• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT SUBSTITUUT VERSORGERS VAN MIV/VIGS-GEAFFEKTEERDES

ISI YUJIJBES1TI YA BOKOHE.BOPHIRIM HWSHWEST UMIVKITV HOOROWM-UHtVEISITOT

3.7 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP DIE PLAASLIKE KERK EN PASTORAAT

3.7.6 Pastorale sorg as bemagtiging

"Pastorale sorg as bemagtiging" (Lartey, 2003:58), fokus op die feit dat daar iets goed, van waarde, binne mense is soos hulle nou is. Bemagtiging beteken dan dat daar gebou word op die bestaande sterkpunte by mense eerder as op swakpunte: "The task of pastoral care under this model is the "drawing out" and "building up" of the unnoticed strenghs and resources within and around people and communities" (Lartey, 2003:58.)

Volgens Botman (1996:508) deel die kerk van vandag met Jesus en die vroee kerk die desperaatheid van die behoeftiges en die neerslagtigheid van die armes. Nou, soos in die tyd van Jesus, word die kerk opgeroep, nie alleen om konflik te oorleef nie, maar om die behoeftiges en armes te dien.

Daar is drie doelstellings vir die kerk as die aktiwiteite mensgesentreerd (hulle behoeftes aanspreek); volhoubaar; bemagtigend is vir die kerk en die ontvangers van hulp:

• As vrywilliger organisasie moet die kerk fokus op visie en waardes.

• Kerke behoort nuwe kundigheid aan te leer wat hulle goeie rolspelers op die gebied van ontwikkeling kan maak.

• Die metafoor vir transformasie is volgens Guder (1999)(soos aangehaal deur Hendriks et

a/., 2004:386) "inkarnasie". Die kerk moet 'n teenwoordigheid binne gemeenskappe he.

Soms is dit makliker om van veraf te help. Hoe verder egter, hoe minder invloed.

Oladipo (2000:146,147)(soos aangehaal deur Bowers & August, 2004:420) stel: "The fact that it is non-partisan and situated in a fixed place (as it serves the entire community and usually has an existing building structure) and furthermore conforms to a moral order of checks and balances, ensures that the local congregation is perfectly situated for community transformation."

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes 152

i f l H I WRTH-wKTuHivaairv

■ ■ ■ ■ ■ YUlllBESlTi VABOK011E*DPHIfU»

Brown & Hendriks (2004:403) het 'n artikel gepubliseer wat gebaseer is op 'n D.Th. studie wat ten doel gehad het om vas te stel, op \\ prakties-teologiese wyse, hoe die golf tussen die gemeente (plaaslike kerk) en die vigsgemeenskap oorgesteek kan word deur tuisversorging as voertuig van verandering te gebruik. Die inleidende deel, eerder as die resultate is vir hierdie studie bruikbaar. Twee vrae was van belang:

• Kan die negatiewe gesindhede, vooroordeel en optrede van baie in die kerk teenoor mense wat aan MIVA/igs ly, verander word deur korrekte inligting van die pandemie met die demonstrering van die liefde van Christus en omgee vir die MIVA/igs-gemeenskap as uitkoms?

• Kan die liefdevolle uitreik van die kerk, in navolging van Christus se opdrag tot liefde, die persepsie van diegene in die MIVA/igs gemeenskap verander om nie meer die kerk as koud en liefdeloos te belewe nie maar eerder as 'n bron van hoop en liefde?

Die uitgangspunt was dat die kerk as fondament van die werk betrokke sou wees met as verdere uitkoms, dat deur die fokus op die kerk en die werk wat deur die kerk gedoen word, die potensiaal daargestel sal word vir 'n voortgaande lewensvatbare program wat die mense wat betrokke geraak het, tot eienaarskap sou lei (Brown & Hendriks, 2004:403). Dus met bemagtiging van die betrokkenes in die oog. Lotter (2000:229) se dat in die proses van versoening (die kerk is agent vir versoening - eie opmerking), moet ander bemagtig word om self te kan inisiatief neem in die samelewing. Dit gaan dan nie net oor politieke en morele bemagtiging nie, maar enige soort bemagtiging wat versoening teweeg bring.

