• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

94 YUlflBESITi YA BOKOilE.BQPHIFilAlA

3.6 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP SUBSTITUUTVERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

3.6.4 Familieverwante as substituutversorgers

Volgens Forster & Williamson (2000:279) hanteer families, familieverwante se dood deur seker te maak dat kinders wat deur MIVA/igs geaffekteer is, versorging ontvang van 'n "substituutversorger". Forster & Williamson (2000:279) se dat die uitgebreide familie ondersteuningsnetwerk verander deur veranderings in die samestelling van huishoudings. Dit kan gebeur deur:

• Familieverwante wat in huishoudings inbeweeg om weeskinders te versorg.

• Weeskinders wat in een of meer huishoudings inbeweeg. Alles hang af of die vader of moeder siek is of sterf. Huishoudelike reaksie ten opsigte van ekonomiese en sosiale impak is erg as volwassenes in die fleur van hulle lewe sterf.

• Die volgende tradisionele keuse vir substituutversorgers is ooms en tantes.

• Daarna volg die grootouers wat gewoonlik die laaste vesting vir ondersteuning is omdat ander verwante kan weier. Hierdie situasie kan wederkerig wees, omdat die weeskinders later ook die grootouers wat verswak, kan versorg. Volgens Knodel & Van Landingham (2002:4) wys die getuienis uit Afrika dat grootouers nie so algemeen as versorgers van vigswesies optree as wat algemeen aanvaar word nie. 'n Studie in Zaire het volgens Knodel & Van Landingham (2002:4) bewys dat net een derde van vigswesies deur grootouers versorg is en een kwart in Kenia, maar soveel as 46% in Zimbabwe.

• Huishoudings met kinders as gesinshoofde kan ontstaan as familieverwante nie die kinders wil versorg nie, of waar daar 'n tiener in die huishouding is met ervaring van kindersorg of as daar 'n familieverwant naby is wat kan toesig hou. Soms wil kinders net bymekaar bly of was dit die moeder se wil om die familie bymekaar te hou.

• Volgens Forster (2004:1) is die eerste linie van ondersteuning van vigswesies hulle familie, wat die uitgebreide gesin, sowel as verlangse familieverwante insluit, terwyl huishoudings

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

Mi

1 B 1 M W R T H - W K T U H I W I W YUlUBESm YABOKOie-BOPHIRtti* iioasowtsui wasntn 114

wat sukkel om aan die behoeftes van sulke kinders te voldoen, ondersteun kan word deur lede van hulle gemeenskap.

Volgens UNAIDS (2006:2) was daar reeds in 1998 getuienis dat siek moeders makliker as voorheen gereed was om kinders so jonk soos tussen 0 en 4 jaar in pleegsorg by ander te plaas om versorg te word. Dit was nie die gevolg van werksverwante migrasie nie. Swart pleeg- en weeskinders is oorweldigend versorg deur groot- of groot-grootouers (61 - 86%) en byna alle ander deur ander familieverwante. Sedert 2001 het inrigtings 'n beskeie rol gespeel ten opsigte van die versorging van jong kinders. Skweyiya (soos aangehaal deur Cilliers, 2007:6) se die ideaal is dat sulke kinders ter wille van hulle kulturele identiteit, nie uit hulle gemeenskappe verwyder word nie. Die gemeenskappe behoort na hulle te kyk. "Dis niks nuuts nie, kerke doen dit al jare. Die regering moet geld aan die gemeenskappe gee om die tradisie voort te sit" (Cilliers, 2007:6.) Webb (1995:1) stel dat 52,3% van 500 respondente vanuit Suid-Afrika en Namibie in 1993 gevoel het dat familieverwante of ander gemeenskapslede verantwoordelikheid behoort te neem vir die versorging van weeskinders. Destyds het meer as 75% van respondente uit Soweto (enigste stedelike toetsarea) egter gevoel dat die staat 'n primere verantwoordelikheid het, veral deur die daarstelling van kinderhuise.

Wederkerigheid, "reciprocity", moet binne sosiale netwerke gei'dentifiseer word en institusioneel versterk word veral deur opvoedingsprogramme. Die doel is om aan die gemeenskap deur te gee dat die versorging van weeskinders 'n familie- en gemeenskapsaangeleentheid is wat institusioneel versterk kan word en nie vervang behoort te word nie (Webb, 1995:1). Uys & Cameron (2004:181) stel dat ondersteunende organisasies soos die kerk of vroue-organisasies hulp kan verleen op administratiewe gebied, tegniese gebied asook opleidingsgebied. Hulle kan ook hulp verleen aan nie-regerings organisasies wat betrokke is by hulpverlening aan die kinders.

