• No results found

THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY (TPM)

3.1 INLEIDING TOT DIE HOOFSTUK

3.2.2 Die hoofdenkskole van psigologie

Verskeie skrywers, byvoorbeeld Suinn (1975), Vjljoen (1988:29) en Bankart (1997:vii-xvii), orden die ontwikkeling van die Westerse psigologie in die twintigste eeu rondom hoofsaaklik drie fundamentele bane. Ander, soos Edwards en Louw (1998b:12-21), Valle (1989:257-260) en Lukoff en Lu (2005:178) voeg egter'n vierde baan by en beskryf hierdie bane as paradigmas in die psigologie. Met 'n paradigma bedoel hulle 'n stel aannames vir menswees, menslike gedrag en belewenis wat as vertrekpunt gebruik word en wat deur die aanhangers daarvan tot 'n ideologiese stelsel verhef word (Edwards & Louw, 1998b: 12). Daarom word hierdie hoofdenkskole of paradigmas ook as vier ideologiese magte in die psigologie beskryf. Die vier magte of paradigmas in die geskiedenis van die psigologie word kortliks genoem.

3.2.2.1 Die eerste mag: Natuurwetenskaplike en behavioristiese psigologie

Wilhelm Wundt (1832-1920) het in 1879 'n psigologie-laboratorium in Duitsland te Leipzig opgerig. Dit word as die amptelike begin van psigologie as 'n afsonderlike akademiese dissipline beskou (Louw, 1987:25; Viljoen, 1988:21, 27; Edwards & Louw, 1998b: 12-13). Wundt het op natuurweten­ skaplike manier die innerlike van die mens (probeer) bestudeer. Sy werk is voortgesit en uitgebou deur mense soos John Watson (1878-1958), E.L. Thomdike (1874-1949) en B.F.Skinner (1904- 1990; vgl. Moller, red., 1987:6; Meyer et al., 1988:185; Louw, 1987:28). Hulle het veral die waameembare, meetbare en objektief-te-beoordeelde gedrag van mense en diere bestudeer. Onderliggend aan die behaviorisme in al sy variasies is 'n reduksionistiese siening van die mens as 'n passiewe stimulus-respons meganisme (Valle, 1989:257-258).

Die ontwikkeling van die kognitiewe wetenskap (Edwards & Louw, 1998b:14), gestimuleer deur die bydraes van onder andere Jean Piaget (1896-1980) in Switserland en Gestaltpsigoloe soos Max Wertheimer (1880-1943), Wolfgang Kohler (1887-1967) en Kurt Koffka (1886-1941) in Duitsland, het bygedra tot 'n beter begrip van waarneming en die leerprosesse wat nie behavioristies van aard was nie (vgl. Louw, 1987:29, 33-34; Viljoen, 1988:28, 30). Die ontwikkeling van rekenaars het ook 'n invloed op die psigologiese denke van die dag gehad (Edwards & Louw, 1998b:14). Psigoloe het gesien hoedat rekenaars inligting kon opneem en dit op komplekse maniere verwerk. Dit het nuwe verstaansmoontlikhede geopen oor hoe die brein moontlik kan werk. Denke word hiervolgens as "informasieprosessering" verstaan (Westen, 1996:17). Bekende name wat verder met die kognitiewe psigologie verbind word, is Albert Ellis en Aaron Beck (Bankart, 1997:259).

Om saam te vat, behavioriste het die brein in terme van 'n telefoonsentrale verstaan wat stimuli en response op dieselfde wyse verbind as wat telefoongebruikers met mekaar verbind word (Edwards & Louw, 1998b: 14; vgl. Westen, 1996:15). Kognitiewe psigoloe het die brein as 'n rekenaar gesien wat inligting verwerk en dat dit die taak van die psigologie is om natuurwetenskaplike metodes te gebruik om uit te vind hoe hierdie rekenaar werk. Die behavorisme en aanverwante natuurweten­ skaplike psigologie staan as die eerste mag in die psigologie bekend (Valle, 1989:257; Lukoff & Lu, 2005:178).