Navorsing het bewys dat kerke wat in lyn met hulle eie geskiedenis, visie en missie werk, en wat nie met programme funksioneer wat vreemd aan hulle aanvaarbare prosedures is nie, minder radikale, maar meer voorspelbare en suksesvolle uitkomste sou he (Brown & Hendriks, 2004:403).

Volgens Brennan (1998:138) het 'n persoon wat aan MIVA/igs ly, se geestelike en godsdienstige ingesteldheid 'n groot impak op die staande bly. Kennis van iemand se geestelike en godsdienstige verstaan van dood en sterwensproses, kan help in die aanspreek van behoeftes. Geloof kan 'n groot bron van krag wees ten tye van die rou/trauma proses.

Daar is 'n geskiedenis, vanuit die geloofsgemeenskap van veroordeling van MIV, homoseksualiteit, dwelmgebruik en verslawing wat mense met MIVA/igs soms keer om hulp te soek by hulle kerk of plek van aanbidding. Tog is dit so dat baie kerke en kapelaansdienste dienste beskikbaar stel deur vigsdiensorganisasies, hospitale en hospice programme. Baie kerke en geloofsgroepe voorsien

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

■ ■ ■ U P NOHB-WISTUHWStStfV l - > 3

m

l«*T»-WESTUH>WR«rv YUMBESm YA BOKOHE-KJPHIRIKi llOORBWtJ-UHVERSITEIT

ondersteunende pastorale sorg en ondersteuning. Maatskaplike werkers behoort ook suike bronne in hulle omgewing te ken.

3.7.7 AFLEIDINGS

• Tradisioneel was pastoraat gesien as die versorgingaksie van die kerk aan gelowiges. Dit moes mense aanspoor om die Woord se impak in hulle lewe te vertolk, het gemeenskap tussen mense geskep en gelowiges aangespoor tot diens aan die wereld.

• "Pastoraal" het egter in praktyk beteken versorging van lidmate deur die ampte.

• Missionale teologie skep ruimte vir die emansipasie van die lidmaat en beweging oor alle grense heen. Dis gegrond op herstel en verhoudings.

• Die konteks van die kerk in Suid-Afrika is ook Afrika. Pastoraal beteken dit 'n wegbeweeg van alleen Westerse individualisme na 'n kontekstuele verstaan van Afrika- sisteemdenke. Dit beteken kruis kulturele bewussyn.

• Die sosiale omgewing is vir die kerk as organisme, maar ook as organisasie 'n werklikheid. Saam daarmee die besef van die impak van MIVA/igs op die gemeenskap.

• Diensfunksies op grondvlak raak al hoe belangriker. So ook die toerusting van gewone lidmate ten opsigte van versorgers en versorging.

• Die ontstaan van ondersteuningsgroepe en die toerusting van hulle sowel as bemagtiging van hulle is noodsaaklik in die plaaslike kerk. Kleingroepe binne die kerk is effektiewe ondersteuningsgroepe.

• Dit veronderstel ook wegbeweeg van stigmatisering van MIVA/igs in die kerk.

• Die kerk moet weer haar ware Bybelse identiteit opeis as liggaam van Christus om doelmatig te reageer op die pastorale behoeftes van God se mense wat met MIVA/igs lewe.

• Die transformasie van gemeenskappe en mense is belangrik.

• Die kerk is die magtigste nie-regeringsorganisasie met onbeperkte infrastruktuur en grondvlak kontak. Die kerk moet deel van 'n netwerkspan wees om verandering teweeg te bring.

• Die kerk moet oppas vir die gevaar van 'n nuwe paternalisme wat in 'n post- moderne tyd uitgedien is. Gemeenskap- en gemeentebemagtiging is sleutelbegrippe.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes

154

IIORTH-WBT UHlvattftV YUI«8£5ITi YAeOK«(£-BOPHIRMt4 uooRnwES-uuivEwrerr