• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

YU! UBESIT5 YA EOK«E.BOPHIRI(M HOOROWtS-WIIVERSITEIT

3.8.5 Voordele van kleingroepe 1 Spiritualiteit

Kleingroepe bied 'n potensiele antwoord virdie ware Bybelse spiritualiteit in hierdie tyd en situasie (Oostenbrink & Lotter, 1999:27).

Oostenbrink (1996:59v) stel in 'n hoofstuk ondersoek in op watter wyse kleingroepe spiritualiteit kan fasiliteer om sodoende bepaalde behoeftes van die hedendaagse mens relevant en tot eer van God aan te spreek.

"Spiritualiteit" is die gangbare woord vir belewing en uitlewing van iemand se Christenskap. "Gereformeerde spiritualiteit beskryf hoe gelowiges in die teenwoordigheid van God, in

gemeenskap met Horn en medegelowiges as getuies in hierdie wereld lewe" (Oostenbrink & Lotter, 1999:14,15.)

Gereformeerde spiritualiteit fokus op die volgende (Oostenbrink & Lotter, 1999:15): Die hele lewe in die kragveld van die Here se teenwoordigheid (coram Deo). Uit hierdie sentrale dimensie is daar drie uitvloeisels:

• Luisterende en aanbiddende gemeenskap met God; • Liefdesgemeenskap met medegelowiges;

• Die gelowige se nuutgemaakte lewe as getuienis in hierdie wereld.

By kleingroepe gaan dit veral oor gelowiges se liefdesgemeenskap met mekaar.

ifiti

VtMBESro YA COKaC-SOMffiftU IIOOBOWES.U) KVERSITOT

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

Volgens Oostenbrink & Lotter (1999:17; Carstens, 2006) gaan ware kerkwees oor gemeenskap, oor liefdevolle verhoudinge. Koinonia is die praktiese uitlewing van die mens se verhouding tot God en sy verhouding tot sy naaste. Die diepste fundering van die koinonia word in God self gevind. Dit word veral gevind in God se openbaring van Homself as drie Persone in Een Wese (Gen. 1 :26; Joh. 17; 2 Kor. 13 : 13 en Ef. 2 : 18). Die basis van ware koinonia word dan in God gevind. Die basis van ware koinonia tussen God en mens word gevind in God se

versoeningsdaad in Christus. Die koinonia werk ook deur om tussen mens en mens beleef te word. Dit word sigbaar in menslike verhoudinge en veral in die klein kring waar aanvaar kan word en liefgehe kan word (Oostenbrink & Lotter, 1999:18). Kleingroepbediening binne die gemeente sou onder die bedieningsgestalte van "gemeenskap van die gelowiges (koinonia)" resorteer. Kleingroepe in gemeentes wat dinamies en in getalle en geestelik groei, vorm 'n belangrike deel van gemeentestrategie (Nel, 1994, soos na verwys deur Oostenbrink & Lotter, 2002:544). Icenogle (1994:) stel dat waar daar nie gemeenskap is nie, daar nie bediening kan wees nie en waar daar geen bediening is nie kan daar ook nie gemeenskap wees nie. Koinonia is volgens

Kirkpatrick (1995:6) 'n "evangelizing fellowship". Dit beteken dan lewe vir jouself en vir ander. So 'n groep is 'n aantreklike eenheid vir diegene wat buite staan. Liefde vir mekaar is tot die voordeel van diegene in die kerk en trek die wat buite staan aan (Kirkpatrick , 1995:6; vgl. Hand. 2 : 47). Die "mekaar" opdragte van Paulus word volgens Oostenbrink & Lotter (1999:19) deur Gene Getz in twaalf aktiwiteite saamgevat:

• Wees mekaar se lede;

• Wees toegewyd aan mekaar;

• Betoon teenoor mekaar eerbied en respek; • Wees eensgesind teenoor mekaar;

• Aanvaar mekaar; • Vermaan mekaar; • Groet mekaar; • Dien mekaar;

• Wees geduldig met mekaar; • Dra mekaar se laste;

• Wees aan mekaar onderdanig; • Bemoedig mekaar.

Spiritualiteit vind nie in 'n lugleegte plaas nie. Die historiese en kulturele konteks waarbinne 'n geloofsgemeenskap lewe, het 'n invloed op die ontplooiing van hulle spiritualiteit. Oostenbrink

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes ■ H i l l IWUm-wKTUMMEMtrv 1 6 3

■ ■ ■ ■ ■ VUHI8ESmYAeOK0ME-E-jPH!RJiA4

(1996:60 - 74) onderskei faktore in die bree samelewing, faktore binne die kerk en faktore van die hedendaagse mens se psigologiese ingesteldheid.