3.2.2.2 Die tweede mag: Psigoanalise

Die psigoanalise word as die tweede mag in die psigologie beskou (Edwards & Louw, 1998b: 15- 16). Dit het begin met die werk van Sigmund Freud (1856-1939) wat as geneesheer neurotiese gedragsversteurings, veral histerie, bestudeer het (Louw, 1987:31-32; Viljoen, 1988:28-29; vgl. Freud, 1963). Freud het op 'n stadium, te wete in 1985, hipnose onder Jean-Martin Charcot in Frankryk bestudeer, waarna hy en sy kollega, Joseph Breur, baanbrekerswerk op 'n dame met histeriese konversie gedoen het. Vir haar het hulle die skuilnaam "Anna O" gebruik (Breur & Freud, 1974/1895:73-102; Suinn, 1975:15-16; Frank & Frank, 1991:4; Bankart, 1997:46-54).

Anna O, oftewel Bertha Pappenheim (Bankart, 1997:81-94), is 'n tipiese geval van iemand met psigosomatiese probleme wat opgelos is toe sy begelei is om sekere ontstellende insidente uit haar verlede te herbeleef en dit te verwoord (vgl. Edwards & Louw, 1998b: 15). Freud het egter gou afgesien van die benutting van hipnose in sy terapie en sy eie metodes ontwikkel (Edwards &

assosiasie" gebruik gemaak het, het die prototipe geraak van die "talking cure" (Bankart, 1997:85; Readers' Digest, 1990:37).

Die belangrikste bydraes van Freud, baie kritiek ten spyt, is (a) dat hy aangedring het op die gebruik van ander as natuurwetenskaplike metodes om die mens te bestudeer (Edwards & Louw, 1998b: 16; vgl. Viljoen, 1988:29), (b) dat hy die onbewuste van die mens ontdek en beskryf het, en (c) dat hy 'n voorbeeld daargestel het vir die ontwikkeling van gespreksterapie in die psigologie (Suinn, 1975:20; Bankart, 1997:106-109, 112-126). "Ongeag die subjektiewe en onkontroleerbare metodes van die psigoanalise is daar seker geen enkele skool wat die psigologie so beinvloed het as die juis die psigoanalise nie." (Louw, 1987:31; vgl. Viljoen, 1988:29; Readers' Digest, 1990:21; Aitken, 1993-2002:1.) Freud se illustrasie van die bewuste en die onbewuste as 'n ysberg waarvan die punt bo die water uitsteek, maar waarvan die grootste deel onder die oppervlak van die water verberg le (Westen, 1996:12), is alom bekend. Twee van die bekendste ander name wat gewoonlik ook aan die psigoanalise verbind word, is die van Alfred Adler (1870-1937) en Carl Jung (1875-1961; vgl. Bankart, 1997:128-174).

3.2.2.3 Die derde mag: Eksistensialisme, fenomenologie en humanistiese psigologie

'n Groep Amerikaanse psigoloe, onder leiding van Abraham Maslow, het in die sestigerjare byeengekom om 'n alternatiewe benadering tot die psigologie te bespreek (Jordaan & Jordaan, 1992:32). Hulle het hulself verset teen die "ontmensliking van die mens" soos wat die behavioristiese en psigodinamiese benaderings dit sou doen en daarom het hulle hul daarvoor beywer dat die psigologie "venvenslik" moet word. Die natuurwetenskaplike of behavioristiese mag in die psigologie verskraal die mens tot 'n koue en meganistiese wese, terwyi die psigodinamiese mag weer oormatig op die verlede en die negatiewe in die menslike persoonlikheid fokus, met die gevolg dat die warm menslike, positiewe en kreatiewe in die menslike psige afgeskeep is (Edwards & Louw, 1998b: 16-17). Valle (1989:258) gee die tweede mag daarvoor krediet dat dit die mens met meer diepte as die eerste mag teken, want dit beklemtoon die bewuste en onbewuste ervarings van die mens. Ten spyte hiervan word die mens steeds as passiewe entiteit beskou, want die mens word steeds as reaksie-meganisme beskou wat op impulse reageer - impulse van binne, terwyi die behaviorisme impulse van buite beklemtoon.

