• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

HOOROWES-UUIVERSITE1T

• Die versorgerse aanwending van formele gemeenskapsdienste: Wanneer die versorger bv. versorger ondersteuningsgroepe besoek of werkswinkels, kan die versorgers minder behoefte he aan informele ondersteuning. Volgens Turner et al. (1998:141) kan informele ondersteuning en formele steundienste vir mekaar kompenseer.

Volgens Turner et al. (1998:149) kan emosionele en praktiese steun vir versorgers by vigs die verskil maak tussen om gesond en instaat te wees om met hulle taak voort te gaan of om siek en gestres te raak en op institusionele dienste te begin vertrou.

Die regte plek om substituutversorgers te kry waar albei ouers of een ouer gesterf het, is die

geloofsgemeenskappe. Hier is families en individue reeds bekend en reeds in 'n

ondersteuningstruktuur binne die gemeentes (Schutte, 2000:32).

NRO's is die volgende belangrike agent vir die identifisering van moontlike substituutmoeders of

"support aunties". Sulke NRO's ken reeds baie vroue redelik goed wat met genoegsame materiele middele en emosionele ondersteuning, dalk 'n kind in nood kan inneem.

Dit is noodsaaklik dat die "ouers" of versorgers in een of ander ondersteuningsgroep bly of onderworpe is aan een of ander vorm van toesig of supervisie, alhoewel dit losserig/informeel gestruktureer kan wees. Schutte (2000:32) meld dat selfs met die uitdaging van tekort aan fondse, sy moeite doen om fondse te kry om versorgers eersteklas supervisie by 'n kliniese sielkundige te laat kry.

Wat emosionele vaardighede, opleiding en ondersteuning betref, kan dit deur doelmatig opgeleide kerkgroepe en NRO's gedoen word (Schutte, 2000:32). Kerke kan 'n nuwe visie en spiritualiteit ontwikkel van "versorging vir die versorger", "caring for the caregiver".

Omgee kan nie beperk word tot die gei'nfekteerdes van MlV/Vigs nie, maar sluit ook die versorgers "caregivers" in. Fresen (2003:67) haal aan uit 'n gevallestudie van UNAIDS oor "Caring for the Carers." Die slotsom hierin is dat as dit kom by die versorging van mense met MlV/Vigs, is die belangrikste hulpbron wat 'n land het, die omgee, "compassion" van mense. Die beste programme word in van die armste lande en gemeenskappe gevind. Die versorging word gedoen deur die wat niks verdien vir hulle dienste nie. Hulle verval eerder in dieper armoede as gevolg van die tyd wat

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

134

IK*m.w£STUHN88>ts YUM8E5IT; YA 8QKOHT.SOPHIR1AW UOOSOWES-m HVtRSITOT

hulle aan die saak spandeer: "Even for staff members of AIDS care organisations, the pay they receive is almost never the motivating factor for getting involved in this field..." (Fresen, 2003:67.)

Inherente stres en potensiele uitbranding by die versorgers van MIVTVigs- geaffekteerdes en ge'i'nfekteerdes is 'n potensiele werklikheid.

Daar is vier belangrike dinge wat nodig is in die bestuur van die simptome (Fresen, 2003:67,68): • Die versterking van die kapasiteit van die versorger om met die take en

verantwoordelikhede van die roluitlewing te kan leef. Selfversorging is Yi noodsaaklikheid by versorgers;

• Verseker dat die werksomstandighede, praktyke en beleid 'n ondersteunende omgewing is en nie in sigself'n bron van stres is nie;

• Om nasionale beleid en wette te promoveer wat sensitief is ten opsigte van die behoeftes van versorgers;

• Opleiding ten opsigte van teologiese refleksie en die daarstel van ondersteuningsgroepe deur hulleself wat die teologiese refleksie sal voortsit. "This kind of spiritual nourishment and support is an essential part of the structures that we need to put in place in order to care for our caregivers" (Fresen, 2003:68).

Shelly (2000) skryf 'n hoofstuk oor "Caring for the caregiver": Hier gaan dit veral oor familieversorgers in die algemeen. Dit gaan dus nie perse MIVA/igs-geaffekteerdes se versorgers

nie. Die beginsels in terme van die versorging van die versorgers is egter van belang. Wat dit relevant maak is dat Shelly 'n vertrekpunt vanuit die gemeenskap sowel as die gemeente of plaaslike kerk het. Die vraag wat sy vra, is: "How can we love the family caregivers in our congregation and our community as we love ourselves?" (Shelly, 2000:131.)

Sy noem vier belangrike beginsels (Shelly, 2000:131):

• Die gemeenskap kan tyd gee, bedoelende 'n paar uur waarin die versorger uit die situasie kan vertrek en iets anders gaan doen;

• Die gemeenskap kan vriendskap en ondersteuning gee;

• Die gemeenskap kan versorgers help om hulle eie behoeftes sowel as die behoeftes van die persoon in hulle versorging raak te sien en te identifiseer;

• Die gemeenskap kan bewus gemaak word van die ondersteunende bronne binne die kerk en gemeenskap wat die behoeftes van die versorgers kan ontmoet.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

HORTH-WBT UH1WRSSTV 135 YWieESm YABOKOME.BOPHIRlMyl

ItOOROWES-lfltlVEKITEIT

In die hulpverlening gaan dit met baie moeite en uitdagings gepaard. Soms moet die eie familielewe eers weer later in hulle lewens aandag geniet. Die rede daarvoor is die verlies van persoonlike vryheid en die angstigheid om die behoeftes van klein kinders finansieel, sielkundig en emosioneel te ontmoet.

Sulke versorgers word ook gefrustreer deur die gedragsprobleme van kinders en jongmense wat getraumatiseer is deur die reeks gebeure rakende hulle ouers se dood. Die volwassenes kan self ook getraumatiseer wees deur herhaalde sterftes in hulle families.

Versorgers het soms nie beheer oor die stressors wat deel van hulle omstandighede is nie (Fresen, 2003:67,68). Daar is dan maniere om die omstandighede te hanteer en selfs te groei, midde-in omstandighede en ten spyte daarvan. 'n Voorstel vir die plaaslike kerk, is om 'n span vrywilligers te organiseer om geestelike versorging te doen, wetende dat dit noukeurige assessering van die situasie, sowel as beplanning vra. Daarmee saam is visie, opleiding en

deurlopende bemoediging noodsaaklik. "Even before the recruiting begins, you will need to

determine all the aspects of the ministry you envision. Next, consider the gifts, skills, interests and expertise of individuals what might be interested in helping" (Shelly, 2000:159.)

So 'n ondersteuningspan kan volgens Shelly (2000:159) voorsiening maak vir mense met sterk interpersoonlike gawes. Ook mense met tegniese ondervinding kan in ander situasies gebruik word. EIke lid van so h groep moet getaak wees met 'n spesifieke werk en weet hoekom hy daarvoor getaak is. So 'n span kan verpfeegsters wat deel van die gemeente is, geestelike werkers, opieidingspesialiste, koordineerders, rekenaarvaardiges en kunstenaars insluit. Selfs kategete en klasse kan ingesluit word.

Geestelike visie is baie belangrik in hulpverlening: "The Scripture provide insights into God's vision

for our ministry. For instance, a group of nursing students was studying Matthew 25 and became convinced that God wanted them involved with serving the poor. They began to volunteer at a homeless shelter, where they did everything from washing dirty feet and serving meals to leading worship services and praying with individuals" (Shelly, 2000:162.)

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes 136

ISI

YUJIJBES1TI YA BOKOHE.BOPHIRIM HWSHWEST UMIVKITV