag Hy sy goedgesinde aangesig tot jou rig sodat dit vir ewig met jou goed sal gaan.‖

2.7.4 „n Oorsig oor die Nuwe-Testamentiese wortels ten opsigte van die wese, doel en funksie van die gesin

Net soos by die Ou Testament het die Nuwe-Testamentiese gesin uit ‗n man, vrou, kinders en die slawe bestaan. Die man van die huis was steeds die een wat namens sy gesin besluite geneem het. (Handelinge 10:2; 16:32-34; 18:8) Die gesin-gedagte is egter uitgebrei om kerke (wat van huis tot huis vergader het) ook in ‗n uitgebreide gesinstruktuur te akkommodeer. Jesus het nie die familie-opset in Matteus 10:35 afgebreek nie, maar ‗n nuwe hiërargiese orde aangekondig. Waar verlossing in die verlede deur die familieband en volksverband geloop het, het dit drasties verander (Lukas 14:26 & Markus 10:29) na ‗n verhouding met die Vader deur Jesus die Christus. (Matteus 23:9-10) Paulus het selfs vir Timoteus (1 Timoteus 5:1) aangemoedig om die lede van die gemeente as sy eie familie te beskou. Gesinsbande het nuwe dimensies gekry:

―Luke does not promise that the old family will be replaced, but Jesus claims as his family those who listen to and keep the word of God.‖ (Seim, 1998:244)

64