• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

ISI YUJIJBES1TI YA BOKOHE.BOPHIRIM HWSHWEST UMIVKITV HOOROWM-UHtVEISITOT

3.8 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP KLEINGROEPE

3.8.1 Inleiding

Neighbour (2008:4) se dat om "kerk te doen" in kleingroepe, Bybels is. Kleingroepe kan gemaklik

twee dinge doen: Ten eerste om die Groot gebod (Mark. 12 : 30) en tweedens die Groot opdrag

(Matt. 28 : 18 - 20) uit te leef. Kleingroepe weerspieel die balans in die vroee kerk in Handelinge 2 as Christene van huis tot huis brood gebreek het (kleingroep) en op naweke in die tempel byeengekom het (naweekbyeenkoms) (Neighbour, 2008:4). Die versorging van siekes en weduwees en wese, armes, gevangenes in tronke en gasvryheid aan reisigers was deel van die uitdrukking van medemenslike sorgsaamheid in die vroee kerk (Matt. 25 : 36) (Wasserman, 1997:265). Die praktiese uitlewing van die gesindheid sou myns insiens deel wees van 'n vroeg kerklike sisteem gebaseer op kleingroepe. Volgens Icenogle (1994:263) het Jesus die dissipels geleer om mense wat honger is in kleingroepe te voed, bv. Luk. 9 : 1 3 : "Gee julle hulle iets om te eet." Die dissipels is geleer om mense in intieme gemeenskappe te bedien. Die opdeel van skares was \\ parallel vir die verdeling van die post-Pinkster skare in Jerusalem in kleiner groepe vir die deel van brood (Icenogle, 1994:263).

In die volgende paragrawe word in meer detail op kleingroepe ingegaan omdat kleingroepe op gedifferensieerde wyse gebruik, ruimte skep vir die bemagtiging van gelowiges in die uitlewing van hulle pastorale verantwoordelikheid binne die kerk. Dit skep in lyn met die vroee kerk se optrede geleentheid vir die omvattende aanspreek van nood. Dit skep ruimte vir die pastorale bemagtiging van lidmate van die plaaslike kerk.

Volgens Minnie (2003:266) is daar behoefte aan 'n studie ten opsigte van kleingroep- ondersteuning in die kerk aan persone gei'nfekteer en geaffekteer deur MlV/Vjgs.

3.8.2 Kleingroepe algemeen

Kleingroepe is al beskryf en bestudeer vanuit 'n verskeidenheid kontekste soos werkgroepe, partytjies en ander gebeure-gebaseerde of sosiale situasies. Volgens Anon (2007) val meeste kleingroepe onder een of meer van die volgende groepe:

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

i f j f l * HOfUH.WKTlllHVBWtV 1 5 5

itjj

HOfUH.WKTlllHVBWtV YUHIBESITi YA BQKOt lE-BOPHIRtti* nooRDwts-univEKntn

• Taakgroep: Soos 'n komitee-byeenkoms, daargestel ter wille van 'n bepaalde taak soos 'n skoolbeheerliggaam. So 'n taakgroep funksioneer ter wille van bepaalde take (Borchers, 1999). Die taakdimensie word dus beklemtoon. Hulle gooi hulle kundigheid saam om 'n taakaf te handel.

• Verhoudingsgroep: Meer vir die plesier van ander, soos bv. 'n gourmet klub (Borchers, 1999). • Invloedsgroep: Fokus veral op die verbetering van 'n persoon self en diegene rondom die

persoon. So 'n groep het ook invloed op mekaar.

Die term "kleingroep" kan oor 'n wye spektrum van dissiplines soos sport, psigologie, teologie en kultuur gebruik word: "Enige groepie mense, gewoonlik as deel van 'n groter groep kan dui op 'n kleingroep" (Van Heyningen, 1999:35.)

Volgens Anon (2007) sou 'n definisie rondom die volgende karaktertrekke van 'n groep daargestel kan word:

Interafhanklikheid wat binne'n groep oortyd heen ontwikkel;

Die mate waarin kommunikasiepatrone tussen lede voorspelbaar word; Totstandkoming van 'n struktuur van rolle en norme;

Die funksies (in die sin van strukturele funksionalisme) uitgevoer deur die groep; Die mate waarin die groep groeplede se behoeftes bevredig en hulle beloon; Die mate waarin groeplede hulleself beleef as deel van die groep.

