• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

ISI YUJIJBES1TI YA BOKOHE.BOPHIRIM HWSHWEST UMIVKITV HOOROWM-UHtVEISITOT

3.6.11 Dood van versorgdes waar verligting ervaar word

Na my mening het dood 'n definitiewe invloed by substituutversorgers van MlV/Vigs- geaffekteerdes. Dit geld bv. waar 'n grootouer/s kleinkinders moet versorg en intussen deur afhandeling van rousmart moet kom. Daarom dat die volgende ingesluit word:

Aneshensel et al. (2004:422) veronderstel dat oorgang na 'n versorgersrol die begin kan wees van 'n nuwe lewensstyl wat in konflik is met die verwagtings van ander sosiale rolle, soos werksomstandighede en gemeenskapsbetrokkenheid. Dit kan kroniese rolstres veroorsaak of selfs veroorsaak dat ander rolle besondig word. As die dood dalk later jare die versorging beeindig, kan die impak steeds voortduur as gevolg van hierdie rolverwante omstandighede.

Versorging is inherent uitputtend. Tog is die mate waarin dit stres genereer deels afhanklik van die sosiale, psigologiese en ekonomiese bronne wat die versorger kan gebruik om die behoeftes te ontmoet. Volgens Bass & Bowman (1990)(soos aangehaal deur Aneshensel et al., 2004:423) bei'nvloed die byprodukte van langdurige versorging, in besonder kroniese roluitlewing en sosiale isolasie, die latere aanpassing by treurprosesse negatief.

Die sosiaal-psigologiese faktore vorm die konteks waarbinne die treurproses plaasvind en dit vorm die emosionele impak. Aneshensel et al. (2004:423) konkludeer dat die dood van die ontvanger van sorg tot stresverligting en emosionele beterskap by die versorger mag lei, veral die versorgers

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlWVigs-geaffekteerdes 142

ifil

UOHTH'WKTUMMRttTY YUMSBffi VA eOKOME.BOPHIRUU PIOOBDWES-UHfttftSITOT

wie se innerlike reserwes getap is as gevolg van vier-en-twintig uur, "hands on" versorging. Die hantering van die treurproses is dus van uiterste belang. "We also find that emosional well-being following death of the care-recipient is influenced by what has transpired previously during caregiving. Role overload is a pervasive stressor in the lives of many caregivers, and its influence on emosional well-being persists even after caregiving has ceased" (Aneshensel et al., 2004:438.)

Versorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes word deur die dood van hierdie versorgdes geaffekteer. Volgens Ferrell & Boyle (1992:128) is daar min studies wat fokus op die verstaan en ondersteuning van die bedroefdes van diegene wat aan vigs sterf. Volgens die huidige sosiale norme, sterf diegene wat aan vigs sterf 'n gestigmatiseerde dood. Die gevolg is dan dat die wat agterbly 'n gestigmatiseerde rouproses tegemoet gaan. Lindemann (1944)(soos aangehaal deur Ferrell & Boyle, 1992:128), beskryf treur as 'n duidelike sindroom met psigologiese en somatiese simptomatologie. Volgens horn behels die proses van rousmart drie belangrike fases:

• Losmaking van die afgestorwene;

• Aanpassing in die samelewing sonder die gestorwene; • Die vorm van nuwe verhoudings.

Sommige hanteer die proses van rousmart redelik maklik, ander sukkel. Volgens Ferrell & Boyle (1992:128) is dit veral moeilik as daar 'n noue verhouding tussen die versorger en die versorgde bestaan het en wanneer familie en vriende nie beskikbaar was om te ondersteun nie. Volgens Broadhead et al., (1983) & Vachon et al. (1982) (soos aangehaal deur Ferrell & Boyle, 1992:128) is sosiale ondersteuning 'n noodsaaklike element in die hantering van rousmart. Engel (1964)(soos aangehaal deur Ferrell & Boyle, 1992:128) vind dat die volgende faktore help met die suksesvolle hantering van die rouproses:

