• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

94 YUlflBESITi YA BOKOilE.BQPHIFilAlA

3.6 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP SUBSTITUUTVERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

3.6.7 Familie uitdagings

Bauman et al. (2000:156) stel rondom "Project Care" dat vigs 'n "familie siekte" is:

• Ouers met vigs staan voor verskeie ouer-uitdagings. Bekendmaking dat hulle die siekte het, is moontlik die mees komplekse en pynlike besluit wat ouers moet neem.

• Hierby moet hulle kinders leef met die ouer se kroniese siekte en ook die moontlikheid van die ouers se dood. Daar is onder andere die vraag by sulke kinders waarvan ouers deeglik bewus is, nl. "Wie gaan vir my sorg?". Die dood van 'n ouer verhoog psigologiese

broosheid, veral in kombinasie met ander risiko faktore.

"Project Care" is volgens Bauman et al. (2000:156) 'n voorkomende intervensie (voorkomingsmaatreel), ontwerp vir die psigologiese funksionering van kinders wat die dood van 'n ouer of albei ouers as gevolg van vigs oorleef het.

Hierdie projek het sekere doelstellings wat winspunte is in die hantering van moontlike vigswesies asook ondersteuning bied aan die substituutversorgers van MIVA/igs- geaffekteerdes:

• Die fasilitering van bekendmakingsbesluite en die verbetering van kommunikasie tussen die siek ouer en kind, siek ouer en toekomstige versorger en toekomstige versorger en kind; • Versterking van die stabiliteit en veiligheid van die kind se toekoms deur die ontwikkeling

van 'n doelmatige en gesonde toesigplan voor die ouer sterf;

• Samewerking met die versorger en die kind na die ouer se dood om die oorgang in die "nuwe" familie te vergemaklik;

• Die voorsiening van toegang tot konkrete bronne en ook die gee van sosiale ondersteuning. So 'n pro-aktiewe plan kan die voorkoms van risiko-faktore wat geestelike gesondheidsprobleme tot gevolg het, inhibeer: "Project Care should increase the availability of protective factors, such as social support and strong caregiver - child relationship" (Bauman etal., 2000:157.)

Volgens Gilbert (1999:113) skep die vigs-epidemie nuwe en komplekse uitdagings vir die wat poog om families bymekaar te hou:

• MIVA/igs het die situasie geword wat beide familiestrukture laat verkrummel en wat tog familie integriteit en eenheid kan vernuwe vir baie MlV-ouers.

• Die toenemende getal vigswesies laat die aandag dan nie net val op die toekomstige versorgingsaspek nie, maar ook op die welwese van ouers en kinders in die jare wat lei na die voogverwisseling.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 124

IKWSTH-WBT UHWSSflV YlMBESfn YA BOKOtlE.BflPHlRlteA IIOOSDWIS-UHMRSITEIT

• MlV-positiewe moeders moet as deel van hulle ouerskapsrol hulle kinders voorberei op 'n moederlose toekoms. Om die familie se behoeftes op die effektiefste manier te ontmoet, behoort die ma's 'n aktiewe rol te speel in die beplanning vir die kinders (Gilbert, 1999:114).

Volgens Taylor-Brown (1998:350) kan maatskaplike werkers hulleself vergewis van die opsies beskikbaar vir hulle kliente om hulle te begelei in terme van langtermyn beplanning. Daar is die volgende moontlikhede:

• Informele reelings: Daar is geen reelings wat wetlik bindend is nie. Die kind het niemand wat horn of haar monitor nie.

• Mag van 'n prokureur: lemand wat besluite kan neem as die ouer nie instaat is nie.

• Aanwysing van 'n voog binne Y\ testament: Dit druk die ouer se wens uit, maar 'n regter het steeds die laaste se na die ouers se dood.

• Aanneming: Ouer kan so voortydig ouerregte afteken.

• Vrywillige plasing in pleegsorg: Die kind word as gevolg van siekte van die ouer uitgeplaas by ander. Die ouer behou die reg om permanente planne te maak.

