• No results found

Die belangrikste protagoniste van TPM

DIE FILOSOFIE, TEORIE EN PRAKTYK VAN THEOPHOSTIC PRAYER MINISTRY {TPM)

2.4 DIE BELANGRIKSTE KRITICI VAN TPM

2.4.2 Die belangrikste protagoniste van TPM

Dr. J. Steyn van die Universiteit van die Vrystaat het in 2008 (afhandelingsjaar van die studie) 'n positiewe evaluering van TPM gepubliseer en daarom behoort sy ook as protagonis van TPM vermeld te word. In die opsomming hieronder word Steyn en haar bydrae (2008:127-144) egter nie bespreek nie, omdat haar bydrae nie met die aanvang van die studie ter sprake was nie. Daar word wel later in die navorsingsverslag na haar bydrae verwys. Die volgende protagoniste word vermeld:

2.4.2.1 Terry en Julie Zuehlke

In die boek, Christ centered therapy: the practical integration of Theology and Psychology, deur NT. Anderson, T.E. Zuehlke en J.S. Zuehlke (2000:1-431) het laasgenoemde 'n kort hoofstuk oor TPM as 'n beradingsmetode geskryf (2000:261-266). Sy toon aan dat hierdie metode veral effektief aangewend kan word vir mense met leuens uit kindertyd verwondings. Sy gee verder 'n beknopte weergawe van hoe TPM werk en bied dan die stappe aan soos wat sy, Julie, en Terry, haar man, dit in hul praktyk gereeld toepas. Hulle vergelyk TPM met Neil Anderson se sewe "Steps to Freedom in Christ" benadering. Eersgenoemde vergelyk hulle met 'n laserstraal benadering wat treffend op spesifieke diepliggende probleme kan infokus en laasgenoemde met 'n sambreel benadering wat op doeltreffende manier 'n hele klomp sake dek (Anderson, Zuehlke & Zuehlke, 2000:266).

2.4.2.2 Karl en Charlotte Lehman

Dr. Karl D. Lehman het in die mediese psigiatrie gestudeer en vanaf 1986 gepraktiseer (Lehman & Lehman, 2005b: 1). Hy en sy vrou, Charlotte E.T. Lehman, het albei vir meer as 20 jaar (teen die tyd van hul skrywe in 2002) in gebedsbenaderings vir emosionele heelwording gestudeer, dit self ondergaan en dit ook aan ander bedien. Hulle albei het sedert Mei 1998 die TPM beginsels en proses bestudeer en dit in hul professionele werk begin gebruik. Nadat hulle meer as 6000 uur TPM gebruik het en meer as 4000 uur daaroor gelees en geskryf het en honderde ure van eie genesing deur TPM verkry het (Lehman & Lehman, 2005b:1), doen hulle hul evaluerings (2002:1- 3; 2005b:1-5). Hulle vergelyk TPM met sekulere behandelingsmodaliteite, naamlik psigiatriese

die genoemde sekulere modaliteite deur navorsing as besonder effektief bewys is (Lehman & Lehman, 2005b: 1-4). Hulle vergelyk TPM ook met ander gebedsbenaderings vir emosionele heelwording. Hulle finale slotsom is dat TPM as 'n gebedsbenadering vir innerlike genesing 'n deurbraak verteenwoordig (Lehman & Lehman, 2005b:4). "(O)ur assessment is that TheophosticR-

based therapy/ministry is more effective than any other tools, techniques, principles, or approaches of which we are aware." (Lehman & Lehman, 2005b:1.)

2.4.2.3 Dwight A. Clough

Dwight A. Clough bedryf 'n bediening vanaf Sun Prairie, Wisconsin, genaamd Dwight Clough Ministries. In 'n artikei op sy webwerf, In Defense of Theophostic,R meld hy onverwyld dat hy geen

verbintenis met Smith of sy bediening het nie en dat hy nie namens Smith praat nie (Clough, 2004:1). Hy glo nietemin dat TPM 'n krggtige instrument is waardeur Christus se heling aan emosionele pyn bedien kan word. Hiervan spreek die subtitel van sy artikei, naamlik Why this Christian inner-healing approach is Biblical, workable and a good choice for many people. Clough verdedig die saak op bykans al die aanvegbare punte. Vervolgens word vlugtig na die hoofpunte van sy betoog verwys (Clough, 2004:1-9):

• Mag God nie iets nuuts doen nie?

