• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

94 YUlflBESITi YA BOKOilE.BQPHIFilAlA

3.6 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP SUBSTITUUTVERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

3.6.6 Formele sorg of versorgingsinstitute

Formele sorg is veral 'n moontlikheid wanneer geldelike ondersteuning aangebied word deur 'n instansie. Richter et al. (2004:39) gebruik ook die woord "surrogaat" vir sulke ouers: "Surrogate parents need to be trained in childcare and child-management, and they need to be supported and supervised by a cadre of community workers."

Volgens Barnett & Blaikie (1992:120) kan weeskinders sonder verwante om na hulle om te sien, en wat gevolglik nie langer in die gemeenskap kan agterbiy nie, op ander wyses geakkommodeer word:

• 'n Pleegmoeder wat weeskinders saam met haar kinders kan versorg;

• "Huisouers" wat deur gemeenskapsorganisasies aangemoedig word om na weeskinders te kyk in aangewese huise ("huise van veiligheid"- eie opmerking);

• Kinderhuise wat deur welgestelde mense bedryf kan word. Dit kan dan wees as deel van hulle sosiale bydrae.

3.6.6.1 Institusionele sorg positief gesien

Barnett & Blaikie (1992:124) is positief oor formele- of institusionele sorg soos kinderhuise as substituutversorgers vir MlV/Vigs-geaffekteerdes. Hulle maak die volgende stelling: "Many influential people in Uganda say that orphaned children should be absorbed into the extended family because it is "traditional" These arguments ignore the fact that most of the AIDS orphans will probably grow up with non-relatives anyway and that there is an urgent need to establish institutional care which will be community based but run by professionals in education, nutritional health and childcare." Volgens Barnett & Blaikie (1992:124) sal dit veral die las van grootouers verlig om doelmatige versorging te verskaf.

Richter et al. (2004:39) gee 'n lys van moontlike versorging en plaasvervangende versorging soos opgeteken deur Subbarao en Coury (2003):

• "living parent; • kin-family care;

infill

UOKTH-w8TUM|vm«TV YUWBtSm YA BOKOIIE-BOPHIRUW HOOROWES-UMftSRSITE/T

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 119

• formal forster care or adoption; • foster homes;

• children villages and community-based centres;

• and lastly, orphanages or other forms of group residential care Institutions".

3.6.6.2 Kontak met organisasies

Volgens Gilbert (1999:100) het 'n reeks artikels van Carten & Fennoy (1997); Taylor-Brown(1991) verskyn oor die toenemende betrokkenheid van kinderwelsynorganisasies om substituutplasings te bewerkstellig vir die groot aantal kinders wat wees gelaat is as gevolg van hulle ouers se dood of meegaande gevolge van MlV/Vigs. Gedurende die lang ontwikkeling van vigs kom baie moeders met MIV met 'n verskeidenheid organisasies in aanraking voordat die versorgingstyd aanbreek. Dit kan van die volgende organisasies wees:

• Kinderwelsyn; • Gesondheid; • Skole;

• Jeuggeregtigheid en wetlike sisteme. Die redes daarvoor kan wees:

• Behuisingsgebrek;

• Kind se gesondheid en onderwysbelang;

• Ouerprobleme wat te doen het met die kind se reaksie ten opsigte van MIV- verwante stres.

Die stigma geassosieer met MlV/Vigs kan neig tot selfblamering, vrees vir bekendwording van die status asook 'n huiwerigheid tot nadering van kinderwelsyn en ander moontiike dienste. Babcock (1998:110) se dat geheimhouding van 'n MlV-status baie komplikasies bring. Dit plaas groot druk op formele werkers, onder andere maatskaplike werkers. Die trauma werklikheid sluit ook families in wat as gevolg van die stigma nie maklik met uitgebreide familie, vriende en kerke sal praat en onderhandel vir ondersteuning nie. Dit laat die gei'nfekteerde in isolasie met die gevaar van terugtrek in moontiike gevoelens van skaamte as gevolg van die leuen en moontlik ambivalente gevoelens teenoor die persoon wat reeds dood is. Die vraag is wie vir hulle die uitputtende sorg sal verskaf wat hulle aan hulle maat verskaf het.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 120

UOftTH-VvtSTUHIVEItttrv YUHIBESITi YA KKOHE-BDPHIRIMi IIOORDWE$.UiavtRSnLlT

3.6.6.3 Institusionele sorg as negatief gesien

Richter et a/.(2004:38) is nie positief ten opsigte van institusionele versorging soos kinderhuise vir jong kinders nie: "There is consencus among experts that the adverse effects on children's adjustment and development cannot be prevented in institutional environments of any kind" (Richter et al., 2004:38.)