Volgens Uys & Cameron (2004:181) behoort eienaarskap opgeneem te wees deur die geaffekteerde gemeenskap self:

• Mense in die gemeenskap ken die behoeftes van die gemeenskap die beste: Wie is dood, wie bly nou by wie, wie is alleen en wie het genoeg om te eet?

• Dis makliker vir vrywilligers in die gemeenskap om te help en huishoudings gereeld te besoek. Hulle hulp kan ook meer prakties en ondersteunend wees.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

115

ifil

HOttlH-wEST UNMSBIfv' YumSESITi YA BOKOHE.BOPHIRDM HOOKOWK-UMtvmSTBT

Schutte (2000:30) se dat in Suid-Afrika waar MIVA/igs en armoede nou met mekaar verbind is, dit juis hier is waar versorging vir vigswesies gesoek word in gemeenskappe met die minste bronne. Die tradisionele waarde van kinders is steeds 'n prioriteit in die Afrika-gemeenskap, maar het baie verswak as gevolg van die druk van apartheid, verstedeliking en armoede. Die tradisionele uitgebreide familie waar weeskinders deur familielede versorg kon word bestaan steeds, maar is tans broos as gevolg van bg. faktore (Schutte, 2000:30).

Hierdie werk van Schutte dateer uit die jaar 2000. Die werklikheid, agt jaar later, binne 'n gesekulariseerde gemeenskap, is selfs erger.

Richter et al. (2004:18) maak die stelling dat familiestrukture en -funksie aan die verander is as gevolg van die MIVA/igs-epidemie.

Van die ontwikkelende familiestrukture is:

• Ouer mense as gesinshoofde met jonger kinders;

• Groot families met onverwante (pleegsorg en aangenome) kinders; • Huishoudings met kinders aan die bestuur;

• Enkelouer huishoudings;

• Formele en informele "cluster foster care"; • Families sonder huis.

Richter et al. (2004:37) gebruik in opskrif die woord "substituut" in "substitute care for children". Richter et a/.(2004:37) sd saam met McKerrow en Verbeeck (1995) dat gesinsversorging eerste keuse is vir alle kinders. As dit egter nie beskikbaar is nie, is pleegsorg, aanneming en ander residensiele- of behuisingsprojekte noodsaaklik.

Al hierdie families en versorgers het ondersteuning nodig omdat hulle versorging voorsien vir weeskinders en ander afhanklike lede.

Levine (1990:36) gee in haar hantering van veranderende konsepte van familiewees die volgende werksdefinisie; "Familymembers are individuals who by birth, adoption, marriage, or declared commitment share deep, personal connections and are mutually entitled to receive and obligated to provide support of various kinds to the extend possible, especially in times of need." Levine (1990:36) se meegaande opmerking is dat dit nie 'n toevalligheid is dat die tradisionele huweliksbeloftes "siekte" voor "gesondheid" plaas nie, omdat siekte die familie se krag en

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 116

M B B B B HOWH-wsTuinvasttv

§ ■ ■ ■ ■ YUHIBE5IT! YABOKOME-BGWIMW i O ^ ^ IIOOHDWES-UHIVEISSITBT

weerbaarheid toets soos weinig ander faktore. "In this context AIDS is the supreme test of family devotion (Levine, 1990:36.)

Levine (1990:40) beweer dat hoewel hulle tradisionele interne maniere ontwikkel het om stres te hanteer, hulle totaal onvoorbereid kan wees vir die stres wat gepaard gaan met eksterne druk, soos bv. stigma. Levine (1990:38) se ook dat selfs waar mense deel van 'n tradisionele familiestruktuur was, die stigma van MIVA/igs asook die stres rondom die hantering van terminale siekte, intrafamiliere riwwe kan veroorsaak en dat 'n persoon geaffekteer deur MIVA/igs dalk 'n "nuwe" familie nodig het vir emosionele en ekonomiese ondersteuning. So 'n familie sou kon bestaan uit sommige tradisionele familielede en vriende; toenemend kan gesondheidswerkers en vrywilligers van gemeenskapsdiensorganisasies dalk die funksies van familie oomeem. In die mees ekstreme en metaforiese sin kan selfs die hospitaal (of kinderhuis of veiligheidshuis - eie byvoeging), substituutfamilie word (Levine, 1990:38).

Versorgers word meestal nie opgelei vir die rol wat hulle speel in die lewe van MIVA/igs- geaffekteerdes nie. Diegene wat wel opgelei is dra 'n groter las. Versorgers speel 'n belangrike rol en dis belangrik dat goed na hulle omgesien word.