• No results found

Verdere verskille tussen TPM en EMDR (soos aangeteken deur die Lehmans)

3.5 'N VERGELYKING TUSSEN EMDR EN TPM

3.5.3 Verdere verskille tussen TPM en EMDR (soos aangeteken deur die Lehmans)

Waar die aangetekende verskille van die vorige afdeling (vgl. 3.5.2) die uniekhede van EMDR beklemtoon het, word in hierdie afdeling groter klem gele op die unieke winspunte van TPM as benadering teenoor die EMDR benadering. Daar word hoofsaaklik na die Lehmans (2003b) se werk in hierdie verband verwys.

a) EMDR vereis dat die fasiliteerder meer rigtinggewing en leiding aan die dag moet le as die fasiliteerder by TPM. TPM keer herhaaldelik en eksplisiet na Jesus om die proses te rig en te begelei (Lehman & Lehman, 2003b:4).

b) EMDR erken dat die leuen/negatiewe kognisie belangrik is, maar "does not identify the lie/negative cognition as the primary source of toxic energy in traumatic memories" (Lehman & Lehman, 2003b:3, 6). Die rede waarom TPM die leuen as die primere bron van 'vergiftigende' krag beskou, is waarskynklik omdat Smith die TPM benadering sterker op die teoretiese lees van die kognitiewe benadering geskoei het, terwyl EMDR volgens 'n teorie van ervaringsprosessering verstaan en bedryf moet word. Hiervolgens speel die emosie wat saam met die negatiewe kognisie in die traumatiese herinneringe 'gevries' is, ook 'n belangrike rol in die traumatiese herinneringe.

c) TPM en dr. Ed Smith beveel aan dat die TPM fasiliteerder aan sy eie emosionele genesing moet werk, ten einde te verseker dat dit nie ook verhinderend op die proses inwerk nie (Lehman & Lehman, 2006c: 10). Die Lehmans het nie dieselfde aansporing tydens hul opleiding in EMDR ontvang nie, alhoewel hulle deur ervaring ondervind het dat hoe 'heler* die EMDR fasiliteerder is, hoe beter gaan dit ook met die toepassing daarvan (Lehman & Lehman, 2003b:4).

d) TPM belig sake soos demoniese misleiding, bitterheid of onvergewe insidente en onbelede sonde as moontlike hindernisse in die helingsproses - fasette wat nie by EMDR voorkom nie (Lehman & Lehman, 2003b:4).

e) Volgens Lehman en Lehman (2003b:5-6) se oordeel, is TPM veiliger om toe te pas as EMDR. TPM word as veiliger geag omdat die altemerende neurologiese stimulasie van EMDR "n kragtige instrument is wat ook onoordeelkundig aangewend kan word. Dit help byvoorbeeld om emosies en herinneringe te konnekteer deurdat dit die traumatiese geheuesisteem energeer en dit lyk asof hierdie duale stimulasies verbindinge fasiliteer tussen die waarheid in

die volwasse kognitiewe verstand en die leuens wat 'vashaak' in die ervaringsgebaseerde traumatiese herinneringe. "But it also seems able to 'manually' breach defenses before a person has internal unity about cooperating with the process (we have seen this happen)." (Lehman & Lehman, 2003b:5.) In TPM is dit die lewende teenwoordigheid van die Here Jesus wat die proses voorthelp, maar dit is nie die styl van die Here om 'n pad oop te forseer deur mense se psigologiese verdedigings nie.

f) TPM is ook makliker om toe te pas en is meer effektief as EMDR. Dit is makliker, want 'n groot deel van die proses berus eintlik by die Here se leiding. Dit is meer effektief as EMDR om verskeie redes wat die Lehmans (Lehman & Lehman, 2003b;5.) noem, maar wat die navorser nie nou van belang ag om te noem nie.

3.5.4 'n Evaluering na aanleiding van die vergelyking van EMDR en TPM

Met die empiriese studie waarvan in Hoofstuk 4 gerapporteer word, het een deelnemer naamlik C4, aangedui dat hy TPM en EMDR in kombinasie gebruik, omdat dit volgens horn baie in gemeen het. Bobgan en Bobgan (1999:95-110), sowel as Lehman en Lehman (2003a; 2003b), bevestig dat hierdie twee behandelingsmetodes baie ooreenkomste met mekaar het. Dr. Karl Lehman se byvoorbeeld (Lehman & Lehman, 2003b:4): "Our perception is that Theophostic includes everything in EMDR except the alternating hemisphere neurological stimulation." Hy maak self ook van EMDR en TPM in kombinasie gebruik (Lehman & Lehman, 2003b: 1). Thiessen (2003:94) voeg weliswaar by dat Smith se metode net soveel ooreenkomste met Neuro-linguistiese Programmering (NLP; Otero, 1986) toon. Die navorser reken dus dat Bobgan en Bobgan (1999:104) waarskynlik reg is met die afleiding wat hulle oor EMDR en TPM maak:

