• No results found

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE: TEOLOGIESE TRADISIE EN SKRIFGETUIENIS OOR DIE KERK SE ROL IN DIE AANSPREEK VAN

2.4 PRAKTIES-TEOLOGIESE STUDIEVELD

2.4.1 Moontlike defmisies en basisteoretiese beginsels

• "...Praktiese Teologie is die hermeneutiek van die aard en struktuur van die kommunikasiegebeure tussen God en mens. Die kerk is die produk van hierdie gebeure" (Hendriks, 1990 : 20.) Volgens Hendriks strek die Praktiese Teologie van al die teologiese vakdissiplines horn die verste uit om die mens in al sy verhoudinge te verstaan. Ander wetenskappe help die Praktiese Teologie om die mens in sy verhoudinge beter te verstaan. • Heitink (1999:6) gee die volgende definisie: "...practical theology as a theory of action is the

empirically oriented theological theory of the mediation of the Christian faith in the praxis of modem society."

• In Praktiese Teologie gaan dit myns insiens oor die empiries georienteerde praktiese handelinge van die kerk in diens van die Evangelie van Jesus Christus ter wille van die kerk en die wereld.

• Die Skrif en teologiese tradisie, waaronder die belydenisskrifte van die Kerk, bied perspektiewe op die kommunikatiewe handelinge van die plaaslike kerk en hierdie perspektiewe behoort ontleed en ontgin te word.

• "Die prakties-teologiese basisteorie verwoord vanuit kritiese, idiele, normatiewe en teologiese perspektief die teorie wat 'n bepaalde handeling ten grondslag le" (Lemmer, 1991:4.) Nel (1991:23) verstaan "teorie" as die teologiese teorie wat die kommunikasie van die Evangelie van Jesus Christus in en deur die kerk in die wereld dien. Dit moet as kommunikatiewe handelingsteorie verstaan word. Praksis is dan alle handelinge wat in diens van die kommunikasie van die Evangelie staan (Nel, 1991:24). Die kommunikatiewe handelinge is gerig op verandering. Volgens Nel (1991:24) moet die Koninkryk van God en die koninkryksbeloftes in die kerk en samelewing gestalte vind. Dit vra voortdurende

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MIVA/igs-geaffekteerdes

! : : , !

21

YUIIfflESm VA BQKOtlE-BOPHIfW iiooRDwes-in nvERsntiT

I

verandering wat daarna streef om die hede te slyp na die ideaal van God se Koninkryk soos dit in die teologiese tradisie verstaan word. "Praktiese Teologie het verder'n hermeneutiese funksie wat ten doel het om die evangelie verstaanbaar te maak vir die mens van vandag" (Minnie, 2003:18.)

• Basisteoriee is fundamentele prakties-teologiese teoriee binne die vak. "Basisteoriee dien om die kommunikatiewe prosesse van die praksis in ons studieveld te verstaan, om as kritiese teorie dit te toets en te beoordeel, om die perspektief en normatiewe komponente vir praktykteoriee te verskaf, asook om as rigtingwyser vir die kommunikatiewe handelinge in diens van die evangelie te funksioneer" (Pieterse, 1993:133,134.)

2.4.2 Zerfass se prakties-teologiese model

"Wetenskaplike ondersoek in die Praktiese Teologie het as uiteindelike doel om die kommunikasieprosesse in diens van die evangelie te dien. Dit beteken dat probleme ten opsigte van die goeie verloop van die bediening van die Woord, kommunikasie rondom die Woord, en die kommunikering van die evangelie wetenskaplik ondersoek word met die oog op die oplossing daarvan" (Pieterse, 1991:48.)

Elyon (2008:13 -15) wys op 'n aantal modelle of raamwerke vir die Praktiese Teologie: Dis die modelle van Heitink, Lotter, Zerfass en Getz. Volgens Elyon (2008:13) is daar'n aantal kenmerke wat by die modelle gevind kan word: Daar is 'n komponent wat Skrif, Christelike tradisie en hermeneutiek behels; 'n komponent wat literatuur en empiriese navorsing behels (gesamentlik of afsonderlik) en dan is daar die komponent waar daar tot die vorming van 'n model of praktykvorming gekom word.

