• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

94 YUlflBESITi YA BOKOilE.BQPHIFilAlA

3.5 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP MIV/VIGSWESIES

3.5.3 Defi nie ring van vigswesies

Forster & Williamson (2000:275) stel dat die Engelse woord "orphan" afgelei is van Grieks en Latynse wortels, wat beteken: "a child bereaved by the death of one or both parents."

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlVTVigs-geaffekteerdes

99

UCKTH-WESruNIVS&m- YUMfBEHH VA EQKOtlf.60PWSMM HOORDMSm IMRSIT1IT

Volgens Forster & Williamson (2000:275) definieer baie skattings en modelle 'n weeskind as een waar die moeder dood is. Die rede is dat die "maternal" demografiese data makliker verkrygbaar is in opnames. "In developing countries, loss of a father may have greater sosio-economic impact than loss of a mother" (Forster & Williamson, 2000:275.)

UNAIDS (2002) beskryf'n weeskind as 'n kind wat een of beide ouers verloor het.

Vigswesies sou dan kinders tot die ouderdom van 15 jaar wees wat een of beide ouers aan MlV/Vigs verloor het. Meeste bepalings vir weeskinders stel die ouderdom op 15 jaar vas. "Maternal orphans are children whose mother has died but whose father is alive. Similarly paternal orphans are those whose father is dead but the mother is alive" (Maqoko & Dreyer, 2007:722.)

Data ten opsigte van kinders 15-17 jaar word dan gewoonlik weergegee saam met volwasse 15 - 49 jaar kategorie.

'n Kind word vanuit 'n regsperspektief gedefinieer as 'n persoon onder 18 jaar (Forster & Williamson, 2000:276). "From a practitioner perspective, community programmes target children in difficult circumstances which includes maternal and paternal orphans under 18 years" (Forster & Williamson, 2000:276.) In sommige kulture kan dit 'n kind wees wat een ouer verloor het, terwyl dit in ander kulture kan verwys na 'n kind wat beide ouers verloor het.

Om weeskinders as kinders onder 15 jaar te definieer kan volgens Forster & Williamson (2000:276) die aandag aftrek van die behoeftes van ouer adolessente wat die seksuele en ekonomiese eksploitering van adolessente meisies insluit.

• Kinders is direk geaffekteer deur MlV/Vigs as hulle wees gelaat is.

• Verder word meer kinders indirek geaffekteer wanneer hulle naby familie of uitgebreide familie, hulle gemeenskap en wyer, asook die strukture en dienste wat tot hulle voordeel bestaan, onder spanning kom as gevolg van die gevolge van MlV/Vigs (Forster & Williamson, 2000:276).

Volgens Forster & Williamson (2000:276) is daar 'n onbekende aantal kinders met ouers met vigsverwante simptome. Baie ouers het vigs maar wys nog nie simptome. In Afrika is daar baie kinders wat by familieverwante in pleegsorg is.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

100

U K B I B H<X»H.W«TUNIvaSITY

H i l l YUlJIBCSmYAeOKOIIE.BOPHIRIM | ~ | J HOORDWES-UWIVEfSITElT

Sommige van die wesies is gelukkig in die opsig dat hulle gebore is voor hulle ouers ge'fnfekteer is met MIV, terwyl ander ge'fnfekteer is as gevolg van moeders wat nie toegang gehad het tot 'n program wat AZT gebruik om moeder-kindoordrag te verhoed nie. As gevolg van gebrekkige inligting, afsondering en swak geskooldheid is daar baie moeders wat gewoon ook nie bewus is van die regte medikasie nie. Ng'weshemi et al. (1997:349) se dat MlV-infeksie by kinders redelik algemeen is, maar soms eers in 'n later fase ontdek kan word. Dit kan gebeur omdat sekere simptome ooreenstem met die simptome van ander kindersiektes. Die toetse tot op 18 maande kan vals positief toets as gevolg van die moeder se teenliggaampies wat vir 'n lang periode in die kind teenwoordig kan wees.

3.5.3.1 Vigswesies

Frediksson & Kanabus (2008a: 1) se dat daar nagenoeg 15 miljoen kinders wereldwyd onder 18 jaar is wat wees is as gevolg van vigs. Meer as 12 miljoen van hierdie kinders is in Afrika, Suid van die Sahara. Daar word bereken dat 9% van alle kinders minstens een ouer verloor het. Daar kan teen 2010 reeds 15,7 miljoen vigsweeskinders in Afrika, Suid van die Sahara, wees. Die ouderdomsverspreiding van vigswesies is min of meer dieselfde oor landgrense heen (Fredriksson & Kanabus, 2008a:1):

0 - 4 jaar 15% 0 - 9 jaar 35% 10-14 jaar 50%

Volgens Momberg (2008) het 1,2 miljoen van die land se 1,49 miljoen weeskinders hulle ouers as gevolg van vigs verloor en na verwagting sal die getal met meer as 336 000 hierdie jaar alleen toeneem.