Een van die redes waarom mense probleme ondervind om in die tradisionele kerkopset

spiritualiteit te beleef, is omdat mense se mensheid en hulle sosiale- en emosionele behoeftes buite rekening gelaat word (Oostenbrink & Lotter, 1999:21). As die behoeftes nie aangespreek word nie, word die kerk as liefdeloos beleef en God as ver beleef. "Toegepas op die kleingroep beteken spiritualiteit dat 'n groepie gelowiges bymekaarkom in die teenwoordigheid van God. Hulle beleef die Here se teenwoordigheid daar in die kleingroep deur mekaar se liefde en praktiese omgee" (Oostenbrink & Lotter, 1999:21.) Volgens Cartens (2006) lei koinonia tot diakonia (diens).

Oostenbrink & Lotter (1999:27) bespreek vyf redes waarom kleingroepe werk. Hierdie redes verteenwoordig geestelike en emosionele behoeftes:

• Kleingroepe skep ruimtes om na God te luister; • Dis 'n ruimte vir geloofsgemeenskap(koinonia); • Dit kan sosio-emosionele behoeftes aanspreek;

• Dit kan funksioneer as oop kanale na - en vir die wereld.

• 'n Potensiele antwoord vir die ware Bybelse spiritualiteit in hierdie tyd en situasie.

Ten opsigte van 'n hulp in die pastorale bediening van die plaaslike kerk in situasies van nood is die volgende belangrik:

• Die aanspreek van sosio-emosionele behoeftes deur 'n kleingroep;

• Die funksionering van die kleingroep as oop kanaal na - en van die wereld;

• Die kleingroep as potensiele antwoord vir die ware Bybelse spiritualiteit in hierdie tyd en situasie.

3.8.5.2 Die aanspreek van sosio-emosionele behoeftes deur die kleingroep

Carstens (2006) noem dat groeplede mekaar kan help om hulle gawes (charismata) te ontdek. Die gawes en indiensstelling ontwikkel binne die groep en daar kan hulle mekaar dien.

Binne die groep vind daar genesingsprosesse plaas deur begrip en verstaan. Daar kom herstel van seerkry deur luister en begeleiding. Groeplede dra mekaar se laste deur moeilike tye veral deur emosionele bystand.

Die grootte van die kleingroep en die persoonlike aanslag daarvan, help dat mense en hulle sosiale- en emosionele behoeftes raakgesien en aangespreek kan word. Dit lei daartoe dat die

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVYVigs-geaffekteerdes

164

Y U M B C S m YA BOKCaCBOPHIRUSA IIOOROWES-U IOTRSITEIT

geloofsgemeenskap (kleingroep en gemeente) as warm en lewend beleef word met God as naby. In sulke omstandighede is koherente gesondheid moontlik (eie opmerking). Mense word in sulke omstandighede emosioneel heel en geestelik gesond (Oostenbrink & Lotter, 1999:30,31).

3.8.5.3 Die funksionering van die kleingroep as oop kanaal na - en van die wereld

Dit is noodsaaklik vir gelowiges, kleingroepe en gemeentes om uit te deel. Wanneer net ontvang word en nie gegee of uitgereik word nie, raak mense geestelik dood.

Volgens Oostenbrink & Lotter (1999:31) kan kleingroeplede binne die konteks van die kleingroep mekaar help om in hulle alledaagse lewe Christenskap in woord en daad uit te leef. Wanneer die kleingroep 'n gerigtheid na buite het, kan hulle mekaar help om die behoeftes in die samelewing raak te sien en dienend en getuigend betrokke te raak.

Die kleingroep dien as hawe om nuwe bekeerlinge te ontvang. Ongelowiges kan nadergetrek word, sodat hulle in die netwerk van liefdevolle verhoudings van God se liefde bewus word.

Om as gelowiges in die wereld staande te bly, het God gelowiges aan mekaar gegee om mekaar in diepgaande verhoudinge aan te moedig en te versterk asook mekaar toe te rus en vir mekaar te bid (Heb. 10 : 24 - 25; Ef. 6 : 18 - 20; Hand. 4 : 23 - 31). Gelowiges moet mekaar se

omstandighede ken en met vrymoedigheid met mekaar daaroor praat (Oostenbrink & Lotter, 1999:31).

3.8.6 Die kleingroep as potensiele antwoord vir die ware Bybelse spiritualiteit in