Binne 'n paradigma met 'n hermeneutiese orientasie is gekies vir die model van Zerfass (Zerfass, 1974:166). Zerfass se model word in die metodologie van verskeie prakties-teologiese studies gebruik (De Wet, 2006:60; Bothma, 2004:7). Die rede daarvoor le moontlik in die raamwerk wat dit bied vir die ondersoek van verskillende vlakke van hermeneutiese wisselwerking tussen teologiese tradisie en huidige situasie, norm en praktyk, die ideale en reele, teologie en ander wetenskappe.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

22

IJORTM-WEST UHU'SSSrTv YUillBESITS YABOKOtlE.BOPHIRk'iiA I1O0WJWB-UHOTISITEIT

De Wet (2006:60) vat die model mooi saam: "Deur hermeneutiese wisselwerking te omskryf en te integreer in teorievorming, word verseker dat basisteorie nie in die lug bly hang nie, praktykteorie ankerloos ronddryf nie en metateorie onverrekend gelaat word nie."

Model van Zerfass (Elyon, 2008:15; vgl. Heyns & Pieterse, 1990:39)

Teologiese oorlewering

Situasie analise

In terme van die funksionering van die model van Zerfass moet beide refleksie-sirkels voortdurend deurloop word. Dit geld by :

• analise van die praksis; • toetsing van die praksis;

• beplanning van die nuwe praksis.

Die ondersoeke begin gewoonlik met die bepaalde praksis waarbinne die ondersoeker staan (Pieterse, 1991:26). In die probleemstelling in hierdie studie (1.3) is reeds aandag gegee aan die praksis waarbinne die ondersoeker staan. Dit is die omgewing met die gevolge van MlV/Vigs- geaffekteerdheid asook die optrede van die kerk in 'n na binne gerigtheid en westerse geTndividualiseerde pastoraat teenoor 'n kommunale, sistemiese Afrika-kultuur (1.2.2). Die situasie-analise in hoofstuk 3 sowel as die empiriese studie in hoofstuk 4 sal die situasie verder belig. Probleme soos hierdie dwing volgens Minnie (2003:21) die plaaslike kerk om te soek na 'n

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlVA/igs-geaffekteerdes

II

NORTH-WEST UHWBiSirv VUUlBCSm YA 80KOte.60l>HIWMA HOOKBWK-UHNHtSrrEIT

I

meer sosiaal aanvaarbare metode wat kan help om die stuasie op te los. Empiriese navorsing kan dan ook 'n bydrae lewer om die versteuring van die benadering wat nie meer funksioneel is nie, reg te stel.

Zerfass self noem sy model 'n handelingswetenskaplike model vir die korrigering van die Christelike praksis (Pieterse, 1991:26; De Wet, 2006:58). Dit gaan nie alleen oor die praksis en waarom dit is soos dit is nie, maar ook hoe dit behoort te wees (Nel, 1991:32). Die uitgangspunt van 'n handelingswetenskaplik georienteerde proses van nadenke is die konkrete Christelike- en ekklesiologiese optrede (De Wet, 2006:72 - 75). Die praksis blyk dan dikwels ontoereikend te wees. Die wisselwerking tussen die teologiese tradisie en die konkrete situasie wat geanaliseer word, is belangrik. Die wisselwerking word dikwels gekenmerk deur die spanning tussen hoe die konkrete situasie veronderstel is om te lyk en hoe dit in die werklikheid lyk. Inligting oor die situasie moet ten opsigte van die implikasies daarvan getoets word aan en gekonfronteer word met die gesag van oorleweringsaansprake uit die kerklike tradisie. Verandering vind dan nie plaas ter wille van verandering nie en die proses verseker dat kritiese ingrepe in die handelingsveld konstruktief en met diepgang plaasvind. 'n Teorie word ontwikkel oor wat gedoen moet word om die situasie te verbeter. Die prakties- teologiese teorie dien as impuls vir gefokusde optrede in die handelingswerklikheid van 'n nuwe praksis.

