• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

94 YUlflBESITi YA BOKOilE.BQPHIFilAlA

3.5 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP MIV/VIGSWESIES

3.5.6 Kinders en onvoorsiene dood van ouers

Kubler-Ross (1991:73) stel dat die dood van 'n geliefde altyd 'n hartseer gebeure is. Die gevolglike optrede van die naasbestaandes hang dan af van baie verskillende faktore, onder andere die ouderdom van die oorledene. So speel ander omstandighede ook \\ rol, soos:

• die oorsaak van dood; • die skielikheid daarvan; • die voorbereidheid;

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlVA/igs-geaffekteerdes

106

m w

UORTH-WfSni!ll«SSSTV YtMBESffl YABOKQXE.eOPHUlim IIOORDWES-UMlVtRSITEIT

• Die graad van vorige soortgelyke gebeure in die kind se ervaringswereld sal ook die periode van rousmart be'fnvloed.

Vir iemand wat bewus geword het van MlV-positiewe status is dit moeilik om hierdie kennis oor te dra, veral aan die afhanklike kind. Om aan 'n kind oor te dra dat so 'n persoon gaan siek word en sterf, dalk tydens die kind se kinderjare, is baie moeilik.

Volgens Wiener (1998:327) kompliseer die stigma rondom MIVA/igs ook die besluit om inligting met kinders te deel. lewers moet die kinders egter ingelig word. Kinders kan nie beroof word van die geleenthede om gevoelens te deel asook vrae te vra nie. As hulle nie deel gemaak word van die proses nie, voel hulle deurmekaar, alleen en verlate.

3.5.6.1 Jong Kinders

Kiibler-Ross (1991:73) skryf dat as die kind baie jonk is en min tyd gehad het om met die ouerfiguur te bind, kan byna enige ouer-substituut soos bv. 'n ouma redelik maklik die jong moeder vervang en die kind behoort nie baie tekens van treur te wys nie. Die treurproses hang af van die mate waarin die baba se emosionele kwadrant reeds ontwikkel is.

3.5.6.2 Kinders waar binding met ouer reeds plaasgevind het

As die binding tussen ouer en kind reeds plaasgevind het, sal die kind met fisiese simptome reageer soos om te huil, aan slaaploosheid ly, aan familielede vasklou en ook teruggryp na vroeere gedrag. Die voorskoolse kind sal die ergste reageer as die vader en/of moeder skielik sou sterf. Hier word die dood nie as permanent beskou nie asook nie as permanente skeiding nie. Die kind sal dan oral na die ouer soek en selfs probeer om dinge te doen wat die ouer sou oorhaal om terug te kom. As hulle sou dink dat die moeder hulle bv. sou straf met afwesigheid kan oormatige korrekte gedrag ontwikkel. Volgens Wiener (1998:328) kan die kind tussen vyf en sewe jaar steeds nie die intensiteit van die gevoelens gepaardgaande met ontwikkelende siekte of dood van 'n geliefde hanteer nie. Ouers behoort met die kinders dan oor vigs te praat as hulle dit het sodat die kinders verstaan dat dit nie hulle is wat die siekte veroorsaak het nie. Dis belangrik dat grootmense (en substituutversorgers) bewus is van die gedrag en nie die kind oormatig komplimenteer of afwys nie. "It is only when the surviving parent, or perhaps a grandparent, has had a good talk and a good cry over the death of the child's parent that the child can give himself permission to acknowledge the death of one of the parents and begin the actual mourning process"

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 107

NORTH-WEST umvmvr,'

YUMBESre YA BOKOtlE-BOPHIRVA* HOOROWtS-UmVERSITEIT

(Kubler-Ross, 1991:74.) As families oor die kind se ouer saam kan praat en huil, kan die rouproses momentum kry. Volgens Kubler-Ross (1991:74) is dit vir kinders nodig om met iemand te kan praat oor die verlies van 'n ouer. As die familie saam na die foto's in 'n album kan kyk en herinnerings kan deel oor plekke, vakansies, gebeure en saam lag en huil, kan die kind baie gehelp word om sonder te veel letsels deur die rouproses te kom. Die verlies van 'n ouer kan soms die begin wees van moeilikhede later in die lewe (Kubler-Ross, 1991:78). Die onvermoe' om te praat, te deel en oor die oorledene te praat, bring in die toekoms die onvermoe om emosies te hanteer asook smart op 'n gesonde wyse te hanteer.

3.5.6.3 Ouer kinders

Ouer kinders leer gou wanneer hulle gedrag hartseer of verleentheid vir die res van die familie bring. Die gevolg is volgens Kubler-Ross (1991:78) dat hulle in die nag in die kussing huil of veren alleen gaan stap waar hulle dan met die afgestorwe ouers praat. Omdat hulle so hard probeer om hulle emosies vir ander familie weg te steek, kan dit veroorsaak dat hulle baie kort van humeur kan wees en uitbarstings vir die geringste rede kan he. Hulle kan in gevegte met skoolmaats betrokke raak asook ander kinders beny wat met ouers bv. op 'n uitstappie gaan. Volgens Kubler-Ross (1991:78) kan hulle uitdagend wees - waaghalse met fietse en kaskarre en weier om na volwassenes te luister as hulle gewaarsku word. Wiener (1998:329) se dat in gevalle waar ouers MIV- positief geraak het, kinders in die ouderdomsgroep sal vra oor hoe dit gebeur het. Hulle kan selfs vra oor seksuele gedrag, dwelms en homoseksualiteit. Hulle moet korrekte antwoorde kry volgens wat die kinders in staat is om op die ouderdom te hanteer. Op die ouderdom kan kinders verantwoordelikheid wil aanvaar en moet ouers versigtig wees om hulle nie met take te oorlaai nie. Kinders behoort deel van gesprekke te wees wanneer besluite geneem moet word oor wie hulle toekomstige versorgers sal wees.

3.5.6.4 Pre-adolessente

Pre-adolessente wat 'n ouer verloor het, kan die tendens toon om te ontspoor, promisku te raak en hulleself in baie benarde lewensomstandighede te laat beland. Kubler-Ross (1991:78) stel dat baie van die adolessente-prostitute, jongmense is wat ouers verloor het en dan weggehardloop het van die huis af: "I don't care a hoot" is the prevailing attitude, another form of denial" (Kubler-Ross, 1991:78.) Wat hulle in die werklikheid nodig het, is liefdevolle arms rondom hulle, 'n skouer om op

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan subsliluutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 108

ifij

HO««H,wt$r UHMRSfTV YUMBESm YA SQKOtE.BOPHIRJMA HOORDWM-UM1VIRS1THT

te leun en 'n volwassene wat hulle geleentheid gee om hulle harte uit te huil. Volgens Kubler-Ross (1991:79) neem dit tyd om te heel. Dit neem tyd om te treur. Elkeen moet tyd he en op sy eie wyse dit te verwerk. Vir een gaan werk help, vir 'n ander slaap. Ander tieners gaan baie na partytjies toe of sit uitermatige grimering aan. "Never judge or criticize anyone who tries to cope with the loss of a parent in his own way" (Kubler-Ross, 1991:79.) Volgens Wiener (1998:330) sal die tiener se persoonlikheid, sterkpunte, brooshede, die soort verliese wat hulle al beleef het en die kwaliteit van die verhouding met die ouers, 'n invloed he op die reaksie wanneer hulle van MIV- positiewe status by ouers bewus word.

3.5.6.5 Konflik families

In families waar daar baie konflik, fisieke straf, misbruik of'n tekort aan oop kommunikasie is, gaan die bagasie eers verwerk moet word voordat h gesonde rouproses van die grond af kan kom (Kubler-Ross, 1991:79). In die geval kom baie mans en vroue wat in hulle kinderdae seksueel misbruik was (tot soveel as 30%), in kontak met hulle lank onderdrukte frustrasies. Eers as hierdie onafgehandelde konflik binne 'n veilige omgewing en in die teenwoordigheid van 'n ondersteunende en sterk helper aangespreek is, kan die treurproses begin vir "a father they may have loved as much as they feared or resented him" (Kubler-Ross, 1991:79). As kinders vroeg en op die regte wyse gehelp kan word, gaan dit baie onnodige lyding voorkom (Kubler-Ross, 1991:80).

3.5.6.6 Verwagte dood

Teenoor skielike, onvoorsiene sterftes (Kubler-Ross, 1991:80), kan dood deur ander stadiger ontwikkelende siektes, soos kanker, die kinders geleentheid gee om te vergoed vir swak gedrag in die verlede. Dit gee kans om onafgehandelde haakplekke in verhoudings te kan hanteer. "With so many young people dying of AIDS, parents have an opportunity to do the same thing for their dying young adult children " (Kubler-Ross, 1991:80.)

3.5.7 AFLEIDINGS

• Nuwe infeksies moet voorkom word, sodat kinders nie hulle ouers verloor nie.

• Versorging vir daardie kinders wat reeds wees gelaat is as gevolg van vigs, is 'n uitdaging. • Die uitdagings vir substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes word beter verstaan by

begrip vir die uitdaging van vigswesies as direk geaffekteerdes.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

HOfsTH-wEsruHivmstrv r U M K S m VA BOKOME-BOPHIWAW IIOORBWES-UIIMROTEIT

• Geaffekteerdheid by vigswesies gaan soms gepaard met ge'mfekteerdheid.

• Die hoeveelheid vigswesies is vinnig besig om te vermeerder en bied 'n eiesoortige uitdaging.

• Armoede, misbruik en verwaarlosing is akute uitdagings.

• Uitdaging vir vigswesies le ook op fisieke, geestelike, psigologiese, intellektuele, ekonomiese en emosionele vlak.

• Ubuntu as sisteem het 'n invloed op die konteks waarbinne kinders versorg word. • Kundigheid is nodig om vigswesies en hulle versorgers deur rousmart te kan begelei.

• Ruimtes is nodjg waarbinne vigswesies aanvaarding en omvattende ondersteuning kan beleef.

3.6 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP SUBSTITUUTVERSORGERS VAN