Pogings om tussen groot- en kleingroepe te onderskei is arbitrer en wissel dus van persoon tot persoon (Anon, 2007). Volgens die sosiale psigoloog, Robert Bales, (2007) verskil kleingroepe van grootgroepe daarin dat deelnemers aan kleingroepe mekaar se teenwoordigheid kan onthou. Borchers (1999) definieer 'n kleingroep as 'n groep wat minstens drie lede het, maar nie meer as twaalf of vyftien lede nie. Met drie lede kan daar minstens 'n koalisie gevorm word en dan is daar een of ander vorm van organisasie. 'n Groep van meer as twaalf of vyftien inhibeer die groep se vermoe om met elke lid van die groep te kommunikeer. Verder behoort 'n kleingroep ook 'n gemeenskaplike doel te he en hulle werk dus om die doel te bereik. Die doel bring die groep bymekaar en hou hulle ook bymekaar in tye van konflik en spanning. Steyn & Uys (2001:11) meld dat mense mekaar nodig het, omdat hulle doelstellings van so 'n aard is dat hulle dit nie sonder die ander kan realiseer nie. Volgens GBOD (2008) hang die effektiwiteit van 'n kleingroep af van die mate waarin die groep hulle doel verstaan en in die mate waarin hulle hulleself verantwoordelik beleef ten opsigte van die doel. Mills (1984:vii) skryf vanuit die sosiologie oor kleingroepe. Volgens horn is groepe doelmatige sisteme wat nie alleen op die praktiese dag tot dag behoeftes,

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

w

| B B l p nowH-wEsromvasitv Ob

VUiliBEStT! YA SOKOtE.BOPHTOM HO0RDWB-USHVERSIT1IT

maar ook in wisselende grade ten opsigte van die vervulling van die dieper behoeftes en die realisering van belangrike waardes reageer. Groepslewe is volgens Steyn & Uys (2001:11) 'n alomteenwoordige verskynsel en 'n kernaspek van die natuurlike maatskaplike ordelikheid in die moderne samelewing.

Mills (1984:2) onderskei tussen primere en sekondere groepe:

'n Primere groep is 'n groep wat lank genoeg bestaan om sterk emosionele bande tussen groeplede te ontwikkel. So 'n groep ontwikkel 'n subkultuur van sy eie wat 'n beeld van die groep as 'n geheel het asook 'n informele normatiewe sisteem wat die groep-relevante aksies as lede beheer. Of omstandighede maklik of moeilik is, groeplede bly aan mekaar verbonde. Dis 'n persoonlike verlies vir die ander as een lid die groep verlaat. Mense gaan tot groepsaktiwiteite oor, omdat daar in groepskonteks in twee fundamentele behoeftes van individue voorsien word, naamlik intimiteit en emosionele warmte (Steyn & Uys, 2001:13). Verder word hulle doelstellings ook deur kooperering met mekaar gerealiseer. Emosionele sekuriteit en sosiale integrasie is fundamentele behoeftes by die mens. Volgens Steyn & Uys (2001:15) is sommige groepe meer in staat om in emosionele behoeftes te voorsien terwyl nader meer van hulp is by betekenisvolle sosiale aktiwiteite en projekte. Ander kan dalk in minder of meerdere mate in albei behoeftes voorsien.

Vi Sekondere groep is volgens Mills (1984:2) 'n groep met grotendeels ekstrinsieke waarde. Die groep word georganiseer om 'n opdrag klaar te kry. Hulle resultaat is objekte of dienste wat

wisselwaarde het, gewoonlik tot voordeel van buitestanders. Hulle tree op volgens standaarde van

effektiwiteit en uitnemendheid wat belangriker as persoonlike gevoelens of verhoudings is. Lede is gewoonlik ook vervangbaar in die diens van hoe kwaliteit groepsoptrede. So 'n groep kan 'n operasiespan of ruimtevaartspan of strykkwartet wees.

Vir die doeleindes van die studie word gefokus op kleingroepe soos binne die teologie bestaan. Van Heyningen (1999:35) meen dat dit belangrik is om van kleingroepe, ook op ander terreine kennis te neem aangesien sekere kleingroepdinamika en beginsels universeel geld.