Richter et a/.(2004:38) gaan verder deur die stelling te maak dat die les wat geleer is in programme wat die psigologiese gesondheid van kinders wat geaffekteer is deur gewapende konflik en "displacement" op die hart dra, hierdie gevolgtrekking ondersteun.

Volgens Richter et al. (2004:38) word kinders in inrigtings se lewenskwaliteit ten opsigte van die volgende faktore be'invloed:

• Verminderde potensiaal ten opsigte van langtermyn verhoudings en die mense wat werklik in die kind belangstel ten opsigte van probleme en suksesse;

• Te veel mense en gebrek aan privaatheid;

• Verminderde kontak of algehele verlies van kontak met ander familielede en vriende; • Stigmatisering in die plaaslike gemeenskap;

• Beperkende keuse van vriende, veral van buite die installing; • Die potensiele afdruk van ander gelowe in die kind se lewe;

• 'n Tekort aan voorbereiding vir wanneer iemand die installing verlaat;

Hierdie sake plaas druk op en lewer nuwe uitdagings in die instellings wat in elk geval as substituutversorgers optree by MIVA/igs-geaffekteerdes. "Emergency institutional care is the only option for a number of groups of children until more suitable care can be arranged" (Richter et al., 2004:38.)

Daarteenoor is Richter et al. (2004:38) baie positief teenoor pleegsorg en aanneming: "..because family-based care in a child's home community generally offers the best opportunities for positive psychological development" (Richter et al., 2004:39.) Hoewel dit waar is dat aanneming in die grootste deel van Suidelike-Afrika nie 'n algemene praktyk is nie, is familieversorging deur naby familie van 'n gestorwe persoon algemene praktyk (Richter et al. 2004:39).

Volgens Sloth-Nielsen (2002:25) wys internasionale ooreenkomste daarop dat weeskinders verkieslik nie in inrigtingsorg geplaas behoort te word nie, maar sover as moontlik moet opgroei in een of ander vorm van familie-omgewing.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes

f a t a l "<:,|*7H-WKTllM,*fii,TV' 1 2 1

YUIIBESIT1 YA 80K0tlE-BOPHIRH>4

Volgens Schutte (2000:30) met 'n Life Line/Childline, Wes-Kaap agtergrond is inrigtingsorg nie werklik 'n opsie nie. Volgens haar is dit nie goed vir kinders nie en is ook baie duur. Daar is wel behoefte aan noodhuise en hospies, maar dis nie op groot skaal ekonomies en emosioneel bekostigbaar nie. UNAIDS (2006:18) stel dat byna alle Suid-Afrikaanse kinders, of die moeders lewe of nie, in nie-gei'nstitusionaliseerde huishoudings is. Volgens Mturi & Nzmande, 2003 (soos aangehaal deur UNAIDS, 2006:18) het baie gedurende 2001 die bou van kinderhuise aangeblaas. Tog is dit maar 'n klein deel van die las van versorging van weeskinders wat oorgeneem is deur kinderhuise. Volgens Fredriksson & Kanabus (2008a:4) was daar in die vroee dae van die vigsweeskindkrisis 'n stormloop deur welmenende nie-regeringsorganisasies om kinderhuise te bou. Die grootte van die probleem het gewys dat die reaksie nie volhoubaar is nie. Die koste om 'n kind in so 'n inrigting te hou is meer as by enige ander vorm van versorging. Meeste mense is oortuig dat kinders binne familie- eenhede deur uitgebreide gesinsnetwerke, pleegouers en aanneming versorg behoort te word en dat kinders uit een gesin nie geskei behoort te word nie.

