• No results found

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE: TEOLOGIESE TRADISIE EN SKRIFGETUIENIS OOR DIE KERK SE ROL IN DIE AANSPREEK VAN

26 ii MOWH-YKESruillvaSIT

2.6 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT 'N TEOLOGIESE ANTROPOLOGIE

2.6.5 Bybelse mensbeskouing

2.6.5.1 Die mens, geskape as beeld van God

In Gen. 1 : 27 word gese dat die Here die mens na sy beeld geskape het. Die gedagte is

wesenlik by enige antropologiese derike (Verhoef, 2000:11). Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 14 (ASK, 1983:163) iui as volg:" Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het: Hy het horn volgens sy beeld en gelykenis gemaak en gevorm, dit wil se, goed

regverdig en heilig, sodat hy met sy wil in alles met die wil van God kan ooreenstem." Volgens Heyns (1973:100) beteken bogenoemde woorde dat God en mens op een of ander wyse met mekaar vergelyk kan word. Dit gaan dan hier oor Goddelike en menslike bestaanswyse en handelswyse. Wat van God gese word in terme van 'n Goddelike bestaan, naamlik dat Hy in verhoudinge bestaan (tot Homself, mens en wereld) word eweneens van die mens gese. In sy verhoudinge ten opsigte van God, homself, naaste, kosmos word iets van 'n goddelike

bestaanswyse weerspieel.

Genesis 1 : 26 gebruik twee Hebreeuse woorde naamlik, zbx (tselem -verteenwoordiger) en m m (demoet - beeld): "Toe het God gese: "Kom Ons maak (asah) die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voels in die lug."

In Gen. 1 : 27 word net die woord &?% (tselem) twee keer gebruik, wisselend vir wat vertaal kan word as "verteenwoordiger en beeld": "God het die mens geskep (bara) as sy verteenwoordiger (tselem), as beeld (tselem) van God het Hy die mens geskep (bara), man en vrou het Hy hulle geskep (bara)" (Verhoef, 2000:14.)

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

34

£ ■ ■ ■ ■ HCWTH-WESrWKVSSflV S S I B H YUi«6ESITiYA8OK0<IE-B0PHIMM ^ | ~ | HOORDWES-UMVERSmiT

Die implikasie hiervan is dat man en vrou, albei as beeld van God geskape is. Daarom kan man en vrou ook ten opsigte van die reddende en heiligmakende genade in soortgelyke intieme gemeenskap met God wees (Verhoef, 2000:31). Treloar et al. (2005:8) stel dat Gen. 1 : 26 - 28 baie belangrik is binne die feministiese Bybelinterpretasie. Treloar et al. (2005:8) verwys na Phyllis Trible wat 'n fundamentalistiese gelyke blik op man en vrou gee. Vir haar maak die teks God nog manlik, nog vroulik. Hierdie teks is meer gebalanseerd deur die Wereld Raad van Kerke in gesprekke ingesluit wat tot die publikasie, "In God's Image: Reflections on identity, human wholeness and the authority of Scripture" gelei het (Treloar et al. 2005:8). Daarin word vervat dat man en vrou verteenwoordigend is van die kollektiewe mensdom en daarom gelykwaardjge modelle vir die mens is.

Daar is veral drie standpunte oor Gen. 1 : 26 - 28 (Treloar et al., 2005:9):

• Die insluiting van man en vrou as beeld van God is 'n sentrale deel van die teks en 'n deel wat in besonder tot die huidige generasie spreek.

• Om beeld van God te wees is om God se verteenwoordiger op aarde te wees. Hierdie verstaan, aanvanklik net toegepas op die koning, word verkondig as waar van alle mense en dit lei tot waardetoevoeging ten opsigte van mense.

• Die aard van die mens wat hier gestel word, is dat, soos God gesag het, so het die mens ook gesag/heerskappy oor die skepping. Dit bring versorging van die geskape wereld na vore as deel van die natuur van die mensdom. Die mens moet lewe laat gedy.

In die beskrywing van die mens as die beeld van God kom daar enersyds die

gemeenskapsverhouding en andersyds die uitsluiting van enige gelykheid na vore (Verhoef, 2000:18). Die mens is inderdaad uniek: anders as God, maar hy is ook anders as al die anders skepsels van God. Dit word duidelik uit die feit dat daar in Gen. 1 : 21, 24 en 25 staan dat al die ander skepsels na hulle aard gemaak is, maar dat die mens na die beeld van God gemaak is (Verhoef, 2000:19).