3.8.3 Wat is fn Christelike kleingroep?

'n Christelike kleingroep is volgens Oostenbrink & Lotter (1999:7) 'n groepie van 4 -15 gelowiges wat weekliks of tweeweekliks bymekaar kom. Die belangrike redes vir die byeenkoms is:

• Lewensgemeenskap met God en met mekaar;

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/jgs-geaffekteerdes

fir—

YUHIBESITi YA BQKOIE-BOPHiRIMA

• Onderlinge opbou;

• Diens of getuienislewering in die gemeente en samelewing.

"'n Kleingroep wil in dieselfde gesindheid van die vroee Christelike kerk (vgl. Hand. 2 : 43 - 47) die Here dien en van sy liefde getuig en hulle lewens met mekaar deel" (Oostenbrink & Lotter, 1999:7.)

Arnold (1992:9; Icenogle, 1994:69) definieer'n kerklike kleingroep as 'n doelbewuste samekoms van 3 - 1 2 mense wat hulleself verbind het om saam te werk om beter dissipels van Jesus Christus te word. Volgens Steyn & Uys (2001:41) is die basiese sleutelkwaliteit van die kleingroep dat dit klein genoeg moet wees sodat elke lid met elke ander lid in direkte aangesig tot aangesig

interaksie kan verkeer. Die sleutelwoorde is dan: • verbintenis;

• samewerking; • dissipelskap.

Dit gaan oor meer as die kort byeenkoms (Oostenbrink & Lotter, 1999:7). Dit gaan om

lewensgemeenskap, kerkwees en dat Christenwees 'n heelweeklewe is. Icenogle (1994:68) noem die kleingroep 'n "van aangesig-tot-aangesig gemeenskap" met God en met ander. Dis die ruimte waar God mense vanuit hulle ruimtes roep tot sinvolle gemeenskap.

Binne die teologie of kerklike lewe is die volgende verskillende kleingroepe onderskeibaar (Van Heyningen, 1999:35):

• Pastorale groepe waar mense met 'n bepaalde probleem in groepsverband hulp ontvang; • Bybelstudiegroepe waar die klem val op die studie van die Woord;

• Diensgroepe waar dit gaan om dienslewering deur 'n bepaalde groepie mense;

• Belangegroepe waar mense met dieselfde belange en/ouderdom mekaar ondersteun en saam verkeer.

Arnold (1992:9) noem ook die volgende:

Gebedsgroepe, sendinggroepe, omgeegroepe, evangelisasiespanne, kerklike bedieningskomitees, nuwe lidmaatgroepe, huiskerke, ens.

Kleingroepe kan onder verskillende benaminge resorteer (Van Heyningen, 1999:36): selgroepe, omgeegroepe, selgemeentes.

Ander noem dit ook groeigroepe (Ned. Geref. Kerk, Roodekrans).

Vir die doeleindes van die studie word hoofsaaklik van "kleingroepe" gepraat om so omvattend moontlik te wees.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

158

YUWBEHD VABOKOflE.BOPHIRlttA KOORDWtS-UtllVERSITEIT

Die gemene deler is die verbintenis om die proses van groei as dissipels te deel (Arnold, 1992:9).

'n Kleingroep is ook meer as net 'n Bybelstudiegroep. Bybelstudie en veral die uitleg is deel van so 'n byeenkoms. Dit behels egter ook onderlinge sorg, diens, aanbidding en getuienis (Oostenbrink & Lotter, 1999:7). Dit betrek 'n groot verskeidenheid van mense met verskillende gawes en

ouderdomme ( 1 Kor. 12 : 20) wat baie vir mekaar kan beteken.

3.8.4 Kleingroepe binne Skrif en Kerk

3.8.4.1 Die Vroee Kerk

Die tyd in die vroee kerk, na die uitstorting van die Heilige Gees was 'n tyd vol opgewondenheid (Arnold, 1992:18). Dit was 'n tyd van vinnige groei ten spyte van die vervolging van die Christene. Petrus se preek in Handelinge 2 het 3000 bekeerlinge op een dag die kerk ingebring. Arnold (1992:18) stel dat die kerk van die begin af in groter groepe saamgekom het vir gesamentlike aanbidding, maar kleingroepe het ook 'n belangrike rol gespeel in die lewe van die kerk. Apostels het van huis tot huis gegaan en kleingroepe ontmoet soos hulle geleer en dissipels gemaak het (Hand. 5 : 42). Mense het in huise saamgekom en saam geeet en van die geleentheid gebruik gemaak om mekaar te bemoedig en hulle geloof in gehoorsaamheid uit te leef. Die vroee dissipels het in groepe ontmoet wat klein genoeg was om in huise in te pas. Dit was ook deel van die

kerklike oorlewing. Die kerk kon oorleef en groei sonder groot geboue en massabyeenkomste (Arnold,1992:19).

