• No results found

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE: TEOLOGIESE TRADISIE EN SKRIFGETUIENIS OOR DIE KERK SE ROL IN DIE AANSPREEK VAN

19 HOMH-wMT UNNSMrtv YUHI8ESITI YABGKOHE.BOPHIRIM

2.8.8 Bepaling van die sosio-historiese konteks van die perikoop 1 Matteus-gemeenskap

2.8.8.4 Matteus se kerk

Matteus is die enigste van die evangelieskrywers wat van die "kerk" praat. Dit gebeur in Matt. 16 : 18 en 18: 17 (vgl. 2.8.2).

Al se Morris (1992:4) dat mens nie te veel daarin moet lees nie, is daar tog deurgaans in Matteus 'n belangstelling in die kerk as struktuur:

• Dink veral aan die belang van Petrus se belydenis in Matt. 16; • die pastorale leiding van Jesus in Matt. 18 as Yi broer sou sondig; • die mag van die kerk om te bind en te ontbind;

• Die woord "ekklesia" kom by die evangelies slegs by Matteus voor en wel in Matt. 16 :18; 18 : 17(VanZyl, 1988:11).

• Volgens Van Zyl (1988:11) is Matteus die een wat die woorde van Jesus tot groot diskoersblokke saamvoeg en 'n leerstellige inslag bewerk wat Matteus van die vroegste tye af reeds geskik maak vir kategetiese aanwending. Die aanwending van tradisiestof rakende die dissipels dui ook op kerklike belangstelling.

• Van Zyl (1988:11) se dat Matteus se beskrywing van die dissipels nie slegs histories biografiese gegewens bevat nie, maar dit dien veral om hulle deursigtig te maak vir die lewe in die Matteaanse kerk 80 - 90 nC.

• Volgens De Silva (2004:246) is die prominente behoefte van die Matteus-evangelie om die nuwe liggaam, die "kerk" se kontinuiteTt met die historiese volk van God, deur wie Hy gespreek, wat God se aankondigings ontvang het en wat die voertuig van belofte was, te wys. Vir die nie-Christen Jode sou daar, veral met die ruimte vir die heidene 'n diskontinui'teit wees tussen die Christene en hulle. Die uitsprake van heidene dat hulle deel van die Joodse tradisie sou wees deur hulle Christenskap, sou dadelik deur die Jode verwerp gewees het. Daarom wou Matteus wys dat die Christen gemeenskappe nie verlaters van hulle tradisie is nie, maar dat die kerk in die sentrum van God se reddingsplan staan (De Silva, 2004:253).

• Matteus wys ook dat Jesus se volgelinge die naaste staan aan die Skriftradisie en tot die wil van God deur sy uitbeelding van Jesus as die betroubare Leraar en perfekte Behouer van die tradisie, in besonder die Torah. Dit sou sy volgelinge wys dat hulle gevestig is in die sentrum van God se wil en wandel in God se wee (De Silva, 2004:253).

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlVWigs-geaffekteerdes

58

VUNleESID YAMKOttE.BGPHIRM«

nooKBWS-miivEfsnin

Daar is in die evangelie geen aanduiding van enige besondere ontwikkeling in die kerklike bestuur nie. Die struktuur wat afgelei kan word is baie eenvoudig en niks meer kompleks as wat die Pauliniese briewe veronderstel (Morris, 1992:10).

Dit slaan egter tog tussen die reels deur dat daar in die Matteaanse gemeenskap 'n groeiende

verampteliking was (Zyl, 1988:11,12). Matteus 23 : 7 -12 is hiervan belang:

Gelowiges (veral leiers) word opgeroep om hulle nie as pa(3(3i, 6 SiSdaraXos (leermeester), rraTepa (vader) of Ka9riyr}Tai (onderwyser) te laat aanspreek nie. Daar is maar een Leermeester, Christus. Almal is gelyk en moenie oor mekaar baasspeel nie. Vers 11: " Maar die

grootste onder juile moet bereid wees om die ander te dien" (u[iG)v SICIKOVOS). Die gedeelte vra

diensbaarheid.

• Die klem op die gesindheid van die kind in Matt. 1 8 : 5 (nederigheid), oproepe tot versorging van die kleintjies, vergifnis vir die broer in 18:6 - 35 wys alles op 'n tendens van hardvogtige en

liefdelose verampteling in die kerk van Matteus. Van Zyl (1988:11) stel dat Matteus se

ekklesiologie dus 'n duidelike anti - hieragiese karakter vertoon. So beklemtoon Matteus op verskillende plekke nederigheid. Dit is nodig om in die koninkryk te kom. Dis binne hierdie sosiale konteks en Matteus se korreksie daarop dat Matteus se woorde volgens Van Zyl (1988:12) verstaan behoort te word.

• Enige gesprekke oor die kleinste "mikros" en geringste "elagistos" behoort in hierdie verband gevoerte word (Van Zyl, 1988:11).

Volgens Stanton (1995:160) het die belydenis van Petrus en Petrus se posisie 'n belangrike rol in die Matteus-kerk gespeel, egter in die sin dat die opvolger van Petrus die kerkgemeenskap was; "The fact that the authority given to Peter at 16 : 19 is in 18 : 18 promised to all members of the community suggests that the successor of Peter in the ministry is the community." Die gevolg hiervan, volgens Stanton, is 'n kerkgemeenskap sonder klem op posisie of amp: "But the point is that he does all to counter what was presumably already 'n visible trend towards the development of an actual ministry whose members were then clearly distinguished from other Christians and had a certain status" (Stanton, 1995:160.) en: "Greatness is reserved for those who can subject themselves to others and serve them (23 : 11f)." Volgens Matt. 18 : 15 - 18 moet elkeen agter 'n verdwaalde broer aangaan en 'n pastor vir horn wees. Almal is gelyk.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

59

HG&TH-WBTUHIWRS5TV YUillBESm YA BOKOtlE-BOPHIRUA* IIOOMnvESmiSVERSITElT

I

Hierdie was 'n kerkgemeenskap wat nie ouderlinge, biskoppe of diakens geken het nie. Die kerkgemeenskap wyk af van streng Joodse Christendom in die opsig van letterlike wetsnavolging, alhoewel die voile wet tog belangrik is (Stanton,1995:161).

Die Matteus-kerk het ook 'n mission§re gesindheid gehad (Stanton, 1995:161): "...nor is it interested in Jesus's relatives as leaders of the community, but rather recognizes the authority of Peter who is open to the gentile mission." Vir die Matteus kerk was die beloftes van die Ou Testament in die verbond baie belangrik, "but whereas they thought of the wholly remnant in a centripetal way, Matthew thought centrifugally of a flock of all nations" (Stanton, 1995:162).

De Silva (2004:257) stel dat insluiting van die heidene nie net h nagedagte of'n "plan B" in die wil van God was, indien Israel verwerp sou word nie. Joodse lesers, sowel as heidense lesers moes verstaan dat die heidense meerderheid in die kerke nie 'n teken is van die kerk se afskeiding van die volk van God nie, maar dat die teenwoordigheid van gelowiges uit die heidendom juis die vervulling is van God se beloftes en openbaring is van God se wil vir alle nasies.

Geestelike laksheid, wetteloosheid en afvalligheid moes die gemeente bedreig het (Combrink, 1980:75). Daar was ook klaarblyklike verdeeldheid. Daarom die pastorale benadering van bv. Matt. 18. Die dwingendheid van die eindoordeel van Matt. 25 : 31 - 46 bevestig dit ook.