• No results found

DIE GRAMMATIES-HISTORIESE EKSEGETIESE MODEL IN DIENS VAN VERANTWOORDELIKE SKRIFGEBRUIK

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE: TEOLOGIESE TRADISIE EN SKRIFGETUIENIS OOR DIE KERK SE ROL IN DIE AANSPREEK VAN

26 ii MOWH-YKESruillvaSIT

2.7 DIE SKRIF AS NORMATIEWE KENBRON VIR DIE BASISTEORIE

2.7.3 DIE GRAMMATIES-HISTORIESE EKSEGETIESE MODEL IN DIENS VAN VERANTWOORDELIKE SKRIFGEBRUIK

Om reg te laat geskied aan die beginsels van 'n Gereformeerde Skrifbeskouing van die Skrif as: • geTnspireer deur die Heilige Gees,

• normatiewe geskrif in die lewe van 'n gelowige en

• die besef van verantwoordelike eksegese omdat die Woord ook in mensetaal geskryf is, word gekies vir die "Grammaties-historiese" metode om eksegese te doen.

Die metode word gekies omdat twee belangrike areas binne Skrifondersoek gebalanseerd aandag behoort te kry, nl. die grammatika (en daarmee die oorspronklike tale) asook die historiese

omstandighede tydens die ontstaan van die teks.

• "Grammaties" hou in dat die interpretasie van 'n teks in ooreenstemming met die karakteristieke van die taal moet geskied" (Gr6num, 2002:24.) Dit sou dan beteken dat die eksegeet horn moet vergewis van die stylfigure, genres en betekenisse van woorde binne \\ teks. Vorme en sintaktiese verskynsels is saam met bysinne, betekenisse van woorde van groot belang: "Synchronic interpretation involves viewing the text as it recently stands at a given moment in time, or at any moment in time. It refers to describing the text with respect to its coherence, structure and function" (Du Rand, 2005:159.) Du Rand (2005:166) se dat die literere en mondelikse vorme in die Nuwe Testament die volgende is: verteleenhede(narratiewe), aankondigingsverhale, gelykenisse, gebede, aanmoedigings, diskoerse en gerapporteerde orakels.

• "Die historiese element by die grammaties-historiese verklaringsmetode hou weer op sy beurt in dat die tyd en omstandighede waarbinne die outeur geskryf het, in ag geneem word" (Grbnum, 2002:24.) Omstandighede van die outeur asook die eerste lesers is daarom van belang. Du Rand (2005:166) se die volgende rakende die onderwerp van

vormkritiek: "The study of such individual units of written and oral tradition, locates one

within the activity of the primitive apostolic community. We have to find out what was going on in a certain community. What was going on in the preaching, the teaching and the

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

HI*

NOWH-WBTuHwaHrlY 4 1

Yuineesm VAeoKotceoPHiRiMA

liturgical life of such a community? Then we can understand better that different traditions were preserved, shaped and collected to form the basis of a text." Hoe die teks tot stand gekom het, is verstrengel met wat die teks op 'n gegewe tydstip is.

• Beide elemente, grammaties en histories, moet dus volledig verdiskonteer word. Gronum (2002:24) meen dat die eksegeet wat die teks na die grammatiese wil ontleed, dit nooit mag losmaak van die historiese milieu waarin die boek ontstaan het nie.

• Teologiese element: Sommige Gereformeerde teoloe' voeg hierdie derde element by die grammaties-historiese verklaringsmetode (Gronum, 2002:24). Volgens hierdie siening kan 'n blote grammaties-historiese uitleg nie reg laat geskied aan die Goddelike karakter van die Skrif nie. Omdat alles nie voldoende verklaar kan word net op grond van die grammatiese en die historiese nie, moet ook die teologiese element verreken word. Die Goddelike

karakter maak immers die Skrif uniek ten opsigte van ander literatuurtipes. Die elemente

van grammaties, histories en teologies mag ook nie geskei word nie. Dis een wetenskaplike denkarbeid.

2.7.3.1 Grammatiese element

Volgens die model van De Klerk & van Rensburg (2005 : 12v) is daar 'n aantal belangrike arammatiese stappe wat gedoen moet word:

Keuse van 'n perikoop;

Vassteling van die tekstuele konteks van die perikoop;

Die vasstelling van die genre van die perikoop en boek. "Genre criticism looks at what is shared by a number of texts. Genre (German Gattung) strives to understand a family of texts because of identical structure" (Du Rand, 2005:16.) Genrekritiek sluit ook die vraag na die "site im Leben" van 'n gegewe genre in. Die wonderverhale kan bv. gevind word in die sending

ervarings van die vroee kerk. Dis dan volgens Du Rand (2005:168) deel van die sending

proklamasie, wat Christus voorstel as die Here wat kan genees en aan wie mens jou in geloof kan onderwerp.

Die ontleding van die gedagte-opbou op makro- en mikrovlak; Die vasstelling van kernverse en moontlike vertaling;

Bestudering van belangrike begrippe in die kernvers(e).

Die pastorale bediening van die plaasfe fork aan sutetitautoevsovgevs van MlV/Vigs-geaffekteerdes 42

%

MOftTH-weST UNIVERSITY YUM18CSIT? Y*.B0K0t!E.B0PHIRIMA H O O R B W K - U H M R S I T O T

2.7.3.2 Historiese element

Oor die historiese element moet daar duidelikheid ten opsigte van twee sake verkry word:

• Die sosiale-, politieke- en godsdienstige omstandighede van die eerste lesers en hulle reaksie daarop;

• Geloofskeuses waarvoor die perikoop die eerste leser/hoorders gestel het.

2.7.3.3 Teologiese element

Gronum (2002:26) sou die volgende element wou byvoeg: "...die vraag na die kommunikasiedoel van die Heilige Gees met die perikoop....Die Heilige Gees is dus nie net die outeur nie, maar ook die eksegeet wat 'n spesifieke boodskap deur die Skrif met ons wil kommunikeer."

Binne die grammaties-historiese metode is die voile openbaring in die Woord, soos dit gegee is, belangrik.

• Die grammatiese is belangrik omdat die grammatiese uiteindelik die betekenis van die teks bepaal.

• Die historiese is eweneens belangrik omdat daarmee erkenning gegee word dat die teks nie in 'n vakuum ontstaan het nie.

Momberg (2001:3) bevestig genoemde stelling dat die grammaties-historiese eksegese van so 'n aard is dat die grammatiese en historiese mekaar aanvul en nie weerspreek nie en daarom is dit noodsaaklik.

Hierdie arbeid behoort nooit te geskied sonder die verligtende werk van die Heilige Gees nie: "Waar ons by die voltooiing van die Bybel as bundel in al die prosesse van bundelling praat van Theopneustie(lnspirasie) van die Heilige Gees, praat ons by die suiwer uitleg en verstaan daarvan as illuminatie (verligting) van die Heilige Gees" (Momberg, 2001:3.)