Die Drie-enige God is in Homself reeds 'n kleingroep (Carstens, 2006; vgl. Joh. 17 : 21 v). Die mens as beelddraer van God kan alleenlik sinvol voortbestaan deur in verhouding met ander te wees.

Van Heyningen (1999:36 - 40; Carstens, 2006) verwys na die volgende beginsels van kleingroepe in die Skrif:

• Oikos of huis: Dit dui op 'n uitgebreide gesin wat slawe en familie kon insluit. Dit was ook belangrik as Ou-Testamentiese eenheid vir verbondsonderrig (Deut. 6 : 1 - 9). Jesus het volgens Van Heyningen (1999:16) met die oikos gewerk en het baie van Jesus se

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

HORTH-wKT UHlvaSITv YUNlBESITi YA6OK0HE.BOPHIRIMA MOOHOWtS-UMVOSITOT

bedieninge in huise en onder huisgroepe plaasgevind. Dit geld ook die vroee Christelike kerk waar daar naas grootgroep byeenkomste bv. by die tempel en sinagoges ook by huise byeengekom is (Hand. 2 : 46).

• Sinagoges: Die meeste van die Christelike gemeentes het vanuit die sinagoge ontstaan en het die praktyke van die sinagoge oorgeneem. Slegs 10 mense was nodig om 'n nuwe sinagoge te begin. Die gewoonte om as klein groepie by die sinagoge bymekaar te kom, is ook deur Christelike gemeentes oorgeneem.

• Die twaalf dissipels van Jesus Christus: Die dissipels was die groep wat deur Jesus se woorde onderrig is, maar ook gevorm is deur in 'n intieme verhouding met Horn saam te leef

(Van Heyningen, 1999:37). Ander (soos die 72 van Lukas 10 :1) het ook vir Jesus gevolg, maar dit was veral die twaalf wat besonder belangrik was in Jesus se bediening. Volgens Van Heyningen (1999:39) was daar in die klein dissipelkring geleentheid vir onderrig en kon

hulle leer deur te beleef hoe Jesus Christus leef. Die gemeenskaplike band tussen die dissipels was volgens Icenogle (1994:131) die persoon van Jesus self. Sy saamwees met die twaalf kon so 'n heterogene groep soos hulle was saambind tot 'n eenheid.

• Huisgemeentes in die Nuwe Testament: Christene het dikwels in huise byeengekom (Hand. 1 : 3; 2 : 46; 5 : 42; 20 : 7; 20 : 20). Die eerste Christelike gemeentes was nie uit los

individue saamgestel nie, maar uit die mees basiese seleenhede van die gemeenskap, nl. die huisgesinne (Van Heyningen, 1999:39). Die huisgemeentes was nie teenoor die plaaslike gemeente nie, maar 'n belangrike basis vir die bou van die gemeente. Icenogle (1994:126) se dat Jesus op individue en kleingroepe gefokus het: "..his intention was to the few because he loved the many."

• Die tempel, simbool van die Here se teenwoordigheid onder sy volk, is in 70nC verwoes (Oostenbrink & Lotter, 1999:16). Paulus se in 1 Kor. 3 : 1 6 dat die gelowiges die tempel van God is. Godsdiens moet dan nie gebougesentreerd beleef word nie, want gelowiges vorm saam die huis van die Here (Ef. 2 : 22). Die Here se teenwoordigheid kan op 'n besondere manier in die geloofsgemeenskap "gesien" en beleef word (Matt. 18 : 20). Tot in die derde eeu was daar nie werklik kerkgeboue nie. By huisbyeenkomste is gelowiges deur mekaar se geloof versterk en het hulle mekaar met hulle gawes bedien en opgebou.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 160

HORTH-WESTUHIVSSrtV

YU! UBESIT5 YA EOK«E.BOPHIRI(M