Waterink (soos aangehaal deur Heij, 1989:41) se die mens is "homo sapiens" (wetende mens). Hy is toegerus met rede, gevoel, strewe, wil, verantwoordelikheidsbesef, gewete, ens... dit alles omdat hy die kind van die Vader is. Sy afkoms van die Vader is beslissend vir die menslike bestaan. Die konsekwensie is dat die empiriese psigologie ondergeskik gemaak word aan die Bybelse psigologie.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

35

i | | l | MCWTH-weSTUHIvaBItV ■ ■ ■ ■ ■ VUIIieiSITiVtBOKOlS-EOPrtlRliiA j O [ | ^ « UOOKHVES-UUVERSITW

Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 14 (ASK, 1988:163) lui verder in die tweede paragraaf: "Maar toe hy (die mens) in aansien was, het hy dit nie verstaan en sy uitnemendheid nie besef nie. Hy het homself egter, deur na die woord van die duiwel te luister, willens en wetens aan die sonde, en daarom aan die dood en vervloeking onderwerp." Volgens Verhoef (2000:15) kom die verhaal van die sondeval binne die konteks van die skeppingsverhaal duidelik na vore. "As dit nie vir die sonde was nie, sou berading soos dit vandag bekend is, nie nodig gewees het nie. Die vraag onderliggend aan alle pastoraat en berading is die vraag: Watter effek het die sondeval op die mens as beeld van God?" (Verhoef, 2000:15.) Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 14 (ASK, 1988:163, vgl. Verhoef, 2000:28) vervolg oor hierdie saak in vierde paragraaf: "Hy het deurdat hy in al sy doen en late goddeloos, verkeerd en verdorwe geword het, al sy voortreflike gawes wat hy van God ontvang het, verloor en het hy niks anders daarvan oorgehou nie as slegs klein oorblyfsels, wat egter genoegsaam is om horn van alle verontskuldiging te ontneem."

Gen. 9 : 6 en Jak. 3 : 9 dui daarop dat die beeld van God, dit wil se die mens se menswees, nie verlore gegaan het nie (Verhoef, 2000:29).

Gen. 9 : 6: "Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger" (NAV.1983.) Dis weereens ti?x (tselem -

verteenwoordiger) wat gebruik word. Volgens Westermann (1986:85) gaan die seen van die Skepper na die vloed vir Adam se nakomelinge voort. "Israel ontmoette hem in zijn historie als redder, maar daar bovenuit is Hij God en Heer van de mensheid, vanaf haar begin tot aan haar einde" (Westermann, 1986:89.) In Gen. 9 : 6 word doodmaak van 'n mens verbied, omdat alle mense na die beeld van God gemaak is. Nou word by 'n nuwe begin, terugverwys na die skepping van die mens. Hierdie werklikheid het in die hede ook nie krag verloor nie (Verhoef, 2000:26,27). Dit gaan nie om die mens se goedheid nie, maar om God se trou en genade.

Jak. 3 : 9: "Met die tong loof ons die Here en Vader en met die tong vloek ons die mense wat as beeld van God gemaak is" (NAV, 1983.)

yeyovoTag is in die perfektum en verwys na die mens wat gemaak is. Dit wys dat die mens steeds die merktekens van Goddelike oorsprong in hulle dra (Verhoef, 2000:27). Die afbreek van die Goddelike beeld wat die mens steeds dra is dan onaanvaarbaar.

Bloot die feit dat daar in die Nuwe Testament op verskeie plekke staan dat die mens as beeld van God vernuwe moet word na die beeld van God, dui daarop dat daar'n aantasting was van die mens as beeld van God. Die handhawing van die mens as mens moet aan die genade van God

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

HOfcTH-wesT U M M 9 8 I N 36 YUHlBESm YA £OKO!IE.&>PH!tUW<

toegeskryf word (Verhoef, 2000:30). Vir Bybelse berading is dit van wesenlike belang. Volgens Verhoef (2000:30) bring dit die berader en die soeker na berading opnuut onder die besef van totale afhanklikheid van God.

Volgens Waterink (soos aangehaal deur Heij, 1989:42) staan die mens altyd in Vi verhouding. Hy staan in 'n verhouding as God se gevolmagtigde op aarde. Omgekeerd is die hele kosmos in (via) die mens op God gerig. "Ook na de sondeval is er de roeping God te dienen; de

verantwoordelikheid is gebleven" (Heij, 1989 : 42.) Heij (1989:42) verwys ook na Kooi se bydrae in "Taak en toekoms"(1974). Volgens Kooi het God die mens na sy beeld geskape, en wel so dat hy sy hoogste amp as regeerder op die aarde kan uitoefen. Die gawes wat God aan die mens gegee het, is dus gerig op sy opdrag. Hierdie opdrag aan die mens word in v/er verhoudinge uitgevoer, nl. met God, met die naaste (medemens), met die natuur (kosmos) en met homself.

As afsluiting van 'n Bybelse antropologie word kortliks op die vier verhoudinge gefokus: