• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

94 YUlflBESITi YA BOKOilE.BQPHIFilAlA

3.6 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP SUBSTITUUTVERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

3.6.2 Erkenning aan versorgers

Twig & Atkin (1994:1) meen dat versorgers in die algemeen gelukkig nie meer die Cinderellas van die samelewing is nie, maar dat daar al hoe meer van hulle ook in publieke dokumente melding gemaak word. Daar word selfs konferensies gehou waarin hulle behoeftes bespreek word en riglyne word gegee as ondersteuning. Selfs politici verwys na hulle in toesprake.

Ten spyte van die feit dat hulle waarde raakgesien word asook die feit dat daar erkenning gegee word aan hulle belangrikheid, is daar onder beleidmakers en beplanners tot dusver weinig gedoen ten opsigte van strategiese denke oor die onderwerp.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

110

iKXsi'H.wejruiwnsiTv YUNWESm YAeOKOHE.BOPHIRKAA HOORflWES-UHlVSRSITEIT

Binne die konsep van versorging is daar volgens Twig & Atkin (1994:7-9) w'erbelangrike elemente. Hierdie gaan meer oor primere versorging en tog is dit ook vir sekondere versorging van belang:

• Die eerste het te doen met die ondersteuningselement Versorging beteken dan om dinge vir mense te doen wat hulle nie vir hulleself kan doen nie en sluit dan dinge in soos om iemand op te lig, te help met toiletprosedures, reiniging en voeding.

• Die tweede element het te doen met die sg. "kinship obligation": Die versorging wat bure aanbied is gewoonlik beperk. Hulle is kwalik betrokke in intieme of fisiese versorging en waar vriende of bure meer intiem en fisies betrokke is, is dit omdat daar vroeer in die verhouding iets gebeur het wat die verhoudings verander het na primere sosiale verhoudings.

• Die derde element is dat versorging geassosieer word met emosie: As die verhoudings tussen versorgdes en versorgers nie gedefinieer word deur liefde nie, word dit dikwels daarmee geassosieer of daardeur geenergeer.

• Die vierde element sluit in die gevoel van om verantwoordelik te voel vir die persoon wat sorg nodig het: Hierdie verantwoordelik voel kan ontwikkel tot die vlak van om die situasie van die sorgbehoewende te monitor, onderhandelings met verskillende dienste aan te knoop, betrokkenheid te mobiliseer soos behoeftes groei en die aanpassing van aksies om diens-tekortkomings te ontmoet.

Van Dyk (2005:323) meld dat in die formele gesondheidsektor versorgers gewoonlik verpleegpersoneel, beraders en maatskaplike werkers is, maar in Afrika is daar so baie MlV/Vigs- pasiente dat hospitalisasie of formele sorg nie altyd 'n opsie is nie Dit beteken dat die gemeenskap hulle eie ge'i'nfekteerdes moet versorg. Die volgende groepe en individue is deur 'n UNAIDS studie in RSA en Uganda uitgewys as die versorgers wat MlV/Vigs in hulle gemeenskappe die stryd aanse:

Op die familievlak is dit gewoonlik vroue en meisies en gelydelik ook mans (meestal onder dwang) wat siek pasiente versorg. Die versorgers wat egter gewoonlik nie onthou word nie is kinders. As een ouer sterf en die ander word siek is daar soms geen ander versorger as die kinders nie. Caldwell et al. (1993:7) se dat vigspasiente gewoonlik deur hulle familie versorg word maar dat die grootste las gewoonlik deur vroue, getroude vroue, moeders, susters, dogters, tantes en grootmoeders gedra word. Vigs kry dit reg om verhoudings met nie-verwante persone te verswak, bv. bure wat gelydelik hulle kontak verbreek.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

tiORffl-wBTutiivsarrv VUHIBEStn VA BOKOME.EOPHIRIMA IIOORDWtS-UlliVERSITtlT

Volgens Knodel & Van Landingham (2002:1) strek die impak van die MlV/Vigs- epidemie wyer as die ge'infekteerde persone:

Nie-ge'i'nfekteerde mense word ook baie geaffekteer.

Daar word baie aandag gegee, ook in die studie, aan die weeskinders, kinders van persone met MlV/Vigs. Tog is dit waar dat die meeste volwassenes wat sterf, tussen 20 en 30 jaar is en dat hulle ook ouers het wat vanaf 50 - 70 jaar is. Hierdie is 'n groot gemeenskap wat baie geaffekteer is deur die epidemie (Knodel & Van Landingham, 2002:1).

Ander ouer verwante, lewensmaats of homoseksuele verbintenisse van mense wat aan MlV/Vigs ly, is ook geaffekteer deur die epidemie, veral as van hulle verwag word om as versorgers op te tree (Knodel & Van Landingham, 2002:1).

Volgens Van Dyk (2005:324) vervul vrywilligers 'n belangrike funksie as versorgers. Soms is dit

informele vrywilligers soos vriende, bure en kerklidmate, maar meestal is dit formele vrywilligers

wat vir MIVA/igs-versorgingsprogramme werk en gewerf en opgelei is en ook onder toesig is van die organisasies vir wie hulle werk.

Van Dyk (2005:324) noem ook professionele gesondheidswerkers (verpleegpersoneel en maatskaplike werkers) wat met pasiente by hospitale en klinieke werk en tuisversorging doen. Hierdie mense se grootste uitdaging is die werf, opleiding en ondersteuning van vrywilliger versorgers in die gemeenskap. Weisfeld (1991) (soos aangehaal deur Salsberry et a/., 1993:40) se dat die vigs-epidemie gemeenskappe uitdaag om versorgingsnetwerke te ontwikkel en te mobiliseer vir mense wat deur MIV- gei'nfekteer is. Volgens McCormick (1990) (soos aangehaal deur Salsberry et a/., 1993:40) vereis die situasie dat pasiente wat langer met MlV/Vigs lewe, dat gemeenskappe toenemend ge'i'nteresseerd raak in die voorsiening van gesondheidsdienste buite die hoe binne-pasient situasie. Om tuisgebaseerde gesondheidsdienste te verskaf blyk volgens Salsberry et al. (1993:40) die beste te wees ofskoon dit in daardie stadium nie duidelik was hoe sulke agentskappe ten opsigte van die vigs-epidemie gereageer het nie.

Vrywillige berading en toetsdienste het baie professionele gesondheidswerkers en onopgeleide beraders na die veld van MlV/Vigs gebring.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

112

H O W H - W B T UKIVHtStTV HOORDWES-tSHVERSITEIT

Tradisionele gesondheidswerkers word wyd in Afrika gekonsulteer. Hulle belangrikheid binne

gemeenskappe word egter nie altyd amptelik erken nie. Dit maak dat hulle versorging ten van persone met MIVA/igs sonder opleiding en ondersteuning van die formele gesondheidsektor is.

Van Dyk (2005:323) maak die stelling dat die volgende persone "versorgers" is in MIVA/igs konteks: "...anyone (professional, lay or family) involved in taking care of the physical, emosional and/spiritual needs of a person infected or affected by HIV/AIDS."

3.6.3 Substituutversorgers

Die Suid-Afrikaanse regskommissie onderskei volgens Uys & Cameron (2004:181) by die versorging en ondersteuning van weeskinders en ander kinders geaffekteer deur MIVA/igs die volgende moontlikhede:

• Onafhanklike bestaan van weeskinders;

• Onafhanklike bestaan met eksteme toesig en ondersteuning;

• Pleegsorg wat insluit tradisionele familie versorging, "cluster care of multiple children, and collective care of individuals or multiple children";

• Aanneming;

• Institusionele versorging, wat insluit plekke van veiligheid, skuilings, kort-termyn baba huise, tradisionele kinderhuise;

• Staat- of NRO geborgde gemeenskapsgebaseerde ondersteuning strukture soos sopkombuise en dagsorg fasiliteite.

Sloth-Nielsen (2002:24,25) noem 'n aantal tipiese modelle wat uitgewys is in 'n gemeenskapsgebaseerde ondersoek oor die versorging van hulpbehoewende kinders:

• Onafhanklike huishoudings van weeskinders waar kinders geen formele ondersteuning het om na mekaar om te sien nie;

• Staats- of NRO-gedrewe programme wat ten doel het om kinders te identifiseer en te ondersteun bv. deur die generering van inkomste en bewusmakingsprogramme;

• Tuisversorging vir beide siek volwassenes en hulle afhanklike kinders;

• Nie-statutere residensiele versorging, wat vanuit privaat wonings gedoen word sonder dat hulle geregistreer is as plekke van veiligheid (versorgingsoorde) vir kinders;

• Erkende formele plasing van kinders by ander families;

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes

ifill

199

MOKffl-WHTlwaBITY YUHBESm YA BOKOHE.60PHIRI414 IIOORDWES-UMVBSITEIT

Huishoudings bestaande uit weeskinders waar informele versorging/toesig deur gemeenskapslede aan kinders in hulle omgewing verleen word. Barnett & Blaikie (1992:120) noem hierdie "toesighouers" of "voogde", "guardians". Soms sien hulle om na die kinders in hulle eie huise of soms trek die kinders by die voogde in. Hierdie voogde is gewoonlik bure of iemand anders wat deur die familie, wat nie versorgingsverantwoordelikheid vir die kinders kan of wil aanvaar nie, aangewys is. Ten opsigte van hierdie voogde is daar by kinders gemengde reaksie. Hulle is baie uitgelewer en kan selfs hulle grond of besittings as gevolg van hierdie mense verloor.