Die derde mag in die psigologie het, volgens Edwards en Louw (1998b: 17), ontwikkel vanuit drie historiese wortels, naamlik eksistensialisme, fenomenologie en humanistiese (bedoelende veral

klientgesentreerde) psigologie. Oorvereenvoudigd en baie simplisties kan hierdie drie wortels soos volg verduidelik word. Een van die belangrikste beginseis van die eksistensie-filosofie is dat die mens "vryheid van keuse" het (Jordaan & Jordaan, 1992:32-33; vgl. Louw, 1987:32). Die mens is, met ander woorde, nie die passiewe slagoffer van impulse uit die omgewing, uit die onbewuste of van oorerwing nie. Die mens kan sy voile potensiaal bereik deur te kies om te groei.

Volgens die denkrigting van die fenomenologie moet die mens eerder begryp as verklaar word (Jordaan & Jordaan, 1992:33; Louw, 1987:32). Hiermee word bedoel dat die mens nie soseer as objek van buite waargeneem moet word nie, maar deur "invoeling en empatie ervaar" moet word (Louw, 1987:32). Viljoen (1988:28) beskou Franz Brentano (1838 - 1917) as die vader van die fenomenoiogiese benadering in die psigologie. Die werk van Brentano het veral 'n invloed op die Gestaltbeweging in Duitsland gehad. Gestaltpsigoloe in Duitsland het te velde getrek teen die natuurwetenskaplike psigologie wat die mens gereduseer het tot sy kleinste eenhede van belewenis (Louw, 1987:29-30). Vir hierdie psigoloe ontwikkel daar 'n gestruktureerde geheel van menslike gedrag uit die afsonderlike elemente waaruit dit saamgestel is - 'n geheel wat hulle "Gestalt" noem en wat meer is as net die som van die samestellende dele. Hulle het aangevoer dat die psigologiese prosesse in die mens verband hou met die menslike wil en die wil kan nie deur middel van natuurwetenskaplike eksperimente bestudeer word nie.

Saam met psigoloe soos Mary Calkins en Gordon Allport, benoem Bankart (1997:282) vir Carl Rogers (1951; 1960; Rogers & Kinget, 1960) met sy nondirektiewe en/of klientgesentreerde terapie as baanbrekers op die gebied van die humanistiese psigologie. "Rogers's concept of unconditional positive regard has been accepted by all schools of psychotherapy as central to the establishment of an authentic therapeutic relationship." (Bankart, 1997:282.) Deur onder andere die insette vanuit hierdie drie uitgangspunte, die eksistensialisme, fenomenologie en klientgesentreerde psigoterapie, het die humanistiese psigologie sy beslag gekry.

3.2.2.4 Die vierde mag: Transpersoonlike of spirituele psigologie

Die derde mag wou die volgende vraag beantwoord: "Wat is die beste wat die mens kan wees in terme van gesonde ontwikkeling en die vervulling van potensiaal?" (Edwards & Louw, 1998b: 18.) Hierdie benadering het daartoe gelei dat baie ervarings ondersoek is - ook ervarings wat nie volgens die bestaande persoonlikheidsteoriee verklaar kon word nie. "Mettertyd het die benaming 'transpersoonlike ervarings' posgevat wat dui op 'n siening van die wereld wat in wese geestelik ('spiritual') is." (Edwards & Louw, 1998b: 19; vgl. Jordaan & Jordaan, 1992:43-44.)

Baie van die grondleggers van die transpersoonlike psigologie was ook prominent in die ontwikkeling van die humanistiese psigologie, waaronder byvoorbeeld Abraham Maslow en Anthony Sutich (Valle, 1989:260; Edwards & Louw, 1998b:20). Hulle was egter teleurgesteld dat die humanistiese psigologie belangrike kwessies soos bewussynstoestande, geestelike ervarings en geestelike ontwikkeling oor die hoof gesien het. Sommige van die groot geestelike tradisies van die wereld soos die HindoeTsme, Boeddhisme, JudaTsme, Soefisme sowel as die Christendom verkondig dat die beoefenaars daarvan deur spesiale praktyke soos meditasie verskillende gevorderde vlakke van bewussyn kan beleef waardeur hulle "'n dieper geestelike werklikheid ervaar wat ten grondslag van alles le" (Edwards & Louw, 1998b:20; vgl. Valle, 1989:264).