• Die bestaan van ander betekenisvolle verhoudings in die lewe van die treurende; • Die aard en getal van vorige verliese;

• Die fisieke en psigologiese gesondheid van die treurende;

• Daarteenoor het Maddison (1968)(soos aangehaal deur Ferrell & Boyle, 1992:128) die negatiewe uitkomste van onafgehandelde rouprosesse ondersoek. Die risiko faktore is: • Onder 45 jarige ouderdom;

• Ervaring van 'n groot aantal ongehanteerde behoeftes tydens die rouproses;

• Aanskouing van die geliefde se siekte en dood, veral as dit met intense lyding gepaard gegaan het;

• Die ervaring van ander krisisse in die tydperk van treur.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

143

Y U H S E S m YA 6QKOHE-K1PHIRIM4 HOORBWES-UIUVERStTCIT

By vigsverwante sterftes word volgens Ferrell & Boyle (1992.128) die rouproses verder kompliseer deur die volgende faktore:

• Die vrees om die siekte te ontwikkel as gevolg van die blootstelling aan die oorledene. Dit versterk die individu se identifikasie met die oorledene;

• Die aard van die verhouding van die oorledene en die oorlewende;

• In die geval van 'n homoseksuele verhouding waar een oorlede is, kan die ander ervaar dat die gewone ondersteuning van vriende en familie ontbreek;

• Soms in die geval van bv. 'n homoseksuele verhouding kan hulle dit vermy om die ervaring van verlies te verbaliseer by ander, as gevolg van vrees vir verwerping.

3.6.12 AFLEIDINGS

• Verskillende substituutversorgers is deel van die omgewing van die plaaslike kerk. Dit kan wees:

o Familieverwante, bv. grootouers;

o Versorgers betrokke in institusionele sentra, bv. vigstehuise of kinderhuise;

o Versorgers in huise van veiligheid wat privaat bedryf word en gemeenskapsondersteuning geniet;

o Huise waar kinders as hoof van die huise optree; o Persone wat as pleegouers optree;

o Mense wat toesig hou oor huise waar kinders aan die hoof van huishoudings staan. • Sulke versorgers het behoeftes wat wyd strek.

• Daar bestaan verskeie gemeenskapsbronne, bv. maatskaplike werkers, dokters, sielkundiges en lidmate en groepe wat bemagtig kan word in hulpverlening.

• Die uitdagings le op ekonomiese-, geestelike-, psigologiese-, opleidings- en emosionele vlak.

• Toekomsbeplanning van kinders behoort vroegtydig gedoen te word wanneer ouers aan MlV/Vigs ly.

• Toekomstige versorgers kan reeds vroeg geVdentifiseer word.

• Ondersteuningsgroepe is nodig vir substituutversorgers, veral waar kinders aan die hoof van huishoudings is. Wederkerigheid, inbou van AWH's, narratiewe en materiele ondersteuning lei tot bemagtjging van substituutversorgers.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes

I H * IWRffl-weSTUHIVSRStTV 1 4 4

m

IIORffl-weSTUHIVSRStTV YUIJIBE9II YA OOKOtE.BOPHlRlMA IIOOROWSS-UUfttRSITEIT

• Die staat tree ook op as substituutversorger en moet sy rol verstaan en hulp verleen. Die uitgebreide gesin kan alleen deel van die oplossing ten opsigte van die baie vigsweeskinders wees as die gesinne genoegsaam deur die staat en die gemeenskap ondersteun word, sowel as deur ander sektore van die samelewing.

• As vigsweeskinders gesien word as aktiewe lede van die gemeenskap, eerder as net slagoffers, kan hulle lewensdoel en waardigheid kry. Baie kinders tree reeds op as hoofde van huisgesinne en as versorgers. Dit maak hulle deel van die oplossing, Hulle moet dus ondersteun word in die beplanning en uitvoering van pogings om die effek van vigs in hulle gemeenskappe en families te versag.

3.7 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP DIE PLAASLIKE KERK EN