Even a cursory comparison of the cases discussed, means of rating the intensity of emotions, and the very methodology used is too congruent between the two to be coincidental. In fact, if TheoPhostics had been in existence before EMDR, we would accuse Shapiro of obtaining her material from TheoPhostics. However, EMDR preceded TheoPhostics by a number of years. If there were only one psychotherapeutic system to choose from as evidence of the pschotherapeutic origin of TheoPhostic counseling, EMDR would it be."

In pas met David Entwistle se tweede artikel, Shedding Light on Theophostic Ministry 2: Ethical and Legal Issues (Entwistle, 2004b:35-42), waarna in Hoofstuk 2 (2.4.1.4) verwys is, kan egter die vraag gevra word waarom Smith dan nerens duidelik aandui dat hy by Shapiro geleen het nie. Dit is opvallend dat hy trouens baie min kere aandui dat hy 'n konsep by iemand of by 'n benadering geleen of oorgeneem het. Smith erken dat hy by kognitiewe terapie en die sogenaamde "brief

therapy" geleer het (2000a:27-28, 150), maar hy laat blyk dat hy nie veel van EMDR weet en geen formele opleiding daarin ondergaan het nie (2000a:48).

Some have seen a likeness of this rating the lie with the work of Edith (sic!) Shapiro and EMDR (Eye Movement Desensitization and Reprocessing.) I truly cannot say since I am not that familiar with her work nor have I been trained at any level in her methodology. I do not need credit for this aspect of the process and if she wants credit for this aspect of the technique I am happy to credit her for this.

Nietemin skryf hy tog die volgende veelseggende woorde (Smith, 2002a: 143-144):

Theophostic Prayer Ministry rests on the biblical principles of God's Word and on a basic understanding of what is known scientifically about how the mind works.

I do not endorse everything that is coming down the science pike, but there is an enormous amount of information available that has proven invaluable in increasing our effectiveness in mind renewal and ministry. God has given us minds to develop, and I believe that using the results of good research is being a good steward of what God has given us.

Uit bostaande aanhalings blyk dit dat Smith tog van die "resultate van goeie navorsing" gebruik gemaak het; derhalwe kan dit nie met algehele sekerheid afgelei word dat Smith sy benadering van die Here alleen ontvang het nie. Dit kom, met ander woorde, voor of Smith definitief by EMDR geleen het. Dr. Karl Lehman, hierteenoor, wat volgens eie verklaring geen affiliasie met Smith of die Theophostic Ministry het nie (Lehman & Lehman, 2008:1), maar wat deurgaans gunstig oor TPM rapporteer, is van mening dat Smith nie by Shapiro en EMDR geleen het nie (Lehman & Lehman, 2003b: 10). Lehman is van oordeel dat die Here vir Smith onafhanklik van ander gelei het om sy unieke TPM benadering te ontwikkel.

Dit moet erken word, en dit kan Smith se naam bo verdenking (her-)stel, dat die Here tog mense kan lei om 'n unieke benadering vir terapeutiese werk en/of innerlike genesing te ontwikkel wat grootliks ooreenkom met ander bestaande metodes. Die navorser het byvoorbeeld die naweek van 15 tot 17 Junie 2007 met twee persone tydens 'n TPM Beradingskonferensie in Bloemfontein gesels. Hulle het albei te kenne gegee dat hulle presies dieselfde doen in hulle beradingswerk as waarvan hulle die naweek oor TPM geleer het (Den Hollander, 2007; Dirks, 2007). Albei van hulle het geen vooraf-kennis van die TPM benadering gehad nie. Welly den Hollander, 'n maatskaplike werker van Durban, se dat die Here vir haar innerlike genesing leer doen het en dat sy dit doen op 'n manier wat ooreenstem met TPM. Die navorser het nie gekontroleer in watter mate Den Hollander se metode met TPM ooreenstem nie. In die gesprek met Tina Dirks, 'n berader uit die Kaap, kon die navorser 'n bietjie meer kontroleer. Sy het inderdaad 'n metode wat baie ooreenkomste met TPM toon. Wat uniek is van Dirks, en wat die navorser aanspreek, is dat sy 'n

baie ernstige gebedslewe lei en soms deur die Here gelei word om deur middel van 'n profetiese woord of 'n woord van kennis die innerlike genesingsproses aan die gang te sit.