Jordaan en Jordaan (1992:41-44), wat die mens in die konteks van vier deelsisteme verstaan, verwys met hul vierde deelsisteem - naamlik die metafisiese - na hierdie transpersoonlike of spirituele aspek van menswees en die lewe. Die metafisiese verwys na die "uiteindelike realiteit," "n realiteit wat te doen het met die "oorsprong, aard en doel van alle dinge" en "die betekenis van lewe" (Jordaan & Jordaan, 1992:43). Valle (1989:262) stel dit duidelik: "... transpersonal psychology calls each of us to acknowledge that there is more to being human than just the behaviors, thoughts, and emotions that one expresses through his or her personal awareness and individual ego-identity." Die transpersoonlike of spiritueel-georienteerde psigologie vorm die vierde mag in die psigologie (Valle, 1989:257-268; Lukoff & Lu, 2005:178; Edwards & Louw, 1998b: 18-21).

Viljoen (1988:32) verduidehk waarom die "sielkunde as godsdiens" 'n resente dissipline in die psigologie is. Psigologie was vir 'n geruime tyd onder die begeleidende invloed van die natuurwetenskaplike paradigma met sy behavioristiese denkrigting en empiries-eksperimentele orientasie. Gevolglik is verskynsels soos godsdiens, filosofiese besinning, waardes en moraliteit, wat nie maklik empiries ondersoek kan word nie, geensins as studieveld van die psigologie gesien nie. Dit verklaar dus waarom "net Viktor Frankl, en vroeer William James, Carl Jung en Gordon Allport se teoriee ... godsiens as 'n integrale deel van die totale psigiese funksionering van die mens betrek" het (Viljoen, 1988:32).

Die navorser het in 'n gevorderde stadium van die studie sy hand op die volgende twee insiggewende bronne oor die onderwerp van spiritueel-georienteerde psigologie gele: Integrating Spirituality into Treatment: Resources for Practitioners, 'n versamelwerk onder redaksie van William R. Miller (1999) en Spiritually Oriented Psychotherapy, 'n versamelwerk onder redaksie van Len Sperry en Edward. P. Shafranske (2005). Hierdie versamelwerke verteenwoordig egter

duidelike bakens op pad na die verchristeliking van die psigologie - soos wat die Wysbegeerte van die Wetsidee verchristeliking verstaan (Kock, 1992:223).

Die opspraakwekkende "Psigofortologie" (Antonovsky, 1979; 1987; Stark, Argyle & Schwarz, eds., 1991; Seligman, 2002) wat op geestesgesondheid eerder as geestesgekweldheid fokus, kan onder of die humanistiese (vgl. 3.2.2.3) of die transpersoonlike skool tuisgebring word. Die navorser hanteer dit onder die transpersoonlike paradigma, omdat dit onder andere na die mens se veerkrag, sterktes (vermoens) en hulpbronne verwys (Antonovsky, 1987:xii, 15-62; Van Eeden, 2003:15). Volgens die navorser kan die mens se geestelike lewe ook as 'n positiewe bron gereken word, en derhalwe die indeling van psigofortologie onder die vierde mag in die psigologie.

Dr. Martin E.P. Seligman, wat in die psigologie bekend is vir sy baanbrekerswerk ten opsigte van aangeleerde magteloosheid ("learned helplessness") en aangeleerde optirnisme ("learned optimism"; Seligman, 2002:17) het in sy hoedanigheid as president van die Amerikaanse Psigiatriese Assosiasie reusewerk gedoen ten einde die veld van psigofortologie te ontwikkel en bekend te stel (2002:i-ii, iv-xii, 265-269). Die psigofortologie het egter reeds vanaf die sestigerjare 'n aanloop gevind in die werk van teoretici soos Rotter (1966), Bandura (1982), Kobasa (1982), Rosenbaum (1983), Emmons en Diener (1985), Garmezy (1987), Scheier en Carver (1987), Epstein (1992), Goleman (1996, soos aangehaal deur Van Eeden, 2003:4-5). Volgens Van Eeden (2003:15-16) het twee outeurs, naamlik Antonovsky aan die Ben Gurion Universiteit van die Negeb in Israel (Antonovsky, 1987:xix), en Strumpher (1990; 1995) aan die Universiteit van Kaapstad, belangrike bydraes gelewer tot die daarstel van die denkraamwerk van die psigofortologie.

3.3 TRAUMATEORIE