• Nie-vrywillige plasing in pleegsorg: Die kind word vanaf die ouer verwyder as gevolg van vergrype of verwaarlosing. Die ouer het steeds die reg om permanente planne te maak. • Opgee van ouerregte: Die ouer gee sy/haar regte weg om besluite namens die kind te

neem.

• Bystand voogdyskap: Die ouer behou ouer-gesag en die voog kry gesag wanneer die ouer se vermoe nie meer daar is nie.

Volgens Bauman etal. (2000:157) het studies wat die effek van ouers se dood op die psigologiese versteurings by kinders ondersoek, getoon dat kinders wat ouers verloor het, baie eerder as kinders wie se ouers geskei is of ander kinders sonder krisis, simptome van depressie, angs en onttrekking vertoon. Ouers se terminale siektetoestand is in sigself reeds 'n kroniese stressor wat sielkundige letsels mag bring. Herhalende stressors soos hospitaalopnames sou alles reeds verder vererger: "Children were four times more likely to demonstrate psychiatric disorder when exposed to two stressors and ten times more likely when exposed to more than five" (Bauman et al., 2000:158.)

Meeste enkelouers met vigs het nie 'n versorgingsplan by hulle afsterwe in plek vir hulle kinders nie (Bauman et al., 2000:158,159). Hulle glo soms dat daar sulke persoonlike en kulturele

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes 125

VUillSeSITI VA eOKOtlE.BOPHIRlWl HOOROOTS-UMVtRSiroT

verstandhoudings in die familie is oor wie vir die weeskinders sal sorg. Sommige voel dat hulle nog nie siek genoeg is om reeds te beplan nie. "Most have no idea how complex it is to obtain legal guardiansip through the courts, and most believe that "papers" are not really needed. Finally, many mothers fear that making a plan will hasten their death, that the fact of planning wll bring about death itself (Bauman et ai, 2000:159.)

Sou 'n ouer sonder 'n skriftelike versorgingsplan ten opsigte van hulle kinders sterf, kan die kinders geskei word van hulle ander broers en susters, hulle kan gestigmatiseer word as gevolg van hulle assosiasie met MlV-infeksie en deur verskeie tydelike huishoudings gaan voor 'n finale bevel vir versorging en toesig gemaak word.

In die "Project Care" word volgens Bauman et ai (2000:161) die intervensie-ontwerp gebruik wat gedeeltelik gebaseer is op die ABCX-model (Hill, 1958). Dis word gebruik soos verander deur McCubbin en Patterson (1982). Die model het pre-krisis(abcx) en post-krisis komponente (ABCX). Hierdie ABCX model het verskeie implikasies vir intervensie. Dit neem die sisteem ook in ag. 'n Krisis affekteer 'n hele familie en daarom moet die familie ook die eenheid van intervensie wees, alhoewel die langtermynfokus op die kind is (Bauman et ai, 2000:161). Die denkgesondheid van elke lid van die familie bemvloed die ander. Daarom moet die familie as 'n sisteem soos ook die individue in 'n familie fokuspunte van intervensie wees: "For example, psychological distress in the caregiver or the stress experienced by the caregiver might negatively influence the child's behavioural and emotional adjustment. Therefore, the intervention was designed to work primarily with the mother and the new caregiver but to include in the intervention topics (disclosure, custody, support, mentall health) all family members" (Bauman et ai , 2000:163.)

Die versorger-kind verhouding is volgens Bauman et a/. (2000:167) 'n belangrike sleutel ten opsigte van die kind se toekomstige aanpassing. Die versorger se vlak van kroniese stres en psigologiese gesondheid sal verseker die kind se aanpassing bemvloed. Versorgers neem bv. 'n nuwe kind wat wees geraak het met baie goeie bedoelings in, maar leer gou dat die oorgang na 'n nuwe familiestruktuur moeilik is. Die bou van die nuwe verhouding word ook bemvloed deur die kwaliteit en lengte van die voorafgaande verhouding tussen die versorger en die kind. Alles word ook bemvloed deur wie nog deel van die huishouding is, die kinderkarakter eienskappe en temperament, die kind se psigologiese en emosionele toestand asook behuising en finansiele situasie.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 126

YUMBEST! YABOKOHE.BOPrtlRIM iiooRowES-umvERsrrtrr