3.6.6.4 Positiewe rol vir formele sorg

Vir Schutte (2000:30) is die belangrikste ding wat in Suid-Afrika moet gebeur, nie om primer materiele bronne te monster nie, maar om die waarde van kinders in die samelewing te skep, of eerder te herskep. In die meeste tradisionele kulture was kinders werklik na waarde geag. Kleiner kinders is gesien as rykdom, 'n teken van die guns van die gode of voorvaders. Vir vorige geslagte en nuwe intrekkers in die Afrika- kontinent was die liefde van Afrika-mense vir kinders, selfs die wat nie biologies verwant is nie, opmerklik: "My brothers and I benefited immeasurably from the care, throughout our childhood of an African nanny" (Schutte, 2000:30.)

Schutte (2000:31) meen dat 'n strategie van bewusmaking nodig is om die gronde te berei vir

gemeenskapsaanvaarding van weeskinders:

• Van die strategiese middele wat gebruik kan word, is om deur middel van radio, televisie, straatteater, preke, koerante, tydskrifte, populere literatuur, kerke of staatsorganisasies 'n kindergesentreerde- en kinderomgee kultuur te skep. Die "matrons" in die samelewing, die ouer dames kan opleiding in die kuns van versorging kry.

• Die tweede strategie is opleiding: In die strategie kan weereens van radio, televisie, dramagroepe, preke, koerante, tydskrifte, populere literatuur, asook van die kerk en siviele

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

■ ■ ■ ■ ■ NORTH-WEST iiHiK=i»rv 122

organisasies gebruik gemaak word. Ook nie-regeringsorganisasies kan gebruik word om mense ouer vaardighede te leer, wat eintlik meer deeglike ontwikkelingspsigologie is.

Volgens Schutte (2000:32) is daar drie belangrike sake in die opleiding:

• "Attachment theory - so that people, especially women, understand the critical importance of each small child being securely and lovingly attached to a reliable adult."

• Die impak van verlies en rousmart op h kind en hoe daarmee gehelp kan word. Om aan die kind die geleentheid te gee om te treur op so 'n wyse dat voorkom word dat verdedigingsmeganismes gevorm word wat die kind in later fases van sy lewe belemmer. • Die behoefte van alle moeders en versorgers om emosionele ondersteuning en

bemoediging te kry.

Czerwiec (1996:32) meen dat verpleegsters in hospitale baie kan doen om die emosionele en fisiese las van mense te verlig wie se geliefdes gehospitaliseer is. Wat baie kan help is die omgee- gesindheid teenoor die pasient, maar ook volgens Czerwiec (1996:33-35) 'n omgee-gesindheid teenoor die geaffekteerdes. Volgens Czerwiec (1996:35) kan verskeie van die gestigte "North American Nursing Diagnosis Assossiation (NANDA)" se diagnostiese kategoriee van belang wees

by die versorging van die pasient se geliefdes: Hooploosheid, rousmart wat geantisipeer word, geestelike spanning, vrees, versorgingsrolstres, en rolverandering binne families.

Czerwiec (1996:35) gee die volgende diagnostiese hulpmiddels wat verpleers kan gebruik om die situasie van pasient en familie te evalueer:

• Vind uit hoe lank die pasient en familie reeds aan die omstandighede onderworpe is;

• Bepaal hoe lank die familielid of geliefde betrokke is in die versorging van die pasient. Het die familielid of geliefde gevoel dat hulle versorging van die pasient 'n uitdrukking van hulle liefde is?;

• Wat verstaan die naasbestaandes of versorgers van die siektetoestand, bv. wat is die inligting wat hulle beskikbaar het? Familieversorgers kan in baie gevalle die hospitaalpersoneel van goeie inligting voorsien by kroniese omstandighede;

• Wat is die verhouding van die familie tot ander verpleers en dokters? Het hulle vertroue en wat kan gedoen word om vertroue te bevorder?;

• Hoe lyk die fisiese, geestelike en emosionele sy van die versorger of naasbestaande, bv. is daar tekens van uitbranding en is hulle bewus van ondersteuningsisteme beskikbaar?

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

123

HORTH-WESfUHIVSStTV YUlWESm YA BOKOHE.BOPHIRIW ijoonowES-u uvtRsntn