'n Artikel, "AIDS orphans in Sub-Saharan Africa: a looming threat to future generations" (UNAIDS, 2007:1), stel dat daar meer as 34 miljoen weeskinders in Afrika, Suid van die Sahara, is en dat ongeveer 11 miljoen wees is as gevolg van MlV/Vigs. Die gevolg is dat die siekte van 'n hele geslag kinders, weeskinders maak en die volgende aantas:

• Hulle gesondheid; • Hulle regte; • Hulle welstand; • Hulle oorlewing;

• Die algemene ontwikkelingsvooruitsigte van hulle lande.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

101

VUWBESm YA BOKOte-BOPHIRKAi HOORBWtS-UflVTRSITEIT

Die las van versorging van die meeste van hierdie weeskinders le op die skouers van reeds oorlaaide uitgebreide families. Vroue en grootouers met die laagste bronne van inkomste is in die meeste gevalle hulle versorgers. Sulke huishoudings verdien tot 3 1 % minder as ander huishoudings.

Gevolge:

Straatlewe word deel van baie weeskinders. Hulle ly reeds aan swak gesondheid, trauma en psigologiese stres. Dit maak hulle soveel meer die teikens van misbruik en eksploitering.

Terwyl pogings aangewend word vir die regte respons op die epidemiese gevolge, lewe miljoene kinders getraumatiseerde, onstabiele lewens, nie net beroof van hulle ouers nie, maar ook van hulle kindwees en toekoms (UNAIDS, 2007:1).

UNAIDS (2006:20) maak die volgende stelling: "The HIV epidemic has greatly increased the percentage of children who are orphans."

• Die persentasie "dubbel" weeskinders (waar beide ouers dood is) het toegeneem van ongeveer 1,4 % in 1995 tot 2,7% in 2005;

• Die persentasie van kinders waar minstens een ouer dood is, het toegeneem van 14% in 1995 tot 16% in 2005.

UNAIDS (1995 - 2005:8) maak melding van die bevindings van die "Nelson Mandela HRSC Study of HIV/AIDS 2002)". Dit gaan ook oor weeskinders:

• Ten opsigte van die ouderdomsgroep 10 - 14 is die persentasie waar albei ouers oorlede is, 3,5%;

• waar minstens een ouer oorlede is, 16,4%.

Volgens Forster & Williamson (2000:275) sal langtermyn opiossings gevind moet word vir die kinders aangesien die impak van MIVA/igs sal aangaan selfs al neem die infeksies in die volgende paar jaar af. Die rede is dat die lang inkubasieperiode van die virus tot gevolg het dat die sterftesyfers nie voor 2020 sal afneem nie. Dit beteken verder dat die hoeveelheid weeskinders buitengewoon hoog sal bly, tot sover as 2030.

Volgens UNAIDS (2006:20) is die Suid-Afrikaanse bevolking as volg saamgestel: 79% is "Africans" (swart mense) en 2 1 % "non-Africans".

Die "non-Africans" word in drie groepe ingedeel nl. blankes, gekleurdes en diegene van Indiese- of Asiatiese afkoms:

• blankes 45%; • gekleurdes 41%;

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 102

YUMIKSITJ YASOKOtlE-BOPHIRlfci*. HOOROWES-UnVERSITtlT

• 14% van Indiese of Asiatiese afkoms.

Volgens die verslag is daar nie 'n wesenlike stygende tendens by die "non-African" groepe in terme van kinders wat wees gelaat is deur verlies van moeders en vaders weens MIVA/igs nie.

Venter (soos aangehaal deur Cabsa Caris, 2006) skryf: "A further challenge would be the provision of care and support to growing numbers of orphans, expected to double between 2006 and 2015 to an estimated 2,5 million children."

3.5.3.2 Ouderdomsgroep 15 - 24 en verder

Volgens Johnson (2006) was daar ten spyte van die jeuggerigte offensief ongeveer 250 000 nuwe gevalle van HIV infektering in die ouderdomsgroep 15-24 jaar.

Verder was daar in 2006, 950 vigsverwante sterftes per dag in Suid-Afrika en 1400 nuwe infeksies per dag wat neerkom op 'n totaal van 530 000 nuwe infeksies per jaar.

In plaas van 'n globale optrede is daar eerder 'n globale ontkenning van die uitdaging van vigs: " ...in the face of an overwhelming problem affecting not only individuals, families and communities but entire societies" (Fresen, 2003:64.) Om om te gee is dan die teenpool van apatie: "Our responsibility is to care for one another, to be concerned that "the Body of Christ has AIDS" (Fresen, 2003:64.)