Janson (1983:339) (soos aangehaal deur Minnie, 2003:18) stel die taak van die Praktiese Teologie soos volg:

• Ontwikkeling van die prakties-teologiese basisteorie; • Ontwikkeling van 'n praktykteorie;

• Die uitvoering van die nuwe praktykteorie.

Volgens die prakties-teologiese model van Zerfass is daar genoeg ruimte dat die teologiese teorie en die situasie analise deur wedersydse be'i'nvloeding by mekaar gebring kan word in die verstaanprosesse. In hierdie dialogiese model vorm die belydenis van die kerk 'n integrale deel van die proses. Volgens Nel (1991:23) word "teorie" in die artikel, "Wisselwerking tussen teorie/praksis in die Praktiese Teologie", verstaan as die teologiese teorie wat die kommunikasie van die Evangelie van Jesus Christus deur die kerk in die wereld dien. Die teorie moet as kommunikatiewe handelingsteorie verstaan word.

Aanvanklik het die klem in die praksis veral op die handelinge van die pastor geval, later is gemeentelike handelinge of kerklike handelinge as die praksis ondersoek . Gedurende die sestiger

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

HOCm-WKT UWS8STV 24 YUMBESIT! YA BOKOtiE-BOPHmiSIA

KOOMWES-U liVBSITEIT

I

jare word die samelewing ook by die praksis ingeluit (Nel, 1991:24). Volgens Nel (1991:24) is die praksis alle handelinge wat in diens van die kommunikasie van die Evangelie staan. Dit is die praksis van Christelike geloof en lewe, soos dit voorkom in die kerklike geloofsgemeenskap. Die kommunikatiewe handelinge is gerig op verandering: "Die Koninkryk van God en die koninkryksbeloftes moet in kerk en samelewing gestalte vind" (Nel, 1991:24.)

Volgens Pieterse (1991:49) word teorie en praksis in 'n bipolere spanning naas mekaar geplaas: "Die teorie is krities op die praksis en die praksis kan vrae stel aan die teorie. Uit hierdie interaksie kan verstelde of selfs nuwe praktykteoriee gebore word, wat 'n vernuwende praksis (hopelik 'n verbeterde!) kan rig." In die inrigting van die model is daar opvallend nie eenrigtingverkeer van die teorie na die praksis nie en dit geld ook van die praksis na die teorie. Dit gaan dus oor 'n wisselwerking tussen teorie en praksis (De Wet, 2006:64).

Aan die einde van die proses behoort, as gevolg van 'n meer konkrete greep op die werklikheid, 'n veranderde horison te vorm waaruit die Skrif vir die eie tyd verstaan kan word, ter wille van die optimale kommunikasie van die evangelie. "Binne die kommunikatiewe perspektief is die ondersoekeenheid nie 'n enkele mens nie, maar 'n situasie waarin mense in verhouding tot mekaar staan" (Pieterse, 1991:48.)

Zerfass se model loop uit op 'n kringloop waarin die nuwe handelingsproses van Praksis 2 opnuut weer getoets word en deur die proses van hermeneutiese wisselwerking verder gekorrigeer word (De Wet, 2006:78). Bothma (2004:9) meen ook dat die nuwe praksis nie beteken dat die proses afgehandel is nie. Dit moet eers aan die situasie en die oorlewering getoets word sodat die situasie en die teologiese oorlewering die korrektheid of werkbaarheid al dan nie, van die nuwe praktyk kan toets. Praksis 2 vind sigself dan inderwaarheid waar Praksis 1 aan die begin van die proses was. Dis "n voortdurende proses al blyk daar geen probleem met 'n huidige praksis te wees nie (Bothma, 2004:9).

Hierdie model loop dus uit op 'n sikliese benadering waarin die huidige praksis voortdurend gekorrigeer word en dit maak die model uiters bruikbaar.

Die pastorale bediening van die plaaslike kerk aan substituutversorgers van MlV/Vigs-geaffekteerdes

25

R I K I B M0«H-WE*ruHivttSitY

■ ■ ■ ■ ■ YUIHBESIT! YAf»KO!!E-K>PMR!,V.A | C ^ 3 HOO804VK.UUVEMITEIT