• Mag Christene nie in psigologie betrokke wees nie?

• Wat is die regte verband tussen sonde, dissipelskap en selfbeheersing? • Mag God nie prakties of pragmaties wees nie?

• As Jesus regtig met sy mense praat, wat dan van die Bybel?

• Moet die hele Theophostic beweging oor die kam van 'n enkele "vrot appel" of twee geskeer word?

• Wat bedoel Filippense 3:13 wat maan dat ons die verlede moet vergeet? • Hoe moet oor die demoniese geoordeel word?

• Gaan Theophostic? net oor Smith se behoefte om suksesvol te wees? • Is Theophostic? 'n "cure-all" en is dit vir almal?

• Hoe om oor die vals geheue-debat te oordeel.

2.4.2.4 Fernando Garzon en kollegas

Fernando Garzon en 'n aantal kollegas van horn, na wie reeds in Hoofstuk 1 verwys is, was met die aanvang van hierdie navorsing vir ten minste twee jaar besig met 'n empiriese ondersoek na die effektiwiteit van TPM (Garzon, 2003:4 en 8; 2004:10-11; Garzon & Burkett, 2002:42-49). Vraelyste is uitgestuur aan mense wat die basiese TPM opleidingsmateriaal aangevra het. 'n Groot hoeveelheid respondente, altesaam 1354, het hul vraelyste teruggestuur. Meer as tagtig persent van die deelnemers het persoonlik TPM ondergaan. Die tevredenheidsindeks was baie hoog, met meer as die helfte wat se dat TPM die waardevolste metode was wat hul nog ondervind het en 'n volgende nege-en-dertig persent se dat hulle baie daarby gebaat het. As in ag geneem word dat enigeen wat enige opleiding in TPM ondergaan het, die berading kon doen (afgesien daarvan of dit volgens voorskrif was al dan nie), dan is dit 'n baie goeie terugvoer, aldus Garzon (2003:4).

TPM beoefenaars is ook gevra om die effektiwiteit van die TPM metode te vergelyk met ander tegnieke wat hulle al gebruik het ten opsigte van die volgende toestande: depressie, algemene angs, woede, fobies, angsaanvalle, seksuele misbruik, dissosiatiewe identiteitsversteuring, seksuele verslawing en eetversteurings (Garzon, 2003:4). Die vergelykende evaluerings van TPM was baie hoog, met sewentig tot vyf-en-tagtig persent respondente in elke kategorie wat dit meer effektief ag as die ander tegnieke. Wat hierdie gegewens selfs 'n groter verrassing maak, is die feit dat daar geen verskil was tussen die waarnemings van gelisensieerde geestesgesondheid professionele werkers en leke-beraders nie. Met ander woorde, diegene met 'n hoe graad van kennis omtrent ander sekulere psigologiese tegnieke het TPM net so hoog geag as diegene met heelwat minder kennis van daardie tegnieke. Alhoewel Garzon (2003:8) die studie steeds as voorlopig beskou, gee dit reeds bevestiging daarvoor dat TPM meer effektief bevind word as ander tegnieke.

2.5 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is die praktykteorie van TPM opgesom, met spesifieke verwysing na die filosofie, teorie en praktyk daarvan. Daar is ook na die belangrikste - volgens die navorser se oordeel - prota- en antagoniste van TPM verwys. Die uitgangspunt was deurgaans dat Smith en TPM so goed as moontlik verstaan en weergegee moes word in terme van sy eie paradigma en verstaansraamwerk.

Die volgende hoofstukke wil die konteks en teks van Theophostic Prayer Ministry verder ondersoek. Hoofstuk 3 beoog om raakpunte wat TPM met die psigologie, en by name Eye Movement Desensitization and Reprocessing (EMDR), mag he, te ondersoek met die oog op die verryking en/of korrigering van die TPM teorie en praktyk. Hoofstuk 4 gee die aanpak en resultate van 'n empiriese studie na TPM weer. Dit beloof om verdere lig op die filosofie, teorie en praktyk van TPM te werp. In Hoofstuk 5 word TPM en enkele kritiese sake beoordeel in die lig van die Wysbegeerte van die Wetsidee.

HOOFSTUK 3

'N VERGELYKENDE ONDERSOEK NA EYE MOVEMENT DESENSITIZATION AND